Biografie
Professor W A Landman


Inhoudsopgawe
Opleidingsinrigtings
Laerskool
Olifantsfontein
(Deel 1)
Laerskool
Olifantsfontein
(Deel 2)
Afrikaans HoŽr
Seunskool
Normaalkollege
Pretoria
Laerskool
Witfield
(Deel 1)
Laerskool
Witfield
(Deel 2)
Laerskool
Louis Leipoldt
(Deel 1)
Laerskool
Louis Leipoldt
(Deel 2)
HoŽrskool
Goedehoop
Laerskool
Fleur
HoŽrskool
Lyttelton
(Deel 1)
HoŽrskool
Lyttelton
(Deel 2)
Universiteit van
Port Elizabeth
Die Universiteit van
Suid-Afrika
Tegniese Kollege
Verwoerdburg
(Deel 1)
Tegniese Kollege
Verwoerdburg
(Deel 2)
Universiteit
Vista
Onderwyskollege vir
Verdere Opleiding
Universiteit van
Pretoria
(Deel 1)
Universiteit van
Pretoria
(Deel 2)
Universiteit van
Pretoria
(Deel 3)
Universiteit van
Pretoria
(Deel 4)


HOOFSTUK 3

VERBINTENIS MET
AFRIKAANS HOňR SEUNSKOOL

Inhoudsopgawe

  1. INLEIDEND
  2. MNR F J LE ROUX
  3. AFRIKAANSE HOŽR SEUNSKOOL : KORT GESKIEDENIS
  4. MONDIGWORDING - MNR F J LE ROUX
  5. ERKENNING DEUR DIE AFRIKAANSE HOŽR SEUNSKOOL

    5.1  Opname in Potgieter: "Oud-leerlinge van die Afrikaanse HoŽr Seunskool" 1984
    5.2  Toekenning van Erepenning

  6. 'N GEWAARDEERDE BRIEF
  7. UIT MY ALBUM
  8. PERSOONLIKE BETEKENIS VAN AHS

    8.1  As onderwyser
    8.2  As dosent en navorser

  9. SLOT


VERBINTENIS MET AFRIKAANSE HOŽR SEUNSKOOL

  1. INLEIDEND

    Ter inleiding, die getuigskrif van die skoolhoof, mnr F J le Roux:

    Heil die Leser

    WILLEM ADOLF LANDMAN was 'n seun in my skool waar hy die hele hoŽrskoolkursus deurloop het. Sy gedrag was deurgaans voorbeeldig. Hy is 'n goedgebalanseerde seun met 'n gesonde oordeel en vaste beginsels. Hy sal m.i. 'n goeie onderwyser word en ek is bly om jong manne van sy geaardheid en gawes aan te beveel as onderwysers by skole waar hul dienste nodig mag wees.

    F J le Roux
    Hoof

    (Vakke: Afrikaans, Engels, Wiskunde, Biologie, Geskiedenis, Duits)

    Wat die leerlinge betref (en ook die ouergemeenskap), was Pa-le Roux die Afrikaanse HoŽr Seunskool en daarom is dit gepas om eerstens iets oor hom te sÍ:



Afrikaans HoŽr Seunskool Pretoria

  1. MNR F J LE ROUX

    Mnr le Roux het as hoof van die Afrikaanse HoŽr Seunskool van Pretoria elke seun in daardie skool op sy naam geken. Hy was baie gewild by die seuns en hulle het hom Pa-le Roux genoem.

    Francois Jacobus le Roux is op 25 Augustus 1886 op Heilbron gebore. Sy vader was daar die hoof van die plaaslike skool.

    Hy ontvang sy hoŽrskoolopleiding in die Boys' High School op die Paarl waar hy matrikuleer.

    In 1909 ontvang hy die B.A.-graad aan die Grey's Kollege in Bloemfontein, en in 1910 verwerf hy die Eerste Klas Onderwyssertifikaat. Hy verower 'n beurs vir 'n jaar se studiereis in Europa. Daar besoek hy verskeie skole en universiteite, en studeer ook aan die Universiteit van Jena.

    In 1912 word mnr Le Roux hoof van die Regeringskool op Bultfontein in die Oranje-Vrystaat.

