Professor W A Landman

Tweede W A Landman-gedenklesing
van die ATKV-tak, Centurion:
31 Mei 2001

Johan Beckmann
Departement Onderwysbestuur, Universiteit van Pretoria en Interuniversitêre
Sentrum vir Onderwysreg en Onderwysbeleid

DIE VERHOUDING TUSSEN OUER EN ONDERWYSER:
VERANDERINGS, UITDAGINGS EN GELEENTHEDE

Terug na Gedenklesings

(Deel Een)


INLEIDING

Meneer die Voorsitter, dames en here

Baie dankie vir die uitnodiging om vanaand die tweede Willem Landman-gedenklesing te lewer. Ek is baie dankbaar vir die geleentheid om op hierdie wyse 'n beskeie huldeblyk te kan lewer aan 'n persoon wat 'n deurslaggewende rol in my eie professionele en persoonlike lewe gehad het. Net soos ek, kan baie ander persone getuig van die voorreg wat hulle gehad het om onder sy leiding te studeer en te werk. Ons is verheug daaroor dat u besonder aktiewe ATKV-tak, benewens al sy ander belangrike werk, ook die taak op hom geneem het om erkenning te verleen aan persone soos prof Landman wat erkenning verdien.

Ek wil vanaand net probeer om op 'n beskeie manier hulde te bring aan iemand vir wie ek net die hoogste agting en dankbaarheid het.

Ek was bevoorreg om etlike jare in verskeie liggame van die georganiseerde onderwysprofessie saam met hom en onder sy voorsitterskap te kon werk. Sy klem op professionaliteit en die respek wat praktisyns in die onderskeie vorms van onderwys en opleiding vir mekaar behoort te hê, sal my my lewe lank bybly. Die verhouding tussen ouer en onderwyser was vir hom 'n besondere verskyningsvorm van die onderwyser se professionaliteit en dit is daarom ook een van die redes waarom ek die onderwerp gekies het wat ek vanaand met u wil behandel.

Toe ek in 1992 by die Universteit van Pretoria begin werk het, het ek die uitsonderlike voorreg gehad om in die kantoor te werk waar prof Landman voor sy uittrede gewerk het (die naaste wat ek ooit daaraan sal kom om sy opvolger te wees). Ek beskou myself eerder as iemand wat probeer om sommige van die beginsels wat ek by prof Landman geleer het toe te pas terwyl ek die nuwe uitdagings, geleenthede en realiteite wat in onderwys, opleiding en ontwikkeling na vore kom, ondersoek.

DOEL MET DIE VOORDRAG

Ek wil graag enkele gedagtes met u wissel oor die tema: Die verhouding tussen ouer en onderwyser: Veranderings, uitdagings en geleenthede. Ek sal graag wil aantoon dat daar wesenlike veranderinge in die verhouding plaasgevind het en steeds besig is om plaas te vind. Alhoewel hierdie voordrag gerig is op persone soos ATKV-lede, wil ek graag probeer om die verhouding tussen ouer en onderwyser in die breë konteks van veranderinge sedert 1994 te plaas en saam met u te soek na enkele wesenlike (essensiële) veranderinge, uitdagings en geleenthede wat hulself vandag manifesteer en alle opvoeders en ouers oproep om op hulle te antwoord.

Voordat ek dit doen, wil ek graag enkele kenmerke van die mens van Willem Landman en van sy bydrae tot die opvoedkunde uitlig om daarmee erkenning te gee aan sy invloed op die wyse waarop ek die onderwerp wil hanteer.

WILLEM LANDMAN: DIE MENS EN SY BYDRAE TOT DIE OPVOEDKUNDE

Deurdring tot die essensies van verskynsels

Meer as enige een voor hom het Willem Landman daarin geslaag om deur te dring tot die wesenlike (essensiŽle) van verskynsels. So geoefend was hy in metodes om na die wesenlike deur te dring (om verskynsels te beskryf soos hulle hulleself sou beskryf as hulle net kon) dat hy dit amper outomaties gedoen het terwyl baie ander baie hard werk moes doen om sy gedagtes te verstaan. Dit het hom in staat gestel om nie tyd te verkwis op sake wat nie van wesenlike belang is nie en om nie die wesenlike van verskynsels mis te kyk nie. Daardeur kon hy ook die waarde van sy denkarbeid vir 'n verskeidenheid aangeleenthede beter ondersoek.

