Professor W A Landman


Terug na lys van publikasies

NAVORSINGSMETODOLOGIE VIR
NIE-FORMELE ONDERWYS : LEWENSGEHALTE
DEEL 3


3.11  Inhoudanalise en die seleksie van sosiale indikators (Bellens en Van Herbruggen, 1980:311-326)

As deel van hulle evalueringsondersoek na lewensgehalte, het Bellens en Van Herbruggen 'n inhoudanalise onderneem. Hulle het tien artikels geselekteer uit tydskrifte, boeke en referate wat handel oor maatskaplike welsyn. Slegs komponente wat meer as ses keer vermeld is, is in ag geneem as komponente waaroor daar konsensus bestaan. Die volgende komponente se kwantitatiewe verskyning is gesoek:

Aspects of social wealth 12345678910 
Food* *       2
Clothing*         1
Housing**********10
Health (physical)**********10
Health (phychological) ** ** ** 6
Education**********10
Income ******* *8
Leisure**** *****9
Public safety** * * *  5
Environment******  * 7
Employment**** **** 8
Participation*** ** ** 7
Overall satisfaction       *  1
Law and order ** **    4
Racial disparity ** **    4
Public transport  *  *    2
Crime ** * * **6
Social stability ***  ** *6
Art and Culture** * *  * 5
Social security*  *  * * 4

The last column shows that three factors appear six times and eleven six or more. These are:

    Housing
    Physical and Psychological Health
    Education
    Income
    Leisure
    Environment
    Employment
    Participation
    Crime
    Social stability

(1 - 10 = verskillende skrywers) (Laaste kolom = aantal verskynings).

Daardie komponente wat kwantitatief die meeste verskyn, is vervolgens gebruik om 'n definisie van maatskaplike welsyn op te stel. Die volgende definisie het dus sy oorsprong in 'n inhoudanalise:

    "A Social welfare state is a society in which individuals would live in decent lodgings and where people would earn enough money to satisfy certain basic - and even less basic - needs. People would enjoy high standards of health and benefit from cheap and adequate medical care. Education would be free and accessible to all those who desire it. Employment opportunities would be extensive, enabling everybody to have a job in respect of one's skills. And, in this connection, being satisfied with one's job and working conditions is a basic element of welfare. In addition, people would enjoy sufficient leisure time. The environment would be healthy and unpolluted. Moreover, a feeling of safety would be dominant and certain social relationships would be long-lasting. Facilities for active participation in society would be organized for all those who do not just wish to look passively on at what's happening".

Die volgende stap was om hierdie definisie aan te wend om tot indikator-verfyning oor te gaan:

Components
Indicators
A.  Housing
  1. Average number of rooms per person
  2. Percentage of homes inhabited by their ownersa)
  3. Percentage of homes with household facilities
      3.1  running water
      3.2  private lavatory
      3.3  private bathroom or shower
      3.4  central heating

  4. Percentage of individual lodgings per buildingb)
B.  Income
  1. Average gross income
C.  Health
  1. Life expectations at the age of one
  2. Mortality rate in % of children between the age of 28 days and 1 year
  3. Hospital admission rate (general medicine) per 1000 inhabitants
  4. Visits to a family doctor per 1000 inhabitants
  5. Number of hospital beds per 1000 inhabitants
  6. Number of patients admitted to psychiatric institutions, per 10 000 inhabitants
D.  Education
  1. Average number of school years completed by people over 30
  2. Percentage of illiterate recruits declared fit for duty
  3. School attendance rate between the age of 12 and 18 on one hand and 18 and 24 on the other
E.  Employment
  1. Average hourly wage for male and female workers
  2. Socially unjustified commuting
  3. Net balance of migration per 10 000 inhabitants
  4. Level of work carried out
F.  Leisure
  1. Number of books borrowed per inhabitant from public libraries
  2. Number of people belonging to sport clubs per 1000 inhabitants
  3. Number of youth clubs and art workshops for young people (under 30) per 1000 inhabitants aged under 30
  4. Number of visits to the cinema per 1000 inhabitants
  5. Number of people registered in cultural academies on a part time basis (evening classes), divided into plastic arts academies and academies of music, per 10 000 inhabitants
G.  Environment
  1. Number of dwellings per square kilometer
  2. Number of people working in the highest polluting industry sectors per square kilometer
  3. Number of cars per square kilometer
  4. Indicator of biopollution (pollution resulting from the use of pesticides and non-recycled animal manure)
  5. Number of inhabitants per square kilometer
H.  Social stability
  1. Crime rate per 100 000 inhabitants
  2. Number of divorced men and women per 1000 inhabitants
  3. Number of illegitimate babies born per 1000 inhabitants
  4. Number of suicides (men and woman) per 100 000 inhabitants.

a) This indicator refers to a certain extent to satisfaction with regard to housing
b) This is an evaluation of privacy.

