Biografie
Professor W A Landman
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
HOOFSTUK 1
VERBINTENIS AAN ONDERWYSINRIGTINGS
Inhoudsopgawe
- ORIëNTERING
- DIE GESKIEDENIS VAN 'N ONDERWYSINSTELLING ONTVANG AANDAG
- ENKELE KENMERKE VAN DIE GEES VAN DIE ONDERHAWIGE INRIGTINGS
- W A LANDMAN : TYDTAFEL
VERBINTENIS AAN OPLEIDINGSINRIGTINGS
Inleiding
- ORIËNTERING
Om verbonde te wees aan opleidingsinrigtings beteken om in 'n besondere verhouding tot spesifieke
instansies te staan. Hierdie verhouding is 'n leer-verhouding aangesien die eerste
doelwit met die bywoning van opleidingsaktiwiteite om te LEER. Die mens wat met sy geboorte in
die wêreld kom, leef van die begin af in 'n lerende verhouding tot die werklikheid.
Deur opvoedende leer sal die kind se verhouding tot die werklikheid steeds wysig en wel
in die rigting van 'n geleidelike en steeds toenemende volwasse verhouding tot die werklikheid.
Met Rachel, morele ondersteuner
Ten einde die mens se lerende verhouding tot die werklikheid te bevorder, het die samelewing
(gemeenskap) wat hoofsaaklik uit ouers bestaan het, opleidings-inrigtings geskep. Ouers wat
hulle ontoereikenheid besef het om 'n ideale leer-omgewing te stig, het skole laat
ontstaan en na hierdie skole het mettertyd hoëre opleidingsinrigtings hulle verskyning gemaak,
steeds met die ondersteuning en sanksie van ouers wat deur hulle ouerskap reg verkry het om die
betiteling "primêre" opvoeders toe te eien.
Hulle kinders het die erenaam "leerlinge" ontvang om daarmee aan te dui dat hulle "linge", dit
wil sê wesens is wat opgeroep word om te leer. Hedendaags word daar tereg gepraat van LEERDERS
om daarmee te beklemtoon dat dit gaan om mense wat uiteindelik as wys, goed ingelig, goed
opgevoed, geskoold, beskaafd, belese, geleerd, gekultiveerd, verstandig, kundig (bedrewe,
bekwaam), en leergierig (met leerlus) bestempel kan word. Dit is veral hierdie leergerigtheid
wat by ander wat daartoe in staat is leermeester-wil-wees oproep.
Die leerder-leermeesterverhouding kom tot gestalte (word werklikheid) na primêre (eerste,
aanvanklike), sekondêre (hoër, middelbare) en tersiêre (derde in die ry) opleidingsinrigtings.
Die leerder tree onderskeidelik op as primêre, sekondêre en tersiêre leerder wat dit vir hom
moontlik maak om mettertyd te funksioneer as primêre sekondêre en tersiêre leermeester.
Ervaring as leermeester maak dit vervolgens moontlik om diens te doen as adviseur (raadgewer en
voorligter) van primêre, sekondêre en tersiêre opleidingsinrigtings.
- DIE GESKIEDENIS VAN ONDERWYSINSTELLINGS ONTVANG AANDAG
Uit elke mens (en ook 'n organisasie soos byvoorbeeld 'n onderwysinstelling) se verlede is daar
aangeleenthede wat steeds betekenisvol is vir begryping en waardering vir die lede en ook vir die
toekoms. Om in die hede (tans) te weet wat as betekenisvol beskou is in
Met Elize Gerryts, prima woordverwerker
die verlede van byvoorbeeld 'n onderwysinstelling oefen besondere invloed uit op die toekoms van die instelling,
maar ook op die toekoms van die individuele lede van daardie instelling. Dit kan die beste
geïllustreer word aan die hand van enkele voorbeelde:
- In 'n skool waar daar byvoorbeeld in die verlede besondere aandag gegee was aan die
versorging en instandhouding van 'goewermentseiendom' (bv skoolmeubels) sal sodanige bevordering
deel word van die skool se beleid, sal bewaring as 'n hoogs waardevolle saak onderstreep word
wanneer 'n individuele personeellid opgeroep word om op te tree as onderwyseropleier of ook as
adviseur by die onderwysersopleiding. Hy sal heel waarskynlik raaksien dat bewaring 'n
belangrike navorsingstema kan wees (vgl Olifantsfonteinskool).
