![]()
Basiese begrippe
|
Pedagogiek
Deel 2
2.3.2  DIE OPVOEDINGSWERKLIKHEID
2.3.2.1  Die verhouding werklikheid, lewenswerklikheid, leefwêreld,
opvoedingswerklikheid
Die opvoedingswerklikheid in al die verskyningsplekke daarvan kan nêrens anders aangetref word as
in die wêreld waar mense lewe nie. Dit is dus in die leefwêreld teenwoordig en kan slegs daar
raakgesien word. Die opvoedingswerklikheid word dan daardeur gekenmerk dat dit gefundeer
(verwortel, ingebed) is in die leefwêreld en dit beteken dat dit antropologiese status besit. Met
ander woorde: uitsprake oor die Antropos (mens) kan segswaarde hê by die begryping van die
opvoedingswerklikheid. Anders gestel: daar bestaan antropologiese kategorieë wat pedagogiese
betekenis het. Hierdie pedagogiese betekenisse word vir kenteoretiese doeleindes (beligting met
die oog op kennisverwerwing en kennisuitbreiding) pedagogiese kategorieë genoem.22
Dit is egter nie net die mens wat lewe nie. Daar is ook sprake van dierelewe en plantelewe. Dit
beteken dat die leefwêreld 'n aspek is van 'n groter lewenswerklikheid. Saam konstitueer die
menselewe en ander lewensvorme die lewenswerklikheid. Sodra die mens egter hierdie lewensvorme
beteken, dus betekenisse daaraan heg, maak hy dit deel van sy leefwêreld.
Die opvoedingswerklikheid is geplaas in die leefwêreld en die leefwêreld is faset van die
lewenswerklikheid wat 'n bestaan het naas en met die nie-lewende werklikheid as werklikheid van
die dinge. Dingwêreld en lewenswerklikheid vorm saam die werklikheid en die mens (veral die
denkende) is daarop ingestel om die werklikheid te leer ken. Aangesien die werklikheid besonder
ingewikkeld is, selekteer die mens vir hom gewoonlik 'n aspek daarvan vir bestudering. So
selekteer die pedagogieker die werklikheidsaspek wat bekend is as die opvoedingswerklikheid vir
fenomenologiese en lewensopvatlike benadering. Die opvoedingswerklikheid in die verskillende
verskyningsplekke daarvan word onderwerp aan wetenskaplik noodwendige en lewensopvatlik
toelaatbare denkstappe ten einde pedagogies betekenisvolle lewenswyses (pedagogiese
essensies) aan die lig te bring. Hy doen dit met die oog op die ontologiese begryping van die
opvoedingswerklikheid, uiteindelik ten bate van die kind-in-opvoeding.
2.3.2.2  Plekke waar die opvoedingswerklikheid verskyn
Die opvoedingswerklikheid self is die bron van kennis oor hom. Iemand wat kennis wil verwerf
aangaande die opvoedingswerkiikheid, benader daardie werklikheid self ten einde die werklik
essensiële daarvan aan die lig te bring. Indien 'n mens wil bepaal welke wyses van lewe
betekenisvol is by die opvoeding (kinderbegeleiding) word daarvoor gesoek in die
opvoedingswerklikheid self.
'n Vraag wat homself beslis nou na vore dring, is die vraag na waar die opvoedingswerklikheid dan
aangetref kan word sodat dit ondersoek kan word. Hierdie is 'n vraag na die plekke waar die
opvoedingswerklikheid verskyn, dus na die verskyningsplekke daarvan.