Deur die aanwending van relevante statistiese metodes is voorTS oorgegaan tot:

  • Saamvoegings van indikatore wat 'n positiewe invloed sal hÍ op maatskaplike welsyn (indikators met hoŽ waarde: 1, 2, 3, 5, 6, 10, 11, 13, 14, 17, 18, 19, 20, 21, 22).

  • Samevoeging van die res as negatiewe invloede op maatskaplike welsyn.

  • Berekening van 'n indeks van maatskaplike welsyn.

  • Aanwending van diť indeks vir vergelykingsdoeleindes (byvoorbeeld vergelyking van streke).

3.12  Die ontwikkeling van 'n instrument vir die evaluering van die Suid-Afrikaanse lewensgehalte (MÝller en Schlemmer, 1983:225-279)

MÝller en Schlemmer het 'n evalueringsinstrument ontwikkel vir vergelykende studie van die Suid-Afrikaanse lewensgehalte, wat op aanvraag deur navorsers, van die skrywers (Universiteit van Natal), verkrygbaar is. Die volgende opmerkings oor die ontwikkeling van hierdie evalueringsmiddel kan 'n aanduiding gee van die samestelling daarvan:

(a) Stappe wat gevolg is:

  1. Uitsluiting van lae prioriteit items

    Die navorsing het begin met 148 indikators. Na 'n voorlopige ondersoek is 'n aantal lae prioriteit items (36) uitgeskakel en is daar in vooruitsig gestel dat nog meer uitgeskakel moet word voor die finalisering van die instrument.

  2. Vergelyking van lewensgehalte:

    Ten einde vergelyking tussen bevolkingsgroepe moontlik te maak, sal 'n evalueringsinstrument universeel toepasbaar moet wees. Dit beteken dat alle items wat nie 'n prioriteit by al drie groepe (Blankes, IndiŽrs, Swartes) is nie, uitgeskakel moet word. 'n Uitsondering moet gemaak word ten aansien van items wat by 'n bepaalde bevolkingsgroep 'n besonder hoŽ voorrang geniet. Die volgende is 'n voorbeeld van items waaraan min of meer 'n rangorde van 1-20 toegeken is. (Rangorde van belangrikheid wat gebaseer is op die persentasie in 'n groep wat 'n besondere item tussen die 30 tot 40 belangrikste vir hulle persoonlike lewe beskou het).

    Common life concerns: comparative priorities, satisfactions and contributions to well-being
    Life concerns
    Manifest priority rank
    Issue of concern
    W
    I
    B
    family health1415,5
    own health2526
    family peace327
    medical services4,51040
    running water4,524,521
    love relationship66,520
    financial security (family)711,518
    peace of mind81743
    domestic electricity1035,546
    plentiful good food10142
    old age pension104326
    education for children12311
    marital relationship131329
    old age provision14,539,537,5
    own education14,514,5
    good parent158,531
    sex life17,539,537,5
    moral life17,56,568,5
    trust relationships19,543109
    W = Wit
    I = IndiŽr
    B = Swart

    1. Bydraers tot belewing van welsyn

      Korrelasiestudies is uitgevoer met die doel om sensitiewe items waaraan respondente nie self 'n hog prioriteitosou toeken nie, in die evalueringsinstrument to behou.

    2. Oortolligheid

      Items wat dieselfde sosiale omstandighede beskryf moet gekombineer word tot 'n enkele indeks of slegs die kragtigste van die twee moet behou word.

    (b)  Bykomende indikators

    Die navorsing het aan die lig gebring dat dit wenslik sal wees om in 'n evalueringsinstrument nog die volgende indikators by te voeg:

    1. Subtiele veranderlikes soos belewing van persoonlike toereikendheid ("adequacy"), interpersoonlike verhoudinge, genieting van beuselagtighede, ensovoorts, waarvan die invloed nie maklik deur respondente besef word nie maar wat tog betekenisvol bydra tot psigologiese welsyn, moet in 'n evalueringsinstrument opgeneem word.

