Professor W A Landman


Terug na lys van publikasies

FLORIS VAN DER STOEP  :  SKEPPER VAN PEDAGOGIEK
Deel 2


3.  LESVERLOOPESSENSIE: IGNORERING VAN FUNDAMENTEEL-PEDAGOGIESE ESSENSIES

Indien daar geen gesamentlike verwerkliking van lesverloopessensies en fundamenteel-pedagogiese essensies is nie, deurdat laasgenoemde geïgnoreer word, kan die volgende situasie ontstaan (Landman, W A (red), 1981):

LESSTRUKTUURESSENSIE MOONTLIKE UITWERKING VAN DIE AFWESIGHEID VAN DIE GEÏGNOREERDE FUNDAMENTEEL-PEDAGOGIESE ESSENSIE
1. Aktualisering-van-voorkennis  
i) Bewusword-van-voorkennis Pedagogiese nabyheid: Indien daar 'n distansie, (kloof) tussen onderwyser en kind is, sal die kind nie bewus gemaak word daarvan dat hy oor betekenisvolle ervaringe beskik nie.
ii) Oproep-van-voorkennis Teenwoordigheid-in-vertroue: Aan die lig bring van sinvolle aanknopingspunte wat vertroue in die onderwyser se vakkennis verg, sal verdwyn
iii) Verlewendigingvan?voorkennis Belewing-van-toebehorenheid: Nie-aanvaarding van die kind, maak waardering van die kennis waaroor hy reeds beskik, onmoontlik.
2. Probleemstelling  
i) Leiding-tot-probleemformulering Toewending-in-vertroue: Die kind wat hom nie in vertroue oopstel vir beïnvloeding nie, sal nie gehelp kan word om sinvolle vrae to ontdek nie.
ii) Belewing-van-lesprobleem Diepwortelende geneentheid. Die onderwyser wat nie 'n goeie gesindheid en welwillendheid kan toon nie, sal die kind nie kan aanspoor om die probleem as sinvol-vir-my te aanvaar nie.
iii) Belewing-van-ontoereikendheid-van-kennis Meevallende aangetrokkenheid: Indien die kind nie tot die onderwyser aangetrokke voel nie, sal hy hierdie essensie beleef as aantasting van sy menswaardigheid.
iv) Opneem-van-verantwoordelikheid-vir-probleemoplossing Opmekaar-afgestemdheid: Onderwyser en kind wat nie ooreenstem dat hulle met mekaar is, ter wille van mekaar nie, sal nie maklik saam aktief kan deelneem aan die probleemoplossing nie.
3.  Eksposisie-van-nuwe-inhoud  
i) Reduksie-tot-essensies Opneem-van-verantwoordelikheid: 'n Kind wat nie verantwoordelikheid wil of kan aanvaar om kernfeite to soek nie, kan nie aan hierdie essensie deelneem nie.
ii) Insien-van-verbande Magnie-moment: Die besluitlose kind sal die oproep tot soeke na sinsamehange, ignoreer.
iii) Insig-in-begrippe Verpligting-tot-beskikbaarheid: Die onderwyser wat nie toeganklik is vir aansporing tot denke nie, sal nie in sy begripsvorming slaag nie.
4. Aktualisering-van-lesinhoud  
i) Aktiwiteitsbeginsel Opvoederlike doelbewustheid: Die onderwyser wat dit nie as besondere doel stel om die kind te laat deelneem nie, sal verlewendiging van selfdoen laat misluk.
ii) Indiwidualiseringsbeginsel Magnie-moment: Die onderwyser wat nie die kinderlike waardigheid beskerm nie, sal nie slaag om hom aan te moedig tot 'n eie styl van leeraktiwiteite nie.
iii) Sosialiseringsbeginsel Verpligting-tot-beskikbaarheid. Leerlinge wat nie aangemoedig word om saamdoen-aktiwiteite voor te stel en te beplan in samewerking met 'n gewillige onderwyser nie, se inskakeling by 'n stabiele klasverband, sal daaronder ly.
5.  Funksionalisering  
i) Inoefening-van-insigte

ii) Differensiëring-van-opdrag

iii) Uitvoer-van-opdrag

Hoop-op-die-toekoms: Funksionaliserings-essensies wat nou verwerklik word, open 'n besef van 'n toekoms aangesien insigte wat ingeoefen word, hulle segswaarde vir 'n toekoms moet behou. Opdragte word uitgevoer wat die toekomstige wyse van lewe raak. Funksionalisering wat nie hoop op die toekoms wek nie, kan nie betekenis hê vir die grootwording van die kind nie.