In die bladsye wat nou volg, sal 'n uitleg gegee word van die volgende verskyningsplekke:
Die alledaagse opvoedingswerklikheid word gekenmerk deur 'n vae gerigwees op opvoedings-
en leerdoelstellings. Hierdie vaagheid kan die wesensanalise (as openbaring van pedagogies
betekenisvolle lewenswyses) bemoeilik. Die vae gerigwees neem verskillende vorme aan waarvan die
essensie-denker (betekenis-onthuller) bewus moet wees, te wete
'n Ander moontlikheid is om te kyk na die pedagogiese werking in die alledaagse
opvoedingswerklikheid. Dit beteken dat daar gesoek word na 'n besondere uitkoms daarvan,
naamlik of die opvoedeling as subjek (persoon) die pedagogiese-as-sodanig waarneem en daarop
antwoord. Het hy die pedagogiese waargeneem en dit verwerklik?28 Een wyse om op
hierdie vraag 'n antwoord te vind, is om aandag te skenk aan die opvoedeling se perspektief
op die opvoedingswerklikheid waarby hy betrokke is. Dit kan gedoen word deur 'n ontleding van die
opvoedeling se kommentaar oor sy saamwees met volwassenes. Op hierdie wyse kan daar lig gewerp
word op die pedagogies essensiële want die opvoedeling is immers deelnemer aan die verwerkliking
daarvan. Welke wyses van lewe word deur die opvoedeling as pedagogies betekenisvol raakgesien,
dus as ondersteunend aan hom in sy opwegwees na behoorlike volwassenheid? Moontlike pedagogiese
essensies wat so blootgelê word, kan dan deur die pedagogieker met sy fenomenologiese denkstappe
geverifieer word. Vanweë die nie-volwassenheid van die opvoedeling, gepaard met 'n
nie-doelbewuste bedinking van die opvoeding deur hom, sal die pedagogies essensiële moontlik (dus
nie noodwendig) in sy kommentaar meer verborge lê as wat dit by die volwassenes (opvoeder en
pedagoog) mag wees.29
'n Ander wyse om pedagogiese werking met die oog op essensie-openbaring en verifikasie van
essensiestatus te ondersoek, is om 'n studie te maak van die opvoederlike kommentaar oor
die opvoeding. In hierdie verband het F. Barnard,30 D.Ed.-student van skrywer,
voortreflike ondersoek gedoen. Uit hierdie ondersoek blyk duidelik dat opvoederlike (hier:
moederlike) kommentaar oor die opvoeding op onmiskenbare wyse dien tot die verifikasie van
essensie-status.
Die status van die alledaagse opvoedingswerklikheid kan beskryf word as status wat dit het vanweë
die besondere posisie wat dit inneem, te wete die posisie van eerste vertrekpunt. Wat word
hiermee bedoel?
In die beantwoording van hierdie vraag is dit veral die uitleg van C. K. Oberholzer wat
insiggewend is. Die volgende stellinge is in hierdie verband betekenisvol:
Om alledaagse opvoedingservaringe as vertrekpunt te neem, lei daartoe dat op wetenskaplik
verantwoorde wyse te werk gegaan word en wel in die sin dat dáár begin word waar die evidente
feite aangaande die opvoedingswerklikheid in sy oorspronklike verskyningswyse aan te tref is.
M.J. Langeveld in sy verwysing na die pedagogiese situasie merk onder andere op: "Daar vindt ons
handelen, daar vindt ons denken zijn oorsprong en zijn richtpunt ... En geen teorie is ons
waardig, die deze situatie niet waardig is ... Dat is niet iets, wat we eens achter onze
schrijftafel kunnen uitdenken of afleiden uit een of ander schone theorie; dat is het leven zelf
... Kinderen ontwikkelen zich zo en zo, zegt men. Maar ik vraag u: hoe bedoelt u dat? In een
glazen retort? of te midden van mensen opgevoed? Ah juist, maar waarom begint u dáár dan niet?
... en je zult niet bang moeten zijn in dat ondersoek van die empirie dáárheen te gaan, waar het
sy oorsprong heeft."37
Werklikheidsgetrouheid waaraan besondere wetenskaplike waarde geheg word, vereis dat die logies
voor die hand liggende eerste vertrekpunt geneem sal word nl. dáár waar opvoeding gebeur en dus
daar waar pedagogies betekenisvolle wyses van lewe beslis aan te tref is. Die
opvoedingswerklikheid dring hom aan die pedagogieker op as die sinvolste vertrekpunt vir sy
bedinking van die pedagogiese.
