Basiese begrippe

Werkwyse
Deel 1

Werkwyse
Deel 2

Uitkomste
Deel 1

Uitkomste
Deel 2

Lesstruktuur-
essensies

Fundamentele
Pedagogiek

Pedagogiek

Terug na "Inhoud"

3.  ENKELE UITKOMSTE VAN
DIE PEDAGOGIEKWERKWYSE
Deel 1


3.2  PEDAGOGIES-BETEKENISVOLLE WYSES VAN LEWE (LEWENSWYSES)

3.2.1  DIE FUNDAMENTEEL-PEDAGOGIESE STRUKTURE
A
PEDAGOGIESE VERHOUDINGSTRUKTURE
B
PEDAGOGIESE VERLOOPSTRUKTURE
C
PEDAGOGIESE BEDRYWIGHEIDSTRUKTURE
  1. Begrypende lewenswyse
  2. Vertrouende lewenswyse
  3. Gesagsgemoeide lewenswyse
  1. Omganende lewenswyse
  2. Ontmoeiende lewenswyse
  3. Engagerende lewenswyse
  4. Bemoeiende lewenswyse
    1. Ingrypende lewenswyse
    2. Instemmende lewenswyse
  5. Terugkeer na die omganende lewenswyse
  6. Periodiek-verlatende lewenswyse
  1. Betekenende lewenswyse
  2. Inspannende lewenswyse
  3. Genormeerde lewenswyse
  4. Wagende lewenswyse
  5. Dankbare lewenswyse
  6. Aanspreeklike lewenswyse
  7. Hopende lewenswyse
  8. Ontwerpende lewenswyse
  9. Vervullende lewenswyse
  10. Agtende lewenswyse
  11. Selfbegrypende lewenswyse
  12. Vrye lewenswyse
 
D
PEDAGOGIESE DOELSTRUKTURE
  1. Sinvolheid van lewenswyse
  2. Selfbeoordeling en selfbegryping van lewenswyse
  3. Menswaardige lewenswyse
  4. Sedelik-selfstandige besluitvormende en verantwoordelik-handelende lewenswyse
  5. Normidentifiserende lewenswyse
  6. Lewensopvatlik-verantwoorde lewenswyse
 

3.2.2  FUNDAMENTEEL-PEDAGOGIESE ESSENSIES

FUNDAMENTEEL-PEDAGOGIESE STRUKTURE
KORT UITLEG
3.2.2.1  Pedagogiese Verhoudingstrukture1 Onderwyser en kind se onderlinge betrekkinge word gedra deur 1-3:
  1. Begrypende lewenswyse

    A.  Begryping-van-kindwees

    1. Begryping-van-andersheid

    2. Belewing-van-andersheid

    3. Interpretasie-van-moontlikhede

    4. Ontplooiing-van-moontlikhede

    5. Waardering-van-moontlikhede
Die onderwyser en die kind se kennende saamlewe word gekenmerk deur A en B:

Die onderwyser moet die kinders wat aan hom toevertrou is, ken. Hierdie kennis blyk uit die inagneming van (a)-(e):

Elke kind is iemand wat self iemand wil wees: die onderwyser moet dus probeer om elke indiwiduele kind te leer ken.

Elke kind moet aanvoel en ervaar dat die onderwyser die feit inagneem dat hy verskillend is van ander.

Die onderwyser moet die kind help om sy moontlikhede te ontdek en te begryp.

Die kind moet gehelp word om sy positiewe moontlikhede in te span en sodoende te laat word.

Die kind moet gehelp word om waardering te hê vir die talente wat hy ontvang het.

B.  Begryping-van-behoorlikheidseise

  1. Gesag-van-behoorlikheidseise

  2. Begryping-van-eise-van-mens-wees

  3. Begryping-van-verantwoordelikheid

  4. Begryping-van-behoorlike-inspanning

  5. Begryping-van-gehoorsaamheid
Beide onderwyser en kind staan onder bepaalde voorskrifte en die kind moet gehelp word om (a)-(e) te begryp:

Om beheer te word deur bepaalde voorskrifte moet begryp en aanvaar word.

