Biografie
Professor W A Landman


Inhoudsopgawe
Opleidingsinrigtings
Laerskool
Olifantsfontein
(Deel 1)
Laerskool
Olifantsfontein
(Deel 2)
Afrikaans Hoër
Seunskool
Normaalkollege
Pretoria
Laerskool
Witfield
(Deel 1)
Laerskool
Witfield
(Deel 2)
Laerskool
Louis Leipoldt
(Deel 1)
Laerskool
Louis Leipoldt
(Deel 2)
Hoërskool
Goedehoop
Laerskool
Fleur
Hoërskool
Lyttelton
(Deel 1)
Hoërskool
Lyttelton
(Deel 2)
Universiteit van
Port Elizabeth
Die Universiteit van
Suid-Afrika
Tegniese Kollege
Verwoerdburg
(Deel 1)
Tegniese Kollege
Verwoerdburg
(Deel 2)
Universiteit
Vista
Onderwyskollege vir
Verdere Opleiding
Universiteit van
Pretoria
(Deel 1)
Universiteit van
Pretoria
(Deel 2)
Universiteit van
Pretoria
(Deel 3)
Universiteit van
Pretoria
(Deel 4)


HOOFSTUK 9
DEEL 2

VERBINTENIS MET HOËRSKOOL
LYTTELTON/VERWOERDBURG/CENTURION

  1. UIT BESONDERE JAARBOEKE
    EERSTE JAARBOEK - 1959

    4.1  Die Geskiedenis van ons skool

    Die A.M. Hoërskool Lyttelton het op 10 November 1959 die eerste keer ter sprake gekom toe mnr D Malan en mnr Van Tonder op aanbeveling van Ds D Louw die skoolraad gaan spreek het.

    Dit blyk toe dat die Department van voorneme was om 'n gebou naby Salvokop op te rig om die leerlinge van die gebied tydelik te huisves. Later sou 'n Afrikaans- sowel as Engelsmedium skool tussen Lyttelton en Irene opgerig word en daarvoor sou 50 morge grond beskikbaar wees. Dit sou oor ongeveer 7 jaar gebeur.

    Hiermee het die komitee nie genoeë geneem nie en derhalwe word die firma Glover en Dyer, eienaars van die Lyttelton Township versoek om 10 morge noord van Cantonmentsweg beskikbaar te stel.

    Die antwoord was gunstig en die firma vra 'n onderhoud met die komitee. Ds Louw ontmoet die firma en 10 morge sou teen £10 000 beskikbaar gestel word. Dit was in September 1953. Die Skoolraad word sodanig in kennis gestel.

    Die aanbod word op 22 November 1954 weer onder die Skoolraad se aandag gebring. Op 7 Mei 1956 word nogeens 'n skrywe aan die Skoolraad gerig en op 26 Februarie 1957 deel mnr Prinsloo van die Skoolraad die komitee mee dat die aangevraagde terrein goedgekeur en dat die skool in Januarie 1958 in die ou Langenhovenskool sou open.

    Met dankbaarheid is van die besluit kennis geneem en die nuwe gebou sou teen 1960 voltooi wees.

    Die komitee verkies egter dat die nuwe gebou eers voltooi moes word voordat die skool gestig word, maar op 'n vergadering op 25 April 1957 word verduidelik waarom dit nie moontlik was nie.

    Haakplekke was nie uitgesluit nie en op 10 Mei 1957 hou die ouers 'n vergadering en dring aan dat die saak bespoedig moes word. Verdere briewe word aan die Skoolraad en die Provinsiale Sekretaris gerig.

    Op 5 Augustus 1957 word 'n vergadering meegedeel dat die skool in Januarie 1957 met Standerd VI en VII sou begin. Hierdie mededeling is met gemengde gevoelens ontvang want sommige ouers het beswaar gemaak teen die oorplasing van leerlinge in standerd VII.

    Eindelik is besluit dat die skool in 1958 slegs met Standerdses-leerlinge sou begin.