    Hy neem deel aan die Rebellie in 1914 en was lid van Generaal Beyers se Kommando. Hy was ook in die geselskap van die Generaal toe laasgenoemde verdrink het in die Vaalrivier op 8 Desember.

    In 1915 neem hy waar as professor, en word vervolgens lektor in Grieks aan die Teologiese Skool te Potchefstroom.

    Hy is in 1916 getroud met mej Emily Mary McHardy van Bloemfontein. Daar is vier kinders uit die huwelik gebore, waarvan een op vroeŽ leeftyd oorlede is.

    Mnr Le Roux word in 1920 die eerste permanente prinsipaal van die Afrikaanse HoŽr Seunskool in Pretoria, 'n betrekking wat hy beklee het tot sy aftrede op pensioen in Desember 1946.

    Met na-uurse studie in die twintigerjare verwerf hy 'n M.A.-graad in Afrikaans-Nederlands aan die Universiteit van Pretoria.

    Na sy aftrede op sestigjarige leeftyd tree hy tot die politiek toe en stig twee Nasionale Party-takke, naamlik Skurweberg (Brits) en Meyerspark (Koedoespoort). Hy word lid van die Hoofbestuur van die NP in Transvaal vir die kiesafdeling Koedoespoort.

    Mnr le Roux is in 1932 deur die konvokasie verkies tot lid van die Raad van die Pretoria Universiteit. Hy was ook sedert 1947 Voorsitter van die Konvokasie. Aangesien hy vroeŽr aan die Universiteite van Stellenbosch en die Vrystaat studeer het, was hy ook lid van die Konvokasie van hierdie universiteite.

    Vanaf 1922 tot 1946 was mnr Le Roux lid en soms voorsitter van die Federale Raad van Onderwysersverenigings van Suid-Afrika. Hy was ook ses jaar lank lid van die Gemeenskaplike Matrikulasieraad.

    Sedert 1950 was mnr Le Roux lid van die Transvaalse Gevangenisraad. In 1952 word hy lid van die Gesondheidsraad vir Buitestedelike Gebiede van Transvaal.

    Hy is op 23 Julie 1959 in Pretoria oorlede aan 'n hartaandoening.

    As skoolhoof was mnr Le Roux alombekend en baie gewild onder die seuns van Afrikaans HoŽr Seunskool. In die jare van sy prinsipaalskap het hierdie skool tot een van die grootste skole in die land ontwikkel. Dit het op elke gebied presteer. Onder die seuns het daar altyddeur 'n sterk saamhorigheidsgees bestaan.

    J J van Tonder, Onderwysblad November 1965

  2. AFRIKAANSE HOňR SEUNSKOOL : KORT GESKIEDENIS

    Voor die totstandkoming van die Afrikaanse HoŽr Seunskool was daar nie 'n enkele skool waar leerlinge middelbare onderwys in hul moedertaal kon ontvang nie. Die meeste hoŽrskole was Engels- of parallel-medium skole. Op 28 Januarie 1920 open die Voortrekkerskool in Boksburg, ook met alle vakke deur medium van Afrikaans.

    Die Afrikaanse HoŽr Seunskool was dus die eerste in Transvaal, miskien in Suid-Afrika met Afrikaans as medium vir alle vakke behalwe Engels. Destyds was daar in Pretoria net drie hoŽrskole, naamlik Girls High School, Boys High School met alle vakke deur medium van Engels en die Hogere OosteindSchool met Hollands as medium. Vir die Afrikanerseun en -dogter was daar in en om die hoofstad van die Unie van Suid-Afrika nie een hoŽrskool waar hulle al die vakke in hul moedertaal kon neem nie. Die keuse was Úf Hollands Úf Engels.

    Oral is besef dat moedertaalonderwys 'n voorvereiste vir die gesonde ontwikkeling van 'n godsdienstige tradisievaste nasie is. Moedertaalonderrig beteken nie net onderwys deur middel van die moedertaal nie, maar ook 'n kennismaking met die uitlewing van dit wat eie is aan 'n volk. Die Afrikaanse HoŽr Seunskool is gebore uit diŤ sterk gevoel van die Afrikaner om weer homself te wees en 'n plek te hÍ waar hy hom as sodanig kon uitleef. Dit kan met reg beskou word as 'n monument, 'n baken op die wordingsweg van die Afrikanernasie. Die seunskool is nie 'n Afrikaanse HoŽrskool nie, maar die Afrikaanse HoŽrskool, wat nie deur afstigting of bevolkingsaanwas tot stand gekom het nie, maar omdat dit in teenstelling met baie ander skole in alle opsigte Afrikaans moes wees.

