Professor W A Landman | |||||
|
|
Olifantsfontein (Deel 1) |
Olifantsfontein (Deel 2) |
Seunskool |
Pretoria |
Witfield (Deel 1) |
Witfield (Deel 2) |
Louis Leipoldt (Deel 1) |
Louis Leipoldt (Deel 2) |
Goedehoop |
Fleur |
Lyttelton (Deel 1) |
Lyttelton (Deel 2) |
Port Elizabeth |
Suid-Afrika |
Verwoerdburg (Deel 1) |
Verwoerdburg (Deel 2) |
Vista |
Verdere Opleiding |
Pretoria (Deel 1) |
Pretoria (Deel 2) |
Pretoria (Deel 3) |
Pretoria (Deel 4) |
HOOFSTUK 15 |
![]()
|
TRANSVAALSE ONDERWYSERSVERENIGING: ALGEMENE VERGADERING 18 SEPTEMBER 1982:
VERWELKOMING BY DIE UNIVERSITEIT VAN PRETORIA : NAMENS DIE REKTOR, PROF D M JOUBERT,
DEUR PROF W A LANDMAN
Meneer die Voorsitter, dames en here, lede van die Hoofbestuur van die Transvaalse Onderwysersvereniging en geagte kongresgangers.
Dit is vir my 'n besondere voorreg om u almal namens die Rektor, Prof D M Joubert op die kampus van die Universiteit van Pretoria, welkom te heet. Prof Joubert sou baie graag, vanweë sy belangstelling in die Onderwysprofessie en die aandeel wat die Universiteit van Pretoria kan en wil neem in die vestiging en uitbouing daarvan persoonlik vandag hier wou wees, maar is om gesondheidsredes verhinder om teenwoordig te wees.
Meneer die voorsitter, dames en here, die Universiteit van Pretoria wil:
Meneer die voorsitter, lede van die Hoofbestuur, dames en here, kongresgangers.
Namens die Rektor, Prof D M Joubert, is dit my voorreg om u te bedank vir hierdie
pragtige en treffende gedenkplaat wat vir ons in die toekoms sal dien as sigbare teenwoordigheid
van die gemeenskaplike strewe van die Universiteit van Pretoria en die Transvaalse
Onderwysersvereniging : die akademiese en professionele handhawing van Afrikaans.
'n Boek wat 'n nuwe perspektief op navorsingsmetodologie gee, is op 2 September amptelik bekend
gestel en het deel gevorm van die Fakulteit Opvoedkunde se halfeeufeesvieringe. Die vier outeurs
is almal aan UP se Fakulteit Opvoedkunde verbonde. Hulle is proff Willem Landman, Mike Bondesio,
Chris Jacobs en dr Ron Coetzee. Hulle het die boek die navorsingsprogram vir
geesteswetenskaplike navorsing aan prof Marthinus Sonnekus, die vorige hoof van die Departement
Psigo- en Sosiopedagogiek en vorige direkteur van die Kinderleidinginstituut, opgedra uit
erkenning vir sy waardevolle bydrae tot opvoedkundige navorsing. Die publikasie is die derde
boek oor navorsingsmetodologie wat in die Fakulteit verskyn.
1987-01-09
Prof W A Landman
Geagte prof Landman
AANSTELLING OP ADVIESKOMITEE VAN DIE KOH
Dit is vir my baie aangenaam om u van harte geluk te wens met u aanstelling op die Advieskomitee insake Onderwysnavorsing (AON). Hierdie aanstelling het geskied op aanbeveling van die Federale Onderwysersraad en getuig van die besondere agting vir u kundigheid om 'n besondere bydrae in die betrokke komitee te maak.
Ten einde die inspraak en bydrae van die FOR so effektief as moontlik te maak, is besluit dat daar so ver prakties moontlik voor elke vergadering 'n samespreking oor die sakelys tussen die FOR-verteenwoordigers sal plaasvind. Vir hierdie doel het die Dagbestuur u as sameroeper vir die Raad se kontingent aangewys.
Besonderhede oor die voorafbyeenkomste sal voor elke vergadering in oorleg met die sameroeper bepaal word.