Ek glo die waarde van sy werk word tans nog maar ten dele besef. Dit is egter insiggewend dat daar tans universiteite in Suid-Afrika is waar waardering vir die fenomenologiese benadering tot navorsing vir die eerste keer na vore kom nadat Willem Landman te midde van baie en baie onbillike kritiek 'n groot deel van sy lewe gewy het aan die ontwikkeling van hierdie benadering en metode.

Soos ek reeds aangetoon het, is een gevolg van Willem Landman se benadering tot wetenskapsbeoefening dat hy nie maklik essensiŽle eienskappe van verskynsels misgekyk het nie. Hy het ook voortdurend gepoog om wat hy waarneem van verskynsels in verband te bring met die praktyk. Ek onthou dat dit vir hom amusant was om te sien wat mense oor die onderwys geskryf het en strukture van vergoeding uitgewerk en voorgestel het sonder om te onthou dat daar in die onderwys gesagstrukture moet wees.

Ek is seker dit sal ook vir hom amusant wees om sommige van die kontemporêre, haastig-saamgestelde beleidsdokumente te lees en te sien dat beleidsmakers nie kan raaksien dat waardes nie pakkies is wat aan leerders gegee kan word nie maar dat dit voorgeleef moet word en dat die opvoedeling (deesdae leerder uiteindelik self moet kies watter waardes hy of sy aanvaar as waardes vir hom of haar. Die betrokke beleidsdokument sien ook nie raak dat mens nie waardes onderrig nie maar wel norme.

Prof Landman neem waarskynlik ook nie verlief met die wyse waarop die onlangse hoër onderwysplan die waardigheid van Suid-Afrikaanse mense (veral swart mense) aantas deur voor te stel dat, indien billike indiensnemingsteikens nie deur die aanstelling van swart Suid-Afrikaners bereik kan word nie, swart mense uit die res van Afrika gewerf en aangestel moet word. As dit gegaan het om aangeleenthede wat die welsyn van ons kontinent geraak het, sou mens begrip daarvoor kon hÍ; soos die saak egter in die dokument geformuleer staan, is dit suiwer rassisties en 'n belediging vir Suid-Afrkaanse swart mense. Bowendien demp dit die hoop van ander Suid-Afrikaanse mense terwyl Landman in sy werk altyd bevestig het dat die prysgee van hoop onder geen omstandighede 'n wesenlike eienskap van opvoeding en onderwys is en kan wees nie.

Soeke na die gelykblywende

In sy werk lÍ; prof Landman groot klem op die taak van die opvoedkundige om te soek na die gelykblywende, na dit wat dieselfde bly ten spyte van dit wat verander. In ons tyd loop ons gevaar om verandering as die enigste werklikheid raak te sien en te begin dink dat 'n mens verandering nie konstruktief krities mag bekyk nie.

Dit was vir my aangrypend om na verloop van ongeveer vyftien jaar weer die woorde te lees wat prof Landman by geleentheid geskryf het om sy lewenswerk te verantwoord. Hy het van die gelykblywende aangeleenthede van die opvoedingsverskynsel soos volg opgesom: Die opvoeder (dit is ouer en onderwyser) wat na die kind kyk, moet eintlik raaksien dat die kind die volgende vir die opvoeder sou sê indien hy sy gewaarwordinge self sou kon verwoord (die ouderdom van die kind is nie regtig ter sake nie):

Hier is ek.

Ek het jou hulp nodig.

Jy moet my help om te word wat wat ek behoort te word en wat ek bestem is om te word.

Jy mag my nie skade aandoen nie.

Ek dink dit sou 'n goeie vertrekpunt vir 'n besinning oor die verhouding tussen onderwyser en ouer wees om te onthou dat die kind nooit mag skade ly nie. Hierdie kenmerk van die verhouding tussen ouer en kind lyk vir my na iets wat mens as gelykblywend sou kon bestempel. Artikel 28 van ons nuwe Grondwet sÍ ook baie duidelik dat 'n kind se beste belang deurslaggewend is in elke aangeleentheid wat die kind raak.

Hantering van verandering

Vir my is een van die mees opvallende kenmerke van prof Landman se werk juis hoe hy voortdurend met verandering rekening gehou het. Terwyl dit nog nie oral as behoorlik beskou is om van regte of menseregte te praat nie, het hy een van sy doktorale studente versoek om die regte (en pligte) van ouers, onderwysers en kinders te ondersoek aangesien 'n mens nie die verhouding tussen hulle sonder sodanige kennis behoorlik sou kon begryp nie. Feitlik elke proefskrif wat 'n kandidaat van hom geskryf het, het 'n nuwe of ander wetenskaplike ondersoekmetode gebruik (en verfyn en verder ontwikkel!). Terwyl tegniese onderwys nog in baie kringe as minderwaardig beskou is, het prof Landman baie van sy tyd bestee as voorsitter van die bestuursliggaam van 'n tegniese kollege en het 'n student onder sy leiding 'n proefskrif geskryf oor die professionaliteit van die technika-onderwyser.