    Ons mense moes weer taalbewus gemaak word. Die volgende woorde van wyle dr W M Nicol (Die Vaderland, 1945), getuig van die dringendheid wat gevoel is vir die stigting van Afrikaanse HoŽrskole: "Die Afrikanervolk sou gesterf het, of daar sou 'n losskeuring op onderwysgebied gevolg het, indien die Afrikaanse HoŽrskole nie in 1920 - 1926 gestig is nie."

    Pas na die sluiting van die Vrede van Versailles het ds Chris Neethling, destydse predikant in Eloffsdal, en mnr Jan Joubert, destydse parlementslid vir Pretoria-Noord, gesels oor die opvoeding van die Afrikaanse kind deur medium van sy moedertaal. Dit het egter nie by praat gebly nie en hulle het besluit om hulle vir 'n Afrikaanse hoŽrskool in Pretoria te beywer. Ander vooraanstaande leiers se belangstelling is gewek, en op 4 Februarie 1919 is 'n vergadering in die Susanna-saal langs die NG Kerkgebou in Bosmanstraat (destyds Kochstraat) gehou. 'n Komitee (Voorlopige Bestuur) is benoem om die stigting van 'n nuwe Afrikaanse hoŽrskool te ondersoek, bestaande uit di H S Bosman, C Neethling, B R Hattingh en mnre D P Joubert (destydse sekretaris van die Pretoriase Skoolraad), Liebenberg, Pienaar en Roodt.

    Die skool het met sewentien meisies en twee maal soveel seuns begin, 'n bewys dat daar destyds te min geld was om dogters te laat leer.

    Daar het baie werk voorgelÍ. Deur die Transvaalse Onderwysdepartement moes die Uitvoerende Komitee van die Transvaal genader word om goedkeuring vir die stigting van die skool te kry. 'n Gebou moes bekom word en onderwysers gevind word wat die vakke in Afrikaans kon gee.

    Die gekose bestuur het twee persone ingesluit wat ware steunpilare in die stigting van die skool was. Mnr D P Joubert, wat ook sekretaris van die skoolraad in 1919 was, het die stigting deurgevoer met die steun van 'n goedgesinde skoolraad. Die lyste met name van kinders wie se ouers die nuwe skool sou steun, is aan die skoolraad en daarna aan die TOD voorgelÍ. Goedkeuring vir die stigting van die skool is deur die Uitvoerende Komitee verleen en die Afrikaanse HoŽrskool kon begin. Groot was die vreugde toe die onderstaande brief van die Onderwysdepartement ontvang is:

    The Secretary
    School Board
    P O Box 515
    PRETORIA

    I am directed to inform you that the proposal for the establishment of an Afrikaans High School in Pretoria has been approved by the Executive Committee of the Provincial Council.

    HP
    Secretary TED

    Mnr J H Joubert, 'n seun van wyle genl Piet Joubert, was ook lid van die bestuur. Dit val nie te betwyfel nie dat hy seker sy invloed gebruik het om sy vader se huis beskikbaar te kry om die nuwe skool te herberg. Die gespartel om 'n gebou te bekom, is dus beŽindig.

    Die woning van genl Piet Joubert in Visagiestraat 218, Pretoria, het die skool se eerste tuiste geword. Dit is 'n gebou ryk aan historiese tradisie waar die sogenaamde rebelskool, ten regte of ten onregte so genoem, sy eerste lewenslig aanskou het.

    Genl Joubert het die huis aan die einde van die vorige eeu laat bou nadat hy in Pretoria gevestig het. As 'n mens die omgewing vandag besoek, is dit moeilik om te glo dat mev Joubert se groentetuin snags deur 'n ystervark verniel is. Die huis was baie groot en het pragtige glasdeure met die vier kleure van die Transvaalse vlag daarop, gehad. In die stewig geboude huis is meestal Suid-Afrikaanse houtsoorte gebruik. Kosyne, lateie en balke was van tambotie en boekenhout.