Die letterkunde as besondere verskyningsplek van die pedagogiese werking, mag nie misgekyk word
nie. So is reeds onomstootlik aangetoon dat pedagogiese essensies verskyn in die gesinsroman38
en in die gesinsdrama.39 Die rede waarom nie-wetenskaplike en nie-wysgerige uitsprake
oor die essensiële soos hierdie, nie tot die pedagogiek gereken word nie, is omdat die uitsprake
nie 'n logies-bestendige geheel vorm nie.40 Die vraag is nou hoe die pedagogiese
betekenisvolheid van uitsprake oor opvoeding in die letterkunde bepaal kan word. Dit lyk asof dit
'n sinvolle weg sal wees om sodanige uitsprake te onderwerp aan die fenomenologiese denkstappe.
Die uitsprake wat hierdie verifikasie deurstaan het word reeds dan inhoud van die pedagogiek en
moet verder net in 'n logies-bestendige geheel georden (of ingeorden) word.
In die roman (en ook die drama, gedig en kortverhaal) word bepaalde betekenisse teenwoordig
gestel. Fenomenologie openbaar die hoe en die wat van hierdie betekenisse en gaan primêr om 'n
bewusword van hierdie betekenisse, ook om die identifikasie van essensiële momente in die roman
(resp. drama, gedig, kortverhaal). Dit is daardie momente wat onties-ontologiese status het
waarna gesoek word.41 Die fenomenologiese denkstappe word aangewend om die
onties-ontologiese status te bepaal van betekenisvolle pedagogiese lewenswyses wat in die
gesinsroman ens. tot verskyning kom. 'n Ander metode is om hierdie essensies te vergelyk
met 'n essensie-tabel wat opgestel is uit reeds geverifieerde essensies. Dit is die werkwyse wat
deur Jubelius en Swanepoel gevolg is.
In hierdie verband merk Jubelius byvoorbeeld op: "Die studie van 'n aantal romans waarin
opvoedingsituasies in die normale loop van omstandighede uitgebeeld word, kan as verifikasie dien
of die reeds beskryfde pedagogiese essensies lewenswerklikhede is of nie .... Dit is nie
voldoende vir 'n fenomenoloog om hom op die fenomene alleen te verlaat nie, of om sy ervaring te
verryk deur 'n nalewing van 'n ander s'n nie. Daar moet ook van ander verifikasiewyses gebruik
gemaak word wat fundamentele insig in die strukture van die menslike bestaan gee, en hier is die
roman van onskatbare waarde."42 E. M. Swanepoel bevind: "In die sewentien dramas wat
bestudeer is, het die onderskeie dramaturge telkens aangetoon hoedat die kinders wat gebrek gely
het aan die essensies by die grootword, voortdurend daarna bly hunker, soms in so 'n mate dat
hulle nie behoorüke volwassenes word nie, maar hulself dwing om in 'n illusiewe wêreld te leef.
In die dramas waar die essensies wel aangetoon is, het die kinders groot geword in die omarming
van die ouerliefde."43
Dit is duidelik dat ignorering van die letterkunde as plek van verskyning van die
opvoedingswerklikheid sal lei tot 'n verarming in die begryping van opvoeding.
Die pedagogieker wat die alledaagse opvoedingswerklikheid neem as eerste vertrekpunt vir sy
pedagogiekdenke, dus ook vir die aanwending van sy fenomenologiese denkstappe, loop ten spyte van
nougesette denkstap-aanwending tog dié gevaar dat die pedagogiese essensies wat hy aan die lig
bring blote rasionele konstruksies kan wees, dus blote verstandskeppinge wat geen
werklikheidsgehalte het nie. In hierdie verband kan die letterkunde (roman, kortverhaal, drama,
gedig) wat oor die gesinsituasie handel, as verifikasie dien. Dit beteken dat daar besondere
verifikasie-status aan die letterkunde toegeskryf kan word. In hierdie verband is die volgende
gevolgtrekkings van Jubelius en Swanepoel betekenisvol:
"In die bestudering van die negetal romans is die pedagogiese essensies op so 'n
treffende en onbetwisbare wyse geopenbaar dat daar geen twyfel kan bestaan dat die essensies wel
essensieel deel uitmaak van die outentieke opvoedingsituasie nie. Die ontleding van die romans
het sonder twyfel en onomstootlik bewys dat die fundamentale pedagogiese essensies
werklikheidstatus in die leefwêreld het en nie as blote rasionele denkkonstruksies beskou kan
word nie."
