Biografie
Professor W A Landman


Inhoudsopgawe
Opleidingsinrigtings
Laerskool
Olifantsfontein
(Deel 1)
Laerskool
Olifantsfontein
(Deel 2)
Afrikaans Hoër
Seunskool
Normaalkollege
Pretoria
Laerskool
Witfield
(Deel 1)
Laerskool
Witfield
(Deel 2)
Laerskool
Louis Leipoldt
(Deel 1)
Laerskool
Louis Leipoldt
(Deel 2)
Hoërskool
Goedehoop
Laerskool
Fleur
Hoërskool
Lyttelton
(Deel 1)
Hoërskool
Lyttelton
(Deel 2)
Universiteit van
Port Elizabeth
Die Universiteit van
Suid-Afrika
Tegniese Kollege
Verwoerdburg
(Deel 1)
Tegniese Kollege
Verwoerdburg
(Deel 2)
Universiteit
Vista
Onderwyskollege vir
Verdere Opleiding
Universiteit van
Pretoria
(Deel 1)
Universiteit van
Pretoria
(Deel 2)
Universiteit van
Pretoria
(Deel 3)
Universiteit van
Pretoria
(Deel 4)


HOOFSTUK 10

VERBINTENIS MET UNIVERSITEIT VAN
PORT ELIZABETH
1966-1967

Inhoudsopgawe

  1. Historiese oorsig
  2. Verwelkoming 28 September 1965
  3. Die groot trek
  4. Inskakeling
  5. Universiteitsopgawe
  6. Navorsingsprojek: Die aanneming van kinders
  7. Ander navorsing
  8. Terug na die Universiteit van Pretoria


VERBINTENIS MET UNIVERSITEIT VAN PORT ELIZABETH

  1. HISTORIESE OORSIG

    Die Universiteit van Port Elizabeth is op 31 Januarie 1964 in die lewe geroep toe Wet 1 van 1964 deur die Parlement aangeneem is. Daar is onmiddellik begin om geboue in Birdstraat in die sentrale deel van die stad aan te koop vir die vestiging van 'n tydelike kampus. Van die geboue was dié van die plaaslike afdeling van Rhodes-universiteit, die Marine Hall van die eertydse museum en 'n privaathotel.

    Die eerste akademiese jaar het op 1 Maart 1965 begin toe 320 studente ingeskryf het. Die eerste rektor van die Universiteit was prof E J Marais, en die eerste kanselier dr B J Schoeman. Met die wegspring was daar op akademiese gebied werksaam 18 professore, 8 senior lektore en 7 lektore. Dr A D Wassenaar is as eerste voorsitter van die Universiteitsraad aangewys.

    Die jong Universiteit het gesond begin groei en in 1970 het die duisendste student ingeskryf. Sedertdien het die Universiteit 'n groeikoers gehandhaaf met sowat 8 000 kontakstudente en sowat 4 000 afstandsonderrigstudente in 2003. Intussen is vroeg in 1970 begin met die boubedrywighede op die nuwe Somerstrandkampus van 830 hektaar, wat deur die Stadsraad van Port Elizabeth aan die Universiteit geskenk is. Die eerste koshuiskompleks is op 31 Januarie 1972 in gebruik geneem en in November 1973 die nuwe sportkompleks.

    In Januarie 1974 het die Universiteit van Birdstraat na sy kampus by die see getrek. Die nuwe kampus is op 23 Augustus 1975 in gebruik geneem. Met die jare is die twee wetenskapblokke langsaan die biblioteek gebou en daarna die musieksentrum, twee annekse vir die bestaande koshuise, die universiteit-lesingslokale, nuwe fasiliteite vir die Sportburo, 'n doelmatige Gold Fields studentesentrum, toevoegings tot die Biblioteekgebou vir gebruik deur die Boudissiplines en 'n pragtige opgegradeerde kafeteria.

    In Maart 1998 is Embizweni amptelik geopen, 'n nuwe gebou wat toelatings en ander studentedienste huisves asook die Fakulteit Regsgeleerdheid en die Departement Rekenaarwetenskap en Inligtingstelsels. Hierdie gebou vorm ook deel van die nuwe ingang tot die Hoofgebou wat agter uittroon.