- In 'n skool waar dit vir die skoolhoof hoogs waardevol is om professionele ondersteuning te
verleen, veral deur die voorbeeld wat hy stel, sal professionaliteit kenmerkend word van die
skoolbeleid waarvan hy eerste medebepaler sal wees en sal individuele lede wat later in hul
loopbaan gemoeid raak by onderwysersopleiding of by adviesgee by onderwysersopleiding dit
vanselfsprekend vind dat die eise wat professionaliteit stel gehoorsaam moet word. Hy sal
maklik inisiatief kan neem by navorsing oor die wetenskaplikheid van die onderwyser, die
beroepsbeoefeningsbetekenis van 'n professionele gedragskode en kan dit wees dat hy as 'n
roeping beskou om betrokke te raak by 'n Professionele Raad vir Onderwysersopleiding (vgl die
eerste skoolhoof by Witfieldskool en die Pretoriase Normaalkollege). Hy sal ook
professioneelverantwoorde advies kan gee in sake onderwysersopleiding.
- 'n Onderwysinrigting kan sy ontstaan en veral die sinvolheid van sy bestaan en voortbestaan
terugvoer na 'n IDEE wat 'n werklikheid geword het (en moes word). Hier word onmiddellik gedink
aan die Christelik-nasionale lewens- en opvoedingsbeskouing. 'n Onderwyser in wat hierdie idee
beleef en beoefen het, sal dit as vanselfsprekend aanvaar dat die opleiding waaraan hy deelneem
asook die opleiding in verband waarmee hy adviseer, se begronding en regverdiging
Christelik-nasionaal sal wees. Hy sal ook navorsing kan (en wil onderneem oor die
Christelik-nasionale betekening van opleidingsinhoude (vlg Hoërskool Goedehoop en Pretoriase
Normaalkollege).
Die vraag wat in die onmiddellik voorafgaande aan die hand van enkele voorbeelde beantwoord is,
is waarom is dit noodsaaklik vir iemand wat sy verbintenis met sekere instansies (hier:
opleidingsinrigtings) wil beskrywe, aan die geskiedenis van daardie inrigtings spesiale aandag
moet gee?
Verder: Dit is die geskiedenis van 'n instansie wat besondere uniekheid aan daardie instansie
verleen en dit is hierdie uniekheid wat hede- en veral toekomsbetekenis het. Verlede-opvattings
stel die huidige situasie in perspektief en dra by tot begryping van die toekoms en ook die
beplanning van toekomstige handelinge. Die historiese vorm 'n vertrekpunt vir die toekomstige.
Begronding en regverdiging moet krities aan die lig gebring word. Aandag aan die historiese
beklemtoon die menslikheid van die mens.
- ENKELE KENMERKE OOR DIE GEES VAN DIE ONDERHAWIGE ONDERWYSINSTELLINGS
- Die hoë waarde wat aan beskaafdheid geheg word
Aktiwiteite wat daarop gerig is om 'n skooltrots te ontwikkel het opvoedingswaarde, veral omdat
daardeur beskaafdheid bevorder word. Hiervoor is die skoolleuse, skoolwapen, skoollied en
skoolvlag, doeltreffend aangewend. Beoefening van die kunste is een wyse om beskaafdheid te
verfyn. Treffend in hierdie verband is die verfynende invloed van die skoolkore en
musiekkompetisies. Die presterende skoolkoor is 'n beskaafdheidsvormer by uitstek.