    Op 'n warm somermŰre het 44 seuns en meisies vir die eerste keer onder die lukwartboom aangetree. Mnr J A K de Lange, waarnemende hoof, en sy twee assistente, mnr D J Malan en mej M M de Vos, was die verkose pioniers wat die begin met die nuwe skool moes maak. Die Afrikaanse HoŽrskool is gebore, maar die baba het nog baie versorging nodig gehad.

    Mnr de Lange se taak om die nodige materiaal, banke en ander skoolbehoeftes te verkry, was seker nie 'n benydenswaardig een nie. Behalwe die gebrek aan skoolbehoeftes moes die waarnemende hoof en net drie onderwysers al die vereiste vakke vir die Transvaalse Middelbare Sertifikaat, genoem Trap II, aanbied. Gelukkig het mnr H C P Sack op 11 Februarie 1920 by die personeel aangesluit en die Duitse onderrig oorgeneem.

    Die klasse het net uit standerd sewe- en agtleerlinge, of soos dit destyds genoem is, vorm II en III bestaan. Aan die einde van die eerste kwartaal is kwartaaleksamens al afgelÍ en rapporte is uitgereik. Na diť moeilike kwartaal is mnr De Lange terug na sy ou skool.

    Op 7 April 1920 aanvaar mnr F J le Roux diens as permanente hoof van die skool. Die skool was gelukkig om iemand met so 'n Christelike en nasionale siening, soveel entoesiasme, energie en ondernemingsgees te kry.

    Van die eerste dag af het hy sy taak met ywer aangepak. 'n Rugbyklub is gestig, 'n debatsvereniging en 'n tennisklub is begin. Dit is te betwyfel of daar nog 'n skool is wat met die onderskeiding kan spog dat sy hoof saam met die seuns in die skool se rugbyspan gespeel het. Hy het ook nie as kaptein opgetree nie, maar onder een van die seuns, J van Niekerk as kaptein, gespeel. Een van die ander onderwysers, mnr Wilsenach, het in 1921 by hulle aangesluit.

    Pas twee dae na die skool in die tweede kwartaal begin het, is met standerd VI (vorm I) begin. Daar was onderskeidelik 7, 32 en 15 leerlinge in die drie vorms.

    Die skool het steeds onder beheer van die Pretoriase Skoolraad gestaan. Op 29 November 1920 is die skool se eerste Raad van Beheer gekies.

    Die hoof was sekerlik dankbaar toe die skool op 10 Desember 1920 vir die vakansie gesluit het na al die gespook en gespartel om die nodige te verkry en die noodsaaklike aan die gang te kry. Die sluitingstotaal was 51 leerlinge: 34 seuns en 17 meisies.

    (Potgieter, G J. Die Afrikaanse HoŽr Seunskool en sy mense, 1,2,3 Oudleerlingbond 1989.)

  3. MONDIGWORDING

    Mnr F J le Roux skryf met die mondigwording van die skool in 1941, soos volg:

    Die Skool word Mondig
    Die Afrikaanse HoŽr Seunskoolblad 1941

    Op 28 Januarie 1941 was dit een-en-twintig jaar sedert die stigting van ons skool. Op 28 Januarie 1920 is die skool in die woning van wyle genl Piet Joubert in Visagiestraat 218 geopen. Mnr J A K de Lange, nou hoof van die Handelsafdeling van die Pretoriase Tegniese Kollege was waarnemende Hoof en hy had twee assistente, wyle mej M de Vos en mnr D Malan wat nou nog in die personeel van die skool werksaam is.

    Op daardie dag is 44 leerlinge ingeskryf, 34 in St VII en 10 in Std VIII.

    So het die skool ewe stilweg en byna ongemerk tot stand gekom, en min mense sou destyds kon voorspel dat hy binne 'n paar jaar so 'n groot en goed bekende skool sou word, en so 'n vername rol sou speel in die opvoeding van die jongmense van die Hoofstad, en selfs van die Provinsie.

