Professor W A Landman


Terug na lys van publikasies

FLORIS VAN DER STOEP  :  SKEPPER VAN PEDAGOGIEK


SUMMARY

Floris van der Stoep:  Creator of Pedagogics

For Floris van der Stoep the unity of pedagogics is a fundamental matter. This unity can be demonstrated by the coherence between fundamental pedagogic essences and essences of the lesson course and of the modes of learning.

The aforementioned unity which will eventually be identified as pedagogics, can be demonstrated by describing the following:

  1. The anthropologic and philosophy of life groundedness of the essences of the lesson course

  2. The impact a shattered unity, which is due to fundamental pedagogic essences being ignored, has on the lesson course

  3. The threat of non-essentials to pedagogic unity

  4. The impact of contradictions on pedagogic unity

  5. The pedagogic unity which can be created by fundamental pedagogic essences

  6. The learning act as an act which makes pedagogic unity possible

  7. Calvinistic realisation as a particular way of promoting pedagogic unity

Pedagogics is the science of pedagogic unity.


1.  INLEIDEND

Vir baie jare is verskillende dissiplines van die Pedagogiek sterk uitgebou deur die beoefenaars daarvan. Toe die begrip "dissiplines" vervang is met "perspektiewe" is daar betekenisvol gevorder in die rigting van die ontwerp van Pedagogiek.

Wat steeds ontbreek bet, is 'n archimedespunt waarom Pedagogiek gebou kon word. Sodanige punt is deur Van der Stoep aan die lig gebring met sy ontwerp van 'n struktuur vir die lesverloop wat 'n besondere wyse is waarop aan die universele didaktiese gebeure gestalte gegee kan word.

In hierdie verband is die volgende opdrag van die volgende publikasie betekenisvol: Landman, W A: Fundamentele Pedagogiek en Onderwyspraktyk. Butterworth, Durban, 1977.

    "Opgedra aan professor F van der Stoep, Dekaan van die Fakulteit Opvoedkunde, Universiteit van Pretoria, wat die eerste raakgesien het dat die eenheid van die Pedagogiek ontwerp kan word deur dit op te bou om die lesstruktuur."

Met hierdie artikel word beoog om enkele voorbeelde van sodanige opbou to gee en wel aan die hand van sinsamehange tussen 'n aantal fundamenteel-pedagogiese essensies en lesverloopessensies asook leerwyse-essensies en lesverloopessensies.

Ter wille van oorsigtelikheid en tersaaklikheid sal die betrokke sinsamehange in tabelvorm weergegee word.

2. LESVERLOOPESSENSIES: BEGRONDING EN DOEL

Fundamentele Pedagogiek het aangetoon dat die Van der Stoepse lesverloopessensies nie blote rasionele konstruksies is nie, maar besondere werklikhede wat lewensopvatlik en antropologies begrond kan word en waarvan die verwerkliking in diens staan van die opvoedingsdoel.

TABEL : LESVERLOOPESSENSIES : LEWENSOPVATLIK, ANTROPOLOGIES, DOELGERIG
(Landman, W A; Roos, S G & Mentz, N J, 1979: 86-91).

LESLOOPESSENSIE
ANTROPOLOGIESE MOONTLIKHEIDSVOORWAARDES VIR VERWERKLIKING VAN LESLOOPESSENSIES
LEWENSOPVATLIKE PERSPEKTIEF OP LESLOOPESSENSIES
BEHOORLIKE VOLWASSENHEID AS OPVOEDINGSDOEL
AKTUALISERING-VAN-VOORKENNIS
(Bestaande betekenisvolle ervaringe word betrek)
In-betekeniswÍreld-wees:  
  1. Aanvaarding daarvan dat sinvol is om kennis in ag te neem wat betekenisvol is vir 'n doeltreffende lewe.

  2. Lewe deur selfstandige kennisinsameling op verantwoordelike wyse

  3. Lewe met insameling van waardevolle kennis

  4. Om sonder dwang van buite self bestaande betekenisvolle kennis te beoordeel

  5. 'n Volwasse (behoorlike) omgaan met beskikbare kennis
Bewusword-van-voorkennis
(Bewusword van beskikbare betekenisse dws van betekenisvolle ervaringe op 'n verantwoordelike wyse
i) Betekening-met veranwoordelikheid. Betekenisse word toegeken, getoets, belewe en gelewe). 1 Pet 3: 15b
"en wees altyd bereid om verantwoording te doen aan elkeen wat van julle rekenskap eis ..." Hier gaan dit om die inhoud van die geloof* wat "pedagogies vertaal" kan word met "dit waaraan besondere waarde geheg word".
Oproep-van-voorkennis
(Beoordeling van betekenisse met skeiding van die waardevolle en die nie-waardevolle as behoorlikheidseis.)
ii) Genormeerdheid
(Om in ooreenstemming met besondere behoorlikheidseise te lewe)
1 Thess 5: 21
"Beproef alle dinge; behou die goeie", *Keur die bestaande kennis ten einde vas te stel of dit betekenisvol (ter sake) is.
Verlewendiging-van-voorkennis
(Instemming met tersaaklike betekenisse en inspanning vir die verwerkliking daarvan)
iii)wegbreek-van-inspanningloosheid (inspanningloosheid word verlaat dmv dinamiese deelname en oorwinning oor passiwiteit). Pred 9: 10
"Alles wat jou hand vind om te doen, doen dit met jou mag". Iets moet verrig word.
 