- Raaksien en waardering van individuele prestasie
'n Geringskatting van prestasie bevorder middelmatigheid en om tevrede te wees met
middelmatigheid is om selfrespek in te boet en menswaardigheid aan te tas. Waardering en
beloning van prestasie kan die ontwikkeling van die presterende bewussyn ten goede kom wat kan
oorspoel na ander lewensterreine. Die akademiese of sportster skitter aan die
prestasie-firmament en trek welverdiende aandag en ook waardering. Presterende leerders is
rolmodelle wat die sout van die skoolaarde en die pêrel in die skool se halssnoer is. Daar moet
egter daarteen gewaak word dat 'n ongebalanseerde oorwaardering van die individuele prestasie nie
lei tot arrogansie en selfverheerliking nie.
- Opvoeding tot leierskap
Die puik prestasie is die gehalteprestasie deur gehalte-mense wat die potensiaal het om
toekomstige gehalte-leiers te wees. Leierskap-potensiaal moet raakgesien en ontwikkel word deur
die toekenning van leierskapposisies. Vir die leier om uit te blink is om opgemerk te word en
op sy beurt beteken dit om verantwoordelikheid op te neem vir die voorbeeld wat gestel moet word.
- Agting vir die opleidingsfasiliteite
Hierdie agting word veral sigbaar wanneer 'n gemeenskap daarna uitsien dat 'n beloofde skoolgebou
opgerig gaan word, wanneer die opening plaasvind en wanneer verjaarsdae herdenk word. Vir die
gemeenskap wat weet dat die gehalte van die opleidingsfasiliteite 'n opmerkbare invloed het op
die kwaliteit van die onderrig en die mate waarin ontwikkelingsgeleenthede benut word, is
verwagting, opening en verjaardagviering kosbare hoogtepunte. Bouwerk aan 'n beloofde skoolgebou
wat goed vorder, simboliseer vir die betrokke gemeenskap verwagtinge wat besig is om uit te
kristalliseer. Om die deure van 'n skoolgebou te open beteken om die poorte van die toekoms oop
te maak vir die leerders. Om skoolverjaarsdae te vier is om waardering en dankbaarheid te betuig
vir jare van beskaafdheidsbou en die vorming van leiers omdat die presterende bewussyn van
leerders gewek is. Dit verskaf vreugde wanneer 'n opvoedingsinstelling kan terugkyk op 'n aantal
jare waarin dit in stand gehou en uitgebou is en ten opsigte waarvan daar toekomsbeplanning
gedoen kan word. Leerders binne sekere sektore van die onderwysstelsel wat hard gewerk het en
aan 'n leerkultuur gebonde was (en dus nie die onderwys help ontwrig het nie) moet die nodige
openbare erkenning en publisiteit vir hulle prestasies kry.
- W A LANDMAN : TYDTAFEL
Opleiding
|  
|
1930 - 1936
1937 - 1941
1942 - 1945
|
Laerskool Olifantsfontein
Afrikaanse Hoër Seunskool
Universiteit van Pretoria en Pretoriase Normaalkollege
|
Opleidend
|  
|
1946 - 1950
1950 - 1954
1955 - 1956
1957
|
Laerskool Witfield
Laerskool Louis Leipoldt
Hoërskool Goedehoop
Laerskool Louis Leipoldt
|
Opleidend en Adviserend
|  
|
1957 - 1961
|
Pretoriase Onderwyskollege
|
Opleidend
|  
|
1962 - 1965
1966 - 1967
1968 - Junie 1990
|
Universiteit van Pretoria
Universiteit van Port Elizabeth
Universiteit van Pretoria
|
Navorsing
|  
|
Julie 1990 - Des 1993
|
Universiteit van Suid-Afrika
|
Slegs adviserend
|  
|
1961
1963 - 1988
1980 - 1993
1982 - 1989
1984 - 1988
|
Laerskool Fleur
Hoërskool Verwoerdburg/Centurion
Centurion-Kollege/voorheen Verwoerdburg Tegniese Kollege
Universiteit Vista
Onderwyskollege vir Verdere Opleiding
|
|