Professor W A Landman


Terug na lys van publikasies


DIE KULTUUR VAN 'N TEGNIESE KOLLEGE
DEEL 2


Tabel 1   Kultuuressensies en die betekenis daarvan vir tegniese kollege-onderwys
Essensie
Kort beskrywing
Betekenis vir tegniese kollege-onderwys
1.  Kultuur is slegs 'n menslike kenmerk Die mens verander die natuur om te voorsien in sy psigiese en fisiese behoeftes Die tegniese kollege is 'n instelling wat moet voorsien in 'n besondere soort onderwysbehoefte, byvoorbeeld tegniese onderwys. Verandering van natuur is dan 'n essensie van die kultuur van 'n tegniese kollege.
2.  Kultuur word gedeel Gedeelde ideale, waardes en standaarde van gedrag Die tegniese kollege is ingestel op samewerking met die handel en nywerheid. Tegniese kollegekultuur word gekenmerk dear eiesoortige ideate, waardes en standaarde.
3.  Kultuur is 'n tradisie wat oorgedra en aangeleer word Kultuur word oorgedra deur onder andere formele onderrigmetodes en demonstrasies In beide die formele en nie-formele afdelings word besondere kundighede en hand- en sosiale vaardighede deur formele onderrigmetodes en demonstrasies oorgedra. Deel van die tegniese kollege se kultuur is 'n eiesoortige interpretasie van metodiek.
4.  Simbole speel 'n belangrike rol in 'n kultuur Die mens leer en dra kennis oor deur die aanwending van gereedskap, taal en abstrakte denksisteme Wanneer daar vir tegniese kollege-onderwys gekurrikuleer word, moet die eie aard van elke vak met die eie erkende terminologie in ag geneem word. 'n Eiesoortige visie ten aansien van kennisoordrag is kenmerkend van die tegniese kollegekultuur.
5.  Kultuur is kreatief Kultuur dui onder andere op die menslike werksaamheid van die vervaardiging van werk- en wapentuig Kreatiwiteit en innovasievermoens van leerders moet ingespan word. Dit moet blyk uit die doelwitformulering wat moet uitkristalliseer in die seleksie van relevante inhoade. Die tegniese kollege se eiesoortige visie hierop is deel van sy kultuur
6.  Kultuur is dinamies Kultuur bly nie stagnant nie omdat 'n kultuur gedra word deur die mens wat in sy wese dinamies is Die dinamiek van nuwe tegnieke lei tot snelle verandering van tegniese gebruike en prosedures. Dit vra voortdurende formatiewe evaluering, wat 'n wesenstrek is van tegniese kollege-onderwys. Interpretasie van die betekenis van tegnologiese-in-die-wÍreld-wees (van tegniese menswees) is 'n essensiŽle tegniese kollege-kultuuraangeleentheid.
7.  Kultuur is geformaliseerd en normatief Kulture is wesenlik geformaliseerde instellings wat sekere lewenswyses aanvaar en ander nie.
As sodanig is dit normatief
Tegniese kollege-onderwys sal noodwendig die waardes weerspieŽl van die gemeenskap wat hy dien. As sodanig cal dit wat vir die gemeenskap waardevol is in die kurrikulum verskyn. Dit wat in tegniese kollegeverband as hoogs waardevol beskou word, vorm skering en inslag van sy kultuur.
8.  Kultuur is verheffend Kultuur impliseer verbetering van die mens deur opleiding (geestelike of fisiese opleiding) en intellektuele ontwikkeling Dink- en leervaardighede moet besondere aandag kry. 'n Eiesoortige interpretasie van tegnologiese denke is 'n essensie van die tegniese kollege se kultuur
9.  Kultuur is eie aan 'n bepaalde menslike samelewing op 'n bepaalde tydstip Elke volk het 'n eie kultuurpatroon By kurrikulering vir tegniese kollege-onderwys moet rekening gehou word met die behoeftes van die samelewing, insluitend kulturele behoeftes. Daar moet ook gelet word op samelewingseise en eise ten aansien van kultuurbevordering. Met ander woorde afgesien van sogenaamde kultuurverrykingskursusse moet tegniese kolleges ook voorsiening maak vir byvoorbeeld die beroepsopleidingsbehoeftes van sy gemeenskap, byvoorbeeld die handel en nywerheid. Tegniese kollege-onderwys hou rekening met die kultuur van die bevolkingsgroep wat dit moet dien. Interpretasie van ingebedheid in 'n kultuur is 'n belangrike determinant van tegniese kollegekultuur.