    Mnr P Maree het waargeneem as hoof met 'n tydelike personneel van 11. In Januarie 1959 het mnr G J du Toit as permanente hoof die leiding aanvaar met 'n personeel van 21 en 480 ingeskrewe leerlinge.

    4.2  Jaarblad - 1979
    Ons Mondige Skool

    Wanneer daar teruggekyk word op die een-en-twintig jaar van die bestaan van ons Hoërskool, dan is die duidelikste gevoel wat by 'n mens ontstaan, die van dankbaarheid.

    Dankbaarheid teenoor al die leerlinge wat deur hulle gedrag en optrede tydens hulle skoolloopbaan, maar ook daarna, die skool se goeie naam hoog geag het, bewaar en steeds gehandhaaf het;

    Dankbaarheid teenoor al die voorsitters en lede van die Ouer-onderwysersverenigings wat op onbaatsugtige wyse, voortreflike dienswerk verrig het ter bevordering van die opvoeding van hulle kinders;

    Dankbaarheid teenoor al die ouers wat dikwels met groot opoffering die skool lojaal en entoesiasties ondersteun het;

    Dankbaarheid teenoor Beheerrade wat ouer-verantwoordelikheid en leerlingebelange op so 'n wyse oon sinchroniseer dat doeltreffende bestuur kon gedy;

    Dankbaarheid teenoor daardie onderwysers(esse) wat deur middel van hulle vakonderrig getoon het dat hulle opvoeders is met 'n roeping en Godgegewe taak om behoorlike opvoedingswerk te verrig vir die kinders wat aan hulle toevertrou is; wat kinders gehelp het om geleidelik en in 'n steeds toenemende mate hulle roeping te vervul, naamlik om mense te wees en te word vir wie die belangrikste riglyn is om te leef tot eer van God; en

    Dankbaarheid teenoor God dat die geskiedenis van die Hoërskool Verwoerdburg tot dusver 'n geskiedenis was waarin Sy besturende Hand steeds sigbaar was en dat ook die toekoms van ons Hoërskool gekenmerk mag wees deur God-eerbiediging.

    PROF W A LANDMAN
    VOORSITTER VAN DIE BEHEERRAAD

    4.3  25 Jaar

    Wanneer 'n mens terugkyk op die vyf-en-twintig jaar wat die Hoërskool Verwoerdburg sy taak as opvoedingsinrigting verrig het, word dit met dankbaarheid gedoen.

    Dankbaarheid teenoor die skool self wat 'n besondere bydrae daartoe gemaak het dat daar nie stellings soos die volgende gemaak kan word nie (D P Gardner: A Nation at risk. (VSA).

    1. Sowat 23 miljoen Amerikaanse volwassenes is funksioneel ongeletterd as dit kom by eenvoudige lees-, skryf- en begripsvermoënstoetse.

    2. Ongeveer 13 persent van alle sewentienjariges in die VSA kan beskou word as funksioneel ongeletterd.

    3. Algemene prestasie van hoërskoolleerlinge in die meeste gestandaardiseerde toetse is laer as die van 26 jaar gelede toe Sputnik gelanseer is.

    4. Meer as die helfte van die getal begaafde leerlinge wat getoets is presteer nie volgens hul prestasies op skool nie.

    5. Sowel die getalle as die persentasie studente wat uitmuntend in aanlegtoetse presteer het dramaties afgeneem.

    6. Baie sewentienjariges beskik nie oor die 'hoër orde' intellektuele vaardighede wat van hulle op daardie ouderdom verwag word nie.

    7. Daar is 'n konstante prestasiedaling in die natuurwetenskappe.

    8. Sake- en militêre leiers kla oor die feit dat hulle miljoene dollar moet bestee aan duur remediërende en opleidingsprogramme in sulke basiese vaardighede soos lees, skryf, spel en rekenkunde.

    Dankbaarheid teenoor die skoolhoofde wat (met een uitsondering almal Inspekteurs van Onderwys geword het). Hulle skerp akademiese en professionele leiding het 'n besondere bydrae gelewer tot die uitbouing van die Christelik-nasionale opvoeding.

