Biografie
Professor W A Landman
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
HOOFSTUK 11
VERBINTENIS AAN DIE UNIVERSITEIT VAN SUID-AFRIKA
1966-1967
Inhoudsopgawe
- Kort geskiedenis
- 1990-Personeel Nuusblad, September, Die Dekaan aan die Woord:
Prof W A Landman by Instituut
- 1991 - Skenking van boeke
- 1991 - Augustus : Ons stel UNISA se visie bekend.
- 1993 - Edunisa : Personeel - Nuusblad 1923.
Fakulteit Opvoedkunde : TO-Geskiedenis.
- 1993 - Uitstalling met Fakulteitslesing.
- 1993 - Oorhandiging van TO-geskiedenis aan prof H O Maree,
Voorsitter van die TO.
- 1993 - Ontvangs van die UNISA-skild.
- Alet Moll: 1991 - 1993
- 1994 - Voordrag : Universiteit van Zululand: Umlazi
Dankbriewe
Bulletin-berig
VERBINTENIS AAN DIE UNIVERSITEIT VAN SUID-AFRIKA
- KORT GESKIEDENIS
The University of South Africa (UNISA) was established in 1873 as the University of the Cape of Good Hope, which was initially an examining body for other institutions, and became known as Unisa in 1916. As the oldest university in the country, UNISA celebrates its 130th anniversary in 2003. The Unisa Faculty of Education traces its roots back 85 years to 1918, when a Department of Education was established within the Faculty of Arts. A separate Faculty of Education was founded in 1927.
The University of the Cape of Good Hope gradually developed into a federal institution comprising six university colleges that were initially too small to stand on their own. The influence of the Department (and subsequently Faculty) of Education extended to each of the university colleges, as one-by-one they gained the status of independent universities: the University of the Witwatersrand (1922), the University of Pretoria (1930), the University of Natal (in 1949), the University of the Free State (in 1950), Rhodes University (in 1951) and Potchefstroom University (in 1951).
The University of South Africa was launched as a distance teaching university in 1946, in the immediate aftermath of the Second World War, when thousands of returned soldiers were in need of a tertiary education. The Faculty of Education was one of the first faculties to be established, in 1947, with just a single department (the Department of External Studies). Since then, the Faculty has been training teachers in the distance-learning mode, and has given generations of South African teachers the opportunity to continue with their studies in education and upgrade their qualifications without interrupting their teaching careers.
As one of the world's mega-universities, Unisa has been an international pioneer in distance education. Recognising the university's unique role in this regard, the Faculty of Education established the Bureau for University Research in 1970 with the express objective of conducting research into higher education, especially distance teaching. The Faculty of Education can thus proudly claim to have played a significant part in developing this mode of delivery and making it accessible on a world-wide scale. Unisa's distance teaching today reaches its students by harnessing a range of resources and technologies, including online tuition, support via the Internet, study guides, tutorial letters, audio and video cassettes, workbooks, group discussions at provincial centres, and telephone and video conferencing.
(Unisa-inligtingsbrosjure)
- 1990
Personeel Nuusblad, UNISA, September 1990, Fakulteit Opvoedkunde: Die Dekaan aan die Woord:
Prof W A Landman by die Instituut.
Die Instituut vir Opvoedkundige Navorsing is besonder bevoorreg om die dienste van die alombekende prof W A Landman vanaf 1 Julie 1990 te bekom. Prof Landman het vinnig ingeskakel by die werksaamhede van die Instituut en sal, benewens sy betrokkenheid by navorsingsprojekte, ook 'n groot aandeel hê in die lesings, seminare en werksessies oor navorsingsaangeleenthede wat deur die Instituut aangebied sal word. Hy is ook betrokke by die adviesdiens wat die Instituut lewer en fakulteitslede word genooi om met vrymoedigheid by hom om raad aan te klop oor die wye verskeidenheid aangeleenthede waarvan hy kennis dra en ervaring het.
- 1991 : SKENKING VAN BOEKE
Universiteit van Suid-Afrika
21 November 1991
Prof W A Landman
Instituut vir Opvoedkundige Navorsing
Kamer 06-14
AJH
Geagte prof Landman
Die Navorsingskomitee van die Fakulteit (NKF) het by sy laaste vergadering kennis geneem van die groot aantal boeke oor navorsingsmetodologiese en filosofiese aangeleenthede wat u uit u persoonlike boekery aan die Fakulteit geskenk het. Op versoek van die NKF bedank ek u hartlik vir hierdie baie waardevolle skenking.
Die boeke sal by die Instituut veilig bewaar word en vir naslaandoeleindes aan fakulteitslede beskikbaar gestel word. Die skenking word ook onder die aandag van die UKF gebring en die titels van die boeke sal op 'n geskikte wyse aan fakulteitslede bekend gestel word.
