Professor W A Landman


Terug na lys van publikasies


DIE KULTUUR VAN 'N TEGNIESE KOLLEGE
DEEL 3


Dit wat as hoogs waardevol beskou word in tegniese kollegeverband
Tegniese kollege-onderwys sal noodwendig die waardes weerspiŽel van die gemeenskap, naamlik die handel en die nywerheid, wat hy dien. As sodanig sal dit wat vir die handel en die nywerheid waardevol is in die kurrikulum verskyn. Britse industrialiste het onder andere die volgende sake as belangrik gelys vir 'n kurrikulum wat leerders moet voorberei vir die wÍreld van werk:

  • die vermoŽ om te kommunikeer in geskrewe en mondelinge taal (kommunikasievaardigheid);
  • vermoŽ om te leer;
  • basiese geletterdheid, asook syferkundigheid en die toepassing daarvan; en
  • handvaardigheid (Proctor, 1987:150).

Small (1980:22) stel dit dat daar 'n duideliker onderwysantwoord moet wees op die nywerheids- en ekonomiese behoeftes (van die land). Betekenisvol is die beklemtoning van:

  • probleemoplossingsmetodes;
  • logiese prosesse en strategieŽ;
  • versameling van gegewens;
  • kommunikasie van idees (wat die lewensopvatlike inslUit);
  • die beginsels en konsepte van tegnologiese veranderinge; en
  • effektiewe vaardighede soos die ontwikkeling van morele waardes (met ander woorde lewensopvatlikheid), verhoudinge met ander, gemeenskapsdiens, en so meer.

In die handel en die nywerheid word wetenskap, tegniek, en produksie saamgesnoer wat die volgende eise stel:

  • ontwikkeling en implementering van verwerklikingstrategieŽ;
  • ontwikkeling van produktiwiteit;
  • kennis van die verband tussen tegnologiese en ekonomiese ontwikkeling (Bohring, et al., 1986:1070-1071).

Die antwoord van die tegniese kollege op die voorgaande eise van die handel en die nywerheid is doelwitopleiding op grond van wetenskaplik verantwoorde kurrikulering in die ligveld van tegniese (tegnologiese) ontwikkelinge en werkontledings met inagneming van die betekenis van produktiwiteit (produktiwiteitingesteldheid is eie aan tegniese opleiding).

Eiesoortige interpretasie van tegnologiese denke
Volgens Pytlik, et al., (1978:6) is tegnologie 'n gebeure wat voorkom in alle kulture en wat die sistematiese toepassing van georganiseerde kennis en tasbaarhede (gereedskap en materiaal behels vir die verlenging van die mens se vermoŽns (sintuie, ledemate). Byvoorbeeld: die motor is 'n verlenging van die mens se been wat hom in staat stet om langer afstande in korter tyd of te lÍ; 'n mikroskoop is die verlenging van die mens se oog, ens. Pytlik et al. (1978:51) beskryf ook tegnologie as die akkumulasie van artefakte en denkprosesse wat deur die mens aangewend word in sy poging om 'n beter leefwÍreld te skep. Volgens De Bono (1974:60) omvat die mens se tegnologie vandag nie net sy 'hardeware' gemaak van tasbare materiale nie, maar ook die analitiese, wiskundige en dinkaktiwiteite van die menslike verstand.

Tegniese vooruitgang vereis dat dink- en leervaardighede meer aandag kry asook persoonsvorming in die vorm van:

  • inoefening van kommunikasievaardighede;
  • aanmoediging van gemeenskapsbetrokkenheid;
  • vraagstelling op eie inisiatief;
  • soeke na nuwe idees;
  • selfstandige analise van probleme;
  • herkenning van nuwe oplossings;
  • soepel hantering van probleemsituasies;
  • samewerking in 'n werkspan; en
  • bereidheid om verantwoordelikheid op te neem (ook vir die gemeenskap) (Haibel, 1986:479).

Die voormelde sake moet in die vorm van doelwitformulering en inhoudseleksie geoperasionaliseer word.