    Dankbaarheid teenoor beheerraadslede wat status aan die skool verleen het vanweë die gehalte van hulle insette en ondersteuning.

    Dankbaarheid teenoor besture en lede van die Oueronderwyserverenigings wat op entoesiastiese en onbaatsugtige wyse gewerk het om die skoolfonds te styf en om opvoedkundige inligting beskikbaar te stel.

    Dankbaarheid teenoor die ouers wat hulle kinders doeltreffend opvoed en wat ter wille van die opvoeding van hulle kinders die skool se regulasies sterk onderskryf.

    Dankbaarheid teenoor onderwysers/esse wat deur deeglike voorbereiding, doeltreffende lesgee en skep van opvoedingsverhoudinge betekenisvol bygedra het tot vorming van kinders tot volwassenheid.

    Dankbaarheid teenoor die leerlinge vir lojaliteit, gehoorsaamheid, hardwerkendheid en 'n gesonde gees.

    Dankbaarheid teenoor die Transvaalse Onderwysdepartement vir daadwerklike amptelike ondersteuning.

    In die nuwe onderwysbedeling wat nou gaan volg en veral vir die volgende aantal jare duidelike vorm sal aanneem, sal nog veel groter eise gestel word aan al die persone teenoor wie dank betuig is.

    Mag die Hoërskool Verwoerdburg steeds van krag tot krag gaan in diens van die uitbreiding van Sy Koninkryk en die verheerliking van Sy naam. Aan God Almagtig al die eer!

    PROF W A LANDMAN
    VOORSITTER : BEHEERRAAD

    4.4  Jaarblad 1988 : 30 vrugbare jare

    Wanneer 'n mens terugkyk op die dertig vrugbare jare van die Hoërskool Verwoerdburg stem dit 'n mens tot dankbaarheid dat die volgende doelwitte op voortreflike wyse bereik is :

    1. Dat daar aan duisende kinders op deskundige wyse onderwys gegee is met die doel dat die kinders iets sinvol sal leer;

    2. Dat besondere pogings suksesvol aangewend is om leerlinge deeglik te onderrig in essensiële aangeleenthede wat bevorderlik is vir hulle menswees;

    3. Dat daar op georganiseerde en sistematiese wyse onderrig en geleer is ten einde kennisvaardighede en houdinge te verwerf wat vir huidige en toekomstige menswees betekenisvol sal wees;

    4. Dat daar 'n besondere atmosfeer geheers het waarin die kind as leerling raakgesien is en hy/sy met lewenseise, verwagtinge, opgawes en beoordeling kennis gemaak het;

    5. Dat die skool 'n leefruimte was waarin klem gelê is op die prestasie-eis, sosiale verhoudinge en lewensoriëntering;

    6. Dat dit wat nie by 'n kind pas nie afgewys is, sodat besonder waardevolle aangeleenthede geoefen kon word as voorbereiding van latere beoefening daarvan in die volwasse lewe;

    7. Dat daar in samewerking met die ouers gewerk is vir die identiteit van die skool as blanke Afrikaanstalige inrigting;

    8. Dat daar studie moontlik gemaak is in die teenwoordigheid van onderwysers wat iets gehad het om mee te deel;

    9. Dat kinders kon lewe in 'n hoofsaaklik ernsituasie waarin gedying kon geskied van hulle verstandelike, skeppende, gevoelsmatige, sedelike en godsdienstige erfenis;

    10. Dat daar geleentheid gebied is aan kinders vir selfstandige verwerking en oefening van waardevolle inhoude, vaardighede en houdinge wat geleer is;

    11. Dat daar onderwysers/esse opgetree het as leerkragte, dit wil sê as persone wat op kragtige wyse handel in die belang van lerende kinders, en

    12. Dat daar opgevoed en onderrig is in die lig van Bybelse waarhede met die wete dat opvoeding een van die besondere weë is waarlangs God se skeppingsplan verloop.

