Basiese begrippe
|
Pedagogiek
DIE PEDAGOGIEKWERKWYSE Deel 2
Iemand wat op 'n selfstandige wyse 'n sinvolle bestaan voer, gee in sy wyse van lewe van die
hoogs waardevolle, blyke van (a)-(d):
'n Suiwer besef dat dit hoogs waardevol is dat die lewe behoorlikheidseise aan 'n mens stel.
'n Duidelike begrip van die feit dat 'n mens in die eerste plek verpligtinge het en eers daarna
voorregte.
'n Heldere wete dat uit 'n mens se wyse van lewe moet blyk dat hy dit wat hoogs waardevol is,
beoefen.
'n Skerp bewussyn van die feit dat 'n mens rekenskap moet kan gee van sy aandeel aan die
verwerkliking van die hoogs waardevolle.
Hy huiwer nie om sy keuses vir en sy handelinge t.o.v. die hoogs waardevolle in terme van goed of
sleg, reg of verkeerd met erns te bekyk nie.
Hy beoordeel die kies en die doen van die nie-waardevolle as die mensonwaardige, as verwerplik.
Hy staan afwysend teenoor enige vorm van aantasting van die hoogs waardevolle, deur homself en
deur ander.
Hy kritiseer homself ferm en opreg as hy nie op 'n toereikende wyse die hoogs waardevolle
bevorder nie.
Hy besef dat die mens geen ding of dier is nie en daarom die hoogs waardevolle moet ken en leef.
Hy lê hom daarop toe om alles wat eie is aan die mens (d.w.s. waardeverwerkliking) te bevorder.
Hy weet dat om mens te wees beteken om met waardes gemoeid te wees en om waardes as norme
(maatstawwe) aan te wend.
Respek vir ander se gelykwaardigheid, d.w.s. wat net so met waardes gemoeid is as hy, word betoon.
Standvastig, toegewyd en met 'n diepe pligsbesef word die hoogs waardevolle waarop besluit is,
in handelinge omskep.
Die behoorlikheid van die keuses wat gedoen word, word voortdurend in ag geneem.
Handelinge wat volg na behoorlike keuses word onophoudelik beoordeel (d)-(g):
Die verantwoordelikheid vir die neem van keuses wat die verwerkliking van die hoogs waardevolle
moet bevorder en vir die handelinge wat daaruit moet voortvloei, word self opgeneem en dus nie
ontduik of op ander afgeskuif nie.
Daar word vir die hoogs waardevolle en teen die mensonwaardige gekies.
Vir (a)-(h) word self aanspreeklikheid en rekenskap aanvaar.
Sonder dwang van buite maar uit innerlike oortuiging word daar gekies vir die hoogs waardevolle.
'n Onverbreekbare eenheid met besondere norme (lewensopvatting) word beleef en beoefen.
Voldoende lewensopvattingstudie word onderneem.
Instemming daarmee dat die eie opvatting aangaande wat hoogs waardevol is, geen -isme is nie,
maar onwegdinkbare en onweghandelbare werklikheid.
Kennis en aanvaarding daarvan dat die hoogs waardevolle wat in die lewensopvatting georden is,
'n besondere rangorde van behoorlikheidseise is.
Standhoudende lewensopvattingstudie word onderneem en die geroepenheid tot sodanige studie word
aanvaar.
Die lewensopvatting wat 'n mens vat (gryp) word as verwoording van die hoogs waardevolle gevat
(aangegryp), uitgebou en verdedig teen -ismes en ander vorme van bedreiging. Om aangegryp te word
deur die hoogs waardevolle is dan geen blote beskouing of aanskouing daarvan nie, maar om
daardeur gevat te word. Die volwassene het geen lewensbeskouing nie, maar 'n
lewensopvatting.
4Vir volledige beskrywing, kyk:
3.2.2.5  Opmerking
In terme van die essensies wat in hierdie tabel opgeneem is, kan behoorlike volwassenheid
raakgesien word as:
Besef dat die volgende norme (maatstawwe, behoorlikheidseise) is waarmee onvoorwaardelik
vereenselwig moet word: 'n Volwasse vertroue, gesagserkenning, ens.
Besef dat die volgende, gevul met die besondere lewensopvatlike inhoude, 'n integrale deel van
die lewensopvatting uitmaak: Volwasse vertroue, ens.
|