Professor W A Landman


Terug na lys van publikasies


DIE KULTUUR VAN 'N TEGNIESE KOLLEGE
DEEL 1


J. van der Merwe en W.A. Landman

Technical College culture. In this article, the authors explain what is meant when referring to the culture of a Technical College. The essentials of culture and their significance for Technical College education are discussed.

In hierdie artikel gee die skrywers 'n uitleg van wat bedoel word met die kultuur van 'n Tegniese Kollege. Die essensies van 'n kultuur en hul betekenis vir Tegniese Kollege-onderwys word bespreek.


Inleiding
Die onderhawige artikel spruit voort uit 'n navorsingsprojek getitel 'Tegniese Kolleges: Kurrikulumontwikkeling vir nie-formele onderwys' wat afgehandel is in die Navorsingseenheid: Nie-formele Onderwys, Fakulteit Opvoedkunde, Universiteit van Pretoria. 'n Analise van die kurrikulerings- en aanverwante problematiek van die nie-formele afdelings van tegniese kolleges is gemaak teen die agtergrond van kennis van die kultuur van 'n tegniese kollege en eietydse eise wat tegnologiese ontwikkelings en tegmese-onderwys stel. In hierdie artikel sal gepoog word om 'n uitleg te gee van wat bedoel word met die kultuur van 'n tegniese kollege.

Die begrip kultuur
Volgens die Webster's Third New International Dictionary (1986: Volume 1) is die woord kultuur afkomstig van die Latynse 'cultura' en 'cultus' soos afgelei van die verlede deelwoord `colere' (bewerking van die bodem) + '-ura'. Voorts omskryf Webster's kultuur as:

  • die kuns of praktyk van bewerking of die wyse of metode van bewerking;
  • die handeling van ontwikkeling (vorming) deur opvoeding, dissipline, sosiale ervaring: die verfyning van die morele en intellektuele vermoŽns;
  • die toestand van gekultiveerd te wees, veral die ingeligtheid en uitnemendheid van smaak wat verwerf word deur intellektuele en estetiese opleiding: die intellektuele en artistieke inhoud van die beskawing: verfyndheid in maniere, smaak, denke;
  • bekendheid met en 'n smaak in die kunste, geesteswetenskappe en breŽ aspekte van die natuurwetenskap soos onderskei van beroeps-, tegniese, of professionele vaardighede of kundighede;
  • die totale patroon van menslike gedrag en die uitkomste daarvan soos beliggaam in denke, spraak, handeling en artifakte wat afhang van die mens se vermoŽ om te leer en kennis oor te dra aan opvolgende generasies deur die aanwending van gereedskap, taal en abstrakte denksisteme;
  • die totaal van opvattinge, sosiale vorme, en materiŽle eienskappe wat die vergestalting is van die totale tradisie van 'n rasse-, godsdienstige of sosiale groep; en
  • 'n geheel van tipiese gedrag of gestandaardiseerde sosiale eienskappe kenmerkend van 'n spesifieke groep, beroep of professie, geslag, ouderdomsgroep of sosiale stand.

Die voorgaande verklaring van Webster's van die woord 'kultuur' beklemtoon twee sake, naamlik dat kultuur enersyds die bewerking/verbetering van die natuur en andersyds die ontwikkeling/verbetering (opvoeding) van die mens is.

Edward Burnett Tylor, 'n negentiende-eeuse Engelse antropoloog skryf in sy Primitive Culture (1871) dat 'Culture ... is that complex whole which includes knowledge, belief, art, morals, law, custom, and any other capabilities and habits acquired by man as a member of society' (Encyclopaedia Britannica, 1986: Volume 16). Friedl soos aangehaal deur Landman (1985:103) het beweer dat hierdie definisie van Tylor die toets van die tyd deurstaan het en miskien nog die beste definisie van kultuur in antropologiese sin is. Enkele ander definisies van kultuur soos aangehaal uit van Niekerk (ongedateerd) lui soos volg:

'Culture ... is any and all human effort and labor expended upon cosmos to unearth its treasures and its riches and bring them into the services of man for the enrichment of human existence unto the glory of God' (H.R. van Till, 1967).

'De cultuur wordt thans gezien als uiting van de menslijke manier van leven: niet meer in puur natuurlik milieu, maar ingrijpend op dat natuurlijke milieu' (C.A. van Peursen, 1973).

'Culture is the complex whole that consists of all the ways we think and do and everything we have as members of society' (R. Bierstedt, 1970).