    Aan die begin van 2003 is twee groot bouprojekte op die kampus voltooi. 'n Nuwe lesinglokaal met 400 sitplekke, die grootste in sy soort op die kampus, verlig die dringende nood aan lesinglokale. Die Renaissance Nagraadse Studentedorp, wat uit een- tot drieslaapkamer eenhede bestaan, bied 'n leer-en-leef-omgewing aan 120 nagraadse studente. Die voormalige gastekwartiere is ook omskep tot 39 enkelkamers vir studente. Drie nuwe rekenaarlaboratoriums is ook gevestig deur die omskepping van spasie in die Opvoedkundegebou en die Fisikagebou wat aan studente toegang verleen tot 170 rekenaars.

    UPE se tweede kanselier dr Anton Rupert, het dr Ben Schoeman na 'n termyn van tien jaar in Maart 1977 as kanselier opgevolg, 'n pos wat hy tot in November 1982 beklee het. In 1980 het dr Wassenaar na vier termyne van 4 jaar elk die amp as voorsitter van die Raad neergelê en is hy deur die ondervoorsitter, ds DT du P Moolman, opgevolg. Op 6 Desember 1982 is UPE se derde kanselier, dr Frans Cronjé se termyn het in Desember 1992 verstryk en Sy Edele Regter JPG Eksteen is op 22 April 1993 ingehuldig as vierde kanselier. In Desember 1992 het ds Moolman ook uitgetree en Sy Edele J J Engelbrecht is op 19 Maart 1993 aangewys as die derde voorsitter van die Raad. Op 21 Junie 1996 is Trevor Jennings verkies as die vierde voorsitter van die Raad. Dr Brigalia Bam is ingehuldig as die vyfde Kanselier van die Universiteit op 13 April 2000 nadat Sy Edele Regter Eksteen se termyn verstryk het.

    In 1981 is die eerste rektor van UPE, prof E J Marais, deur prof SJ Schoman, die viserektor, opgevolg. Van 1 Julie 1985 af word prof H F Redelinghuys die derde rektor, en vanaf 1 Januarie 1994 word hy opgevolg deur prof J M Kirsten, voormalige hoogleraar in Filosofie en dekaan van die Fakulteit van die Lettere en Wysbegeerte. Op 20 Junie 2002 word dr Rolf Stumpf ingehuldig as die vyfde Visekanselier van die Universiteit.

    In ligging van UPE se kampus teenaan die see, die bevoorregte posisie waarin hy verkeer deur as gevolg van sy kleiner getalle, meer individuele aandag aan studente te kan gee, maak van UPE 'n besondere gesogte inrigting vir hoër onderwys.

    (Inligting verskaf deur Registrateur Jenny Bishop, 4 November 2003).

  2. VERWELKOMING

    UNIVERSITEIT/UNIVERSITY VAN/OF PORT ELIZABETH

    Verw 12.2
    CJB/AB

    28 September 1965

    Dr W A Landman
    Krugerlaan 88
    LYTTELTON
    Transvaal

    Geagte dr Landman

    Dis vir my besonder aangenaam om u namens die Rektor en personeel van die universiteit hartlik te verwelkom in ons geledere.

    Ons is verheug dat u u kom byvoeg by die span wat reeds hier is, om hierdie nuweling onder ons Suid-Afrikaanse Universiteite te onderskraag in sy aanvangsjare en dit te help vorm en uitbou tot 'n grootse inrigting waarop ons en die land met reg trots kan wees.

    Mag verblyf hier in Port Elizabeth vreugdevol en u arbeid vrugbaar wees.

    Ek sou dit besonder waardeer as u my so spoedig moontlik van vier persfoto's van uself kan voorsien. Ons verleen graag publisiteit aan ons belangriker aanstellings. U sal vergoed word vir die onkoste wat u in hierdie verband aangaan.

    Die uwe

    C J BOTHA
    PERSOONLIKE ASSISTENT VAN DIE REKTOR

  3. DIE GROOT TREK

    Lilienfelds het die trek Port Elizabeth toe behartig. Die tyd van vertrek is so gereël dat dit min of meer gelyktydig met ons in Port Elizabeth sou aankom. In die praktyk het dit egter so uitgewerk dat ons byna 'n week in 'n leë woonstel moes klaarkom. Gelukkig was Prof Louis Eksteen en sy vrou reeds in die Baai en kon ons die nodige beddegoed en skottelgoed by hulle leen. Gou het ons ook kerklike besoek ontvang deur die vriendelike en ondersteunende ds Danie Moolman. Die Universiteit se Administratiewe personeel het uit hulle pad gegaan om die nodige inburgeringmaatreëls te tref. Spoedig was die kinders (Petrus en Christina) in nuwe skoolklere uitgedos en gevestig in Andrew Rabie Hoërskool en Newtonparkse Laerskool. Jacobus het te Olifantsfontein by sy oupa en ouma agtergebly ten einde eers sy matriekjaar te voltooi. Daarna is hy opgeroep om sy militêre diens te voltooi. (Oudtshoorn en later Grahamstad) en het hy ons besoek wanneer hy 'n pas kon kry.

