Professor W A Landman | |||||
|
|
Olifantsfontein (Deel 1) |
Olifantsfontein (Deel 2) |
Seunskool |
Pretoria |
Witfield (Deel 1) |
Witfield (Deel 2) |
Louis Leipoldt (Deel 1) |
Louis Leipoldt (Deel 2) |
Goedehoop |
Fleur |
Lyttelton (Deel 1) |
Lyttelton (Deel 2) |
Port Elizabeth |
Suid-Afrika |
Verwoerdburg (Deel 1) |
Verwoerdburg (Deel 2) |
Vista |
Verdere Opleiding |
Pretoria (Deel 1) |
Pretoria (Deel 2) |
Pretoria (Deel 3) |
Pretoria (Deel 4) |
HOOFSTUK 2LAERSKOOL OLIFANTSFONTEIN |
![]()
| ![]()
Met my ouers se 60ste huweliksherdenking
| ![]()
| ![]()
|
15 Januarie 1978 (82 jaar, 4 maande, 32 dae)
Uit begrafnisbrief: "Sy lewe was altyd vir ons 'n sieraad en sy voorbeeld het ons na die Here
Jesus verwys.
Ons dank die Here vir 'n vader wat voetstappe nagelaat het, waardig om na te volg."
Die skool is gestig in die jaar 1913. Geen amptelike dokumentasie tussen 1913 en 1925 kon
opgespoor word nie. Besondere pogings wat deur een van die skoolhoofde, mnr C N Kruger aangewend
is, het niks opgelewer nie.
Vanaf 1922 het die Skooljoernaal onder andere die volgende noemenswaardighede opgelewer:
Januarie 27, 1925; "School opened after Christmas holidays. Present M O van Schalkwyk,
M Gunning and 39 scholars."
15 Junie 1925 Rapport van Inspeksie
"Daar is 'n goeie onderwyserswoning en skool. Die speelgrond is ruim. Die toestand hier is
grotendeels 'n gevolg van die omstandighede. Die gemengde skoolbevolking was die aanleiding hier,
dat ons met al twee die tale gelyk begin het. Vandat die kinders, op 'n enkele uitsondering na
almal Afrikaanssprekend is, moet in die toekoms die medium van onderwys Afrikaans wees. As die
onderwysers dan ophou gedurende die Engelse les Afrikaans en gedurende die Afrikaanse les Engels
te praat, sal die resultate van die Onderwys in altwee die tale beter word. Die onderwysers is
ywerig en aktief. (Mej Gunning)."
"Mev van Schalkwyk het die beoogde klasse standerds II, III en IV. Die werk in hierdie klasse is
goed en deeglik - bv die skriftelike werk is buitengewoon mooi en net".
16 Junie 1925 : Mr Klooster (Inspekteur) has condemned the two seats and desks in one. Dr
Leipoldt also condemned them years ago. So I shall put them outside for the children to use."
November 25, 1926 : "These (noem name) children lie far away, and their parents have
asked me to send them home whenever I see we are going to have rain."
December, 6, 1926 : "The rain came down in torrents from 1:45 p.m."
"They live at Pinedene Spruyt. They come to school in a little cart drawn by a donkey. Now that
the roads are wet and heavy they do not get to school until about 8:45 a.m. So we usually open
school as soon as they arrive."
May, 14, 1927 : "The 2 school desks and seats in one which were condemned by Mr Klooster
and Dr Leipoldt, and which were used outside for a few weeks, has been used by me as fire wood."
July 26, 1927 : "It rained very heavily through the night and also the morning - so I
daresay the children dit not come to school on account of the wet weather."
Jan, 17, 1928 : "School opened after Summer vacation. Present Miss Scott, Mrs van
Schalkwyk and 29 scholars."
JUNIOR AFDELING VAN LAERSKOOL OLIFANTSFONTEIN
RAPPORT VAN INSPEKSIE 17 APRIL 1928
"Dis 'n uitstekende gebou en dit word in orde gehou. Daar word ook baie goed gesorg vir die
terrein en buitegeboue. Die banke is van die ou soort, maar is van eikehout en baie sterk en
geskik vir verdere gebruik."
October 9, 1928 : "Miss H Loubser assumed duty as temporary assistant today."
Jan 17, 1929 : "School opened after Xmas holidays. Present : Mrs van Schalkwyk, Miss
Loubser and 25 scholars."
