Biografie
Professor W A Landman


Inhoudsopgawe
Opleidingsinrigtings
Laerskool
Olifantsfontein
(Deel 1)
Laerskool
Olifantsfontein
(Deel 2)
Afrikaans HoŽr
Seunskool
Normaalkollege
Pretoria
Laerskool
Witfield
(Deel 1)
Laerskool
Witfield
(Deel 2)
Laerskool
Louis Leipoldt
(Deel 1)
Laerskool
Louis Leipoldt
(Deel 2)
HoŽrskool
Goedehoop
Laerskool
Fleur
HoŽrskool
Lyttelton
(Deel 1)
HoŽrskool
Lyttelton
(Deel 2)
Universiteit van
Port Elizabeth
Die Universiteit van
Suid-Afrika
Tegniese Kollege
Verwoerdburg
(Deel 1)
Tegniese Kollege
Verwoerdburg
(Deel 2)
Universiteit
Vista
Onderwyskollege vir
Verdere Opleiding
Universiteit van
Pretoria
(Deel 1)
Universiteit van
Pretoria
(Deel 2)
Universiteit van
Pretoria
(Deel 3)
Universiteit van
Pretoria
(Deel 4)


HOOFSTUK 6
DEEL 2

VERBINTENIS MET
LAERSKOOL LOUIS LEIPOLDT

  1. OOM DAAN MALAN : 'N HULDEBLYK DEUR M C BARNARD

    Gedurende die begin van die 2de kwartaal is 'n groot afskeidsgeselligheid deur die Skoolkomitee en personeel ven die Laerskool Louis Leipoldt gereŽl ter ere van die uittredende hoof en sy gade, Oom Daan en Tant Mariaan Malan.

    Min het hierdie gaste besef dat 'n veel groter byeenkoms 'n maand later aan Oom Daan die laaste hulde sou bewys.

    Die personeel, leerlinge en publiek het met gemengde gevoelens afskeid geneem van die eerste skoolhoof van Louis Leipoldt, waaruit reeds twee dogterskole, naamlik Lyttelton English Medium en die Laerskool Fleur, gegroei het.

    DaniŽl Jacobus Malan, beter bekend as oom Daan van Lyttelton, is op 28 April 1903 in Wes-Transvaal gebore. Oom Daan het direk na matriek gaan skoolhou en is in 1926 na die Onderwyskollege van Pretoria waar hy die 03 diploma verwerf het. Deur privaatstudie het hy die BA-graad behaal.

    Vir die amper 37 jaar wat Oom Daan in die onderwysprofessie gestaan het, was hy aan verskillende skole as assistent, waarnemende hoof en hoof in die distrikte van Heidelberg, Germiston, Brits en Pretoria verbonde.

    In 1948 het mnr Malan die Laerskool Louis Leipoldt geopen, daarna hoof van dieselfde skool geword, en dit vir 15 jaar, tot by sy aftrede gebly.

    Ons sal Oom Daan onthou as 'n vriend van die kind, 'n opvoeder van groot formaat, 'n man wie se liefde vir sy volk geen grense geken het nie - 'n ware kultuurmens met 'n diepere besef van hoŽr waardes. Sy geloof in die jeug was onwrikbaar, hy het geglo dat die jeug van sy volk kerngesond is.

    Sy suiwer Christelike en nasionale uitkyk op die lewe is weerspieŽl in sy optrede op alle terreine.

    Hy was die stille werker, altyd 'n stukrag - hy het geen eer gesoek nie, maar was altyd op die voorpunt waar daar gewerk moes word - hy was die ware leier.

    Oom Daan was kommandant (en stigter) van die plaaslike Voortrekker-kommando, en vir baie jare die streekleier.

    Met sy uittrede uit die diens het die onderwys 'n man verloor wat geweet het wat hy wou; met sy afsterwe het die gemeenskap, die staat en sy kerk 'n steunpilaar wat op veelvuldige terreine onbaatsugtige diens gelewer het, verloor.

