Biografie
Professor W A Landman
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
HOOFSTUK 14
VERBINTENIS MET ONDERWYSKOLLEGE VIR VERDERE OPLEIDING
Inhoudsopgawe
- 1984 : KOLLEGESENAAT : ONDERWYSKOLLEGE VIR VERDERE OPLEIDING
- 1985 : OPTREDE MET SEMINAAR
- 1988 : GELEENTHEIDSPREKER - 1988 : DIPLOMA CEREMONY
VERBINTENIS MET ONDERWYSKOLLEGE VIR VERDERE OPLEIDING
1984 - 1988
- 1984 : KOLLEGERAAD
1984-09-04
Prof W A Landman
Fakulteit Opvoedkunde
Universiteit van Pretoria
PRETORIA
0002
Geagte prof Landman
KOLLEGESENAAT : ONDERWYSKOLLEGE VIR VERDERE OPLEIDING
Dit is vir my aangenaam om u mee te deel dat u deur Sy Edele die Administrateur van Transvaal ingevolge die bepalings van klousule 3.1.5 van die Ooreenkoms tussen die Transvaalse Provinsiale Administrasie en die Universiteit van Suid-Afrika as lid van die Kollegesenaat vir die Onderwyskollege vir Verdere Opleiding vir 'n tydperk van drie jaar met ingang van 1 Februarie 1984 aangestel is.
Ek vertrou dat u die aanstelling sal aanvaar. U word alle sukses en 'n aangename ampstermyn toegewens.
Die uwe
DIREKTEUR VAN ONDERWYS
- 1985 : OPTREDE MET SEMINAAR
17 Junie 1985
Prof W A Landman
Universiteit van Pretoria
Brooklynweg 1
PRETORIA 0001
Geagte prof Landman
Graag wil ons u van harte bedank vir u optrede tydens die seminaar op 27 Mei 1985.
Baie dankie dat u op u kenmerkende, pittige wyse u rype ervaring en kennis aan ons oorgedra het. U het u uitstekend van u taak gekwyt en aan ons veel stof tot nadenke verskef.
Ons waardeer u teenwoordigheid en wil die vertroue uitspreek dat daar verdere geleenthede van hierdie aard in die toekoms sal wees.
Vriendelike groete
MNR J P UYS
DEPARTEMENTSHOOF
P J GREYLING
REKTOR
- 1988 : GELEENTHEIDSSPREKER
27 April 1988
Prof W A Landman
Fakulteit Opvoedkunde
Universiteit van Pretoria
Lynnwoodweg
PRETORIA
0002
Geagte prof Landman
Ons wil graag weer eens ons hartlike dank teenoor u en mev Landman uitspreek dat u deur u teenwoordigheid luister aan ons diplomaplegtigheid en noenmaal verleen het.
Ons wil ook teenoor u ons waardering uitspreek vir die prikkelende toespraak wat u as geleentheidspreker gelewer het. Baie dankie vir die aangename samesyn, u wellewendheid en u medemenslikheid.
Kollegiale groete
PROF P A KRUGER
REKTOR
Onderwyskollege vir Verdere Opleiding
Mei 1988
Toespraak : Diplomaplegtigheid
|
|