Inhoud

Tuisblad

Agtergrond

Die mens

Pedagogiek

Sy denke

Sy navorsing

Voordragte

Sy publikasies

Gedenk- en
geleentheids-
lesings

Toekennings

Bronnelys

Professor W A Landman


[Prof en mev Landman]

Willem Adolf Landman
'n Meelewende en deelnemende mens

Willem Adolf Landman is in 1947 met Rachel Nel Burger getroud. Drie seuns, naamlik, Jacobus Cornelius, Petrus Hendrik en Willem Adolf en een dogter, Christina, is uit die huwelik gebore. Willem en sy eggenote word allerweë as nederige, diepgelowige mense beskryf. Mense wat omgee, wat 'n verskil gemaak het - en steeds maak - aan mense van alle ouderdomme, van die oudste tot die kleinste kindertjies.

Professor Landman was vir baie jare lid van die Kerkraad in die Lyttelton-Oos NG gemeente waar hy ook vir meer as tien jaar as leierouderling gedien het. Hier het hy 'n besondere bydrae gelewer as afgevaardigde na die Ring, die Sinode en Algemene Sinode. In dié tyd het hy die geskiedenis van die Ned Geref gemeente Lyttelton-Oos nagevors en beskryf.

Manus Bothma sluit sy hulde aan professor Landman by laasgenoemde se tagtigste verjaarsdag soos volg af: "Miskien moet ons ander wat ook maar op pad is, wanneer ons dalk 'n wyle stilstaan langs die nou pad na die Ewigheid en Oom Willie sien verbygaan, met groot dank aan die Vader vir mekaar in liefde saggies sê: Wees stil, my medereisiger, want daar gaan 'n MAN verby."