    Tant Mariaan, ons diepe meegevoel met u en hulle wat saam met u treur. Vir oom Daan se ryk lewe en al die mooi dinge wat nie net prysenswaardig is nie, maar ook navolgingswaardig, dank ons die Skepper.

    (Oorgeneem uit : Naude, Chrissie en die Seemeeuespan: Verwoerdburg - 'n Terugblik, Sigma Pers Pretoria 1983).

  2. VERSLAG VAN NAUDE, CHRISSIE EN SEEMEEUESPAN VERWOERDBURG - 'N TERUGBLIK
    SIGMA PERS 1983

    Op 8 Oktober 1952 word die nuwe skool amptelik in ontvangs geneem met mnr Daan Malan as eerste permanente hoof. Vier jaar later is die leerlingtal 934 en word daar afskeid geneem van die 240 Engelsmediumleerlinge wat oorgeplaas word na hulle eie skool, Lyttelton Primary.

    Die skool en al die amptelike stukke word op 30 April 1963 aan mnr Hurter oorhandig wat tot en met 20 Januarie 1964 waarneem as hoof. Daarna neem mnr J F Naude die leisels oor waar hy vir dertien jaar die siel van die skool sou wees. Op 30 September 1976 groet hy sy mense - kinders, onderwysers en ouers - hy het aan die einde van sy onderwysloopbaan gekom.

    Mnr Kuyper neem waar by Laerskool Louis Leipoldt. Daarna begin hy die nuwe Laerskool Doringkloof totdat hy 'n aanstelling as hoof op Hendrina aanvaar. Op 21 April 1977 word mnr W W de Vos die nuutaangestelde permanente hoof.

    Die primÍre skool Louis Leipoldt het pas sy vyf-en-twintigste verjaarsdag gevier. By so 'n geleentheid dink 'n mens gewoonlik ver terug oor die jare en word gebeurtenisse uit vroeŽr jare in herinnering geroep.

    Soos met baie ondernemings in die lewe, het die Laerskool Louis Leipoldt ook klein begin.

    In 1948, vyf-en-twintig jaar gelede, is toestemming van owerheidsweŽ gegee dat 'n parallelmediumskool op Lyttelton gebou mag word. Maar voordat die skool voltooi kon word, moes daar alreeds skool gehou word, en daarvoor is die Kerksaal gebruik. Toe die eerste kwartaal op 21 Januarie 1948 begin, was 168 kinders ingeskryf, waarvan veertig Engelssprekend was. Mnr D J Malan was die waarnemende hoof, bygestaan deur mnr J G Wasseman en mevv H D Malan en J Browne. Op 3 Februarie, twee weke nadat die skool begin het, het nog drie leerkragte bygekom naamlik mej Rowland, mev H J Fick, en mnr A O Skeen. Toe het hulle die Ysselsaal oorkant die spoor by die Kerksaal in gebruik geneem.

    Soos met die aanbou van die skool gevorder is, so het die aantal kinders in die skool gestyg.

    Toe die heuglike dag aangebreek het dat die splinternuwe skool op 25 Februarie 1953 ingewy kon word, het die aantal kinders reeds gestyg na 550, waarvan 124 Engelssprekend was.

    Vandag 25 jaar later, kan daar met trots teruggekyk word na die groei van die Laerskool Louis Leipoldt met 'n leerlingtal van 870. Dat die skool so 'n besondere plek in die samelewing kon inneem, is hoofsaaklik daaraan te danke dat daar altyd 'n toegewyde hoof en sy personeel hulle tyd en kragte aan die skool gegee het - vanaf mnr Daan Malan die eerste hoof, opgevolg deur mnr Hurter, totdat mnr J F Naude die leisels in 1963 opgeneem het.

    Heelwat bekendes van Lyttelton en omgewing het in daardie vroeŽ jare diep spore getrap in die ontwikkeling van die skool. Twee van die eerste skoolkomiteelede van daardie tyd was wyle ds Daan Louw en mnr N S Louw.