Eiesoortige interpretasie van metodiek
Die tegniese kollege verskaf naskoolse onderwys waar die gedifferensieerde sekondÍre onderwysstelsel ophou en lei studente op vir die beoefening van 'n beroep, ambag of beroepsvaardigheid in die handel en nywerheid.

Volgens Odendal, Schoonees, Swanepoel, Du Toit & Booysen (1984) is metodiek die 'leer van metodes, veral van die onderwysmetode'. Vaardigheid op sy beurt hou verband met tegniek wat deur Odendal et al. (1984) beskryf word as 'n 'vaardigheid wat vir die verrigting van 'n werk nodig is', 'die bewerkingsmetode wat tot die nywerheid behoort' en die 'metode waarvolgens 'n vakman ... sy prestasies lewer'.

Die kursusse wat tans by tegniese kolleges vir tegniese studente aangebied word, is ontwerp vir vakleerlinge. Die woord 'tegnies', word gebruik as 'n versamelnaam vir vakgebiede soos Elektronika, Motorwerktuigkunde, Sweiswerk, Pas-en Draaiwerk, Houtwerk en so meer. Verder dui dit ook op die vakkundighede, bedrewenhede, vaardighede en werkmetodes van hierdie vakke.

'n Tegniese vakrigting soos byvoorbeeld ElektrisiŽnwerk bestaan uit 'n teoretiese en 'n praktiese komponent. Die teoretiese komponent verwys in hoofsaak na die vak se grondbeginsels, sy wetenskaplike verklaringe en die beredenering daarvan. Die naskoolse onderwys wat by 'n tegniese kollege vir vakleerlinge aangebied word, behandel in hoofsaak net die teorie van die tegniese vak. Met die opleiding van vakleerlinge word die woord 'prakties' in twee vorme gebruik. Die praktiese opleiding van 'n vakleerling dui op die uiteindelike uitoefening van die beroep en dit word deur die werkgewer aangebied. Die praktiese onderwys van studente in die tegniese rigting dui op die eksperimentele aanskoulike ervaring van vakteoretiese ingenieurswetenskaplike, wiskundige en ingenieurstekenebeginsels. Die suiwer teoretiese aanbieding van 'n vak in die klaskamersituasie sonder die inagneming van die praktykgerigte korrelasie kan die vakbegrip ernstig benadeel.

Sekere nywerhede het hulle teoretiese opleiding by bepaalde tegniese kolleges gesentraliseer. By ander tegniese kolleges is daar geÔntegreerde kursusse waar wiskunde, natuurwetenskap en tekene met die ambagsteorie gekombineer word in plaas daarvan om dit as verskillende vakke te behandel. By sommige tegniese kolleges, byvoorbeeld in Johannesburg vir die motornywerheid, is die praktiese opleiding geÔnstitusionaliseer (met ander woorde die tegniese kollege bied gestruktureerde praktiese opleiding buite die werksituasie aan) eerder as om die `Sit-by-Nellie'-metode van intaakopleiding te volg. In sulke gevalle word die betrokke ambagsteorie saam met die praktiese opleiding behandel bo en behalwe enige teorie wat by die tegniese kollege aangebied word. Die outomobielnywerheid beskik oor 'n opleidingsentrum waar 'n tegniese kollege in dieselfde gebou as die praktiese opleidingsentrum opgerig is en ten volle geÔntegreerde opleiding moontlik is (RGN/ NOR, 1985:36).

'n Eiesoortige visie ten aansien van kennisoordrag
Die mens leer en dra kennis oor deur die aanwending van gereedskap, taal en abstrakte denksisteme Die tegniese kollege is afgestem op die oordra van tegniese kennis, met ander woorde, kennis aangaande die vaardighede wat nodig is vir die verrigting van 'n werk of 'n taak. Opleidingspersoneel het derhalwe die opgawe om leerders op te lei om hulle take behoorlik te verrig.

Vorming in die lig van nuwe tegnologiese ontwikkeling is 'n sentrale opgawe vir die toekoms. Dit vereis 'n wegbreek van die starheid van leerplanne en dat leerders bewus gemaak moet word van die problematiek van die handel en nywerheid (Haibel, 1986:480, 482). Tegniese kollege-onderrig moet deurdrenk wees met kennis wat blyk uit werkontledings - werkontledingsbewustheid is 'n deel van die kultuur van 'n tegniese kollege. Werkontledingsbewustheid moet in der waarheid deel wees van die tegniese kollege-tradisie met die oog op die toekoms.