Nogmaals baie geluk en sterkte met u taak in belang van die georganiseerde onderwysprofessie.
Met agting en vriendelike groete
Departement van Onderwys en Kultuur
8 Junie 1987
Prof W A Landman
Geagte prof Landman
BENOEMING IN ADVIESKOMITEE INSAKE ONDERWYSERSOPLEIDING (AOO)
Aangesien die onderwys gebruik wil maak van kundiges wat deur middel van hul navorsingsuitsette die Departement kan adviseer, het ek die vrymoedigheid om u te nader.
Kragtens artikel 6 van die Wet op die Nasionale Onderwysbeleid, 1967 (Wet 39 van 1967), doen die Komitee van Onderwyshoofde (KOH) aanbevelings by die Minister en die onderwysrade oor die wyse waarop die beleid ten opsigte van onderwys in skole en onderwysersopleiding op 'n gekoördineerde grondslag uitgevoer kan word. Voorts dien die KOH die Minister of 'n onderwysraad van advies aangaande enige ander aangeleentheid betreffende die onderwys wat die Minister of onderwysraad na hom verwys, of wat die KOH onder die aandag van die Minister of die onderwysraad wil bring. Om hom in sy taak behulpsaam te wees, het die KOH kragtens artikel 6(4) van voormelde Wet besluit om 'n aantal subkomitees (advieskomitees) te benoem.
Dit is vir my besonder aangenaam om u mee te deel dat u deur die Federale Onderwysersraad genomineer is as verteenwoordiger in die Advieskomitee insake Onderwysersopleiding (AOO).
Ek wil graag van die geleentheid gebruik maak om u van harte geluk te wens met u benoeming en om die vertroue uit te spreek dat u 'n besondere aangename en vrugbare verbintenis met hierdie advieskomitee sal hê.
By voorbaat hartlike dank vir u welwillende samewerking.
J D V TERBLANCHE
UNIVERSITEIT VAN PRETORIA
28 Junie 1988
Prof W A Landman
Geagte professor Landman
BENOEMING AS PROFESSOR EMERITUS
Dit is vir my 'n genoeë om u mee te deel dat die Raad op sy jongste vergadering besluit het om u
tot Professor Emeritus te benoem. Met hierdie eer wat u te beurt val, wil ek u van harte
felisiteer. Die voorregte hieraan verbonde behels die volgende:
Graag wil ek namens die Universiteit u 'n aangename rustydperk toewens, en die vertroue uitspreek dat u goeie gesondheid sal geniet en baie geseënd sal wees in die jare wat voorlê.
Met vriendelike hoogagting en groete, asmede opregte dank andermaal vir u onbaatsugtige diens oor baie jare.
Die uwe
PROF D M JOUBERT
Tukkievaria 26 April 1989
'n Boekeskenking deur die voormalige hoof van die Departement Fundamentele Pedagogiek, Fakulteit Opvoedkunde, sal voortaan deel vorm van baie bruikbare studiemateriaal vir studente en dosente.
Prof Willem Landman het gedurende die 25 jaar wat hy aan die UP verbonde was, die boekery opgebou wat in die seminaarkamer op die keldervlak van die Merensky-biblioteek gehou word. Dié seminaarkamer is aan prof Landman opgedra en veral nagraadse studente sal dié boeke kan benut.
Onder dié unieke boekery is daar uitgawes van boeke wat elders onbekombaar is.
Prof Landman sê die skenking vloei voort uit sy dankbaarheid teenoor die Universiteit vir die
geleenthede vir studie en akademiese prestasies wat hul aan hom gebied het.
Kollegas en oud-studente het gister die afskeid bygewoon van prof Willem Landman, een van die
reuse in die Suid-Afrikaanse onderwysgemeenskap. Prof Landman, adjunk-dekaan van die Fakulteit
Opvoedkunde aan die Universiteit van Pretoria, se loopbaan in die onderwys strek oor 42 jaar,
waarvan die laaste 25 jaar aan die UP. Sy uittrede beteken egter nie dat hy die onderwys nou
finaal vaarwel sê nie. Hy sal in 'n tydelike hoedanigheid met sy werk by die universiteit
voortgaan en hy is van plan om aan te bly as redakteur van die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir
Opvoedkunde, sowel as dagbestuurslid van die Transvaalse Onderwysersvereniging. Hy sal voortgaan
met die verdere ontwikkeling van navorsingsmetodes vir die opvoedkunde.