Ek verneem dat hy baie opgewonde is oor die wyses waarop navorsers die internet en elektroniese ontsluiting van inligting in navorsing sou kon aanwend. (Ek is net bly ek het my doktorale studie onder sy leiding voor die era van die mikroskyfie voltooi!).

In pas met die gemeenskap

Prof Landman se lewe en werk is in pas met die gemeenskap waarbinne hy werk. Daarvan getuig sy werk in onderwysersverenigings, kultuurorganisasies, kerklike verband en in die burgerlike gemeenskap (soos in die ATKV). Sy lewe wys die gevaar uit dat mens jou nie uit jou samelewingsverbande behoort te onttrek nie. Die opvoeder se stem moet nooit stil word nie; dit kan ook nie die stem van wanhoop en negatiwiteit word nie want opvoeding impliseer juis die moontlkheid van verandering en verbetering.

Harde werk

Willem Landman se werkvermoŽ; is legendaries. In sy verantwoording oor sy werk het hy ook verwys na vrees vir harde denkwerk as vrees vir breinbloeding wat by mense kan bestaan. Sy lewe en werk sÍ duidelik dat mens nie moet ophou om te dink oor die realiteite, uitdagings en geleenthede wat hulle voordoen nie maar dat mens vreesloos en onvermoeid alle moontlikhede moet verken selfs al is dit nie voorheen as moontlikhede beskou nie.

Te midde van sy harde werk het hy altyd tyd gehad om om te gee vir kollegas. Sy kollegas van vroeër onthou met groot waardering dat hy op een of ander onverklaarbare wyse geweet het presies waarmee elkeen besig was en hulle gereeld aangemoedig het byvoorbeeld deur afskrifte van artikels waarvan hulle nie bewus was nie, in hulle poshokkies te plaas.

Humorsin

Prof Landman het altyd gesÍ dat die elfde gebod is dat mens nie tyd mag mors nie. Om die humor in 'n saak raak te sien, was nie vir hom tyd mors nie. Sonder om fatalisties, destruktief en minagtend te wees, behoort mens steeds na die humor in situasies te soek en te gebruik dit bevestig iets van die hoop wat vir die ewigheid in ons harte gelÍ is.

Wat sy vermoŽ om te werk en sy humorsin betref, is daar twee dinge wat my bybly: Een is dat ek nooit langer as 'n halwe dag vir hom moes wag om 'n hoofstuk van my proefskrif deur te werk nie. Dit was gewoonlik so teen 11 uur die aand wat ek 'n oproep gekry het van 'n vreesaanjaende stem wat net gesê het: "Kom haal mŰre jou ding!" Gewoonlik was daar nie te veel fout met die "ding" nie - ek sÍ dit nie om te probeer spog nie maar ek dink prof Landman het seker lekker in sy mou gelag oor die slapelose nagte wat hy so vir sy studente veroorsaak het.

'n Ander staaltjie het hy myself vertel. Ek weet nie oor wie dit gaan nie en miskien is die skuldige party self hier vanaand. Om een of ander rede moes of kon 'n student vir hom 'n stuk werk net op kersdag vat (dit kan ook 'n ander dag gewees het). Die student het skuldig gevoel en saam met sy of haar stuk werk 'n bottel goeie whiskey as geskenk saamgeneem. Die student is by die hek ingewag met die woorde: "Welkom whiskey, totsiens student!"

Christen-opvoedkundige

Willem Landman het nooit nodig gehad om formeel te sÍ dat hy 'n Christen-opvoeder is nie. Almal weet uit sy werk, lewe en getuienis dat hy 'n Christen is. Hierbenewens getuig baie van sy boeke en van die werke van sy studente dat die bevordering van Christelike norme en waardes in opvoeding en onderwys vir hom baie belangrik is. Dit is ook belangrik om te onthou dat een van die essensies van opvoeding waarop hy baie klem lÍ die lewensopvatlike toelaatbaarheid van opvoedingshandelinge is.

Op 'n meer persoonlike vlak wil ek sÍ dat wie ook al ooit vir Willem Landman hoor bid het in 'n vergadering, weet hoe dit klink as 'n kind wat in 'n intieme verhouding met sy Vader leef met sy Vader praat.


Na Deel Twee