Die vereistes waaraan daar voldoen moet word ten einde as ordentlike mens gereken te kan word, moet begryp en aan voldoen word.

Die verpligting om te kies en te handel moet opgeneem word en daarvan moet rekenskap gegee word.

Die kind moet begryp dat hy altyd sy uiterste bes moet doen met al die bedrywighede waarby hy ingeskakel word.

Die kind moet weet dat hy moet hoor as daar iets vir hom gesê word.

2. Vertrouende lewenswyse

  1. Agting-vir-kinderlike-waardigheid

    1. Agting-vir-andersheid

    2. Agting-vanweë-waardeverwerkliking

  2. Aanvaarding

    1. Bereidwilligheid-tot-verhouding
Die onderwyser en die kind se saamlewe in vertroue word gekenmerk deur A en B:

Respek vir die kind as medemens moet betoon word, deur (a) en (b) te doen:

Inagneming van die feit dat kinders van mekaar verskil.

Waardering vir die kind omdat hy deelnemer is daaraan om dit wat hoogs waardevol is, werklikheid te maak.

Skep van 'n verhouding met die kind deur (1) en (2) te toon:

Om met graagte 'n verhouding met die kind te skep deur (a)-(h) te doen:

  1. Neemhandeling

  2. Binding

  3. Medemenslikheid

  4. Aanspreek-aanhoor

  5. Beagting

  6. Mede-stander-wees

  7. Mede-ganger-wees

  8. Deelnemer-wees

  1. Voorneme-om-te-versorg

    1. Versorgings-ruimte

    2. Aanvaarding-situasies

    3. Besorgdheid-vanweë-liefde

    4. Handeling-in-liefde

      1. Inruiming-van-tuiste

      2. Stigting-van-nabyheid

      3. Opname-in-onsruimte
Die kind word beïnvloed en beïndruk met die doel om hom te steun.

'n Intieme band tussen onderwyser en kind word gesmee.

Daar moet altyd menslik met die kind gewerk word, want hy is geen dier of ding nie.

Met die kind word duidelik gepraat en hy moet deeglik luister.

Behandeling met respek, konsiderasie, waardering en eerbied vir sy self-iemand-wil-wees.

"Kom staan hier by my sodat ek jou kan help."

"Gaan nou saam met my verder" (d.w.s. steeds nader aan behoorlike volwassenheid).

Die kind moet toegelaat word om 'n aktiewe aandeel te neem aan waardevolle bedrywighede.

Die kind moet beleef dat die onderwyser graag oor hom wil waak deur (a)-(d) moontlik te maak:

Die kind beleef bv. die klaskamer as die plek waar daar met genoeë vir hom gesorg word.

Geleenthede word vir die kind geskep om te ervaar dat hy welkom is.

Die kind moet beleef dat daar met hom bemoeienis gemaak word uit welwillendheid teenoor hom en nie met bybedoelings nie.

'n Hartlike geneentheid teenoor die kind blyk uit die doen van (i)-(iii):

'n Plek waarin hy tuis (gelukkig, op sy gemak) kan voel, word spesiaal vir hom ingerig.

'n Persoonlike nabywees word geskep en alle gedistansieerdheid moet verdwyn.

Die kind word opgeneem in 'n plek en met iemand met wie van "ons" gepraat kan word.

  1. Gesagsgemoeide lewenswyse

    1. Laat-gesê

    2. Aangespreek-word

    3. Opgeroep-word

    4. Gehoorsaamheid

    5. Gesagserkenning

    6. Gesagsopvolging

    7. Onderwerping-aan-normgesag
Die wyse van saamlewe van onderwyser en kind met behoorlikheidseise, word gekenmerk deur (a)-(g):

Die onderwyser sê wat behoorlik is en die kind laat hom oorreed deur dit wat gesê word.

Die onderwyser praat duidelik met die kind oor behoorlikheidseise.

Daar word 'n beroep op die kind gedoen en hy word aangespoor tot die doen van die behoorlike.

Die kind is gewillig om sinvolle voorskrifte aan te hoor en uit te voer.

