Professor W A Landman | |||||
|
|
Olifantsfontein (Deel 1) |
Olifantsfontein (Deel 2) |
Seunskool |
Pretoria |
Witfield (Deel 1) |
Witfield (Deel 2) |
Louis Leipoldt (Deel 1) |
Louis Leipoldt (Deel 2) |
Goedehoop |
Fleur |
Lyttelton (Deel 1) |
Lyttelton (Deel 2) |
Port Elizabeth |
Suid-Afrika |
Verwoerdburg (Deel 1) |
Verwoerdburg (Deel 2) |
Vista |
Verdere Opleiding |
Pretoria (Deel 1) |
Pretoria (Deel 2) |
Pretoria (Deel 3) |
Pretoria (Deel 4) |
HOOFSTUK 6 |
![]()
| ![]()
|
Posbus 432
PRETORIA
Mnr W A Landman
Witfieldskool
PK WITFIELD
Dit is my opgedra u mee te deel dat die Direkteur van Onderwys ingevolge artikel 78 van die Onderwyswet (1907), soos gewysig, u aangestel het in die pos van Assistent P.B. aan die Lyttelton Skool, onder die Pretoria Distrik, Skoolraad/Beherende Liggaam, geadverteer vir die eerste kwartaal, 1951 teen 'n salaris van teenswoordig per jaar, op die skaal teenswoordig vanaf 1 Januarie 1951.
Ek, die ondergetekende, predikant van die N H of G gemeente Lyttelton, verklaar hiermee dat ek mnr W A Landman persoonlik ken. Hy is lid van my gemeente waarin hy 'n lewende belang stel. Hy het spontaan aangebied om te help met ons Sondagskool en is tans een van my getroue en bekwame onderwysers. Hy is Christen en lewe sy Christelike beginsels uit. Hy is een van die ywerige offisiere van die Jan-Cilliers Voortrekkerkommando. Hier het hy reeds verdienstelike werk gelewer en getoon dat hy buitengewoon begaafd is om te organiseer. Sy vorige prinsipaal was baie jammer om hom te verloor omdat hy so 'n harde, getroue, bekwame en sistematiese werker is. Genoemde eienskappe het hy dan ook hier aan die dag gelê. Hy is lojaal teenoor sy prinsipaal en kollegas en werk hartelik en ywerig saam in en buite die skool, terwyl hy hom intussen nog verder bekwaam vir sy lewenstaak wat vir hom 'n roeping is. Met die grootste vrymoedigheid kan kinders aan sy bekwame en voorbeeldige leiding toevertrou word. Mnr Landman verdien beslis verhoging. Sonder enige voorbehoud kan ek hom aanbeveel. Sy eggenote staan hom getrou by en is self 'n aanwins in haar omgewing.
D A LOUW V.D.M. 7 Augustus 1951 |
![]()
| ![]()
|
Met vrymoedigheid en genoeë kan ek soos volg van mnr W A Landman getuig :
Ek ken hom sedert 1949. Hy is sedert Januarie 1951 aan die personeel van hierdie skool verbonde.
Gedurende die tyd was hy vir die volgende klasse verantwoordelik: Mnr Landman het nog steeds uitstekende werk gelewer, pragtige resultate behaal en 'n hoë peil gehandhaaf. Hy is streng maar het steeds die heelhartige samewerking van sy leerlinge. Hy wend ook met groot welslae pogings aan om die volle samewerking van die ouers te kry. In mnr Landman se klaskamer word altyd iets nuuts aangetref. Moderne onderwysmetodes word met ywer ondersoek en in sy klas toegepas. Sy werkskemas is tot in die fynste besonderhede, les vir les, opgestel en in netjiese boeke gebind. Hy is verantwoordelik vir die voorraad van die hele skool. Hy stel baie belang in die skoolbiblioteek wat ook deur hom behartig word. Hierdie werk word op doeltreffende wyse georganiseer en behartig. Aan die buitemuurse aktiwiteite, sagtebal, atletiek, konsertwerk en voortrekkers, gee mnr Landman sy volle aandag. Hy gooi altyd sy volle gewig in en behaal steeds goeie resultate. Mnr Landman is 'n goeie organiseerder. Met hierdie gawe van hom het hy die skool en die Voortrekker Kommando by geleentheid van groot funksies uitmuntend gedien. In die samelewing staan hy as goeie Afrikaner en Kerkman sy plek vol. Mnr Landman besit, as onderwyser en persoon, daardie eienskappe wat hom op die gebied van die onderwys nog ver sal bring. Ek kan hom beslis met die grootste vrymoedigheid aanbeveel in enige verantwoordelike pos waarvoor hy aansoek mag doen.
D J MALAN |
Hoedanigheid : Vise-hoof P.B. (Tweede Vise-hoof)
P J Steyn
Op Woensdag, 21 Januarie 1948, open die nuwe skool te Lyttelton.
Die kerksaal van die NH of Geref Kerk te Lyttelton en vier klaskamers oorkant die spoorlyn,
opgerig deur mnr Yssel, word gebruik om in skool te hou, totdat die nuwe permanente skoolgebou
gereed is.
Die eerste kommando van die Voortrekkerbeweging word op Maandag, 7 Maart 1949 gestig. Die nuwe
skoolgebou in Pretoriuslaan word op 8 Oktober 1952 amptelik in ontvangs geneem. Op 12 Desember
1956 word afskeid geneem van die Engelsmediumleerlinge wat vanaf 1975 na die Engelsmediumskool
gaan.
Die skool se naam word amptelik op 24 Oktober 1957 verander vanaf Lytteltonskool na Laerskool
Louis Leipoldt.
Hoofde
Die skool neem op 27 Julie 1954 die totale aantal klasse volgens behoefte in gebruik. Alle
leerlinge word nou op die skoolterrein gehuisves en die NG Kerksaal word nie meer vir
onderrigdoeleindes benut nie.
Op 30 November 1954 word besluit om die pouses elk slegs 10 minute te maak en die leerlinge toe
te laat om hulle brood in die klasse te eet aangesien heelwat leerlinge polio opgedoen het.
(Tweede Vise-hoof)
Skool : Lyttelton
Raad : Pretoria-stad
Salaris : £895
Skaal : £775.30 - 895 x 40 - 1131
Vanaf : 1 Julie 1956
NAMENS DIREKTEUR VAN ONDERWYS
Mnr D J Malan : 1948 - 1963
Mnr J F Naude : 1964 - 1976
Mnr W W de Vos : 1977 - 1989
Mnr D T du Plessis : 1990 -