"Hierdie studie van die dramas waarin die pedagogiese essensies so onverduisterd tot openbaring
kom, is 'n sprekende bewys dat die essensies leefwêreld-werklikhede is. Dit slaan dus die
bewering dat die essensies maar bloot rasionele konstruksies is, geheel-en-al die nek in. Die
dramas het dan wel as verifikasie gedien en tot so 'n mate dat dit die belangrikheid en
noodwendigheid van die pedagogiese strukture en essensies vir suksesvolle opvoedingshandelinge
weer eens onderstreep en beklemtoon."
Die letterkunde het dus 'n besondere status vanweë die eienskap "verifikasie van
werklikheidstatus" en dit geskied deur aan te toon dat die pedagogiese essensies nie blote
konstruksies van die denke is sonder inagneming van die opvoedingswerklikheid self nie. Indien
daar by die bestudering van die letterkunde moontlike pedagogiese essensies onder die
pedagogieker se aandag sou kom wat hy nie in die alledaagse opvoedingswerklikheid raakgesien het
nie, sal dit gerade wees om met sodanige essensies die fenomenologiese denkstappe te deurloop ten
einde op wetenskaplik-verantwoorde en lewensopvatlik toelaatbare wyse essensiestatus te verifieer.
In die sosiale wetenskappe46 word dikwels ook uitsprake oor opvoeding aangetref wat
verifikasie deur die pedagogieker regverdig. Pedagogies betekenisvolle uitsprake wat op hierdie
wyse onder die aandag kom, moet weer eens in 'n logies-bestendige geheel georden (of ingeorden)
word ten einde pedagogiek-inhoud te word.
Die pedagogieker sal geneig wees (en dit ten regte) om sekere vereistes te stel aan daardie
sosiale wetenskappe wat hy waardig sal ag om kennis van te neem by sy essensie-openbaring en
verifikasie van essensie-status. Sy wetenskapbeoefening is wesenlik fenomenologie-aanwending en
is derhalwe by uitstek anti-naturalisties47 en anti-marxisties.48 Die
pedagogieker sal dus minstens eis dat die psigologie waarvan hy sal kennis neem vanuit outonome
pedagogiek-perspektief, fenomenologiese psigologie, en die sosiologie fenomenologiese sosiologie
ensovoorts sal wees. Hy weet vooraf dat naturalistiese en marxistiese (resp. neo-marxistiese)
gepratery oor die opvoedingswerklikheid se kanse om vir sy essensies-openbaring en verifikasie
van essensiestatus segswaarde te hê so goed as nul sal wees. Hier is sprake van 'n sterk
fenomenologiese bevooroordeeldheid teen veral naturalisme en marxisme in welke vorm ookal.
Die pedagogieker sal hom bemoei met 'n psigologie en sosiologie wat minstens aan die volgende
vereistes voldoen:
Onderhewig aan sekere voorwaardes kan die sosiale wetenskappe dan die aandag van die pedagogieker
regverdig. Die opvoedingswerklikheid soos dit vir hierdie wetenskappe verskyn, kan dien as
verifikasie van die werklikheidstatus van pedagogies betekenisvolle wyses van lewe (pedagogiese
essensies) wat in die alledaagse opvoedingswerklikheid aan te tref is, dus om te bepaal of die
essensies wat deur die pedagogieker fenomenologies onthul is, nie blote denkkonstruksies is wat
niks met die opvoedingswerklikheid te make het nie.