    Die wens om 'n hoŽrskool met Afrikaans as medium te stig het reeds 'n jaar of wat vroeŽr ontstaan. Op 4 Februarie 1919, is 'n vergadering in die Susannasaal gehou en 'n voorlopige bestuur gekies, bestaande uit di H S Bosman, B R Hattingh en C H Neethling en die here D P Joubert, D G Liebenberg, Pienaar en Roodt. Hierdie bestuur had die hartlike ondersteuning van die Skoolraad en teen die end van die jaar het die Uitvoerende Komitee die stigting van 'n Afrikaanse HoŽrskool in Pretoria goedgekeur.

    Op 7 April 1920 het die pasaangestelde permanente Hoof, wat nou nog in die pos is, sy werksaamhede aanvaar en is mnr De Lange terug na sy ou skool in Gezina.

    Dit sal boekdele beslaan om die hele geskiedenis van die skool in fyn besonderhede te vertel. Daarom sal hier net so 'n paar mededelings gegee word.

    Op 10 November 1920 het die skool sy eie Raad van Beheer gekry wat bestaan het uit wyle ds B R Hattingh, Voorsitter, wyle mnr Jan Joubert, LV., wyle ds H S Bosman, wyle mnr W J van Heerden, dr D J Keet en die here F J Dyason, Gustav Preller, Charlie Viljoen en Jonathan Fourie.

    Die skool het die eerste jaar gesluit met 51 leerlinge, 34 seuns en 17 meisies. Toe die skool in Januarie 1921 open, was daar 130 leerlinge en in die tweede kwartaal het die getal op 153 gestaan en was daar nege lede in die personeel, nl mnre J J van Zyl, H C P Sack, J F Faul, G H Wilsenach, N H Theunissen en mejj M C du Toit, P W Brown en E C van Gas.

    Dit was 'n geweldige groei en dit het so voortgegaan. Die volgende jaar was daar 282 leerlinge en 12 onderwysers en die jaar daarna, nl 1923, 372 leerlinge en 16 onderwysers.

    Al die tyd en nog die volgende 3 jaar, tot end 1926, was die skool nog steeds in generaal Joubert se woonhuis gehuisves. In die agterplaas was 8 klaskamers van hout en sink gebou, met bakstene in die binnekant uitgemessel. In die woonhuis is elke moontlike ruimte vir klaskamers gebruik, insluitende die kombuis en die waenhuis. Die Generaal se sitkamer is verander in 'n laboratorium vir Skei- en Natuurkunde, 'n buitekamer in 'n laboratorium vir Plantkunde vir die meisies en 'n solderkamertjie was die stafkamer.

    Intussen is gesoek na 'n geskikte terrein om 'n behoorlike skool te bou. Verskeie plekke het om die beurt die aandag van die outoriteite geniet: die ou gevangenisterrein waar die Koninklike Munt nou staan, die Pretoriusplein waar die nuwe stadsaal nou staan, Beatrixstraat (a) waar die seunstehuis van die Tegniese Kollege nou staan en (b) waar die Moedersbond nou staan, en Boeretroos, die stuk grond wat die stadsraad onlangs aan die Voortrekkers gegee het.

    Ongelukkig kon nie deur almal, wat seggenskap in die saak gehad het, oor 'n geskikte terrein ooreengekom word nie. Dit is die vernaamste oorsaak waarom die skool so lank in die ongerieflike geboue moes klaarkom.

    Uiteindelik het die destydse administrateur, mnr J H Hofmeyer, nou Minister van Finansies en Onderwys, saam met sy Uitvoerende Komitee 'n finale besluit geneem en die stuk grond in Clydesdale vir die skool gekoop en dadelik begin met die oprig van die gebou.

    Met groot feestelikheid is die hoeksteen op 25 November 1925 gelÍ deur niemand minder as die Eerste Minister van die Unie, Generaal Hertzog. Die inskripsie op die hoeksteen is die woorde uit die welbekende gedig "Trou", van Jan Celliers, wat persoonlik sy toestemming daartoe gegee het:

    "Ek hou van 'n man wat sy moeder eer.
    In die taal uit haar vrome mond geleer."