Die kind sien in en gee toe dat die onderwyser die reg het om aan hom te sê wat behoorlik is.

Die kind moet die onderwyser se uitleg en voorlewe van behoorlikheidseise nalewe.

Die gesag wat spreek uit behoorlikheidseise word erken.

3.2.2.2  Pedagogiese Verloopstrukture2

  1. Omganende lewenswyse

  1. By-mekaar-wees

    1. Gelyktydigheid

    2. Ruimtelikheid

    3. Bewuswees-van-teenwoordigheid

  2. Aanvangsopvoeding

    1. Aanwysinge-vir-bemoeienis

    2. Algemeen-opvoedende-beïnvloeding

      1. Kontrolering
      2. Rigtinggewing
Die opvoedingsgebeure neem 'n verloop vanaf (1)-(7):

Onderwyser en kind se saamkom word gekenmerk deur (A) en (B):

Om by mekaar te wees, beteken (a) + (b) + (c):

Onderwyser en kind is terselfdertyd, met genoeg tyd en sonder 'n generasiegaping bymekaar.

Onderwyser en kind is in dieselfde ruimte bymekaar.

Albei weet en voel dat hulle op dieselfde tyd en in dieselfde plek met mekaar kan kommunikeer.

Onderwyser en kind se saamkom lei tot (a) en (b):

Aanduidings dat dit moontlik nodig sal wees vir die onderwyser om hom in te laat met die kind se keuse en handelinge, kan verskyn.

Omdat die onderwyser onmiddellik begin om 'n voorbeeld te stel, om toesig te hou en om die behoorlike aan te wys, is daar nou reeds van opvoeding sprake.

  1. Ontmoetende lewenswyse

  1. Met-mekaar-wees

    1. Nabyheid

    2. Toewending-in-vertroue

    3. Teenwoordigheid-in-vertroue

    4. Belewing-van-toebehorendheid

    5. Belewing-van-toeganklikheid

    6. Intimiteit

  2. Gelykgestemdheid

    1. Opmekaar-afgestemdheid

    2. Opvallende aangetrokkenheid

    3. Meevallende aangetrokkenheid

    4. Diepwortelende geneentheid
Onderwyser en kind se saamlewe verdiep vervolgens tot (A) en (B):

Om met mekaar te wees, beteken om (a)-(f) te verwerklik:

Onderwyser en kind beleef dat daar nie 'n kloof (verte) tussen hulle bestaan nie en dat kommunikasie moontlik is.

Onderwyser en kind draai na mekaar toe sodat 'n van-aangesig-tot-aangesig verhouding moontlik word.

Vanwee 'n van-aangesig-tot-aangesig verhouding word dit moontlik om sinvolle woorde met mekaar te spreek.

Die kind beleef: "Ek behoort met u ter wille van my." Die onderwyser beleef: "Jy behoort met my ter wille van jou." Albei beleef: "Ons behoort met mekaar ter wille van ons."

Die kind en die onderwyser voel aan en ervaar dat die een vir die ander oopgestel is. Albei is bereikbaar en beskikbaar vir mekaar.
Innigheid, hartlikheid en vertroulikheid oorheers.

Indien die onderwyser en die kind in dieselfde stemming (gemoedsgesteldheid) verkeer, sai dit blyk uit (a)-(d):

Onderwyser en kind handel in 'n stemming van samewerking. Daar is ooreenstemming oor die sin van hulle saamlewe.

Onderwyser en kind se aangetrokkenheid tot mekaar is sodanig dat dit opgemerk kan word.
Hulle aangetrokkenheid tot mekaar kom werklik van albei kante en is met dieselfde doel, nl. egte saamlewe.

'n Goeie gesindheid en welwillendheid wat nie oppervlakkig is nie en wat daartoe lei dat aibei met mekaar wil wees, heers.