    Mag hierdie twaalf doelwitte in die volgende dertig jaar nog verder uitgebou word.

    PROF W A LANDMAN
    VOORSITTER : BESTUURSRAAD

    4.5  Opmerking

    Hierdie voorsittersrede bevat die wesenskenmerke van wat genoem kan word die gees (en boodskap) van Hoërskool Centurion.

  2. GEWAARDEERDE BEDANKINGSBRIEWE

    5.1  Elize Ehlers

    Posbus 4
    HALFWEGHUIS
    12 Oktober 1972

    Geagte prof Landman

    Graag wil ek u bedank vir die voorreg om die eerste matriek te wees om u pragtige beker te ontvang. Ons waardeer u belangstelling in die vak Biologie.

    Die uwe

    Elize Ehlers

    5.2  Mev M J Oberholzer

    Hoërskool Verwoerdburg

    Prof W A Landman
    Krugerlaan 88
    VERWOERDBURG
    0140

    Geagte professor Landman

    Namens die Huisvlytdepartement wil ek graag ons opregte dank en waardering aan u oordra vir die pragtige wisseltrofee wat u geskenk het vir die beste st 10-dogter in die wetenskapafdeling van die Huisvlyt.

    Soos u tereg opgemerk het, het ons 'n behoefte gehad om prestasies in hierdie afdeling van die vak te beloon. U mooi gedagtes in hierdie verband word opreg waardeer.

    Dit is my vaste oortuiging dat hierdie trofee konstruktief daartoe sal bydra om leerlinge tot groter hoogtes aan te moedig.

    Soos u versoek het, heg ek ook die rekening vir die genoemde trofeë hierby aan wat ek vertrou u in orde sal vind.

    Nogmaals baie dankie vir die trofee en u volgehoue belangstelling in ons vak en ons skool.

    Die uwe

    MEV M J OBERHOLZER
    HUISVLYT-VAKHOOF

    H J VISSER
    HOOF

  3. DIE WAARNEMENDE ADMINISTRATEUR
    MNR D S VD M BRINK BESOEK DIE SKOOL OP 4 AUGUSTUS 1975

Links na regs : Sy Edele mnr D S v.d. Merwe Brink, (Waarn Administrateur), mnr J H Hattingh (LPR), prof W A Landman (Voorsitter Beheerraad), mnr J Geddes (I.v.O) mnr J H van der Merwe

  1. ONS NEEM AFSKEID VAN MNR G P VAN DYK

    Prof W A Landman (voors beheerraad), mnr J H Hattingh, LPR., Mnr G P van Dyk, mnr J Geddes (Kringinspekteur), Mnr H M G Davin (Hoofinspekteur)

  2. DIE W A LANDMAN-RAADSAAL

    W A LANDMAN RAADSAAL

    Onthul deur
    Prof W A Landman
    Voorsitter Bestuursraad
    Hoërskool Verwoerdburg

    17 Oktober 1986

    DIE
    W A LANDMAN RAADSAAL

    Die leerlingraadskamer is op Vrydagaand, 1986, herdoop na die W A Landman-raadsaal.

    Prof W A Landman het die naamplaat onthul en die raadsaal sal in die toekoms gebruik word deur die leerlingraad en ook vir alle vergaderings rakende skoolaktiwiteite.

    Die kamer is in 1984 voltooi en daardie jaar se leerlingraad se bydrae was die muurlampe en ligte. 1985 se leerlingraad was verantwoordelik vir die lê van die mat en die binnegordyne. Die huidige leerlingraad het die finale afrondingswerk gedoen - die raadstafels en stoele laat installeer, asook die res van die gordyne.

    Dit is voorwaar 'n kamer waarop elke Woerie trots kan wees.

  3. 1988 : JAARBLAD OPGEDRA AAN PROF W A LANDMAN

    1988 : Jaarblad opgedra aan
    prof W A Landman

  4. 2008 : 50 Jarige viering