'Kultuur kan dan beknop omskryf word as die gemeenskaplike tradisionele verworwenhede van 'n volk op geestelike en stoflike gebied' (A. Coetzee, 1960).

'By culture as such we mean all the ways of life that have been evolved by men in society' (G.F. Kneller, 1966).

'Kultuur bedoel al die geestelike en materiŽle skeppings, sowel as maatskaplike instellings wat 'n volk tot stand bring in sy beheersing van die hom omringende natuur, dus in die uitvoering van sy skeppingsopdrag: dit omsluit opvattings of idees, aktiwiteite of maniere van doen, instellings materiŽle produkte' (G. van N. Viljoen, 1978).

Uit die voorgaande kan afgelei word dat die term kultuur hoegenaamd nie selfverklarend is nie en dat dit op baie verskillende wyses verstaan kan word (vergelyk ook Landman, 1985:102, 103). Dit is moeilik om in 'n enkele definisie die aard en wese van kultuur saam te vat. Tewens, twee Amerikaanse antropoloŽ, A.L. Kroeber en Clyde Kluckhohn bet in 'n 1952-publikasie, Culture: A critical review of concepts and definitions, 164 definisies van kultuur aangehaal en 'n mens kan tereg met Landman (1985:103) saamstem wanneer hy sÍ 'vir kultuur is daar in die hedendaagse literatuur omtrent net soveel definisies as wat daar antropoloŽ is!' Samevattend kan kultuur soos hierbo gedefinieer, beskryf word as die mens se aktiewe betrokkenheid by die wÍreld om hom, sowel as die uitkoms van die bewerkings- of skeppingsaktiwiteite van die mens, en dat dit die menslike lewenswyse in sy geheel omvat.

Marais (1983) het na deeglike literatuurstudie enkele kultuuressensies aan die lig gebring en gemelde essensies sat vervolgens kortliks in behandeling geneem word (vergelyk ook Landman, 1985:95-102).

Kultuuressensies en die betekenis daarvan vir tegniese kollege-onderwys
Uit die beskrywing van kultuuressensies en hul betekenis vir tegniese kollege-onderwys in Tabel 1, blyk die volgende sake:

  1. Verandering van die natuur is 'n essensie van die kultuur van 'n tegniese kollege.
  2. Die tegniese kollege se kultuur word gekenmerk deur eiesoortige ideale, waardes en standaarde.
  3. 'n Eiesoortige interpretasie van metodiek is deel van die tegniese kollege se kultuur.
  4. Kenmerkend van die tegniese kollege se kultuur is 'n eiesoortige visie ten aansien van kennisoordrag.
  5. 'n Eiesoortige visie ten aansien van kreatiwiteit, innovasievermoŽns van leerders, doelwitformulering en seleksie van relevante inhoude is deel van die tegniese kollege se kultuur.
  6. Interpretasie van die betekenis van tegnologiese in-die-wÍreld-wees (van tegniese menswees) is 'n essensiŽle tegniese kollege-kultuuraangeleentheid.
  7. Dit wat in tegniese kollegeverband as hoogs waardevol beskou word, vorm die skering en inslag van sy kultuur.
  8. 'n Eiesoortige interpretasie van tegnologiese denke is 'n essensie van die tegniese kollege se kultuur.
  9. Tegniese kollege-onderwys hou rekening met die bevolkingsgroep wat dit moet dien. Interpretasie van ingebedheid in 'n kultuur is 'n belangrike determinant van tegniese kollegekultuur.

Vervolgens word die voormelde kenmerke van die kultuur van 'n tegniese kollege elk afsonderlike in behandeling geneem.

Verandering van die natuur
Husserl se beskrywing van 'leefwÍreld' dui op die feit dat dit 'n wÍreld is wat deur die mens gevorm is. Dit word ook dikwels beweer dat 'n 'tegniese kultuur' kenmerkend is van die mens se leefwÍreld (vergelyk Capurro, 1987:475). Die paradigma van 'n tegniese kultuur is gebaseer op onder andere die volgende postulate: Eerstens, dat moderne tegniek (of tegnologie) 'n verskynsel is wat by die mens aangetref word, en tweedens dat, as 'n menslike produk, moderne tegniek beskou kan word as 'n instrument om oor die natuur te heers (Capurro, 1987:476).