Feb 5, 1929 : "Owning to heavy rains the attendance was very poor."
March 28, 1929 : 24 scholars.
April 9, 1929 : 26 scholars.
JANUARY 1930
Jan 23, 1930 : School opened after Xmas holidays. Present Mrs van Schalkwyk, Miss Loubser
and 27 scholars.
Rapport van Inspeksie, 11 Maart 1930, mnr Stephen
"Dis 'n uitstekende gebou en die hoofgebou sowel as buitegeboue word skoon en netjies gehou."
Mej Laubscher (let op spelling) is verantwoordelik vir die laer afdeling wat bestaan uit vyftien
leerlinge in die grade en standerd I. Daar word baie goeie vordering in al die vakke gemaak en
mej Loubscher moet gefelisiteer word met die resultate wat behaal is."
(Ek het blykbaar baie goeie basiese onderwys ontvang al was dit in 'n groepklas).
"Mev van Schalkwyk is al 'n hele paar jaar verantwoordelik vir hierdie skool en dit sal 'n
verlies vir die Departement wees as sy aftree volgens regulasies aan die einde van die jaar."
July 30, 1930
"School opened after June holidays. Present Mrs van Schalkwyk, Miss Loubser (let op spelling!)
and 25 scholars."
December 12, 1930
"School closed for December holiday. 31 Scholars".
10 Januarie 1931 : Mnr F J le Roux het vandag hier werksaamhede aanvaar. Mej Laubscher
(spelling) was ook op haar pos. Hier was 30 leerlinge."
(Ek is in std I by die bekwame mej Loubser).
Uit Rapport van Inspeksie, 25 Februarie 1931
"Die skoolgebou sien daar netjies uit en die meubels wat al jare dien is goed bewaar."
"Daar is 34 leerlinge waarvan 7 Engelssprekend is."
"Die hoogste klas is std IV maar daar skyn geen rede te wees dat die skool nie standerds 5 en 6
sal insluit nie."
"Mnr le Roux is pas hier aangestel en gee les aan die hoëromvang en alhoewel dit te vroeg is om
op resultate te beoordeel, skyn hy 'n flinke vakman te wees."
"Leie moet geleidelik afgeskaf word sodat dit moontlik sal wees om al die skriftelike werk van al
die leerlinge te kan nagaan om die vordering wat gemaak is, te kan merk."
"Leerlinge moet aangemoedig word om hulle eie versamelings en proefnemings te maak."
27 Maart 1931
"Die skool sluit vandag met 34 leerlinge. Mnr le Roux is nou permanent as hoof hier aangestel."
30 September 1931
Mnr F J le Roux skryf : "Ek lê hier my pligte neer vir hierdie jaar altans.'n Tydelike hoof sal
my pligte hier waarneem, want ek gaan op verlof. Hoewel op verlof sal ek gedurende die tydperk
vernaamlik tydens eksamen, die skool besoek om sodoende ekstra werk te verrig!".
9 Oktober 1931 : Mnr van Groningen skryf : "Was vanaf 7 Oct aangestel as waanemende hoof.
Het die skool in uitstekende orde gevind."
19 Januarie 1932 (Mnr le Roux terug)
"Daar is nou 42 kinders op die rol."
Rapport van Inspeksie : 20 September 1932
"Die gebou is baie netjies gehou. Aantal op register 40."
Substanders en standerd I. "Die Engelse leesboek van standerd I gee nie veel nie, die kinders ken
dit al van buite. Die hoof en die hulponderwyseres (mej Fairsh tydelik in die plek van mej
Loubser) stel belang in hulle werk."
(Ek, W A Landman, is in std II en die onderrig, behalwe Engels lees, is bevredigend).
9 November 1932
"Vandag het die kinders hulle blombeddings besaai. Ons moes so lank wag vanweë die reën wat
vanjaar so lank wegbly."
19 Januarie 1933
(Ek is nou in Std II). Die hoof is verantwoordelik vir Standerds 2,3,4,5 en 6). Dit is
bykans onmoontlik om in so 'n groepklas behoorlike onderrig te gee!).
30 Junie 1933
Die skool sluit vandag met 48 kinders.