  4. INSKAKELING

    Ons het spoedig by die twee skole se ouergemeenskappe ingeskakel en is ek verkies as die voorsitter van die Newtonparkse Ouervereniging. Kerklik is ons ingeskakel by NG Gemeente Hospitaal en is ek ter geleëner tyd as ouderling verkies en het Rachel haar gewig ingegooi by die sustersvereniging. Sy het hoofsaaklik hospitaal- en bejaardebesoek behartig. Na 'n vriendelike versoek by die OK-bazaars om in Afrikaans bedien te word, het sy hulle ook gehelp met die beregtiging van Afrikaans. OK-bazaars was ook een van die eerste besighede in die Baai wat oorgeslaan het van ponde, sjielings en pennies na rand en sent. Dit was besonder aangenaam om wanneer die tyd dit toegelaat het, en die kinders daarop aangedring het, en die wind nie gewaai het nie, die strand te besoek.

    Die Ooskaapse gemeenskap het gou van die dienste van die Universiteit gebruik gemaak en ek het dikwels opgetree in verband met opvoedkundige aangeleenthede, gereël deur gemeentes, Afrikaanse Sakekamer en die Afrikaanse Christelike Vroue-vereniging (ACM). Rachel het ook aktief betrokke geraak by die aktiwiteite van die ACVV.

  5. UNIVERSITEITSOPGAWE

    Wat die Universiteit self betref, was ek verantwoordelik vir kursusse in Pedagogiek I en III, Senior Onderwysadministrasie Didaktiek, Didactical Psychology B.Ed: Didaktiety Research Methodology en Ortopedagogiek. Ten aansien van Ortopedagogiek was daar 'n geslaagde navorsingsprojek oor die aanneming van kinders.

  6. NAVORSINGSPROJEK : Die aanneming van kinders

    Die navorsingsprojek het publisiteit in die plaaslike pers gekry. Bekendstelling van die projek het geskied met die volgende bekendstellingsbrief :

    Adoption of children inquiry

    Sir - The Unit for Child and Adult Guidance of the University of Port Elizabeth is anxious to undertake an investigation into certain aspects of the adoption of children, and for this purpose would appreciate your assistance in bringing the investigation to the notice of your readers.

    We should very much like to receive the names and addresses of children between the ages of twelve and seventeen and adults of eighteen years and older who were adopted as small children, in order that they might complete a short anonymous questionnaire. We should like to appeal to persons in the above two groups (or the parents by adoption of the first group) to contact the under-signed.

    The information which will be obtained by means of the questionnaire will be treated in the strictest confidence and names of persons will not be divulged at any stage. The information will be implemented to help create a better world for the adopted children of the future.

    Thank you ever so much for your kind co-operation and for that of people who are willing to assist in this important investigation.

    W A Landman
    Professor of Didactics and Orthopedagogy
    P O Box 1600
    PORT ELIZABETH

    (Medewerkers : Dr Sarah van Wyk van die Universiteit van Pretoria en prof W W Anderson van die Universiteit van Port Elizabeth. Die bevindinge is gepubliseer in die Universiteit van Port Elizabeth se Publikasiereeks nr 6 1967 met die titel "'n Inleidende ondersoek na enkele aspekte aangaande die aanneming van kinders." Deur W A Landman, W W Anderson en S H van Wyk.

    Persreaksies was onder andere die volgende :

    The Chronicle, Thursday, September 8, 1966

    Probe to aid our adopted children

    Adopted children between the ages 12 and 17 in Rhodesia are being asked to give information on certain aspects of their life. This is part of a survey aimed at bettering living conditions for adopted children.

    The survey is being conducted by the University of Port Elizabeth, and interested people are asked to send their names and addresses so that they can complete a short anonymous questionnaire.

    Adults who were adopted as small children are also asked to send their names.

    An appeal by Prof W A Landman, of the univeristy's didactics and orthopedagogy department, says any information obtained will be treated as strictly confidential and names will not be divulged.

    He says the information "will be used to help to create a better world" for adopted children of the future.

    Letters should be addressed to the professor at Box 1600, Port Elizabeth.

    When to tell adopted child the Truth by Shirley Vermaak, Evening Post Staff Reporter

    When should an adopted child be told he is adopted? Before he starts school, say three specialists in sociology and education who made a University of Port Elizabeth survey, the results of which have just been published.