Vriendelike groete
PROF C P JANSEN
VOORSITTER : NKF
- 1991
Augustus 1991, EDUNISA Personeel Nuusblad : Fakulteit Opvoedkunde: Ons stel Bekend: UNISA se
wins
Die Fakulteit Opvoedkunde is bevoorreg om tans van die dienste van prof W A Landman gebruik te kan maak. Prof Landman is vanaf 1 Julie 1990 by die Instituut vir Opvoedkundige Navorsing as 'n deeltydse senior navorser aangestel. 'n Fakulteitslid wat raad nodig het oor enige aspek van Opvoedkunde kan by prof Landman kom kers opsteek.
Dit is aan 'n verteenwoordiger van die argiefkomitee opgedra om 'n onderhoud met prof Landman te
voer oor sy bydrae tot die Pedagogiek. Uit sy verkorte Curriculum Vitae het die volgende
interessanthede aan die lig gekom:
- Hy het 8 graadsertifikate en 'n onderwysdiploma verwerf - BSc, BA, BA(Hons), BEd, MEd, DEd, MA, DPhil en TOD.
- In sy loopbaan het hy onder andere die poste beklee van assistent onderwyser, vise-hoof, professor, departementshoof en adjunk-dekaan.
- Wat gemeenskapsdiens betref was hy tot 1990 onderskeidelik die voorsitter of dagbestuurslid van 5 opvoedkundige inrigtings of kommissies.
- Hy is verder 'n hoofbestuurslid van die Transvaalse Onderwysersvereniging, en 'n raadslid van die Suid-Afrikaanse Onderwysersraad, 'n senaatslid van die Pretoriase Onderwyskollege en 'n raadslid van die Universiteit van Vista.
- Prof W A Landman is die outeur van 12 boeke, hoof- en mede-outeur van 14 boeke en mede-outeur van 14 boeke. Hy het ook 70 tydskrifartikels gepubliseer.
- Hy is die hoofredakteur van Pedagogiekjoernaal en die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Opvoedkunde.
- Prof Landman het al 16 erepennings, oorkondes en goue medaljes ontvang. 'n Doktorale
proefskrif van C J Lemmer getiteld: W A Landman as pedagogieker is oor hom geskryf.
Op die opmerking dat daar seker nie baie mense is met so 'n indrukwekkende curriculum vitae is
nie, was prof Landman se beskeie antwoord dat hy baie dankbaar is vir die geleenthede wat hy in
sy lewe gehad het.
(Mev S Meyer: Instituut vir Opvoedkundige Navorsing).
- 1993
EDUNISA: Personeel-Nuusblad, April 1993 : Fakulteit Opvoedkunde: TO-Geskiedenis
Die geskiedenis van die eerste eeu van die TO se bestaan is deur prof Landman voltooi. Die werk wat uit 12 volumes (5 000 bladsye) bestaan, is tydens die TO se Eeufeeskongres op 27 Maart 1993 amptelik oorhandig. As deel van die TO se Eeufeesuitstalling is prof Landman een van die twee Opvoedkundiges wie se lewe en werk uitgebeeld is. Professor en mev Landman het ook 'n spesiale toekenning van die TO ontvang wat 'n reis van 12 dae na Israel behels.
- 1993 : UITSTALLING MET FAKULTEITSLESING
Edunisa Personeelnuusblad, November 1993, Nr 21 , Fakulteit Opvoedkunde
Prof Willem A Landman
Oor prof Landman se vele talente het EDUNISA reeds in uitgawes 6 en 19 berig.
'n Lys van publikasies en ander bydraes gee 'n duidelike beeld van hoe produktief prof Landman ook in ons Fakulteit die afgelope drie en 'n half jaar was :
15 seminare oor navorsingsmetodologiese sake, 7 gepubliseerde artikels, 45 studiestukke, referent
by professoreberaad, belangegroep vir Historiese Opvoedkunde en Fakulteitseminaar, kurrikulering
vir Opvoedkunde I - III, dien op 4 Fakulteitskomitees, 180 konsultasies oor veral
navorsingsmetodologie en begripsverheldering, skrywer en mede-skrywer van 5 boeke,
navorsingsprojekte van ION, 12 volumes oor die geskiedenis van die eerste eeu van die bestaan van
die TO, promotor en eksterne eksaminator.
Uitstalling ter ere van prof W A Landman tydens die Fakulteitslesing
|
- 1993
GESKIEDENIS VAN DIE TRANSVAALSE ONDERWYSERSVERENIGING:
VAN STRYD TOT OORWINNING 1893 - 1993
Die grootste gedeelte van hierdie geskiedenis is geskryf tydens my aanstelling as tydelike navorser aan die Instituut vir Opvoedkundige Navorsing, Universiteit van Suid-Afrika. Die feit word vermeld op die titelblad van elkeen van die 12 volumes.