4. LESVERLOOPESSENSIES EN BEDREIGINGE

Die Fundamentele Pedagogiek het aangetoon dat lesverloopessensies bedreig word deur dit wat as nie-essensieel uitgewys is en die nie-essensiële derhalwe geskei moet word van die essensiële (dit wil sê die lesverloopessensies). In die volgende tabel word aangetoon watter nie-essensiële sake uitgeskakel moet word en wat die uitwerking van sodanige uitskakeling kan wees (Landman, W A, 1977: 140-141).

DIE ESSENSIËLE DIE NIE-ESSENSIËLE WAT AFGESONDER WORD UITWERKING VAN DIE SKEIDING
Onderwysdoel Gebrek aan lig Doelstellinge kom in die helderheid en die onderrig en leer word doeltreffend.
Aktualisering-van-voorkennis Algemene gepratery i) Beginnende konsentrasie op dit wat ter sake is, wek reeds inspanning vir die bedrywighede wat gaan volg.
ii) Wil tot egte denke begin sy verskyning maak.
Probleem-stelling Oppervlakkige nuuskierigheid i) Wegbeweeg vanaf die vanselfsprekende na die problematiese word bevorder.
ii) 'n Denkende vertoef by die werklikheid verskyn.
iii) Wil tot verantwoordelike probleemoplossing kom na vore.
Eksposisie-van-nuwe-inhoud Alledaagsheid i) Verwondering gedy en entoesiasme vir leer verskerp.
ii) Attendeer realiseer en die kind raak ywerig betrokke by die soektog na essensies.
Aktualisering-van-lesinhoud Negatiwiteit Die lerende kind:
i) verneem duidelik die oproep om self en saam met ander te leer;
ii) besluit met sekerheid om selfwerksaam te wees op lewendige wyse.
Funksionalisering Gebrek aan wakkerheid 'n Lewendige bedrywig-wees met nuut verworwe kennis en die toepassing daarvan, bevorder leer.
Evaluering Naïewe be vooroordeeldheid Die besondere waarde van alles wat tot dusver gebeur het, word ingesien en aanvaar en dit moedig aan tot die opneem van opdragte wat daarmee in verband staan.

5. LESVERLOOPESSENSIES EN KONTRADIKSIES

Dit kan ook gebeur dat in die lesgee-situasie die teenoorgestelde gebeur van dit wat die onderwyser in gedagte het. In die volgende tabel word 'n aantal kontradiksies genoem en word die uitwerking daarvan gellustreer (Landman, W A, 1977: 143-144).

LESSTRUKTUURESSENSIE KONTRADIKSIES UITWERKING VAN KONTRADIKSIE-VERWERKLIKING
Onderwysdoel Doelloosheid (van die onderwyser) Doelgerigtheid ontbreek en 'n gerigwees op 'n blote besigwees, volg. Doeltreffendheid verdwyn omdat tydverspilling getref word.
Aktualisering-van-voorkennis Ignorering-van-voorkennis Sinvolle samehange met die reeds bekende as vertrekpunt vervaag en die vakuum wat so ontstaan werk verlammend en vertragend.
Probleemstelling Probleemloosheid Die lusprinsipe (aangename ter wille van die aangename) wat 'n patologiese prinsipe is (V Frankl), gedy. Die inspanning wat deur probleemstelling opgeroep word, word as te vermoeiend afgewys.
Eksposisie-van-nuwe-inhoud Essensie-blindheid Die oppervlakkige word as waarheid aangesien en aanvaar en diepgang in die ontsluiting van werklikheid word onmoontlik.
Aktualisering-van-lesinhoud Onttrekking van deelname (deur die kind) Die onderrigsgebeure word 'n vervelige monoloog, dikwels omdat die onderwyser nie daarin slaag om fundamenteel-pedagogiese essensies te verwerklik nie.
Funksionalisering Passiwiteit Om nie te wil (of soms te kan) handel nie, verlam die denke en die implementering daarvan by aanwending van insigte.
Evaluering Weiering van beoordeling Lafhartigheid word aangemoedig aangesien egte beoordeling moed vereis om dit te waag met toetsing, met oriëntering en met die toereikende uitvoer van sinvolle opdragte.