    The writers are Dr W A Landman, Professor of Didactics at the UPE, Dr W W Anderson, Associate Professor of Social Work at the UPE, and Mrs S H van Wyk, a social scientist of the University of Pretoria.

    In their investigations the trio questioned 100 adopted children aged between 18 and 64, 15 mothers who gave up their babies for adoption and 50 adoptive parents, as well as 50 social workers who arranged adoptions.

    As a result they made these recommendations:

    Negative

    Children should be told they are adopted before they go to school, because early knowledge enables early setting in and prevents the child from learning in a negative manner.

    But the exact time of telling differs according to child and circumstances.

    Of the children interviewed, 42% learnt of their adoption during their primary school years, 28% in the pre-school period and 21% during their high school years.

    Only 4% learned after they were 18.

    Asked when they would have chosen to be told, 42% said they were satisfied and 16% would have preferred to be told sooner than they had.

    11% would have preferred to be told when they were old enough to understand and 6% would rather never have been told at all.

    Danger

    Of the 50 parents interviewed, the biggest majority - 94% - told their children they were adopted during the first six years of their lives.

    The same opinion was expressed by the 50 social workers who were quizzed. Eighty-six percent recommended telling the child before he started school - of whom 60% preferred the two-to-four- year period.

    Giving their view, the writers say it is doubtful whether a two-to-three year old can really understand. The primary school group would probably grasp the meaning better.

    But there is the danger that the child could then learn of his adoption from other people, probably in an unjustified way.

    "A child who is aware from small that he is adopted and can understand the meaning of it, learns to live with his 'adoption' daily," they say.

    Bondages

    • Adoption should be during a child's first month, because human bondages are formed during the early days.

    • Sixty of the 100 children interviewed were adopted before they were a year old and of these 24 were less than a month old.

      Altogether 81 per cent of the children were under three when they were adopted and only 15 per cent were older than four.

      When 50 adoptive parents were interviewed, half of them said they had taken children under a month old.

    • The reason for adoption must be given to a cild in a way to tell him he was adopted because he was chosen.

    • Of 75 replies from children about reasons for adoption, 56 said they were taken because their adoptive parents had no children of their own.

      Most of the adopted children questioned knew nothing about their own mothers or fathers.

      The main reasons given by the 50 parents interviewed for adopting were in 26 cases, childlessness, in 12 cases to have a companion for an only child, and, in seven cases because they had children of one sex and wanted one of the other sex.

    • The best methods of informing about adoption is a combination of telling outright and using the term "specially selected". The information should be given in a way that does not reflect negatively on the true parents.

    • Of the children questioned, 37% were told outright, 21% were told a story and 18% were told they were specially chosen.

    Satisfied

    Twelve % heard from sources other than their adoptive parents.

    42% of parents questioned told their children they had specially chosen them, 28% told them a story and ten% told them outright.

    Of the 100 children interviewed, 73 were satisfied with the way they had learnt of their adoption. And of the "satisfieds" the biggest group - 30 - were those who had been told outright.

    The biggest majority of adopted children interviewed felt thankful towards their adoptive parents.
    (Evening Post, 16 March 1968).

  7. ANDER NAVORSING

    Intussen het ook een kandidaat sy doktorale Proefskrif voltooi - 'n mnr Visser oor die onderrig van Algebra en kon ek ook my MA-verhandeling in die Wysbegeerte voltooi. Die verhandeling is gepubliseer in die Universiteit van Port Elizabeth se Publikasiereeks nr 2, met die titel: "Enkele antropologies-ontologiese momente van die eerste lewensjaar" met Prof C K Oberholzer as studieleier.

  8. TERUG NA DIE UNIVERSITEIT VAN PRETORIA

    Die twee jaar (1966 en 1967) wat ek aan die Universiteit van Port Elizabeth verbonde was, was dit op die Birdstraat-kampus wat bestaan het uit 'n moderne gebou wat as die Natuurwetenskappe gebou bekend gestaan het, saamgestel deur 'n aantal herehuise wat besonder indrukwekkende houtwerk bevat het. Ek was dus nie bevoorreg om oor die nuwe kampus-aan-die-see werksaam te wees nie. Verskillende besoeke aan die kampus het 'n mens beïndruk veral vanweë die estetiese voorkoms en die funksionaliteit daarvan.