    Twee leerkragte wat beide sedert 1953 aan die skool verbonde is, is mevv A van Wyk en Tiny Hattingh. Ander bekendes is prof W Landman, mnr M J Labuschagne, dr At Viljoen, prof Sarel Gous en mev A Kriek.

  3. LAERSKOOL LOUIS LEIPOLDT VIER KWARTEEUFEES
    AUGUSTUS 1973

    Laerskool Louis Leipoldt beplan 'n hele paar funksies. Oud-leerkragte en skoliere, veral diegene wat gedurende 1948 reeds by die skool was, word uitgenooi. In September 1973 skryf Verwoerdburger: LOUIS LEIPOLDT: In 1948 is toestemming verleen dat 'n parallelmediumskool in Lyttelton gebou mag word. Voor die skool voltooi kon word is in die Ned Geref Kerksaal en die Ysselsaal (Oos van die spoorlyn) skoolgehou met mnr D J Malan as waarnemende hoof. Heelwat bekendes van Lyttelton het in die vroeŽ jare diep spore getrap in die ontwikkeling van die skool. Twee van die eerste skoolkomiteelede was wyle ds Daan Louw en mnr N S Louw. Twee leerkragte wat beide sedert 1953 aan die skool verbonde was, is mevv A van Wyk en Tiny Hattingh. Ander bekendes is prof W A Landman, mnr M J Labuschagne, prof At Viljoen, prof Sarel Gouw en mev Amor Kriek. (Verwoerdburger).

    Boodskap : (W A Landman) : 'n Feesviering is 'n sigbare aanduiding daarvan dat daar nie in die verlede negatief afgebreek is nie, maar positief aan 'n tradisie gebou is en omdat verpligtinge opgeneem is wat voortspruit uit daardie tradisie.

  4. VAN DIE "YSSELSKOOL" TOT PRAGGEBOU
    SEPTEMBER 1974

    Die staandakgebou langs die groot boom is die eerste skooltjie wat deur mnr Gert Yssel op Lyttelton gebou is. In hierdie gebou was ook die kantoor van mnr Daan Malan, destydse waarnemende hoof en latere beminde hoof van Laerskool Louis Leipoldt. Die Afrikaanse klasse is in hierdie gebou gegee en regs agter was 'n gebou wat vir die Engelse klasse gebruik is. Aanvoorwerk vir die verkryging van 'n eie skool is aan mnr A O Skeen te danke. Maar daar is nog geen skoolgehou nie. Dit is toe dat die welbekende mnr Gert Yssel aan die werk gespring en met gewillige helpers die nodige klaskamers sonder boupermit of Onderwysdepartement goedkeuring in 'n rekordtyd op twee van sy persele opgerig het. Dit was in 1948 en Lyttelton het sy eie skool gehad. Die Onderwysdepartement moes net eenvoudig swig voor die druk van mnr Yssel en die gemeenskap. (Verwoerdburger).

    Boodskap : (W A Landman) : Vordering vanaf karige fasiliteite tot pragfasiliteite wek besondere dankbaarheid vir die voorreg en die vooruitsigte wat geopen word. Gemeenskapsbetrokkenheid wat deur owerhede as druk belewe word, is 'n gesonde verskynsel.

  5. EK ONTHOU
    (Oorgeneem uit : Naudť, Chrissie en die Seemeeuespan:
    Verwoerdburg - 'n Terugblik
    Sigma Pers 1983)

    Die Lytteltonse Laerskool (later Louis Leipoldt) is in sy beginjare in verskillende lokale gehuisves. Twee van die lokale (elk met twee klaskamers) was oos van die spoorlyn op die hoek van Krugerlaan en Rivierweg en het bekend gestaan as die Ysselgeboutjies. Een van die take van die diensdoende onderwyser(es) was om voor skool, tydens pouses en net na skool te keer dat die Afrikaans- en Engelssprekende kinders mekaar nie te lyf gaan nie.