  1. Engagerende lewenswyse

    1. Magnie-moment

    2. Opneem-van-verantwoordelikheid

    3. Opvoederlike doelbewustheid

    4. Verpligting-tot-beskikbaarheid
Die onderwyser kan nou verantwoordelikheid opneem vir die bemoeienis met die kind wat hy nodig ag en die kind neem verantwoordelikheid vir sy aandeel. Dat dit wel so sal wees, sal blyk indien (a)-(d) werklikheid word:

Die onderwyser mag nie redes wat duidelik word waarom hy hom met die kind se lewenswyse moet inmeng, ignoreer nie. Die kind mag nie probeer om dié inmenging te ontvlug nie.

Beide onderwyser en kind aanvaar aanspreeklikheid vir dit wat nou verder moet gebeur.

Heldere bewustheid by die onderwyser dat daar nou gevorder moet word in die rigting van 'n doel wat hy gestel het, ontstaan.

Die verpligting word opgeneem om vir mekaar beskikbaar te wees: die kind vir laat-gesê en die onderwyser vir steungewing.

  1. Ingrypende lewenswyse

    1. Afkeuring-van-die-afkeurenswaardige

    2. Teengaan-belewing

      1. Opvoederlike-moet-teengaan

      2. Kinderlike-aanvaarding-van-teengaan

    3. Voorstelling-van-nuwe-lewenswyse

    4. Rigtingverandering-na-nuwe-lewenswyse

    5. Deurbraak-van-behoorlikheids-besef

    6. Toenemende-kennis-van-goed-en-kwaad
Die onderwyser tree op om te voorkom dat die kind op dwaalweë beland. Hierdie optrede geskied in die vorm van (a)-(f):

Die onderwyser gee te kenne dat hy 'n afkeer het aan dit wat nie behoorlik is nie.

Die doen van die onbehoorlike moet stopgesit word.

Die onderwyser roep die kind op om op te hou om die onbehoorlike te doen en hy doen dit op duidelike wyse.

Die kind aanvaar (meesaf geleidelik) dat dit reg is dat hy in die doen van die onbehoorlike teengestaan moet word.

Iets wat positief en uitvoerbaar is, moet nou in die plek van die onbehoorlike oorweeg word.

Die kind word gehelp om weg te beweeg van die onbehoorlike in die rigting van die behoorlike wat in die plek daarvan moet kom.

Indien (c) en (d) slaag, sal die behoorlike helder raakgesien word en sal die doen van die behoorlike bevorder word.

Die uitwerking van (a)-(e) is dat daar 'n toename sal wees in die kind se vermoë om te onderskei tussen reg en verkeerd.

  1. Instemmende lewenswyse

    1. Goedkeuring-van-die-goedkeurenswaardige

    2. Saamstem-belewing

      1. Opvoederlike-moet-saamstem

      2. Kinderlike-verwagting-van-instemming

    3. Voorstelling-van-volharding

    4. Waardering-van-lewenswyse

    5. Versterking-van-behoorlikheids-besef

    6. Bevestiging-van-kennis-van-goed-en-kwaad
Die onderwyser tree op om die kind te ondersteun in die doen van die behoorlike, deur (a)-(f) te laat gebeur:

Prysende woorde word uitgespreek teenoor die kind wat die behoorlike doen.

Die doen van die behoorlike moet aangeprys word.

Die onderwyser betuig waardering teenoor die kind wanneer hy die behoorlike gekies het en daarvolgens handel.

Die kind hoop daarop dat die onderwyser sy behoorlike keuses en handelinge sal goedkeur.

Die onderwyser gee te kenne dat die kind ook in die toekoms moet aanhou om die behoorlike te doen.

Dankbaarheid word uitgespreek teenoor die kind wat volhard met die doen van die behoorlike.

Indien (a)-(d) gebeur sal die kind se begrip van die behoorlike steeds duideliker word.

Die uitwerking van (a)-(e) is dat daar 'n toename sal wees in sekerheid by die kind oor wat reg en wat verkeerd is.

  1. Terugkeer na die omganende lewenswyse

    1. Verwerking-van-bemoeienis

    2. Gedying-van-self-iemand-wees

    3. Belewing-van-vryheid

    4. Deelname-aan-nie-intensionele beïnvloeding

    5. Verwerwing-van-selfkennis
Die kind moet nou geleentheid kry om dit wat met die verwerkliking van 1-5 gebeur het, in teenwoordigheid van die onderwyser toe te eien.
Daarvoor is (a)-(e) nodig:

Die kind dink na oor die betekenis van die in-gryping en/of instemming.