    2. Luimaanduiders is besonder sensitief ten aansien van kort termyn belewinge op 'n gegewe tydstip. Dit is dus baie bruikbaar by die interpretasie van neigings in die belewing van lewensgehalte.

    3. Persoonlike inventaris: stabiele langtermyn persoonlike kenmerke het 'n stabiliserende invloed op belewing van lewensgehalte. Dit kan aangewend word om variasies by kleiner subgroepe in 'n populasie te interpreteer.

    4. Persoonlike agtergrondkenmerke se insluiting in 'n evalueringsinstrument kan geregverdig word vanweŽ die bruikbaarheid daarvan by die neem van beleidsbesluite ten aansien van die verskillende bevolkingsgroepe. Dit het 'n indirekte uitwerking op die belewing van lewensgehalte.

    5. Basiese behoeftes is 'n objektiewe aanduiding van die vlak van lewensgehalte. 'n Evalueringsinstrument moet in staat wees tot 'n aanduiding van moontlike wanverhoudings tussen werklike en beleefde toedrag van sake.

    6. Globale aaiiduidinge van welsyn. Daar moet aandag geskenk word aan indikators wat 'n aanduiding kan gee van globale belewing van welsyn in teenstelling met die afsonderlike items (indikators) wat deel-belewing aandui. In die verband het die navorsers 'n vyfpuntskaal gebruik.

    Dit sal verstandig wees van toekomstige navorsers oor lewensgehalte-problematiek om die MÝller-Schlemmer lewensgehalte-evalueringsinstrument in te sluit in hulle navorsingsprogram. (MÝller en Schlemmer, 1984:13-14).

    3.13  Integrasie van lewensgehalte studies en maatskaplike invloedstudies (social impact studies) (Olsen, Canan en Hennessy, 1985:325-341)

    In die meeste gemeenskapsevalueringsondersoeke kan onderskei word tussen twee tipes ondersoeke, naamlik:

    • lewensgehalte-ondersoeke wat gerig is op heersende toestande; en

    • maatskaplike invloedstudies wat gerig is op 'n toekomstige toedrag van sake.

    Olsen, Canan en Hennessy gaan van die standpunt uit dat lewensgehaltestudies en maatskaplike invloedstudies in wese ooreenstem. Hulle het 'n analitiese model ontwikkel waarbinne die voormelde twee studies geÔntegreer word vir die uitvoer van gemeenskapsevalueringsondersoeke.

    Lewensgehaltestudies en maatskaplike invloedstudies het vyf kenmerke in gemeen, te wete:

    1. beide studies het te make met heersende waardes in die gemeenskap;

    2. bestaande sosiale, ekonomiese en politieke toestande in die gemeenskap waarteen lewensgehalte asook verwagte vernuwingseffekte bepaal kan word, word afgebaken;

    3. die evaluering van lewensgehalte sowel as maatskaplike invloede inkorporeer objektiewe en subjektiewe benaderings;

    4. gestandaardiseerde sosiale indikators wat dit moontlik maak om die volgende te doen: bestaande toestande in die gemeenskap te meet; verwagte sosiale, ekonomiese en politieke tendense te voorspel; en ten slotte om die moontlike uitwerking van 'n program of projek op die gemeenskap te voorspel; en

    5. aanbevelings ten aansien van sosiale bestuursprosedures. As die gemeenskap sy kwaliteit van lewe wil handhaaf of verbeter, moet openbare en privaat leiers sekere aksies ontwerp en implementeer om wenslike toestande te handhaaf, onwenslike toestande uit te skakel en om verwagte toekomstige veranderings in die gemeenskap te hanteer. Eweneens veronderstel 'n maatskaplike invloedevaluering aksies wat nodig is om ongewenste invloede ten aansien van beoogde programme of projekte uit te skakel.

    Sosiale bestuursprosedures het te make met:

    • bestaande funksionele bevoegdhede wat die gemeenskap in staat stel om sy behoeftes te bevredig en om konstruktief op te tree ten einde probleme die hoof te bied;

    • beskikbare bronne in die gemeenskap om beplannings- en sosiale bestuurshandelinge uit te voer;

    • langtermyn doelstellings van die gemeenskap;

    • behoeftes en probleme waarmee gehandel moet word ten einde die voormelde doelstellings te bereik, die kwaliteit van lewe te handhaaf en te verbeter, en/of om verwagte maatskaplike invloede te kan hanteer;

    • strategieŽ vir die hantering van beide voorsiene en onvoorsiene behoeftes en probleme van die gemeenskap;

    • programme vir die uitvoer van strategieŽ om die gemeenskapsdoelstellings te bereik; en

    • prosedures om die behoeftes en programme van die gemeenskap met verloop van tyd te monitor ten einde te kan bepaal tot watter mate die doelstellings in die programme bereik word.