    Op die speelgrond wat eintlik net ruwe veld was, het 'n paar donkies geloop wat tydens pouses bloots deur die seuns gery is totdat een afgegooi is met 'n erg beskadigde been.

    'n Ander gebeurtenis waaroor die seuns vir weke daarna loop en spog het, was toe een van hulle onderwysers die perfekte kolfhou wou demonstreer en toe die krieketbal sekuur deur die naaste skoolvenster gelanseer het.

    'n Besondere bedrywigheid was ink-aanmaak en die vul van inkpotjies. Omdat dit die werk van 'n deskundige was, het elke klas 'n spesiale ink-kommandant gehad wat moes sorg dat hy elke keer ink met dieselfde skakering blou aanmaak. Die onderwysers(esse) moes voortdurend dophou dat die seuns nie tydens lesse die dogters se haarvlegselpunte in die inkpotte druk nie.

    Nog 'n belangrike "kommandant" was die potloodskerpmaker. Potlode moes net skerp genoeg wees en het voortdurend aandag nodig gehad.

    Daar was ook skoolgehou in die kerksaal van die NG Kerk (Langebrinkweg). Een klas was in die konsistorie, een in die voorportaal en twee binne die saal self. Die twee klasse wat deur een onderwyser (die skoolhoof mnr D J Malan) behartig is, was 'n besondere groepklas omdat die twee klasse wat saamgegroepeer was, graad een en standerd vyf was!

    Later het sommige van die klasse verskuif na die halfvoltooide skoolgebou. Die een klas was gehuisves in wat vandag die seuns se waskamer is. Die een ry banke wat op die onvoltooide gedeelte gestaan het, het skuins gestaan met die gevolg dat die boeke aanhoudend afgegly het en die handskrif nie van die beste was nie. Daardie dae was "skoonskrif" 'n baie belangrike vak.

    Die nuwe skool was aanvanklik 'n parallelmediumskool, maar later het dit Afrikaansmedium geword. Die ouers aan die oostekant van die spoorlyn het dadelik gevra vir 'n veilige oorgang oor die spoor en pad. Die oorgang is dan ook later gebou - dertig jaar nadat dit vir die eerste maal versoek is.

    Een van die sterkste bedrywighede van die begin van die skool se bestaan af, was die Voortrekkers. Byna al die leerlinge was ingeskakel en die Jan Cilliers-kommando was baie bekend by al die inwoners van Lyttelton.
    (W A Landman (Oom Willie)

  6. BOODSKAP NAMENS OUD-ONDERWYSERS
    1973 : 25-JARIGE FEESVIERING

    Verskillende mense se begrip van wat "skool beteken, sal verskil. So sal die argitek en bouaannemer wat die skool ontwerp en gebou het, hoofsaaklik aan die skool dink in terme van boumateriaal, ruimtes, ligging, ens. Vir die ouers is 'n skool 'n plek waar kinders leer en vir die kinders is dit 'n plek waar daar geleer word. Die onderwyser sien die skool as 'n besondere woning wat so ingerig is dat onderwys en leer daardeur bevorder word. Die oud-onderwyser van 'n besondere skool sien dit as plek waar hy besondere kinders ontmoet het en waar hy saam met gewaardeerde kollegas gewerk het. In hierdie verband het die oud-onderwyser van die PrimÍre Skool Louis Leipoldt buitengewone waardering vir veral daardie kollegas wat deur hulle opvoedingswerk die sinvolheid van die Christelik-nasionale gedagte beklemtoon en voorgelewe het soos dit die tradisie van hierdie skool was en nog steeds is. Daar is hoŽ waardering vir kollegas wat hulle ondubbelsinnig en onvoorwaardelik vereenselwig met die Protestants-Christelike behoorlikheidseise en wat die Christelike lewensopvatting met entoesiasme bevorder. As Christen opvoeders vorm hulle gewetes tot behoorlike werktuie van God met die wete dat 'n mens se bestaan juis sinvol is as hy deur die gewete luister na die Stem van God en dan gehoorsaam is aan daardie stem. Hulle voltrek gewetensvorming deur die bevordering van kennis van God en sy beloftes en aanvaarding van die behoorlikheidseise wat Hy stel. Dit is kennis wat nog al die jare in Louis Leipoldt hoog aangeslaan is en wat lei tot 'n hunkering daarna om so volwaardig moontlik te lewe volgens God se gebod.