Die kind kry geleentheid om onafhanklik van direkte bemoeienis weer homself te wees en te word.

Hy beleef vryheid omdat hy nou sélf moet nadink en handel maar beleef tog verbondenheid aan die teenwoordige onderwyser.

Alhoewel die onderwyser hom nie direk met die kind bemoei nie, gaan daar tog kontrolerende invloed van hom uit vanweë die feit dat hy teenwoordig is.

Omdat hy nou op homself aangewys is, leer hy homself beter ken in die lig van dit wat van 1-5 gebeur het.

  1. Die periodiek-verlatende lewenswyse

    1. Afskeidsgroet

    2. Oefening-van-skeiding

    3. Losmaking-van-binding

    4. Bevestiging-van-vryheid

    5. Verlange-na-self-iemand-wil-wees

    6. Oorwinning-oor steunbehoewendheid

    7. Skeppende pouse

    8. Hunkering-na-weeromgang

    9. Verwelkomende groet
Die kind meet nou geleentheid kry om dit wat met die verwerkliking van 1-6 gebeur het, in lyflike afwesigheid van die onderwyser toe te eien. Daarvoor is (a)-(i) nodig:

Die kind word op hartllke wyse gegroet sodat hy kan weet dat hy weer later met vrymoedigheid kan terugkeer na die onderwyser.

Hy word geleidelik daartoe bekwaam om selfstandig te kan kies en handel.

Die opvoedingsband tussen hom en die onderwyser word algaande losser soos sy selfstandigheid toeneem.

Die feit dat hy toegelaat word om die onderwyser (en ook ander volwassenes) se teenwoordigheid te verlaat, is 'n erkenning daarvan dat hy besig is om sy vryheid te verwerf.

Hy hunker daarna om self in lyflike afwesigheid van volwassenes sy selfstandigheid te oefen en te beoefen.

In die mate waarin hy slaag om selfstandigheid te beoefen, behaal hy 'n oorwinning oor sy afhanklikheid van die steungewing van volwassenes.

Tydens die afwesigheid van 'n volwassene word betekenisvolle veranderinge voltrek, as veranderinge in sy opwegwees na behoorlike volwassenheid.

Die kind beleef en aanvaar na 'n tyd dat hy weer die steungewing van volwassenes nodig het en wil dan terugkeer na hulle teenwoordigheid.

Die vriendelike groet van die onderwyser wat die periodieke verlating ophef, gee 'n aanduiding van sy bereidwilligheid om weer eens die opvoedingsweg saam met die kind af te lê.

3.2.2.3  Pedagogiese Bedrywigheidstrukture3

  1. Betekenende lewenswyse

    1. Heg-van-betekenisse

    2. Toets-van-betekenisse

    3. Belewing-van-betekenisse

    4. Lewe-van-betekenisse

    5. Betekenisvolle dade

    6. Betekenis-verheffing
Die volgende is 'n twaalftal opvoedende bedrywighede waarby die kind betrokke moet raak:

Die kind se wêreld is alles wat vir hom begrypbaar is, dus wat vir hom betekenis het. Oefening aan betekenisse en uitbreiding daarvan geskied as (a)-(f) slaag:

Betekenisse word toegeken aan mense, dinge, gebeurtenisse, ens.

Die kind moet gehelp word om te toets of die betekenisse wat hy toeken, reg en behoorlik is.

Die persoonlike betekenis (betekenis-vir-my) van die waardevolle moet aangevoel en aanvaar word.

Die kind moet gehelp word sodat dit wat werklik betekenisvol (belangrik, waardevol) is, deel word van sy wyse van lewe.

Betekenisse (die waardevolle) moet in dade omskep word en in verband hiermee moet die kind sinvolle opdragte ontvang.

Die onderwyser help die kind om op steeds hoër vlak betekenisse toe te ken. Hy moet beteken (ww.) in ooreenstemming met die wordingstydperk waarin hy verkeer.