6. LESVERLOOPESSENSIES: EENHEID MET FUNDAMENTEEL-PEDAGOGIESE ESSENSIES

Dat daar 'n eenheid (sinsamehang) tussen lesverloopessensies en fundamenteel-pedagogiese essensies moet wees vir die sinvolle verwerkliking van opvoeding word in die volgende tabel gedemonstreer aan die hand van die eenheid tussen essensies van begeleide aktualisering en ontmoetingessensies (Landman, 1977: 154-155).

ESSENSIE VAN DIE AKTUALISERINGSBEGINSEL BEGELEIDE AKTUALISERING ONTMOETINGS ESSENSIES VIR VERWERKLIKING UITLEG
1.  Begeleide aktiwiteit    
i) Appèl-tot-kind (as oproep om iets te doen) Pedagogiese nabyheid Indien daar 'n verte (distansie, kloof) tussen onderwyser en kind is, sal die kind nie hierdie oproep verneem nie.
ii) Onderrig gee (as aanbied van inhoude) Teenwoordigheid-in-vertroue Aanvaarding van die inhoude (leerstof, kennis) verg vertroue in die onderwyser se vakkennis en vermoë om dit te ontsluit. Die teen-woordige onderwyser is iemand wat sinvolle woord spreek.
iii) Saam-doen Belewing-van-toebehorendheid Aanvaarding van die kind as behorende by die onderwyser wat hom kan help, maak saamdoen moontlik.
2.  Begeleide indiwidualisering    
i) Oopstel-vir-onderwyser Toewending-in-vertroue Die onderwyser wat hom aanvarend wend tot die kind, sal vind dat die kind hom met vertroue sal oopstel vir beïnvloeding.
ii) Agting-vir-indiwidueeldheid (as respek vir sy andersheid) Diepwortelende geneentheid Vir die onderwyser wat met 'n omganende lewenswyse tevrede is en nie werklik 'n goeie gesindheid en welwillendheid kan toon nie, sal die kind 'n nommer (slegs een van baie) bly en sal indiwiduele aandag en belangstelling nie gedy nie.
iii) Verlewendiging-van-presterende bewussyn (as aansporing om te presteer) Meevallende aangetrokkenheid Indien die kind nie tot die onderwyser (om een of ander rede) aangetrokke voel nie sal hy hom van die onderwyser onttrek en dan is aanmoediging tot prestesie onmoontlik.
3. Begeleide sosialisering    
i) Verhoudingstigting Opmekaar afgestemdheid Onderwyser en kind wat ooreenstem dat hulle met mekaar is ter wille van mekaar, sal positiewe verhoudinge stig waarmee albei instem.
ii) Bemoeienis met-prestasie (as kontrole daarvan en hulp daarmee) Pedagogiese nabyheid Verwyderdheid tussen onderwyser en kind sal hom elke bemoeienis met sy prestasies as ongevraagde inmenging laat interpreteer en belewe.
iii) Belewing van-stabiele-klasverband (as aanvaarding deur die groep en die onderwyser) Belewing-van-toebehorendheid Die kind wat belewe "ek behoort by julle", "julle behoort by my" en "ons behoort bymekaar", lewe in 'n gelukkige pedagogiese atmosfeer.

7. OPVOEDINGSVERHOUDINGE: UITWERKING OP LEERHANDELINGE

Fundamentele Pedagogiek het openbaar hoe opvoedingsverhoudinge 'n eenheid met lesverloopessensies en leerwyses moet vorm ten einde te lei tot sinvolle leerhandeling (Landman, W A; S G Roos & T Möller, 1979: 58-62).