    Vir die kinders van Louis Leipoldt was en is hierdie onderwysers waardige aanvullende ouers en gee hulle leiding met die wete dat ook hulle gestel is onder die eise van die Doopgelofte. Vir hulle dui die Gelofte onbetwyfelbaar op die eenheid van huis en skool en dat daarom noodwendig huis en skool moet saamwerk want op die wyse kan daar die doeltreffendste die geestelike volwassewording van die kind wat beide onderwysers en ouers as roeping het, bevorder word.

    As Christen opvoeders was en is dit vir hulle duidelik dat 'n onderwyser geroepe is om elke kind te help om vir die Ewige behoue te bly en daarom is die sedelike waardes wat uit die Skrif verneem word van besondere betekenis. Om elke kind te kan help moet die Christen opvoeder elke dag die volgende vir homself voor oŽ hou:

    As opvoeder is my aanspreek van die kind 'n opvoedende aanspreek wat daartoe lei dat ek en die kind mekaar werklik bereik. Ek spreek hom aan op so 'n wyse dat hy homself by my teenwoordig en aanvaar voel. Wanneer ek hom aanspreek, stel ek my vir hom beskikbaar omdat hy aanvoel dat ek 'n vertrouenswaardige persoon is wat hom wil aanhoor. As begrypende volwassene stel ek myself diensbaar by die kind wat begryp wil word.

    Ek spreek hom aan met die bedoeling dat deur my teenwoordigheid daar by hom 'n vertroue geskep sal word en dat daardeur die wÍreld al meer en meer vir hom bewoonbaar moet word. Deur my aanspreek moet hy as vertrouende en tot oorgawe gewillige kind aanvoel dat ek as opvoeder hom wil versorg, met die bedoeling om hom geleentheid te bied om sy lewe te lei.

    My opvoedende aanspreek is 'n oproep aan die kind om anders te word omdat hy anders behoort te word. Uit my aanspreek moet hy aanvaar dat ek hom wil en kan steun in sy volwassewording totdat hy sy wÍreld op 'n volwasse wyse bewoon.

    Ek spreek hom altyd aan met inagneming van sy menswaardigheid sodat my opvoedende steungewing in volle lewe omskep kan word en dit beteken dat hy deur my aanspreek sal kom tot 'n toenemende selfstandigheid. My aanspreek sal dan 'n aanspreek moet wees waardeur die aangespreekte kind gesteun word om sy weg te vind tot sy medemens en sy God.

    My betekenisvolste aanspreekvorm is die woord "kind," want wie as "kind" aangespreek word, word aanvaar met al sy moontlikhede sonder dat nie-menswaardige motiewe 'n rol speel. As Christen protestant spreek ek hom aan as "Verbondskind" en toon aan hom daarmee dat ons albei onderskrywers is van die oortuiging dat die eer van God in dade van gehoorsaamheid aan Sy gesag alleen bewerkstellig kan word.

    Dit wat hierbo geskrywe is, was nog altyd vanselfsprekend in die PrimÍre Skool Louis Leipoldt. Mag dit in die toekoms nog steeds so wees.
    PROF W A LANDMAN

  7. 1998 - 50 JAAR GEMEENSKAPSWAARDERING VIR LAERSKOOL LOUIS LEIPOLDT
    W A LANDMAN

    Die Laerskool Louis Leipoldt was bevoorreg om vir vyftig jaar te kon funksioneer onder leiding van akademies-professioneel, goed toegeruste skoolhoofde. Met hulle begeleiding kon onderwysers met toepaslike vakkennis, toereikende kindkennis en deeglike metodekennis nie-volwasse leerders opvoed om 'n toenemend selfstandige plek op die weg na behoorlike volwassenheid vol te staan.