Die Hoof, Prof C P Jansen, het my toestemming gegee om aan die geskiedenis te werk wanneer my dagtaak afgehandel is. Dit is ook gedoen met die goedkeuring van die Dekaan, Prof D J Greyling.
Oorhandiging van TO-Geskiedenis aan prof H O Maree
Voorsitter van die Transvaalse Onderwysersvereniging
|
Geskiedenis van die TO
Van Stryd tot Oorwinning 1893 - 1993
Die stel van 12 boeke is regs op die stoel
|
- DESEMBER 1993: ONTVANGS VAN DIE UNISA-SKILD
UNISA - SKILD : BEWOORDING
Universiteitswapen
Prof W A Landman, met dankbare erkentlikheid
Julie 1990 - Desember 1993
1993
UNIVERSITEIT VAN SUID-AFRIKA
'N AFSKEIDSWOORD AAN
WILLEM ADOLF LANDMAN
Gewaardeerde kollega, akademikus en leermeester,
By geleentheid van u aftrede as
HOOGLERAAR (EMERITUS)
Aan die Universiteit van Suid-Afrika
Die Fakulteit Opvoedkunde, waar u met soveel toewyding
En entoesiasme gewerk het, sal u altyd as 'n
Besondere en lojale kollega onthou.
As akademikus het u met beginselvaste erns
Die wetenskap beoefen en sodoende 'n behoorlike bydrae
Tot die vestiging en uitbouing van die Opvoedkunde gelewer,
Soos wat u ook voor u emiritering gedoen het.
As leermeester het u op besondere wyse studente en kollegas
Akademies en intellektueel help vorm deur voortdurend
Die noodsaaklikheid van die prinsipiële te beklemtoon.
U laat u kollegas, vakgenote en studente verryk agter.
C Jansen : Departementshoof
D J Greyling: Dekaan
|
Desember 1993: Die Dekaan, prof Dirk Greyling,
oorhandig die UNISA-skild
|
- ALET MOLL : 1990 - 1993
Mev Alet Moll (Navorsingsassistent) het altyd gesorg dat die nodige studiestukke netjies en
professioneel voorberei is en betyds ter beskikking van belanghebbendes gestel is. Haar
sonnige geaardheid was altyd 'n besieling.
Alet Moll Navorsingsassistent
|
- UNIVERSITEIT VAN ZULULAND - UMLAZI BUITEMUURSE AFDELING
DANKBRIEWE
From the desk of: Prof Dr G Urbani
Posbus 418
UMBOGINTWINI
4126
1990-09-30
Geagte prof Landman
B.Ed.-lesing
Die uiters positiewe terugvoer van die senior studente na aanleiding van u lesing herbevestig
slegs wat ek geweet het: u het ons 'n baie groot eer aangedoen en ek wil u verseker dat ons dit
waardeer. Ek wil u baie graag vra om weer volgende jaar u enorme talente en
medemens-betrokkenheid met ons studente en dosente te kom deel.
Vriendelike groete
GIOVANNI
UNIVERSITEIT VAN ZULULAND
Prof W A Landman
Krugerlaan 88
LYTTELTON
0157
Geagte prof Landman
LESING AAN B.ED STUDENTE OP 21 SEPTEMBER 1994
Hiermee wil ek graag namens al die studente en myself ons opregte dank en waardering aan u
oordra vir die uiters sinvolle lesing wat u gelewer het. Benewens die feit dat die tema baie
paslik was, was die aanbieding deur u, as 'n bekende opvoedkundige, baie treffend. Die vele
navrae wat ek daarna van sowel lektore as studente vir die aantekeninge rakende "A guide to
reasoning" ontvang het, getuig verder van die waarde van u lesing.
Nogmaals baie dankie vir u bereidwilligheid om u kennis met ons te deel. Ek sluit 'n eksemplaar
van ons Bulletin in waarin 'n berig oor u besoek verskyn.
Met agting en vriendelike groete
DR M S VOS
Bulletin, Universiteit van Zululand
Vol 4 Nr 26
29 September 1994
Prof Landman visits Umlazi
Prof W A Landman, Senior Researcher in the Institute for Educational Research of the University
of South Africa, was a visiting lecturer at the Umlazi campus in September. During his visit,
he presented "A guide to Reasoning" to B.Ed. students. He pointed out that for any research
report to be scientifically accountable the author of such a report should discuss the relevant
data and information collected during his research.
Reasoning should be aimed at demonstrating truth and validity of statements in support or against
a plan of action, a proposal or an interpretation. Research embodies a system of multi-faceted
logic. The logic of valid research necessitates the evaluation and elimination of the effect of
obstacles and fallacies in the way of logical thinking.
Prof Landman is a leading Educationist and the recipient of some 45 honours, including medals
such as the first "Sanlam of SA" golden medal for the promotion of educational research.
|