Denkende indringing in abstrakte nywerheidsprosesse eis praktykgeoriŽnteerde sistematiese leer wat analise en beoordeling van nywerheidsprobleme as deel van onderwysersopleiding vereis (Haibel 1986:481). Die beoefening van praktykgerigte leerwyses is eie aan die tegniese kollege. Leerwyse-studie en leerwyse-aanwending in die ligveld van tegnologiese eise en ontwikkeling is eie aan die kultuur van 'n tegniese kollege.

Die oordra van kennis kan nie geskied sonder die aanwending van taal nie. In hierdie verband word verwys na Roos (1979:133) wat die belang van taal soos volg beskryf: 'Geskiedenis omvat die totale menslike kultuur waarby ingesluit is ook sy wetenskapsbeoefening en die bestudering en beskrywing daarvan kan nie losgedink word van taal nie. Alle vakonderrig geskied deur middel van taal en daarom kan alle vakonderwys ook gesien word as taalonderwys'. Tegniese onderrig veronderstel dat rekening gehou word met die eie aard van vakinhoude en 'n eie terminologie. Taal word in der waarheid as die belangrikste kultuursimbool beskou - taal is die draer van kultuur.

Eiesoortige visie ten aansien van kreatiwiteit, doelwitformulering en seleksie van relevante inhoude
Tegniese onderwys word normaalweg geassosieer met sensorie-motoriese en kreatiewe vaardighede. Tradisioneel het die meer praktiesgeoriŽnteerde en toeganklike vakke 'n laer status geniet as daardie vakterreine wat teoretiese en abstrakte denke bevorder het. Dienooreenkomstig is tegniese onderwys oorheers deur so 'n humane wetenskaplike tradisie wat 'n laer status toegeken het aan bruikbare kennis en is (hand-) vaardighede afgeskeep. Die idee is gehuldig dat humane wetenskaplike kurrikula meer intellektuele betrokkenheid van leerders vereis as tegniese kurrikula. Dit hot uiteindelik daartoe gelei dat die samelewing meer prestige toegeken het aan eersgenoemde kurrikula met ook 'n beter besoldiging van sy onderwysers. In die jongste tyd is die funksie van onderwys binne die samelewing teen die agtergrond van snelle sosiale, tegnologiese en wetenskaplike verandering bevraagteken en word die gedagte al hoe meer geopper dat onderwys moet voorsien in sommige van die sosio-ekonomiese en beroepsbehoeftes van die samelewing. Erkenning word ook deesdae verleen aan die bestaan van 'n tegniese kultuur wat per se net so geldig is as 'n humane of suiwer wetenskaplike kultuur en dat eersgenoemde kultuur moet (en kan) oorgedra word tot alle vermoŽnsvlakke, insluitende die intellegentste. In Engeland is daar algaande wegbeweeg van die eng lae-statusidee omtrent tegniese onderwys na 'n idee van tegniese onderwys vir alle leerders ongeag hulle vermoŽns, as 'n studieterrein met inherente intellektuele en kulturele waardes wat deel behoort uit te maak van enige verpligte kernkurrikulum (Small, 1980:22, 23).

Inisiatiefryke en skeppende handelinge (kreatiwiteit) in die lig van planmatige doelgerigtheid word hoog aangeslaan (Bohring en Olschewski, 1986:1069). Dit moet uitkristalliseer in leerplanne en nie verdwyn onder starheid en veroudering nie. 'n Wesenstrek van tegniese kollege-onderwys is voortdurende formatiewe evaluering en implementering van bevindinge. 'n Saak wat hiermee verband hou is aksienavorsing wat as inherente deel van tegniese kollegebedrywighede 'n plek behoort te kry.

Die opleiding van 'n doelgerigte en doelbewuste jeug is noodsaaklik. Dit dui op doelwitopleiding, met ander woorde doelwitformulering met toekomsvisie deur die kurrikuleerders. Met beroepsgeleenthede in gedagte moet tegniek-angs met opleiding verwyder word maar moet ook gewaak word teen tegniekverabsolutering. Kreatiwiteit en innovasievermoŽns moet ingespan word en blyk uit die doelwitformulering wat moet uitkristalliseer in kurrikulering, veral die seleksie van relevante inhoude (vergelyk Haibel, 1986:479).

Interpretasie van die betekenis van tegnologiese-indie-wÍreld-wees (van tegniese menswees)
Hierdie paragraaf sluit grotendeels aan by 'n vorige paragraaf ten aansien van die Husserlse beskouing dat die leefwÍreld van die mens 'n wÍreld is wat deur die mens gevorm is. Kenmerkend van die mens se leefwÍreld volgens Husserl is dat 'n wÍreld is wat oorheers word deur die tradisie van wetenskaplike objektiwiteit. Hierdie tradisie is nou verweef met die wÍreld wat gevorm is deur die moderne tegnologie. Laasgenoemde is in der waarheid die vernaamste kenmerk van nie slegs 'n besondere kultuur nie, maar van die leefwÍreld van die hedendaagse mens. Tegnologie is nie maar net toegepaste wetenskap nie maar het sy eie oorspronge en eienskappe. Die hedendaagse leefwÍreld is al dikwels beskryf as 'n 'tegniese kultuur' (Capurro, 1987:475).

