| 
   
 InhoudAgtergrond
	 Die mens
	 Pedagogiek
	 Sy denke
	 Sy navorsing
	 Voordragte
	 Sy publikasies
	 Gedenk- engeleentheids-
 lesings
 Toekennings     	
	 Bronnelys
      	 
 | 
Professor W A Landman
Toekennings en erkenning aanWillem Adolf Landman
Professor Landman het deur die jare 'n veelvoud van toekennings ontvang: 
 
'n Eretoekenning van die Verwoerdburgse Tegniese Kollege vir die
bevordering van Tegniese OnderwysDie Rektorstrofee van die Verwoerdburgse Tegniese Kollege vir
besondere diens as lid van die Bestuursraad (1999)'n Erepenning van die Transvaalse Onderwysvereniging (1984)![[Prof Landman]](fotos/landman_06.jpg)  'n Erepenning van die Onderwyskollege Pretoria (1988)'n Erepenning van die Afrikaanse Hoër Seunskool, Pretoria'n Oorkonde van die Natalse Onderwysersunie (1989)Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se Stalsprys
vir Opvoedkunde (1984)'n Erepenning van die Suid-Afrikaanse vereniging vir die bevordering van die Opvoedkunde
(SAVBO) (1981)'n Goue medalje (OVSA-Sanlam) vir die bevordering van
opvoedkundige navorsing (1989)  
'n Oorkonde en skild van die Universiteit van Suid-Afrika (1993)'Centurion van die Jaar' vir sy bydrae tot die jeug, opvoeding
en kultuur in Centurion (1997)'n Oorkonde van die Stadsraad van Centurion
vir sy bydrae as geskiedskrywer en gemeenskapsman
(1999)
 
Erkenning vir Professor Landman se bydraes is onder andere ook op die
volgende wyses gelewer:
 
 
'n Seminaarkamer in die Merensky-biblioteek, Universiteit
van Pretoria, is aan hom opgedra as erkenning vir sy fenomenale
bydrae tot navorsingsmetodologieDie Raadsaal van die Hoërskool Verwoerdburg (nou Hoërskool Centurion)
se leerlingraad staan sedert 1986 as die W.A. Landman-saal bekendVolume 9, nommer 1, 1988, van Pedagogiekjoernaal is
aan hom opgedra en bevat agt artikels oor sy bydrae tot die
Opvoedkunde en NavorsingsmetodologieDie publikasie Effektiewe Navorsing. Navorsingshandleiding vir
tersiêre opleidingsinrigtings (1992) deur C.D. Jacobs, J.B. Haasbroek en
S.W. Theron word aan hom opgedra vir sy waardevolle bydrae tot die
NavorsingsmetodologieSy biografiese besonderhede is in die 
International Who's Who in Education (Cambridge, Engeland), opgeneem 
 |