PROBLEEMSTELLING
('n Betekenisvolle vraagstelling wat 'n appŤl rig tot die kind se vraende bewussyn)
Vraende-in-die-wÍreld-wees: Egte Christelikheid verg 'n aktuele instelling teenoor VRAE van die tyd. Krities en verantwoordelik moet nagedink word oor vraagstukke. Onderwyser-gesag word gehoorsaam solank hy die ordonnansies van God eerbiedig. Probleemstelling word voltrek in die lig van God-eerbiediging.

(Stoker, H G: Oorsprong en rigting I. Tafelberg Uitgewers. Kaapstad, 1967, 341-355.)

i) Aanvaarding daarvan dat dit sinvol is om probleme helder te formuleer.

ii) Lewe deur nie probleme te ontvlug nie, maar om dit self aan te pak.

iii) Lewe met 'n besef van die waardevolheid van probleme wat op die lewensweg verskyn.

iv) Om sonder dwang van buite self te besluit om probleme behoorlik aan te pak.

Leiding-tot-probleemformulering
(Die kind word gehelp om die onderwysdoel in vraagvorm te stel)
i) Vraende-iemand-wees:
(Vrae moet verantwoord word en die kind moet daartoe begelei word.)
Belewing-van-les-probleem
(Die vraagstelling moet deur die kind beleef word as sinvol-vir-my.)
ii) Opgawe-tot-self-begryping:
(Dit wat vraend verwoord is, word aanvaar as probleem-vir-my.)
Belewing-van-ontoereikendheid-van kennis
('n Besef dat die bestaande kennis te min is om die probleem op te los, breek deur.)
iii) Agting-vir-menswaardigheid; Vraend-in-die-wÍreld-wees gaan gepaard met 'n menswaardige ervaring van onvolledigheid van bestaande kennis. Probleme wat gestel word, moet hedendaagse betekenis hÍ en moet lewensopvatlik toelaatbaar wees.  
Opneem-van-verantwoordelikheid-vir-probleemoplossing
('n Aktiewe aandeel aan die verwerkliking van alles wat vervolgens moet geskied, word opgeneem.)
iv) Vryheid-tot-veramtwoordelikheid:
Verantwoordelikwees is kenmerkend van egte menswees.
EKSPOSISIE-VAN-NUWE-INHOUD
(Ontsluiting van nuwe kennis wat nodig is vir probleemoplossing.)
In-betekeniswÍreld-wees Die kind moet dit wat feite, beginsels, waardes en waarhede is, aanvaar want dit openbaar God in Sy skepping aan die mense. Die mens het dit alles nodig om God te dien deur sy arbeid.

(Stoker, H G aw)


Inhoude, as dit wat deur God geskenk is, roep op tot verantwoordelike handeling daarmee.

i) Aanvaarding daarvan dat dit sinvol is om vas te stel welke bykomende kennis nodig is ten einde in probleemsituasies effektief op te tree.

ii) Lewe deur voldoende bykomende kennis in te win om probleemsituasies die hoof te bied.

iii) Lewe met behoorlike inspanning by die verwerwing van toepasbare kennis.

Reduksie-tot-essensies
(Openbaring van kernfeite (essensies) van die leerinhoud wat waarde het vir probleemoplossing.)
Betekening-met-verantwoordelikheid


(Betekenisuitbreiding, Begrypbaarheidsuitbreiding, Betekenisverheffing.)

Insien-van-verbande
(Sinvolle samehange tussen kernfeite word opgespoor)
Insig-in-begrippe
(Voordoen en saamdoen met die oog op die vorming van begrippe wat nodig is vir probleemoplossing.)
AKTUALISERING-VAN-LESINHOUD
(Kontrole van die insigte van die kind tov die gereduseerde essensies)
Mens-as-verwerkliker Die mens moet in alles wat sy hand vind om te DOEN, 'n roeping van God sien. Alles wat gegee is nooi uit tot roepingsvervullende AKSIE.

Aktiwiteit betrek op die indiwidu met die oog op sosiale inskakeling tot eer van God, moet bevorder wprd.

Stoker, H G aw

Geroepenheid tot 'n aktiewe omgaan met dit wat deur God geskenk is, lei tot 'n opneem van verantwoordelikheid daarvoor.

i) Aanvaarding daarvan dat dit sinvol is om aktief (deur die eie self-iemand-wees en die gemeenskap in ag te neem) verworwe kennis te verwerk en in verband te bring met probleme.

ii) Lewe deur verantwoordelike verwerking en implementering van nuwe kennis.

iii) Om sonder dwang van buite self te besluit op die uitbreiding en behoorlike aanwending van benodigde kennis.