  1. Inspannende lewenswyse

    1. Beweging-na-inspanning

    2. Dinamiese deelname

    3. Oorwinning-oor-passiwiteit

    4. Keuse-vir-inspanning
Die kind moet gehelp word om al sy kragte te gebruik en sy uiterste bes te doen in alles wat hy aanpak en dit verg dat (a)-(d) verwerklik moet word:

Inspanningloosheid moet verlaat word deur 'n gewilligheid om oor te gaan tot die doen van betekenisvolle dade.

Kragtige en bedrywige deelneming aan betekenisvolle dade moet van die kind verwag word.

Om nie te wil handel en saam te doen nie, moet afgekeur word en met die kind se pogings om betrokke te raak, moet saamgestem word.

Deur in te gryp wanneer passiwiteit intree en in te stem wanneer die kind verkies om handelend betrokke te raak, word voorkeur vir inspanning bevorder.

  1. Genormeerde lewenswyse

    1. Onvoorwaardelike normidentifikasie

    2. Stellingname-vir-lewensopvatting

    3. BeoordeHng-van-standpunt

    4. Lewe-van-behoorlikheidseise
Om in ooreenstemming met besondere behoorlikheidseise te wil lewe (kies en handel) vereis dat (a)-(d) gedoen word:

Sonder om voorwaardes te stel, moet dit wat as hoogs waardevolle aanvaar word, toegeëien word.

Die kind moet gehelp word om die gehuldige lewensopvatting te lewe.

Die kind moet gehelp word om in 'n steeds toenemende mate die lewensopvatting te ken, te verdedig en toe te pas op sy wyse van lewe.

Die eie keuses en handelinge word krities bekyk in die lig van die lewensopvatting. Toenemende lewensopvattingkennis by die kind behoort te lei tot 'n steeds suiwerder beoordeling.

Dit wat as hoogs waardevol (beslis fatsoenlik, betaamiik en ordentlik) aanvaar word, moet blyk uit die wyse van lewe.

  1. Wagende lewenswyse

    1. Saam-betekening

    2. Saamlewe-van-behoorlikheidseise

    3. Saamwaag-met-moed
Die kind moet gehelp word om 'n behoorlike wyse van lewe saam met ander aan te durf. Dit beteken dat hy moet onderneem om (a)-(c) te doen:

Om saam met ander (veral volwassenes) te soek na dit wat werklik betekenisvol (waardevol) is.

Om gewillig te wees om in ooreenstemming met die behoorlike voorbeeld wat ander stel, te probeer lewe.

Met dapperheid en selfs onverskrokkenheid moet saam met diegene wat die voorbeeld stel, gekies word vir die behoorlike en gehandel word in die lig van die behoorlike.

  1. Dankbare lewenswyse

    1. Belewing-van-geborgenheid

    2. Dankbaarheid-vir-veiligheidsbelewing

    3. Geborgenheid-vanweë-aanvaarding

    4. Liefdevolle teenwoordigheid
Om met dankbaarheid (erkentlikheid) te lewe, vereis (a)-(d):

Die kind moet telkens wanneer hy dit nodig het, kans kry om eers weer veilig te voel voordat hy dit weer met die werklikheid waag.

Teenoor diegene wat (a) moontlik maak, sal die kind erkentlik wees omdat hy dit wat hulle vir hom doen, waardeer.

In werklikheid is dit die aanvaarding van die kind wat lei tot 'n belewing van veiligheid. Aanvaarding-essensies moet verwerklik word.

Handeling-in-liefde wat gekenmerk word deur met-mekaarwees en gelykgestemdheid word deur die kind waardeer.

  1. Aanspreeklike lewenswyse

    1. Beagting-as-medestander

    2. Beagting-as-medeganger

    3. Belewing-van-samehorigheid

    4. Verpligting-tot-toeganklikheid
Die kind moet gehelp word om op 'n toenemende verantwoordelike wyse sy deel te doen aan (a)-(d):

Om eerbied te hê vir die onderwysers wat hom bystaan. Dan moet hy ook ervaar dat hulle bereid is om by hom te staan met eerbied vir sy menswees.