4 Augustus 1933
Mnr van Groningen neem weer waar as hoof. Die rede is nie duidelik nie. Op 15 Oktober 1933
skryf mnr F J le Roux: "Gedurende die tyd wat 'n sekere van Groningen hier tydelik in my plek
skoolgehou het, moet dit seker baie of uiters rojaal hier in die skool aangegaan het. Omtrent
30 dosyn oefeningboeke is opgebruik. Onder gewone omstandighede gebruik ons 40 deur die jaar.
Baie boeke en ook van my privaat besittinge wat hier in die skool was, is vermis."
Rapport van Inspeksie, 20 September 1933
"Mej Loubser (Grade tot Std I) doen steeds uitstekende werk. Standerds Twee tot Ses. Die
'gewenste peil' word nie gehandhaaf nie. Engelse uitspraak (Mnr van Groningen is
Hollandssprekend) laat veel te wense oor. Getal op rol 44. ('n Gedeelte van my Std 2
opleiding is benede peil).
30 November 1933 : Mnr le Roux is terug
14 Desember 1933 : Skool sluit met 43 leerlinge
9 Februarie 1934 : "Die inskrywing het nou die merk 44 bereik."
20 Februarie 1934
"Vandag ontvang twee stowe wat moet dien tot verwarming van die skoolgebou gedurende die
wintermaande."
29 Junie 1934
"Skool sluit vandag met 36 leerlinge op die rol."
25 September 1934
"Die doelpale van die voetbal- en korfbalvelde is eindelik gereed en in posisie. Ons moes
vreeslik lank wag op die stoomketelpype wat by die spoorwegdepartement bestel was, April 11."
(Voetbal beteken hier sokker. Selfs die hoërskoolseuns het vir 'n jaar of wat deel van die
skoolspan gebly. Een maal per week is daar saam met die volwasse mans geoefen).
14 Desember 1934
"Skool sluit vandag met 42 leerlinge op die rol. (My std IV jaar het blykbaar gelykmatig verloop,
gekortwiek deur die groepklas).
16 Januarie 1935
"Skool open vandag met 37 leerlinge op die rol. Agitasie teen die skool deur 'n sekere persoon
(genoem in die Joernaal) en snobisme word as redes vir die lae getal aangegee."
12 April 1935
"Die skool sluit vandag met 33 leerlinge op die rol. Mej H Loubser (die korrekte spelling!) tree
af daar sy gaan trou op die 23e deser."
28 Junie 1935
Mnr F J le Roux skryf : "Skool sluit vandag met 33 leerlinge op die rol. Ek het gister tyding
ontvang dat ek verplaas sal word na Donkerhoek, ook in hierdie distrik! (Geen rede word in die
Joernaal aangeteken nie).
Opmerking:
13 Desember 1935 : Rapport
"Op 30 Julie 1935 het die hoof (verwys na mnr C A Pienaar) diens aanvaar". Van die leerlinge
van Olifantsfontein wat Ireneskool op die oomblik besoek kom volgende jaar terug. Die skool
sluit met 45 leerlinge op die rol. Ons hoop om binnekort 3 onderwysers op ons staf te kan hê."
(Daar is 'n afwagting by beide leerlinge en ouers oor wat mnr Pienaar gaan lewer. 'n Boekrakkie
met boeke, op sy lessenaar beïndruk. Entoesiasme vir Std IV behoort te gedy).
20 Januarie 1936
"Die skool is vandag heropen met 51 leerlinge op die rol."
3 April 1936
"Die skool sluit met 55 leerlinge op die rol."
14 April 1936
"56 leerlinge op die rol."
22 Mei 1936
"Daar is vandag 4 nuwe leerlinge toegelaat."
26 Junie 1936
"Die skool sluit vandag met 62 leerlinge op die rol."
27 Julie 1936
"Die skool is vandag heropen met 68 op die rol."
11 Sept 1936
"Weens die hewige sneeuval is die skool vandag 'n anderhalf uur vroeër gesluit om die leerlinge
in staat te stel om hul huise te bereik voordat dit ondraaglik koud word. Etlike van die
leerlinge was so verkluim dat hulle per motor na huise moes vervoer word."
6 Nov 1936
"Mnr van Groningen het vandag opgedaag." (Dit lyk of die skool net 3 onderwysers het - geen
nuwe klasindeling word aangedui nie.)
11 Nov 1936
"Die volgende leerlinge het met goeie gevolg die standerd VI eksamen afgelê: Phillipus Nel,
Willem Landman, Guillaume Vermeulen, Willem Smal.