    Leerders is opgevoed om 'n leerkultuur te handhaaf wat egte beskaafdheid as uitkoms het en wat gekenmerk word deur arbeidsaamheid, gedissiplineerdheid en dankbaarheid vir elke goeie gawe.

    Onderwysers het besondere pogings aangewend om professioneel verantwoordelik en waardig op te tree met Bybelse norme in die middelpunt en die kinders wat aan hulle toevertrou is op die voorgrond. Daar is gearbei en bearbei met die wete dat die ouers die oorspronklike opvoeders is wat in verband met die opvoeding van hulle kinders besondere geloftes afgelÍ het. Onderwysers is vanweŽ hulle deskundigheid, aanvullende ouers, maar moes ook soms as plaasvervangende ouers optree.

    Die ouers van Louis Leipoldt se leerlinge het meesal met entoesiasme en dikwels met opoffering die skoolhoofde en onderwysers ondersteun met hulle onderwys - en opvoedingstaak. Dit is die ouers wat eendat verantwoording sal moet doen oor wat van hulle kinders geword het. Die meeste onderwysers was bereid om hierdie verantwoordelikheid te deel.

    Die onderwysers het uitmuntend met die ouergemeenskap se hulp daarin geslaag om buitemuurse bedrywighede (sport en kultuur) in te skakel by die skool se opvoedingsprogram sodat ook langs hierdie weg 'n waardevolle bydrae gemaak kon word tot beskaafdheidsvorming. 'n Mens moet dank uitspreek vir die baie ure wat onbaatsugtig bestee is aan die opvoedende aanwending van sport en kultuur.

    Onderwysers was genoodsaak om vanweŽ die snelveranderende wÍreld met sy toenemende eisestelling deel te neem aan opknappings en vernuwingskursusse en ook professionele byeenkomste. Dit is blymoedig gedoen met die oog op steeds beter begeleiding van die leerders wat ten alle tye en ten spyte van probleme hoop op die toekoms moes behou en ook uitbou.

    Louis Leipoldtskool, jy word deur die gemeenskap geŽer as besondere ligbaken op die pad van Suid-Afrika.

    (Prof Landman was assistent-onderwyser aan Laerskool Louis Leipoldt 1951 - 1958 en later vise-hoof. Daarna was hy HoŽrskool-onderwyser, senior dosent Pretoriase Onderwyskollege, dosent en professor aan die Universiteite van Port Elizabeth, Pretoria en Suid-Afrika.)

  8. LAERSKOOL LOUIS LEIPOLDT : TOEKOMSBETEKENIS

    Die vraag is wat my verbintenis met die Laerskool Louis Leipoldt beteken het vir my as dosent en as navorser.

    Betekenis as dosent

    Vir die dosent is dit besonder waardevol om tydens 'n lesing met oortuiging te kan stel: "die ervaring het my geleer dat ...." Ervaring van Louis Leipoldt het my onder andere geleer dat:

    1. Deeglike voorbereiding en entoesistiese voordrag voorwaardes is vir leerderlojaliteit en opvoeding van leerders tot die toenemende opneem van verantwoordelikheid- en selfstandigheid.

    2. Handhawing van 'n leerkultuur beskerm die kindwaardigheid en wek 'n sterk toekomsgerigtheid.

    3. Die skool is beskaafdheidsvormer by uitstek wat onder andere insluit respek vir die opvoeders, bewaring van skooleiendom en volgehoue verfraaiing van die omgewing.

    4. Daar moet positief gebou word aan 'n tradisie, dit wil sÍ 'n besondere waardestelsel, met samewerking deur en goedkeuring van die ouergemeenskap.

    Betekenis as navorser

    Dit wat as opvoedkundig-waardevol geÔdentifiseer is, verg vir die optimale begryping daarvan 'n wesenskou lessensie-openbaring) en praktykverbeterings-betekenis.