Om eerbied te hê vir daardie onderwysers wat bereid is om dit saam met hom te waag op sy lewensweg en wat hom steeds op menswaardige wyse sal behandel.

Om eerbied te hê vir daardie onderwysers wat altyd in die lig van die essensie toebehorendheid met hom sal handel.

Om eerbied te hê vir onderwysers wat oopstaan vir hom en wat sy oopstelling vir hulle waardeer.

  1. Hopende lewenswyse

    1. Voorstelling-van-toekoms

    2. Interpretasie-van-verlede

    3. Rig-op-toekoms

    4. Hede-besluit-oor-toekoms

    5. Hede-werk-aan-toekoms

    6. Begryping-van-toekomseise

    7. Gesprekke-oor-toekoms
By die kind bestaan daar 'n verwagting dat die onderwysers hom sal help met (a)-(g) en hy het vertroue in diegene wat dit kan reg kry:

Die kind verwag so duidelik as wat maar enigsins moontlik is, 'n beeld van die toekoms wat vir hom in aantog is.

Hy verwag 'n uitleg van die betekenis wat sy eie verlede het vir die toekomstige lewe waarop hy hoop.

Hy verwag hulp aan hom om in beweging te kom in die rigting van 'n toekoms wat die beste by hom sal pas.

Hy verwag hulp aan hom met die verskillende besluite wat hy telkens i.v.m. sy toekoms moet neem.

Hy verwag hulp aan hom in sy voorbereiding vir die toekoms.

Hy verwag hulp by die begryping van die else wat daar in die toekoms aan hom gestel mag word.

Hy verwag dat daar met hom gesprekke oor die toekoms sal wees. Daar moet met hom gereeld oor sy toekoms gepraat word, (d.w.s. die nabye sowel as die verre toekoms).

  1. Ontwerpende lewenswyse

    1. Verlange-na-toekoms

    2. Werklikheid-as-nuwe-moontlikheid

      Indiensstelling-van-moontlikhede

Die kind moet gehelp word om sy positiewe moontlikhede (talente) met die oog op die toekoms te vorm en daarvoor is (a)-(c) nodig:

'n Begeerte om nie in die verlede te wil leef of om tevrede te wees met dit wat tot vandag toe bereik is nie, maar om steeds te bly verbeter.

Elke nuwe mylpaal wat bereik word, moet as 'n nuwe begin vir verdere vordering gesien en aanvaar word.

Die talente waaroor die kind beskik moet gebruik word. Hy moet dit oefen sodat dit in die toekoms ten volle beoefen kan word.

  1. Vervullende lewenswyse

    1. Gerigword-deur-bestemming

    2. Beweging-na-bestemming
Geleidelik en in steeds toenemende mate moet die kind besef dat hy 'n roeping het om te vervul en die onderwysers help hom hierin deur (a) en (b) moontlik te maak:

Die kind se strewe daarna om sy moontlikhede toereikend te laat ontplooi, moet voortdurend gevoed word en dit word gedoen deur hom te help met die raaksien daarvan dat sy talente tot eer van God aangewend moet word.

Sy roeping is in laaste instansie om 'n behoorlike kind van God te wees en hierin moet die kind op verantwoordelike wyse gehelp word.

  1. Agtende lewenswyse

    1. Erkenning-van-indiwidueelheid

    2. Agting-vanweë-waardeverwerkliking

    3. Waardering-van-waardegemoeidheid

    4. Vervulling-van-plig
Ten einde by die kind 'n toenemende agting vir die waardigheid van die mens in te skerp, sal hy genoegsaam geleentheid moet kry om (a)-(d), te belewe:

Mense is nie gelyk nie omdat elkeen op 'n anderse wyse en met verskil in verantwoordelikheid waardes verwerklik. Hierdie andersheid moet erken word.

Alle mense is gelykwaardig omdat almal waardes kan verwerklik. Slegs daardie mense verdien agting wat hoogs waardevolle waardes verwerklik.

Omdat die kind met waardes gemoeid is, mag hy nooit as 'n middel tot 'n doel gebruik word nie.