Tegnologiese verandering het oor die algemeen twee uitwerkings op die situasie van die ambagsman (wat sy opleiding as vakleerling aan die tegniese kollege deurloop) ingehou. Eerstens bet tegnologiese verandering gelei tot groot uitbreiding van kennis- en vermoŽvereistes van die ambagsman. Soveel so, dat die skeidslyn tussen 'n ambagsman (wat tegniese kollege-opleiding ontvang) en 'n tegnikus (wat Technikon-opleiding ontvang) vervaag. Tweedens het tegnologiese verandering meegebring dat die uitvoer van sommige take minder geskooldheid vereis en deur 'n outomatiese masjien wat deur 'n geskoolde operateur bedien word, verrig kan word (RGN/NOR, 1985:80). Ten aansien van die opleiding van ambagsmanne in die RSA (1985) word die verskille tussen 'n ambagsman, 'n tegnikus en 'n geskoolde operateur soos volg saamgevat (vergelyk RGN/NOR, 1985:58-60):

  • In die geval van tegnici speel geestes- en verstandelike vermoŽns 'n groter rol as die fisieke en sintuiglike vermoŽns.
  • Van 'n ambagsman word 'n groot verskeidenheid van verstandelike, sintuiglike en fisieke vermoŽns vereis.
  • Die vaardigheidsvereistes vir operateurs is gewoonlik op 'n laer vlak as vir tegnici en ambagsmanne, alhoewel operateurs in baie gevalle werk verrig wat voorheen deur 'n ambagsman gedoen moes word. Hulle doen hierdie werk op 'n hoogs herhalende grondslag en met dieselfde mate van vaardigheid as wat 'n ambagsman dit voorheen verrig het.

(Dit moet beklemtoon word dat bogemelde bevindinge slegs as voorbereidingswerk gesien kan word en dat meer navorsing uitgevoer moet word om duideliker tussen die drie beroepe te onderskei (RGN/NOR, 1985:58.)

Die feit dat kultuurverbetering van die mens opleiding (geestelike en fisiese) en intellektuele wording impliseer, beteken ten slotte in tegniese kollegeverband dat die behoefte aan verdere teoretiese (en praktiese) opleiding van ambagsmanne in die lig van tegnologiese verandering, deur die tegniese kollege gehanteer moet word. Volgens die gemelde RGN/NOR-verslag lÍ die grootste behoefte aan verdere opleiding van ambagsmanne op die gebied van voormanskap en bestuur (vergelyk ook die paragraaf hierbo en Eveslage, 1986:50). Die tegniese kollege met sy noue verbintenis met die handel en die nywerheid is by uitstek geskik om die gemelde bestuursopleiding te verskaf. Kurrikulumontwikkeling in die lig van 'n veranderende tegnologie en bestuursontwikkelingsbehoeftes, moet geskied aan die hand van werkontledings as vorm van situasie-analise.

Ingebedheid-in-'n-kultuur as 'n determinant van tegniese kollegekultuur
Die onderwysaanbiedinge van die tegniese kollege het verband met die missie van die kollege. Onder missie van 'n organisasie word verstaan 'n verklaring waarin die kultuur van 'n organisasie beskryf word. Bittel, soos aangehaal deur Van der Stoep (1987:16), definieer missie as '... statements about the underlying design, aim, or thrust of a company ... a grand design (or) basic purposes or philosophies...'. Die Departement Onderwys en Kultuur (Administrasie: Volksraad omskryf in sy Handleiding vir die Hantering van Naskoolse Onderwys by Tegniese Kolleges (1987:22) die breŽ funksie van 'n tegniese kollege as 'om die gehalte van die lewe van die gemeenskap wat hy dien, te verbeter en terselfdertyd die ekonomiese vooruitgang van die land te bevorder. Die kursusse wat 'n tegniese kollege aanbied, het ... die volgende ten doel:

  • die ekonomiese opheffing van die gemeenskap deur geleenthede vir verdere studie en beroepsopleiding te skep;
  • die sosiale opheffing van die gemeenskap deur voorsiening te maak vir die aanleer of ontwikkeling van 'n sosiale vaardigheid met die oog op 'n gesonde en nuttige tydverdryf, asook die verskaffing van geleenthede vir gesonde ontspanning;
  • die verhoging van die kultuurpeil en verryking van die kultuurlewe van die gemeenskap'.

In geoperasionaliseerde terme beteken die voorgaande dat die tegniese kollege enersyds wat sy formele afdeling betref, onder andere vakleerlingopleiding vir die nywerhede, asook handelskursusse aanbied en andersyds, wat sy nie-formele afdeling betref, hand- en sosiale vaardigheidskursusse (insluitende stokperdjiekursusse), kultuurverrykingskursusse (wat ballet-, musiek- en kunsklasse insluit) en sport- en ontspanningskursusse (byvoorbeeld pluimbal, karate, sosiale dans, ens.) aanbied.