Wanneer Ellul (1964) beweer dat die huidige beskawing 'n toenemend tegniese beskawing is, bedoel hy dat die altyd groeiende en onomkeerbare reŽl van tegniek alle lewensdomeine aanraak. Dit is 'n beskawing wat verbind is tot 'n strewe na steeds beter middele om doelstellings te bereik. Die hoogste waarde lÍ in om te weet hoe ('know-how'). Met tegniek bedoel Ellul nie slegs masjientegnologie nie. Tegniek is die totaal van rasionele en doeltreffende metodes in enige terrein van menslike aktiwiteit (Ellul, 1964:xxv). Die tegniese mens word gefassineer deur resultate, deur die onmiddellike uitkomste van die werking van gestandaardiseerde toestelle. Hy is verbind tot die nimmereindigende soeke na 'die beste weg' om 'n bepaalde doel te bereik. Tegniek is voorts die begeerte om die masjien te integreer met die menslike lewe op so 'n wyse dat die waardes die samelewing oorheers. Hierdie waardes wat met masjiengebruik sinchroniseer, is dan volgens Ellul: organisasie, rasionaliteit en effektiwiteit (vaardigheid). 'n Uitkoms van die tegnologiese manier van dink (tegniek) is dat die mens se lewe verander word in iets wat nie meer menslik is nie. Volgens Ellul doen die begeerte na organisasie (die toekenning van geskikte take aan individue of groepe ten einde alle doelstellings op die doeltreffendste wyse te bereik) weg met spontaneÔteit, giere en individualiteit by mense. Dit dwing 'n standaardisering van lewe af: alle mense is gemaak om dieselfde dinge op dieselfde wyse te doen. Rasionaliteit is die prinsiep waarvolgens standaardisering plaasvind. Rasionaliteit verwerp die onbewuste, die spontane en die intuÔtiewe aspekte van die lewe. In die plek daarvan word voorkeur gegee aan berekende, duidelike, geordende, georganiseerde lewe. Die kriterium wat gebruik word om die samelewing, die individu, en in der waarheid alle aspekte van kultuur te evalueer, is effektiwiteit. Effektiwiteit of bekwaamheid of vaardigheid wat bereik word deur rasionele analise word die vernaamste fokus van die tegnologiese wyse van dink (Pytlik, Lauda & Johnson, 1978:14). Kortom kom Ellul se siening daarop neer dat tegnologie die mens se wyse van lewe bepaal. Teenoor hierdie deterministiese siening van die tegnologie voer die denker Emmanuel Mesthene aan dat daar wel 'n staat van vryheid vir die mens oorbly binne 'n tegnologiese samelewing. Tegnologie bring wel verandering mee maar inhibeer ook. Tegnologie kan die fisiese omgewing verander: die ploeg verander byvoorbeeld die grond. Saam met die verandering kom ook nuwe fisiese moontlikhede: die ruimtetuig open nuwe moontlikhede. Tegnologie inhibeer: nadat die motor sy verskyning gemaak het, het die beroep van hoefsmid grootliks verdwyn. Hoewel sosiale verandering volg op tegnologiese verandering, meen Mesthene tog dat die verandering nie deur tegnologie bepaal word nie. Individue beskik oor die vryheid van keuse of hulle die nuwe tegnologie wil aanvaar of nie (Pytlik, et al., 1978:20, 21). Aansluitend hierby is Heidegger se voorstel dat die mens 'n wyse van saamleef met die tegnologie moet ontwikkel: om tegniese toestelle/apparaat te gebruik - wat in der waarheid nuttig is - sonder om die tirannie van die masjien ten prooi te val, om die tegniese uitvindsels te gebruik sonder om vryheid in te boet en om 'verwyderd' daarvan te wees (Barral, 1987:497).

'n Wesenstrek van 'n tegniese kultuur is die dinamiek daarvan. Die dinamiek van nuwe tegnieke lei tot snelle verandering van gebruike en prosedures. In tegniese kollegeverband beteken dit dat daar in die kurrikulum rekening gehou moet word met veranderende behoeftes van die handel en nywerheid wat blyk uit werkontledings.

Na Deel 3