PEDAGOGIESE ESSENSIES UITWERKING OP LEERHANDELING
OPVOEDINGSVERHOUDINGE Onderwyser en kind se onderlinge betrekkinge word gedra deur 1-3.  
1.  BEGRYPING: Onderwyser en kind se kennende saamwees word gekenmerk deur A en B:
(A) Begryping van kindwees Die onderwyser moet die kinders wat aan hom toevertrou is, ken. Hierdie kennis blyk onder andere uit die inagneming van (a) - (e):
(a) Begryping van andersheid Elke kind is iemand wat self iemand wil wees: die onderwyser moet dus elke indiwiduele kind probeer begryp. Sinvolle leer- en werkopdragte, waar moontlik in ooreenstemming met indiwiduele belangstelling en vermoëns, sal moed om te leer versterk en wil om te leer verskerp.
(b) Belewing van andersheid Die kind moet aanvoel dat die onderwyser die feit in ag neem dat hy verskillend is van ander.  
(c) Interpretasie van moontlikhede Die onderwyser moet die kind help om sy moontlikhede te ontdek en te begryp. Die kind moet geleidelik weet dat hy oor moontlikhede beskik om deel te neem aan die leergebeure en dat sy deelname waardeer word. Pedagogiese instemming met deelname in ooreenstemming met sy moontlikhede is bevorderlik vir leer.
(d) Ontplooiing van moontlikhede Die kind moet gehelp word om sy positiewe moontlikhede in te span.
(e) Waardering van moontlikhede Die kind moet gehelp word om die talente wat hy ontvang het, te waardeer.
(B) Begryping van behoorlikheidseise Beide kind en onderwyser staan onder bepaalde voorskrifte en die kind moet gehelp word om (a) - (e) te begryp. Lesverloopessensies is besondere behoorlikheidseise waaraan met blymoedigheid onderwerp moet word. Dan sal effektiewe leer ook as behoorlikheidseis aanvaar word.
(a) Gesag van behoorlikheidseise Om beheer te word deur bepaalde voorskrifte moet begryp en aanvaar word.
(b) Begryping van eise van menswees Die vereistes waaraan voldoen moet word ten einde as ordentlike mens gereken te kan word, moet begryp en aan voldoen word. Persoonlike aanvaarding van 'n probleem maak wil-leer wakker.
(c) Begryping van verantwoordelikheid Die verpligting om te kies en te handel moet opgeneem word en daarvan moet rekenskap gegee word. Verantwoordelikheid word opgeneem om te leer om probleme wat persoonlike betekenis het, op to los.
(d) Begryping van behoorlike inspanning Die kind moet begryp dat hy altyd sy uiterste bes moet doen met al die bedrywighede waarby hy ingeskakel word. Inspanning vir deelname aan die lesverloop en gehoorsaamheid aan die eise wat daaruit voortvloei wat verwag word, spoor die kind aan om sy uiterste bes te doen met sy leeropdragte.
(e) Begryping van gehoorsaamheid Die kind moet weet dat hy moet hoor as daar iets vir hom gesê word.  
2.  VERTROUE Die onderwyser en kind se saamwees in vertroue word gekenmerk deur I en II.  
I. &NBSPAgting vir die kinderlike waardigheid Respek vir die kind as medemens moet betoon word deur (a) en (b) te doen: Sinvolle lesverloopwoorde in 'n van aangesig-tot-aangesig verhouding met indiwiduele leerlinge word waardeer en bevorder leer.
(a) Agting vir andersheid Inagneming van die feit dat kinders van mekaar verskil.  
(b) Agting vanweë waardeverwerkliking Waardering vir die kind dat hy deelnemer is daaraan om dit wat hoogs waardevol is, werklikheid te maak.
II.  Aanvaarding Skep van 'n verhouding met die kind deur A en B te toon. Aanvaarding van A in die worm van (a) - (c) maak 'n onmiddellike gerigword-op en 'n oopstaan vir die lesgebeure (leergebeure) moontlik en versterk tegelykertyd die opvoedingsbande tussen die deelnemers.
(A)  Bereidwilligheid tot verhouding Om met graagte 'n verhouding met die kind te skep deur (a) - (h) te doen:
(a) Neem-handeling Die kind word beïndruk met die doel om hom te steun.  
(b) Binding 'n Intieme band tussen onderwyser en kind word gesmee.
(c) Medemenslikheid Daar moet altyd menslik met die kind gewerk word, want hy is geen dier of ding nie.
(d) Aanspreek-aanhoor Met die kind word duidelik gepraat en hy moet deeglik luister. Duidelik praat en deeglik aanhoor bevorder die verskyning van die inhoud (essensies) wat geleer moet word.
(e) Beagting Behandeling met respek, konsiderasie, waardering en eerbied vir sy self-iemand-wees. Indien (a) - (h) ingebou kan word in die pedagogiese vakatmosfeer as onweghandelbare essensies daarvan, moet die deelname aan leerhandelinge gedy.
(f) Medestander-wees "Kom staan hier by my sodat ek jou kan help".
(g) Medeganger wees "Gaan nou saam met my verder".
(h) Deelnemer-wees Die kind moet toegelaat word om 'n aktiewe aandeel te neem aan waardevolle bedrywighede.
III.  Voorneme om to versorg Die kind moet beleef dat die onderwyser graag oor hom wil waak deur (a) - (d) te doen:  
(a) Versorgingsruimte Die kind beleef by die klaskamer as die plek waar daar met genoeë vir hom gesorg word. Waardering wat uitgespreek word vir 'n betekenisvolle bydrae lei daartoe dat die kind wil leer.
(c) Besorgdheid-vanweë-liefde Die kind moet beleef dat daar met hom bemoeienis gemaak word uit welwillendheid teenoor hom en nie met bybedoelings nie. Begeleide ordening wat verdiep tot selfgeleide ordening bevorder self-iemand-wees.
(d) Handeling in liefde 'n Hartlike geneentheid teenoor die kind blyk uit die doen van (i) - (iii).  
(i) Inruiming van tuiste 'n Plek waarin by tuis (gelukkig, op sy gemak) kan voel, word vir hom ingerig. Om vraende bewussyn as voorwaarde vir leer te wek, verg dat die lerende kind tuis sal voel, daar onderwysernabyheid sal wees en hy aanvaar sal voel deur al die deelnemers aan die lessituasie.
(ii) Stigting van nabyheid 'n Persoonlike nabywees word geskep en alle gedistansieerdheid moet verdwyn.  
(iii) Opname in 'n ons-ruimte Die kind word opgeneem in 'n plek met iemand saam met wie van "ons" gepraat kan word.
3.  GESAG Die wyse van saamwees van onderwyser en kind met behoorlikheidseise word gekenmerk deur (a) - (g):  
(a) Laat-gesê Die onderwyser sê wat behoorlik is en die kind laat hom oorreed deur dit wat gesê word. Die onderwyser sê ordeningswoorde, dat daar begin soek moet word na wat is (voorkennis) en vra (sê) sinvolle vrae: Waarneem verskerp en leer word bevorder.
(b) Aangespreek word Die onderwyser praat met die kind oor behoorlikheidseise. Die onderwyser praat in terme van vrae, essensies en van 'n verskerpte ordening: dink verwerklik en leer gedy
(c) Opgeroep-word Daar word 'n beroep op die kind gedoen en hy word aangespoor tot die doen van die behoorlike. Die onderwyser roep op tot lewendige deelname, aktiewe beluistering en bekyking en om betekenisse raak te sien, aandag-gee versterk en leer gedy.
(d) Gehoorsaamheid Die kind is gewillig om sinvolle voorskrifte aan te hoor en uit te voer. Interpretasie van verledekennis, en rig op die toekoms in die vorm van 'n oproep om te onthou, aanspoor om to besluit om dit wat ter sake is to onthou met die oog op aanwending daarvan in die uitvoer van sinvolle opdragte, uitleg van dit wat die moeite werd is om te onthou en oproep tot die behoorlike aanwending daarvan, spoor aan tot memorispoor aan tot memoriseer en leer word bevorder.
(e) Gesagserkenning Die kind sien in en gee toe dat die onderwyser die reg het om aan hom te sê wat behoorlik is.
(f) Gesagsopvolging Die kind moet die onderwyser se uitleg en voorlewe van behoorlikheidseise nalewe.
(g) Onderwerping aan normgesag Die gesag wat spreek uit behoorlikheidseise word erken