    Aan die Universiteit van Pretoria het Prof C K Oberholzer te kenne gegee dat hy nie meer daartoe in staat is om twee departemente te behartig nie. Die universiteitsowerhede het toe besluit om die Departemente Wysbegeerte en Filosofie van die Opvoeding van mekaar te skei. Prof Oberholzer het verkies om aan die Departement Wysbegeerte verbonde te bly en die Departement Filosofie van die Opvoeding was toe vakant. Die Fakulteit Opvoedkunde moes toe 'n kandidaat aanwys vir goedkeuring deur die Senaat en Raad. Dit is veral deur intensiewe bemoeienis van prof F v d Stoep wat ek aangestel is - 'n daad waarvoor ek hom dankbaar sal bly solank ek my verstand normaal sal funksioneer.

    Intussen het 'n aantal professore aan die Universiteit bedank en is my naam toe bygevoeg by die res van die sogenaamde 'ontevredenes'. Dit het gelei tot die volgende brief in Die Beeld, 06.10.68:

    Briewe aan Die Beeld

    Hoekom professor bedank het

    Prof W A Landman, UP skryf :

    In verband met die bedankings van professore aan die Universiteit van Port Elizabeth (Die Beeld, 29 September) sal dit besonder gewaardeer word as u hierdie brief sal plaas, aangesien ek onomwonde wil verklaar dat my bedanking hoegenaamd niks te make het met 'n sogenaamde "akademiese krisis aan die Universiteit van Port Elizabeth" nie.

    Die rede vir my bedanking is as volg :

    Met die uittrede van prof C K Oberholzer uit die Fakulteit van Opvoedkunde het die Universiteit van Pretoria aan my die leerstoel Filosofie van die Opvoeding aangebied. Aangesien dit vir enige akademikus 'n besondere eer is om geroep te word om sy leermeester op te volg, het ek die aanbod aangeneem.

    Indien hierdie besondere omstandighede nie ontstaan het nie, sou ek beslis nie die Universiteit van Port Elizabeth verlaat het nie. Ek het dit verder ook as besondere eer beskou om die geleentheid te kry om as departementshoof saam te werk met 'n dekaan en wetenskaplike met die statuur van prof B F Nel.

    Toeganklik

    Wat u berig self betref, net die volgende :

    Dit is onwaar om te beweer dat prof Marais niks van 'n universiteit verstaan nie. Hy is self akademikus van formaat en het besonder vrugbare gedagtes insake universiteitsonderwys, wat indien dit geïmplementeer word, beslis sal lei tot betekenisvolle vordering. Dit is te begrype dat hy dan ook sal poog om sy kollegas te oorreed om universiteitsaangeleenthede te sien soos hy dit sien, maar van 'stootskraper' wees en soos 'ondergeskiktes behandel' was daar geen sprake in die twee jaar dat ek aan die Universiteit van Port Elizabeth verbonde was nie.

    Prof Marais was altyd beskikbaar en toeganklik vir sy personeel en tydens gesprekke met hom oor moeilike en soms netelige probleme is ek telkens getref deur sy mensekennis en die agting waarmee hy my behandel het.

    Verslag

    By die meeste universiteite is dit gebruiklik dat dosente verslag lewer van hul werksaamhede. Dit is die enigste wyse waarop die universiteit 'n beeld kan kry van sy werksaamhede. Dat sodanige verslae moontlik in aanmerking kan kom wanneer oor merieteverhogings besluit word, sal myns insiens net onaanvaarbaar wees vir persone wat niks het om verslag oor te lewer nie.

    Ek verwag dat prof Marais se woorde soos aangehaal deur Die Beeld, naamlik: "Dit gaan baie goed met Universiteit van Port Elizabeth", steeds in die toekoms bevestig sal word en dit veral omdat hy met soveel ywer en met nooit 'n gedagte om homself te spaar nie, aan die universiteit bou.

    (Later het ek dankbriewe ontvang van ds D Moolman, prof E J Marias en prof T T Cloete).

    4 November 2003

    Professor W A Landman
    Krugerlaan 88
    LYTTELTON
    0157

    Geagte professor Landman

    Geskiedenis van UPE

    Ek erken ontvangs van u brief van 28 September 2003. Ek moet om verskoning vra dat ek nie vroeër gereageer het nie. Dit is egter verblydend dat u in ons inrigting belangstel.

    U navraag word na die Universiteit se Argivaris deurgestuur wat vir u van die nodige dokumentasie sal voorsien. Ek heg intussen 'n bladsy aan wat 'n historiese oorsig van UPE bevat.

    Met beste wense

    JENNY BISHOP
    REGISTRATEUR