    Dit was, egter, vir ons almal 'n geweldige teleurstelling toe ons verneem dat die skool sonder 'n saal gebou sou word. Ons kon dit darem nie duld dat al die ander hoŽrskole in die stad 'n saal het en ons nie. 'n Kampanje is dadelik op tou gesit om geld vir die saal te kollekteer. Die eerste £100 is deur die personeel en 'n paar lede van die publiek bygedra, en dadelik na die Administrateur gestuur, met die voorstel dat die skool (natuurlik met die hulp van sy baie goeie vriende) die helfte van die koste van die saal sal betaal mits dat dit dadelik saam met die skool gebou word.

    Die voorstel is aangeneem en die saal is gebou teen die koste van £2 700. Die skool moet £1 350 betaal.

    Toe ons in Junie 1927 in ons nuwe gebou intrek, was hy reeds glad te klein, en byna onmiddellik is besluit dat ons met die Hogere Oosteindskool, wat vyf klaskamers meer en minder leerlinge as ons had, moes ruil. Die ruiling het in Januarie 1928 plaasgevind.

    Daar hierdie gebou egter reeds 'n saal gehad het, het die Administrasie ons vrygestel van 'n deel van ons verpligtings vir die saal by die ander skool. In plaas van £1 350 moes ons maar £900 betaal, wat ons dan ook met graagte gedoen het.

    Aan die end van 1929 was hierdie groter gebou ook weer te klein. Dit was toe dat besluit is om die skool in twee te verdeel, met die meisies en seuns apart.

    Die meisies het toe vanaf April 1930 hul intrek geneem in die gebou wat oorspronklik in Bondstraat vir ons opgerig is, en die seuns het agtergebly in die gebou in Lynnwoodweg, waar hulle nou nog gehuisves is.

    Wat as 'n klein inrigtinkie 21 jaar gelede met 44 seuntjies en dogtertjies begin het, is dus vandag twee groot eerste graad hoŽrskole, elkeen met 'n besondere goed gekwalifiseerde personeel. In die twee skole saam is ot die oomblik tussen 800 en 900 leerlinge. Tot op datum is reeds sowat 4 600 leerlinge in hierdie twee skole ingeskryf. Die laaste 4 jaar was daar gemiddeld 82 seuns en ongeveer 40 meisies in Std X; vanjaar is die getalle 85 en 46 respektiewelik.

    In die 21 jaar van die Seunskool se bestaan het 692 kandidate die Eindeksamen van die Middelbare Skool hier deurgekom (100 in die Eerste Klas). Hierdie getal sluit die meisies in wat die eksamen afgelÍ het toe die skool nog 'n gemengde was vir seuns en meisies.

    Op die gebied van sport het die skole reeds veel gepresteer, maar daaroor sal nie nou besonderhede gegee word nie, anders word hierdie artikel te lank. Twee uitstaande feite moet egter hier vermeld word, en dit is dat die seuns in 1931 die Jeppebeker op die Inter-HoŽrskoolsport op Johannesburg verower het, en in 1940 die wenners was van die A G Robertsonbeker (Inter-HoŽr-Rugby).
    F J LE ROUX

  4. ERKENNING DEUR DIE AFRIKAANSE HOŽRSKOOL

    5.1  Opname in Potgieter, G J : "Oud-leerlinge van die Afrikaanse HoŽr Seunskool".
    Wierdapark, 5 November 1984

    Curriculum Vitae

    Landman, W A slaag matriek in 1941 en studeer verder om die grade BSc TOD DEd en DPhil te behaal. Hy doen vyftien jaar diens by die TOD as onderwyser, vise-hoof en daarna as senior-dosent aan die Pretoriase Onderwyskollege. Hy aanvaar toe 'n pos as Senior Dosent in Opvoedkundige Sielkunde aan UP en daarna Professor in Didaktiese Pedagogiek by die Universiteit van Port Elizabeth. Van 1 Januarie 1968 is hy Professor aan UP. Prof Landman is 'n ywerige werker in verskeie aangeleenthede. Hy is Raadslid sowel as Voorsitter van die Navorsingskomitee en Komitee vir Kwalifikasies van die Suid-Afrikaanse Onderwysraad vir Blankes. Hy is ook lid van die Publikasie Komitee en Ad Hoc Komitee (bevoegdhede). By die Transvaalse Onderwysersvereniging dra hy ook sy volle aandeel as Hoof- en Dagbestuurslid, Verteenwoordiger op die Federale Raad van Onderwysverenigings en Voorsitter van die Professionele Komitee.