Tot dieselfde mate word kultuur beskou as slegs 'n menslike kenmerk. Met ander woorde, kultuur word in die natuurorde aangetref vanweŽ die teenwoordigheid van die mens (Landman 1985:95). 'n Funksionalistiese beskouing van kultuur wil dit dan ook hÍ dat kultuur 'n instrument is waardeur die mens se behoeftes bevredig kan word (vergelyk Allaire & Firsirotu, 1984:197, 217; Smircich, 1983:342). 'n Tegniese kultuur veronderstel:

  • dat die mens nor die middele beskik om sy natuurlike omgewing te beheer of te verander, asook
  • 'n spesiale soort kennis wat afgestem is op praktiese toepassing in die leefwÍreld.

    Tegniese middele - gereedskap, masjiene, materiale, tegnieke en tegniese stelsels - stel die mens in staat om te oorleef, in te skakel en die huidige wÍreldbeskawing te skep en te bevorder. Kennis van tegnologiese stelsels, asook toegang tot gereedskap en die kennis om dit aan te wend, is noodsaaklik vir die mens om die gehalte van sy natuurlike en sosiale omgewings te beheer, 'n ordelike bestaan te voer en sy volle moontlikhede te ontplooi (De Vore, 1984:8, 9). Die institusionalisering van tegniese middele in byvoorbeeld die handel en die nywerheid, bet die individu verwyderd laat raak van die tegniese middele wat nodig is vir sy oorlewing.

    Toeganklikheid tot die middele om sy natuurlike omgewing te beheer en kennis wat afgestem is op praktiese toepassings in die leefwÍreld, dwing die noodsaaklikheid van onderwys aan 'n mens op. Tegniese kollegeonderwys behels praktykgerigte teoretiese en praktiese onderrig wat ingestel is op werkgereedheid in die handel en die nywerheid asook in die openbare sektor.

    Eiesoortigheid van die kultuur van 'n tegniese kollege ten aansien van ideale, waardes en standaarde
    Die tegniese kollege is ingestel op samewerking met die handel en nywerheid, in der waarheid op samewerking met die hele gemeenskap wat by dien. Hierdie feit word geÔllustreer in die samestelling van die raad van 'n tegniese kollege (vergelyk Departement Onderwys en Kultuur: Administrasie Volksraad,1987:17) waardeur voorsiening gemaak word vir die verteenwoordiging van die gemeenskap (wat die handel en nywerheid, die plaaslike owerheid, vroue-organisasies, ensomeer insluit) op die raad.

    Die breŽ funksie van die tegniese kollege is die bevordering van die ekonomiese vooruitgang van die land (Departement Onderwys en Kultuur: Administrasie Volksraad, 1987:22) wat beteken dat die tegniese kollege ten nouste gemoeid is en behoort te wees by opleiding vir onder andere die handel en die nywerheid. Opnames het getoon dat die vernaamste opleidingsbehoeftes op die terrein van bestuursontwikkeling en kommunikasievaardighede lÍ. Ander opleidingsterreine sluit in tegniese vaardighede, toesighoudingsvaardighede en kliŽntverhoudinge (Eveslage, 1986:50). Tegniese kolleges maak voorsiening vir voortgesette beroepsonderwys en verskaf geleenthede aan leerders om hulle voor te berei vir die beoefening van 'n beroep, ambag of beroepsvaardigheid in die handel en nywerheid. Die handel en nywerheid is van opgeleide werkers afhanklik vir hul ekonomiese vooruitgang en die tegniese kollege se onderwys is afgestem daarop om leerders te leer om 'n beroep te beoefen.

    Die standaarde waaraan tegniese kollege-opleiding vir die handel en die nywerheid moet voldoen, vind neerslag in die kurrikulum, wat die inspraak van die handel en nywerheid reflekteer. Met ander woorde, die tegniese kollege moet in sy opleiding deeglik rekening hou met dit wat as waardevol deur die handel en die nywerheid geag word. Dit plaas die tegniese kollege ook voor die opgaaf om tred te hou met tegnologiese veranderinge.

    Die toekoms van die handel en die nywerheid (waarvoor die tegniese kollege oplei) is ook die toekoms van die jeug. 'n Deelaspek van 'n tegniese kollege se kultuur is 'n besondere toekomsperspektief. Sy tradisie word gemobiliseer met die oog op die toekoms. Die ingesteldheid op samewerking met die handel en die nywerheid, wat 'n belangrike essensie is van die kultuur van 'n tegniese kollege, word genoodsaak deur snelle tegnologiese ontwikkeling. Die dinamiek wat nuwe tegnieke meebring, lei tot snelle verandering van tegniese gebruike en prosedures (Haibel, 1986:480) wat vra om voortdurende formatiewe evaluering.

    Na Deel 2