Dit is selfs moontlik dat in hierdie wetenskappe moontlike pedagogiese essensies verskyn wat nog
nie voorheen deur pedagogiekers raakgesien is nie. Sodanige moontlike pedagogiese essensies sal
dan deur hom met sy fenomenologiese denkstappe geverifieer word ten einde die werklike
essensiestatus daarvan te bepaal.
Dat die wysgerige antropologie die moontlikheid besit om betekenisvolle uitsprake te maak wat
pedagogiekverifikasie regverdig, blyk uit die volgende aanhaling: "Met die oergegewene van
menswees-as-mensword hou die wysgerige antropologie as regionale ontologie hom besig wanneer sy
taak gesien word as 'n hermeneutika van die ontisiteit menswees-as-mensword ..."51
In die wysgerige antropologie gaan dit dan onder andere om 'n uitleg van die feit dat menswees
hom ook toon as menswording. Opvoeding as wordingshulp52 is 'n besondere wyse
van steungewing by die menswording53 en Opvoedkunde is die wetenskap van hierdie
gebeure. Hieruit vloei voort dat wysgerig-antropologiese uitsprake die moontlikheid besit om
pedagogies betekenisvol te kan wees.
Die kinderantropologie as vorm van wysgerige antropologie wil verder ondersoek wat
kindwees as vorm van menswees werklik essensieel is, d.w.s. dit wil die kinderlewe interpreteer
in die geheel van die mensbeeld54 afgesien van die doelstellings met die kind, op so
'n wyse dat 'n onkinderlike kindbeeld waarin die kind afwesig is uitgeskakel word.
Uitsprake oor kindwees-essensies as verwoording van die menswees van die kind, moet noodwendig
die aandag van die pedagogieker trek en roep hom beslis op tot pedagogiek-verifikasie daarvan.
Hy wend sy fenomenologiese denkstappe aan om die pedagogiese sinvolheid van sodanige uitsprake te
bepaal. Dit beteken dat 'n wysgerige antropologie waarin geen kind, geen gesin, geen persoonlike
verlede en toekoms, geen handeling wat as "opvoeding" beskryf kan word voor kom nie, geen
segswaarde vir die pedagogieker kan hê nie.55 Daarin verskyn niks wat die verifiërende
aanwending van sy denkstappe regverdig nie.
Die etiek is 'n wetenskap wat hom besig hou met die mens se "verskyning as
eties-eksistensiële subjektiwiteit, d.w.s. sy eksistensie as normatief-normerende wese."53
Die kind is wordende subjek wat eties-eksistensieel, normatief-normerend lewe en word. Die
peda-gogiek is normatiewe wetenskap57 van opvoeding wat 'n gemoeidwees is met die
kind-in-genormeerdheid.58 Daar bestaan dus besondere raakvlakke tussen etiek en
pedagogiek wat daarop dui dat etiek-uitsprake pedagogiek-verifikasie regverdig. Moontlike
betekenisvolle wyses van lewe wat deur die etiek onthul word, word onderwerp aan die pedagogieker
se verifiërende denkstappe, gevolg deur 'n logies-bestendige ordening.
In die lig van die voorgaande kan daar nou beweer word dat daar sprake kan wees van:
Die opvoedingswerklikheid kan wel vanuit hierdie perspektlewe op die leefwêreld sigbaar word. Die
pedagogieker wend dan hierdie verskyning aan om te verifieer of sy eie openbaringe van
pedagogiese essensies deur sy fenomenologiese naderbring van die alledaagse opvoedingswerklikheid
werklike pedagogiese essensies met antropologiese status is en nie blote rasionele konstruksies
is sonder inagneming van die opvoedingswerklikheid nie.
Indien deur hierdie perspektiewe moontlike pedagogies betekenisvolle lewenswyses ontdek word wat
nog nie deur die pedagogieker self aan die lig gebring is nie, kan hy dit onderwerp aan sy
fenomenologiese denkstappe ten einde die essensiestatus daarvan te bepaal.
(b) Wetherick, N. E.: "Can there be a non-phenomenological psychology?" in The Journal of the
British Society for Phenomenology, Jan. 1970, 79.
|