(Die volgende word nie vermeld nie, maar is meegedeel (mnr Pienaar, my moeder en die betrokke
leerlinge):
Kommentaar: Dit was opvoedkundig gesien 'n fout. Om 'n leerling wat reeds vanweë groepklasse
benadeel is, nog verder te benadeel deur hom genoeg Std VI-ervaring te laat ontbeer, was strelend
vir die ego, maar opvoedkundig onverantwoordelik!).
DERTIGERJARE SE DEPRESSIE
Joyce, Peter : Suid-Afrika in die 20ste Eeu. Een honderd jaar in oënskou.
Bls 77 gee die volgende treffende beskrywing: "Die Groot Depressie - en in Suid-Afrika, 'n reeks
droogtes - verwoes die wêreld van die dertigerjare. Myne, fabrieke, winkels sluit, mielie-uitvoer
daal met meer as 80%, eens produktiewe plase lê braak, die leërskare werkloses word al groter en
die wat nog werk het, se lone tuimel. Honger lê op die loer." Watter plan maak die Cullinans
van Conrand, Olifantsfontein? Die uitgangspunt is dat geen werkers afgedank moet word nie. Elke
werker moet in staat gestel word om sy gesin te versorg, veral moet daar nie honger gely word nie.
Die resultaat? Die driedaagse werkweek word tydelik ingestel. Dit blyk mettertyd 'n reusesukses
te wees. Die Landmans bewoon 'n gerieflike fabriekshuis en daar word sonder elektrisiteit gewerk
en studeer. Ek kon eers in my studentejare die nut van 'n ordentlike elektriese beligting ervaar.
AMPER 'N FABRIEKSWERKER
Conrand Olifantsfontein het 'n verdere interessante opvatting gehad: Verdienstelike werkers se
kinders sal sover dienlik, aangestel word op die personeelkorps van die fabriek waar hulle na
verdienste vordering kon maak. Dit het later byna vanselfsprekend geword dat daar na aflegging
van die Std VI-eksamen (soms Std VI-leaving genoem) aangesluit sal word by die fabriekspersoneel.
So 'n toedrag van sake is egter nooit vir my in die vooruitsig gestel nie. Vir my moeder was dit
vanaf Gr i duidelik dat ek eendag onderwyser sal word. Sy het dan ook op gepaste tye aangekondig:
"Hy gaan 'n onderwyser word." My vader het egter bruikbare mensekennis openbaar met sy stelling
(dikwels op gepaste wyse herhaal): "Jy is te lui om te werk. Jy moet gaan leer". Luiheid om te
werk is as oersonde beskou, maar wil leer is as gepaste plaasvervanger aanvaar. Vandag is een
van my kosbare besittings 'n Registrasiesertifikaat, uitgereik deur die Suid-Afrikaanse
Onderwysersraad vir Blankes. "....dat genoemde persoon aldus ooreenkomstig Artikel 15(1) van die
Wet as 'n ONDERWYSER by die Raad geregistreer. Registrasiedatum 1978-04-01.
2.3  Afsterwe van Vader
Olifantsfonteinskool. Pretoria Distrik Skoolraad
(Dit is die jaar wat ek, Willem Landman, ingeskryf het vir Graad i en waarin ek ook Graad ii
voltooi het).
"Gedurende die afgelope vakansie is elektriese ligte in die skool aangebring. Mnr Cullinan, die
bestuurder van die fabriek hier, het ook mild bygedra tot dekking van die koste."
Tot met sy mondigwording is die uitstekende skoolgebou telkens aangeprys om sy stewigheid en die
onderwysers (en leerders!) vir die geslaagde instandhouding daarvan. Die meubels word ook goed
opgepas en onderwysmateriaal word met verantwoordelikheid hanteer. Onderwysers beoefen
professionaliteit in die sin van ywerige, aktiewe deeglikheid gepaard met 'n bereidheid om ekstra
werk te verrig. Leerling veiligheid en pedagogiese versorging is 'n prioriteit en
moedertaalonderrig word as besondere prestasie-voorwaarde ervaar.
(Daar is groei. Mnr Pienaar het minder om in die Skooljoernaal mee te deel.)
Struik Uitgewers (Edms) Beperk. Kaapstad 2000.