Om pligte te vervul, dus om verpligtinge t.o.v. die hoogs waardevolle na te kom, is om menswaardig te lewe.

  1. Selfbegrypende lewenswyse

    1. Kritiese selfbeoordeling

    2. Begryping-van-bevraagdheid

    3. Begryping-van-behoorlikheidseise

    4. Begryping-van-verpligting

    5. Verfyning-van-selfbegryping
Volwassenheid word gekenmerk deur 'n hoë mate van selfbegrip. Selfbegryping word geoefen wanneer die kind geleentheid kry tot (a), (b), (c), (d) en (e), dus tot:

'n Skerp bekyking van die eie wyse van verwerkliking van die hoogs waardevolle.

'n Duidelike besef dat hy geroepe is om sy positiewe moontlikhede in diens te stel van die verwerkliking van die hoogs waardevolle.

'n Heldere kennis van die eise wat die verwerkliking van die hoogs waardevolfe aan hóm stel.

'n Toereikende kennis van sy positiewe moontlikhede en die verpligtinge wat dit op hom lê.

'n Verbetering van sy selfkennis, veral van die kennis hoe hy op die beste moontlike wyse kan bydra tot verwerkliking van die hoogs waardevolle.

  1. Vrye lewenswyse

    1. Verowering-van-vryheid

    2. Vryheid-as-gebondenheid

    3. Bewuswees-van-vryheid

    4. Bewuswees-van-verantwoordelikheid

    5. Besluit-op-verantwoordelikheid
Vryheid om verantwoordelikheid op te neem, word gekenmerk deur (a)-(e):

Sonder dwang van buite op grond van eie beslissinge en kragsinspanning moet die hoogs waardevolle gelewe word.

Om gebind te wees aan die hoogs waardevolle maak slawerny deur die mensonwaardige onmoontlik.

'n Besef dat dit moontlik is en ook noodsaaklik is om vry te wees en te word van alles wat mensonwaardig is.

'n Besef dat om werklik mens te wees beteken om verantwoordelikheid op te neem, kan nie ontvlug word nie.

Persoonlike verantwoordelikheid word opgeneem vir die verwerkliking van die hoogs waardevolle.


    1Vir volledige beskrywing, kyk:

    1. Landman, W. A., S. G. Roos, C. R. Liebenberg, a.w., 17-24, 60-84.
    2. Landman, W. A.: Leesboek vir die Christen-opvoeder, N. G. Kerkboek-handel, Pretoria, 3de uitgebreide druk, 1974, 22-24.
    3. Sonnekus, M. C. H.: Psigopedagogiek. 'n Inleidende oriëntering, Universiteitsuitgewers, Stellenbosch, 1973, 42-51.
    4. Landman, W. A., C. J. G. Kilian: Leesboek vir die opvoedkunde-student en ondenvyser, Juta, Kaapstad, 1972, hfst. 1.
    5. Viljoen, T. A. en J. J. Pienaar: Fundamental pedagogics, Butterworths, Durban, 1971,41-56, 60-68.
    6. Kilian, C. J. G. en T. A. Viljoen: Fundamentele pedagogiek en fundamentale strukture, Butterworths, Durban, 1974, 122-124, 162-184.

    2Vir volledige beskrywing, kyk:

    1. Landman, W. A., S. G. Roos, C. R. Liebenberg, a.w., 24-40, 84-89.
    2. Landman, W. A., a.w., 24-25.
    3. Sonnekus, M. C. H., a.w., 51-61
    4. Viljoen, T. A. en J. J. Pienaar, a.w., 56-60.
    5. Kilian, C. J. G. en T. A. Viljoen, a.w., 184-204.

    3Vir volledige beskrywing, kyk:

    1. Landman, W. A., S. G. Roos, C. R. Liebenberg, a.w., hfst. 4.
    2. Landman, W. A., a.w., Par. [1.1] en hfst. 2.
    3. Sonnekus, M. C. H., a.w., 65-66.
    4. Kilian, C. J. G. en T. A. Viljoen, a.w., 204-230.

    Na "Enkele uitkomste van die Pedagogiekwerkwyse", Deel 2