    Die voorafgaande bring 'n mens by die analitiese model van 0lsen en medewerkers. Die model kan met geringe aanpassings aangewend word in sowel lewensgehalte-evalueringsondersoeke as maatskaplike invloedevalueringstudies. Beide word geÔntegreer in 'n enkele raamwerk wat 'n gemeenskapsevalueringsproses (community assessment process) genoem kan word.

    (a)  'n Moontlike gemeenskapsevalueringsmodel

    Olsen en medewerkers se model sien soos volg daaruit:

    In die model val die totale proses van 'n gemeenskapsevaluering-studie uiteen in ses fases, te wete: "scoping, identification, description, appraisal, planning, action".

    Fase 1:  Bepaling van waardes (scoping)

    'n Beeld word verkry van grondliggende waardes in die gemeenskap. Waardes mag deur al die lede van 'n gemeenskap gedeel word of verskillende stelle waardes het betrekking op verskillende sosiale stande, rasse- en etniese groepe of ander sektore van die gemeenskap.

    Fase 2:  Identifisering van die vernaamste eienskappe van die gemeenskap (identification)

    Die waardes van die gemeenskap rig die identifisering van die bestaande sosio-ekonomiese eienskappe van daardie gemeenskap sowel as die heersende sosio-ekonomiese tendense. Indien die uitwerking van 'n voorgenome program of projek op die gemeenskap ondersoek word, word die waardes van die gemeenskap en die kenmerke van die program/projek aangewend ten einde daardie aspekte van die program/projek wat moontlik betekenisvol vir die gemeenskap mag wees, te identifiseer en te selekteer. Vervolgens word sosiale indikators geselekteer as metings van die heersende eienskappe en tendense.

    Fase 3:  Beskrywing van huidige en toekomstige toestande in die gemeenskap (description)

    Die sosiale indikators verskaf data vir kwantitatiewe beskrywings van sosio-ekonomiese toestande in die gemeenskap, sosio-ekonomiese veranderings wat moontlik binne die gemeenskap gaan plaasvind en van die voorspelde sosio-ekonomiese effek van 'n program. Daarbenewens word die gemeenskap se funksionele vermoŽ om sosio-ekonomiese behoeftes en probleme te hanteer asook die gemeenskap se beskikbare bronne vir die uitvoer van sosiale bestuurshandelinge, beskryf.

    Fase 4:  Beoordelingsaktiwiteite (appraisal)

    Die objektiewe beskrywings van gemeenskapstoestande, verwagte toekomstige veranderinge en voorspelde uitwerking (van veranderings/vernuwings) word voorgelÍ aan 'n ewekansige steekproef van die inwoners. Respondente word gevra om die relevansie, belangrikheid en wenslikheid van die objektiewe data subjektief te beoordeel. Die uitkoms van die saamvoeging van objektiewe data en subjektiewe oordele, is 'n evaluering van die kwaliteit van lewe of maatskaplike invloede. Ten slotte word openbare en privaat gemeenskapsleiers ondervra (in onderhoude) ten einde hulle doelstellings vir die gemeenskap vas te stel ten aansien van die gemeenskap se huidige funksionele vermoŽns en die leiers se opvattings aangaande heersende gemeenskapswaardes.

    Fase 5:  Beplanning vir die toekoms (planning)

    Die behoeftes van die gemeenskap, die doelstellings wat deur die leiers van die gemeenskap voorgehou word en die bestaande beplannings- en bestuursbronne van die gemeenskap, verskaf 'n basis vir die ontwerp van beplanningstrategieŽ om die kwaliteit van lewe te handhaaf en/of om die uitwerking (invloed) van vernuwing te hanteer.

    Fase 6:  Gemeenskapsaksie (action)

    Die strategieŽ wat deur gemeenskapsbeplanners en -leiers ontwerp is, word geÔmplementeer as aksieprogramme wat deur regeringsinstansies en privaatorganisasies uitgevoer word. Ten slotte word 'n regeringsinstansie (of 'n span navorsers deur die owerhede aangewys) om 'n deurlopende monitorfunksie te verrig deur sosiale indikators aan te wend ten einde te kan bepaal hoe toereikend die aksieprogramme die behoeftes en probleme van die gemeenskap hanteer.