Die kurrikulumkundige R.A. Kruger ag dit belangrik dat by kurrikulering daar ag geslaan moet word op die eise van die samelewing. Laasgenoemde stel eise ten aansien van die standaarde wat in die betrokke onderwysinrigting nagestreef word (Kruger, 1980:43). In tegniese kollegeverband beteken dit onder andere dat wat byvoorbeeld vakleerlingopleiding betref, die nywerheid sekere kennis en vaardighede, wat verband hou met die hedendaagse tegnologie, van leerders vereis. Hierdie eise moet neerslag vind in die kurrikulum. Hill (1975:76-77) meen dat kurrikulumdeskundiges kennis en waardering moet hÍ vir die kultuur van die gemeenskap waarin die kurrikulum moet funksioneer. Volgens Kruger (190:123) verteenwoordig die kurrikulum die kultuur in aksie - deur middel van die kurrikulum wil die gemeenskap sy kultuur tot die beskikking van die leerders stel. Voorts het kurrikulering ook te make met kultuurpropagering in die sin van kultuurvoortsetting.

Uit die voorgaande kan die afleiding gemaak word dat tegniese kollege-onderwys ingebed is in 'n kultuur, naamlik die kultuur van die gemeenskap wat hy dien.

Organisasiekultuur
In die voorgaande paragrawe is die betekenis van kultuuressensies vir tegniese kollege-onderwys ondersoek en sodoende gepoog om afleidings aangaande die kultuur van 'n tegniese kollege te maak. Dit dien gemeld te word dat die kwalitatiewe aspekte van 'n organisasie, in die besonder die kultuur daarvan, maar onlangs in die literatuur oor organisasies en hul funksies aandag begin geniet het. Belangstelling in bedryfskulture is veral gevoed deur blitsverkopers soos T. Deal en A. Kennedy se Corporate Cultures. The Rites and Rituals of Corporate Life (Reading M.A.: Addision-Wesley, 1982); W.G. Ouchi se Theory Z: How American Business can meet the Japanese Challenge (Menlo Park, C A: Addison-Wesley, 1981); en T. Peters en R. Waterman se In Search of Excellence: Lessons from America's Best-Run Companies (New York, Harper & Row, 1982). Die huidige belangstelling in die kulturele perspektief is gedeeltelik toe te skryf aan die feit dat die perspektief aansluit by die ervaring dat daar 'iets meer is', dat 'n organisasie iets 'eie' het waardeur dit te onderskei is van 'n ander (Staessens & Vandenberghe, 1987:342).

Laasgenoemde skrywers gee toe dat organisasiekultuur 'n konstruk is wat nie regstreeks waarneembaar is nie. Ten einde te kan bepaal hoe organisasiekultuur verskyn, doen Staessens & Vandenberghe aan die hand dat daar na sigbare verskyningsvorme gelet moet word wat die kultuur dra, byvoorbeeld konkrete gebeurtenisse, aktiwiteite, situasies, fisiese en sosiale omgewing, en so meer. Van belang is genoemde skrywers se identifisering van die volgende domeine wat as raamwerk kan dien vir die opstel van 'n inventaris van relevante kultuurdraers (Staessens & Vandenberghe, 1987:348-349).

Doelgerigtheid
Sowel die formele as die feitelike doelstellings van die organisasie is 'n belangrike draer van kultuurindikatore: dit dui aan wat die organisasie wil bereik, dus wat as belangrik geag word. Vergelyk in hierdie verband die breŽ funksie van 'n tegniese kollege soos uiteengesit hierbo.

Die organisasieleier as kultuurbouer en -draer
Op grond van sy posisie, beskik die leier oor die mag om in 'n organisasie aan 'n bepaalde kultuur gestalte te gee. Hier word gedink aan die raad van 'n tegniese kollege waarop die gemeenskap wat hy dien, verteenwoordiging geniet.

Die professionele verhouding tussen onderwyspersoneel
Daar kan nie 'n organisasiekultuur wees as daar nie 'n groep is wat dit dra nie - 'n aantal mense met 'n gemeenskaplike agtergrond op 'n bepaalde terrein. Samewerking en kommunikasie tussen onderwyspersoneel is basiese gebeure in die opbou en instandhduding van die organisasiekultuur.

Daar word volstaan by hierdie enkele opmerkings aangaande organisasiekultuur. Kennis behoort egter ook geneem te word van Van der Stoep (1987) se omvattende vertolking van organisasiekultuur wat veral van belang is vir die ontwikkeling van opleidingsprogramme in die privaatsektor.

Summary
The qualitative aspects of an organization, especially its distinctive culture, have only recently begun to gain interest in literature on organizations and their functions. The present interest in the cultural perspective can be attributed to the fact that an organization has a distinctiveness, something of its own, whereby it can be distinguished from another organization.