    Ook met die praktiese sy van die onderwys dien hy as Voorsitter op die Beheerrade van die Verwoerdburgse HoŽrskool en Verwoerdburgse Tegniese Kollege o.a. Hy is verder Hoofredakteur van Pedagogiekjoernaal en lid van SAVBO as Assessorlid van die SA Akademie vir Kuns en Wetenskap. Hy is outeur van 11 en mede-outeur van 20 boeke asook skrywer van 40 artikels. Hy het die Erepenning ontvang van SAVBO in 1981. Hy is ook lid van die sentrale Onderwyskomitee en Adviseur van die Sinodale Jeugkommissie van die NG Kerk (Oos-Transvaal).

    5.2  Toekenning van Erepenning

    1989 Curriculum Vitae (kyk vorige paragraaf) dien hoofsaaklik as motivering vir die toekenning van die Erepenning

    Die Transvaler, Januarie 25, 1989:
    Oud-Affies hou reŁnie, berig

    'n ReŁnie van oud-Affies, wat saamval met die 69ste verjaardagvieringe van die Afrikaanse HoŽr Seunskool, word Saterdagaand in die skoolsaal gehou.

    'n Erepenning as erkenning vir besondere prestasie sal aan prof W A Landman oorhandig word. Prof Landman, 'n bekende in onderwyskringe en bekende skrywer van pedagogiekboeke, is tans verbonde aan Tukkies.

    ONTVANGS VAN EREPENNING 4 FEBRUARIE 1989


Distinguished quests: former Afrikaanse HoŽrseunskool pupil who Matriculated in 1941, Prof Willem Landman of the University of Pretoria's Department of Education (lef), and his wife Rachel, were some of the guests who attended a function to mark the reunion of the school's "old boys" at the weekend. Seen here with them is Mr Jan Pretorius, chairman of the Oudleerlingsbond
(Pretoria News. 4 Februarie 1989)

  1. 'N GEWAARDEERDE BRIEF

    Afrikaanse HoŽr Seunskool

    3 Augustus 1973

    Prof W A Landman
    Universiteit van Pretoria
    PRETORIA

    Geagte prof Landman

    Graag wil Willie en ek u opreg bedank vir die besondere insiggewende onderhoud gevoer. Dit was vir ons 'n voorreg om te kon deel in u kennis en insig. Dit het sekerlik bygedra tot ons oorwinning. Afgesien van die sukses wat behaal is, is ons verryk deur u besondere sienswyses en gesigspunte.

    Die Afrikaanse HoŽr Seunskool stel u belangstelling in die skool en sy redenaarsaktiwiteite besonder hoog op prys.

    Nogmaals baie dankie

    Die uwe

    Inus Sonnekus en Willem Marais
    J D V Terblanche
    HOOF

  2. UIT MY ALBUM


Willem Landman in std 8 met Moeder
en susters Annie en Alida

Matriekjaar met Moeder

  1. PERSOONLIKE BETEKENIS VAN AHS

    Dit is veral die volgende aangeleenthede, met toekomsbetekenis, wat beleef en ervaar is:

    8.1  As Onderwyser

    1. Die Christelik-nasionale idee vorm die basis vir alle opvoedende handelinge.

    2. Die moedertaal is die uitnemendste opvoedings- en onderwysmiddel.

    3. Deskundigheid by onderwysers wat beide onderwysmetodiek en onderwysinhoud betref, is onvervangbaar.

    4. Bewaring en beskerming van menswaardigheid is 'n opvoedkundige verpligting.

    5. Die ware volksbouers is nie die politici nie, maar roepingsbewuste onderwysers en onderwyseresse.

    8.2  As dosent en navorser

    Die wesenskenmerke van lewensopvatlikheid, dien as vorm van menswees, deskundigheid, onderwysmetodiek en menswaardigheid moet aan die lig gebring word (navorsing) uitgelÍ word in onderwysers-in-opleiding (doseerwerk).

  2. SLOT

    Die volgende besluite word geneem (1941):

    1. Die Universiteit van Pretoria sal bygewoon word met Plantkunde en Dierkunde as hoofvakke.

    2. Daar sal by die Transvaalse Onderwysdepartement aansoek gedoen word vir 'n studielening.