Aktiwiteitsbeginsel
(Verwerkliking van die oproep om iets te doen, aanbied van inhoude, saamdoen, selfdoen, selfleer)
i) Intensionaliteit (singewende gerigwees en sinbelewende oop staan vir) as uiting van self-iemand-wees
Indiwidualiseringsbeginsel
(Aansporing om te presteer omdat hy self-iemand-MOET-word. Verwerwing van 'n eie leerstyl)
ii) Self-iemand-WIL-wees as vorm van self-iemand-wees.
Sosialiseringsbeginsel
(Verhoudingstigting, saamdoen, belewing van 'n stabiele klasverband)
iii) Medesyn (as bymekaarwees en met-mekaar wees)    
Tempodifferensiasiebeginsel
(Deelname aan die lesverloop met 'n optimale eie werktempo)
iv) Temporaliteit
(Tydelikheid) as gesitueerd in die tyd op eie wyse.
Kol 4: 5b
"Koop die tyd uit"
Die beste gebruik moet gemaak word van die geleenthede wat hulle voordoen ...
FUNKSIONALISERING
(Oordrag van verworwe kennis na nuwe situasies waarin dit in-funksie gebring word)
Funksionerende lewendigheid: Christelikheid gaan om die betekenis van lewenskragtige Christelike beginsels (vgl insigte en nuwe kennis) wat rigtinggewend is vir 'n Christelike wyse van lewe. LeefwÍreldlike toepassing is altyd lewensopvatlik bepaald. Dien die toepassingswyse tot eer van God of nie?


(Stoker H G aw)

i) Aanvaarding daarvan dat dit sinvol is om vas te stel of eie insigte voldoende is vir probleemoplossing.

ii) Lewe deur verantwoordelike vasstelling of genoeg insigte verwerf is vir probleemoplossing.

iii) Lewe met die wete dat die eie mens-wees bevorder word deur probleemoplossing.

Inoefening-van-insigte
(Eie gemaakte insigte word geoefen en beoefen op sinvolle wyse)
Sinvolle herhaling
(i) Skeiding tussen die essensiŽle en die nie-essensiŽle
ii) Toepassing van betekenisse
Integrasie-met-nuwe-kennis
(Voorkennis en nuwe kennis word gesintetiseer ten einde 'n bruikbare eenheid te vorm)
Ontwerp:
i) gerig wees op dit wat kan wees (i.m.n.k.)
ii) Vasberade uitstrek na dit wat kan wees nl kennisuitbreiding
i) + ii) = toekomsgerigtheid.
Toepassinge moet altyd op 'n lewensopvatlike wyse geskied ten einde die nodige verantwoordelikheid en entoesiasme daarvoor te mobiliseer. iv) Selfstandigebesluit op die effektiefste aanwending van verworwe kennis.

v) Die selfstandige aanwending van betekenisvolle kennis word raakgesien as behoorlikheidseis (norm).

LeefwÍreldlike toepassing
(Vasstelling van die betekenis wat die nuwe kennis en insigte het vir die eie wyse van lewe)
Tot-die-wÍreld-wees = vorming van homself en sy wÍreld, veral deur die arbeid.
EVALUERING
(Boordeling in hoeverre die kind tot insig en die toepassing daarvan gekom het.)
Waarderend-in-die wÍreld-wees: a) 1 Pet 3: 15b
"en wees altyd bereid om verantwoording te doen aan elkeen wat van julle rekenskap eis ..."
i) Aanvaarding daarvan dat dit sinvol is om te beoordeel of die probleme op die effektiefste moontlike wyse opgelos is.
Toetsing-as-oriŽntering
(Verkryging van helderheid aangaande die huidige stand van insigte met die oog op beplanning van wat vervolgens gedoen kan word.)
i) Belewing van die waardevolle as behoorlikheidseis
(hier: beoordeling as waardevol)
b) Lukas 12: 48b
"Van elkeen aan wie baie gegee is, sal baie geŽis word; en van hom aan wie baie toevertrou is, sal meer gevra word"


Dit is waardevol om verantwoording te doen, dws om beoordeel te word aangaande die kwaliteit van die toeŽiening van dit wat deur God geskenk is.

ii) Lewe deur voortdurende kritiese beoordeling van die wyse van optrede in probleemsituasies.

iii) Lewe met voortdurende beoordeling of daar met waardigheid opgetree word in probleemsituasies.

iv) Selfstandige beoordeling van die gehalte van kennisverwerwing en kennisaanwending.

v) 'n Kritiese beoordeling of daar behoorlik met probleemsituasies gehandel word.

DifferensiŽring-van-opdrag
(Bepaling van die aandeel van individuele leerlinge by die uitvoering van opdragte)
ii) Uniekheid (eenmaligheid, onherhaalbaarheid) word as waardevol beleef.
Uitvoer-van-opdrag
(Aansporing om sinvolle opdragte op die mees effektiewe wyse uit te voer)
iii) Besef van bevraagdheid ('n Duidelike wete dat 'n mens eers verpligtinge het en dan voorregte.)

Na Deel 2