UNIVERSITEIT VAN PRETORIA
17 April 1989
Prof W A Landman
Geagte prof Landman
LANGDIENSTOEKENNING
Soos u bewus is, het u vyf-en-twintig jaar voltydse diens aan die Universiteit van Pretoria op 31 Desember 1988 voltooi.
Dit is die beleid dat ter waardering van sy diens, die Vise-kanselier en Rektor 'n horlosie
tydens 'n Senaatsvergadering aan die betrokkene oorhandig. Dit is goedgedink om hierdie
oorhandiging aan u tydens die eerskomende Senaat van 17 Mei 1989 te laat geskied. Vir dié doel
moet u my asseblief so spoedig moontlik van 'n curriculum vitae voorsien.
Ek wil u vriendelik versoek om u asseblief op dié dag nie later nie as 14h00 by die Senaatsaal vir die oorhandiging aan te meld.
Met vriendelike hoogagting
PROF W V D M HERHOLDT
In my kantoor
Universiteit van Pretoria
Terwyl prof H O Maree, Voorsitter van die TO., toekyk, onthul
prof W A Landman, waarnemende dekaan van die Fakulteit Opvoedkunde
van die Universiteit van Pretoria, die gedenkplaat wat tydens die
Kongres deur die TO in die Opvoedkundegebou aangebring is ter
herdenking van die Afrikaanswording van die Universiteit in 1932.
(Mondstuk, Oktober 1982)
RANDSE AFRIKAANSE UNIVERSITEIT
Oor die Vaalrivier na RAU-Oord
Saam met prof Piet Schoeman U.O.V.S
Prof F van der Stoep (links) aan die woord
tydens
Die oorhandiging van die Stalsprys
vir Opvoedkunde aan
Prof W A Landman
Prof W A Landman ontvang die
TO-erepenning
van prof H O Maree
Prof F v d Stoep, Prof C H Rautenbach, prof W A Landman
By die bekendstelling was vlnr Proff Mike Bondesio,
Chris Jacobs, Willem Landman,
Marthinus Sonnekus
(aan wie die boek opgedra is) en dr Ron Coetzee
(Tukkievaria 2 Oktober 1987)
Fakulteit Opvoedkunde
Universiteit van Pretoria
HILLCREST
0083
Die uwe
J L LEMMER
HOOFDIREKTEUR
Fakulteit Opvoedkunde
PRETORIA
0002
Vriendelike groete
SUPERINTENDENT-GENERAAL
Prof D M Joubert, prof W A Landman en
prof Chris Jacobs
Krugerlaan 88
LYTTELTON MANOR
0157
ONDERKANSELIER EN REKTOR
Prof Willem Landman (middel) se boekery is 'n kosbare erfenis vir UP.
By hom is proff Mike Bondesio, dekaan van die Fakulteit Opvoedkunde
en Flip Smit, vise-rektor: Akademies (regs)
(Tukkievaria 26 April 1989)
Mev Rachel Landman kyk toe hoe
prof Landman een van die boeke onderteken
Onder die mense wat die afskeid bygewoon het is prof Mike Bondesio, dekaan van die Fakulteit
Opvoedkunde aan die Universiteit van Pretoria, dr Len Scott, vise-rektor van die
Onderwyserskollege Pretoria, prof Landman, dr Johnnie Hill, afgetrede departementshoof van
Onderwys en Kultuursake, mnr Andries Kriek, oud-student, en mnr Koos Steyn, direkteur van die
Transvaalse Onderwysersvereniging.
Departement Fundamentele Pedagogiek
Fakulteit Opvoedkunde
UNIVERSITEIT VAN PRETORIA
Die uwe
DIREKTEUR : PERSONEEL
Navorsingsmetodologie - Uitstalling
Navorsingsmetodologie - Uitstalling