    (b)  Gemeenskapsbeleidmaking en programbeplanning

    Die doel van 'n gemeeskapsevaluering is om inligting te verskaf wat aangewend kan word vir die formulering van beleid, beplanning en die uitvoer van aksieprogramme. Inligting aangaande die gemeenskap se lewensgehalte en die verwagte invloede op die gemeenskap kan alle fases van die gemeenskap se beleids- en beplanningsproses beinvloed. Die uitkoms van die gemeenskapsevalueringsmodel is 'n kontinue interaktiewe proses tussen gemeenskapsleiers, professionele deskundiges en inwoners van die gemeenskap. Die model kan kennis voortbring wat alle gemeenskapsbeleids- en beplanningsaktiwiteite beÔnvloed en voorts bydra dat hierdie aktiwiteite meer omvattend, geÔntegreerd, effektief en aanvaarbaar gemaak word. Die volgende opmerkings dien as illustrasie hiervan:

    1. regeringslui en gemeenskapsleiers raak al hoe meer bewus van heersende toestande in die gemeenskap, verskynende tendense, kritiese probleme en beskikbare bronne om te handel met hierdie situasies. Derhalwe kan die beplanning van beleid meer toereikend en effektief geskied.

    2. regeringslui en gemeenskapsleiers bekom 'n toereikender begrip van hoe die inwoners lewensgehalte en moontlike toekomstige veranderings in die gemeenskap beleef en evalueer. Derhalwe sal die betrokke leiers se idees aangaande die gemeenskap se behoeftes en doeIstellings die openbare mening meer realisties reflekteer.

    3. regeringslui en gemeenskapsleiers sowel as die gewone man op straat begin meer belangstel in omvattende, langtermyn beleidsontwikkeling en beleidbeplanning ten einde te kan handel met verwagte toekomstige toestande en probleme. Die gemeenskap word deelnemers (proactive) eerder as respondente (reactive) aan die verbetering van hulle lewensgehalte en algemene welsyn.

    4. baie inwoners raak meer betrokke by die beleids- en beplanningsgebeure deur enersyds op te tree as respondente in gemeenskapstudies of andersyds betrokke te wees as beoordelaars van die objektiewe resultate van die studies - inwoners raak betrokke by openbare aangeleenthede uit hoofde van hul deelnane in die ondersoeke.

    5. beleid en beplanning vir die gemeenskap word so geformuleer dat dit rekening hou met toekomstige toestande en behoeftes, die kwaliteit van lewe waarna gestreef word, maatskaplike invloede en eise wat gestel word aan verbetering. Derhalwe is daardie beleid en beplanning wat die gemeenskap betref, meer relevant.

    6. voorgestelde programme word krities bekyk in terme van heersende waardes in die gemeenskap, lewensgehalte, die verwagte uitwerking wat dit sal hÍ en die vermoŽns om invloede te kan hanteer. Voorstelle wat nie rekening hou met die gemelde faktore nie word Úf afgewys Úf aangepas ten einde die grootste moontlike voordeel vir die gemeenskap te bewerkstellig.

    7. programme en projekte vir die gemeenskap word deurentyd met gestandaardiseerde sosiale indikators gemonitor ten einde gewenste en ongewenste gevolge vir die gemeenskap te bepaal. Indien nodig, kan die programme of projekte te eniger tyd gewysig word om die voordele vir die gemeenskap te verhoog of andersins om ongewenste invloede op die gemeenskap te vermy.

    Beleids- en beplanningsaktiwiteite kan ook die navorsing beinvloed. Byvoorbeeld: dit mag nodig wees om ander waardeprofiele saam te stel vir meer en meer seksies van die gemeenskap soos wat daardie groepe inwoners eise begin stel aan die groter gemeenskap om ook aandag te kry vir hulle lewenswyses. Die relevansie, relatiewe belangrikheid en status van baie sosiale indikators kan in die gedrang kom soos wat mense al hoe meer die belangrikheid van die indikators vir die totstandkoming van gemeenskapsprogramme en projekte begin besef. Voorts kan prosedures benodig word om skerp konflik tussen die verskillende groepe en organisasies in die gemeenskap oor die betekenis en evaluering van die objektiewe resultate van die gemeenskapsevaluering, op te los.

    Sosiale navorsers en gemeenskapsleiers moet in staat wees om duidelik te kommunikeer, mekaar se belange en doelstellings te verstaan en elk moet gewillig wees om rekening te hou met die ander se verwagtinge en eise.

    Na Deel 4