In this article the authors explain what is meant when referring to the culture of a technical college. From a description of essences of a culture and their significance for technical college education, the following conclusions pertaining to the culture of a technical, college are made:

  1. Changing nature is an essence of technical college culture.
  2. Technical college culture is characterized by distinctive ideals, values and standards.
  3. A distinctive interpretation of method is part of technical college culture.
  4. A distinctive vision regarding the transmission of knowledge characterizes technical college culture.
  5. A distinctive vision regarding creativity, innovativeness of learners, objectives formulation and selection of relevant contents is part of technical college culture.
  6. Interpretation of the meaning of being-in-the-world-technologically (of technical humanness) is an essential matter in technical college culture.
  7. An essence of technical college culture is a distinctive interpretation of technological thought.

    Verwysings

    • Allaire, Y. & Firsirotu, M.E. 1984. Theories of organizational culture. Organization Studies 5(3):193-226.
    • Banal, M.R. 1987. The good in a technological society. Analecta Husserliana, 22:497-506. Dordrecht: Reidel Publishing Company.
    • Bohring, G. & Olschewski, H., AnsprŁche an die politisch ideologische FŁhrung des wissenschaftlichen-technischen Fortschritts. Deutsche Zeitschrift fŁr Philosophie, 34(12):1069-1077.
    • De Bono, E. (red), 1974. Eureka! An illustrated history of inventions from the wheel to the computer. New York: Holt, Rinehart & Winston.
    • Departement van Onderwys en Kultuur (Administrasie Volksraad,). 1987. Handleiding vir die hantering van naskoolse onderwys by Tegniese Kolleges. Pretoria.
    • De Vore, P.W. 1984. Technology and community development. The Technology Teacher, 44(1):8-10, September-Oktober.
    • Ellul, J. 1964. The technological society. New York: Vintage Books.
    • Encyclopaedia Britannica, 1986. 15de Uitgawe. Encyclopaedia Britannica, Inc, Chicago.
    • Eveslage, S.A. 1986. Retooling for tomorrow's economy with corporate outreach programs. Educational Record, 67(2-3):48-52, Spring-Summer.
    • Haibel, H. 1986. Anspruch der Wirtschaft an die Schule. Pšdagogische Welt, 10(40), Oktober.
    • Hill, J.S. 1975. Kriteria vir die seleksie en ordening van kurrikuluminhoud. Pedagogiekstudies, Nr 85, Universiteit van Pretoria.
    • KrŁger, R.A. 1980. Beginsels en kriteria vir kurrikulumontwerp. Pretoria, Kaapstad: HAUM-uitgewery.
    • Landman, W.A. 1985. Fundamentele pedagogiek en kurrikulumstudie. Pretoria: NG Kerkboekhandel.
    • Marais, J.M. 1983.
    • Die fundamenteel-pedagogiese betekenis van akkulturasie. Ongepubliseerde DEd-proefskrif, Universiteit van Pretoria. Pretoria.
    • Odendal, F.F., Schoonees, P.C., Swanepoel, C.J., du Toit, S.J. & Booysen, C.M. 1984. Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse taal. Perskor-Uitgewery.
    • Proctor, N. 1987. Towards a vocational curriculum. Educational Studies, 13(2):149-159.
    • Pytlik, E.C., Lauda, D.P. & Johnson, D.L. 1978. Technology change and society. Worcester, Massachusetts: Davis Publications Inc.
    • RGN/NOR, 1985. Verslag oor die ondersoek na die opleiding van ambagsmanne in die RSA. (Kortweg: Pittendrighverslag), RGN, Pretoria.
    • Roos, S.G. 1979. Lewensopvatlik verantwoorde vakonderrig. In: Landman, W.A. et al.:
    • Fundamenlele Pedagogiek. Leerwyses en vakonderrig. Durban: Butterworth.
    • Small, M. 1980. Technical education in England and France. A comparative view. School Technology, 14(1):22-25, September.
    • Smircich, L. 1983. Concepts of culture and organizational analysis. Administrative Science Quarterly, 28:339-358.
    • Staessens, K. & Vandenberghe, R. 1987. De cultuur van een school: omschrijving en betekenis voor onderwijsinnovatie. Pedagogisch Tijdschrift, 12e jaargang: 341-350, November/Desember.
    • Van der Stoep, I. 1987. Faktore wat die ontwikkeling van opleidingsprogramme in die privaatsektor beÔnvloed. Ongepubliseerde PhD-proefskrif, Universiteit van Pretoria.
    • Van Niekerk, S.L.H. ongedateerd. Gelyke geleenthede in 'n multi-kulturele samelewing - 'n histories-vergelykende ondersoek. PhD-studie, Universiteit van Pretoria, Pretoria.
    • Webster's Third New International Dictionary, 1986. Encyclopaedia Britannica, Inc, Chicago.

    Terug na Lys van Publikasies