8. LESVERLOOPESSENSIES : CALVINISTIESE VERWERKLIKING

Die beoefenaar van Christelik-nasionale opvoedende onderwys is besonder geïnteresseerd in die Calvinistiese verwerkliking van die lesverloop. Aan die hand van die uitsprake van Calvinistiese denkers soos J Chris Coetzee, H G Stoker en P G Schoeman, kan die volgende beeld gegee word (Landman, W A, 1977: 118-119):

LESVERRLOOPESSENSIES CALVINISTIESE VERWERKLIKING
Onderwysdoel Die doel van alle opvoedingsbemoeienis is om die kind deur al sy aktiwiteite na God te lei. Alle ontsluiting is in laaste instansie op God gefokus. Deur God se genade in Jesus Christus kan die enigste ware en uiteindelike Doel met opvoeding bereik word. Die onderwysdoel is dan in sy diepste wese Christus sentries.
Probleemstelling Die jeug het nood aan 'n lewensopvatting wat 'n aktuele instelling teenoor lewende vrae van die tyd en van die gegewe omstandighede bied. In sy probleemstellinge moet die kind leer om met of sonder leiding van ander selfstandig, krities en verantwoordelik na te dink oor verskillende vraagstukke. Die gesag van die leier moet gehoorsaam word solank hierdie gesag die wil en die ordonnansies van God eerbiedig en in die gesagsuitoefening tot uiting kom. Probleemstellingsbedrywighede word voltrek in die lig van God?-eerbiediging.
Eksposisie-van-nuwe-nhoud Die kind moet dit wat feite, beginsels, waardes en waarhede is aanvaar, want dit openbaar God in Sy skepping aan die mens, en hy het dit alles nodig om God te dien deur sy arbeid. Die mend moet hierdie sake opspoor, samehange vasstel en gehoorsaam in sy roeping gebruik. Die Calvinis het 'n oop lewenshouding teenoor nuwe ontdekkingstake en waarhede wat by alles altyd "in U lig" beskou.
Aktualisering-van-nuwe-inhoud Die mens moet in alles wat sy hand vind om te doen 'n roeping van God sien, waarvoor hy al sy kragte moet inspan. Alles wat gegee is nooi uit tot roepingsvervullende aksie. Die Calvinisme leer die jeug sien dat alles waarvoor sy hart oopgaan 'n openbaring en gawe van God aan hom is, dat dit alles van Godsweë aan hom toevertrou is. Die Calvinisme leer hom 'n lewensvrolike aanvaarding van sy moontlikhede. Deur die jeug in besondere gesagsverhoudinge te stel, kry hy 'n sosiale vastheid wat help by die inskakeling by die samelewing. Aktiwiteit (doen, aksie), betrek op die indiwidu (hom), met die oog op sosiale inskakeling tot eer van God, moet bevorder word.
Funksionalisering Dit gaan by die Calvinisme om 'n besondere wyse om die betekenis van lewenskragtige Christelike beginsels wat in elke, konkrete lewensituasie rigtinggewend is en dus daarop van toepassing is. Leefwêreldlike toepassing is dus altyd lewensopvatlik bepaald. Dien die toepassingswyse tot eer van God of nie?
Evaluering In die praktiese onderwys neem die toetsing van die kind se kennis en vaardigheid 'n uiters belangrike plek in. Behoorlike toetsing van die kind se vordering is noodsaaklik.

9.  SLOT

Vir Floris van der Stoep is die eenheid van die Pedagogiek 'n fundamentele aangeleentheid. Die eenheid kan gedemonstreer word deur aan te toon hoe fundamenteel-pedagogiese essensies 'n sinsamehang (dus eenheid) vertoon met lesverloopessensies en leerwyse-essensies en ook hoe fundamenteel-pedagogiese essensies beskermend optree ten aansien van lesverloopessensies wanneer laasgenoemde verwerklik word.

Die eenheid (wat eventueel Pedagogiek genoem sal kan word), kan gedemonstreer word deur onder andere die volgende to beskryf:

  1. Antropologiese en lewensopvatlike begronding van lesverloopessensies wat opgeneem moet word in die opvoedingsdoel as besondere essensies daarvan.

  2. Die uitwerking wat 'n verbreking van pedagogiese eenheid vanweë 'n ignorering van fundamenteel-pedagogiese essensies, het op die lesverloop.

  3. Die uitwerking wat bedreiginge deur nie-essensiële aangeleenthede het op pedagogiese eenheid.

  4. Die uitwerking wat kontradiksies het op pedagogiese eenheid.
  5. Die pedagogiese eenheid wat deur fundamenteel-pedagogiese essensies geskep kan word.

  6. Die leerhandeling as handeling wat pedagogiese eenheid moontlik maak.

  7. Calvinistiese verwerkliking as besondere wyse van bevordering van pedagogiese eenheid.

Pedagogiek is die wetenskap van pedagogiese eenheid.

VERWYSINGS

LANDMAN, W A (1977): Fundamentele Pedagogiek en Onderwyspraktyk. Butterworth. Durban.

LANDMAN, W A; ROOS, S G; MENTZ, N J (1979): Fundamentele Pedagogiek, leerwyses en vakonderrig. Butterworth. Durban.

LANDMAN, W A (Red) (1981): Kind en Skool. NG Kerkboekhandel Transvaal. Pretoria.