Professor W A Landman


Terug na lys van publikasies

NAVORSINGSMETODOLOGIE VIR
NIE-FORMELE ONDERWYS : LEWENSGEHALTE
DEEL 4


3.14  Gesinsbeleidanalise:  Die behoeftes aan die integrasie van kwalitatiewe en kwantitatiewe navorsingsmetodes (Kelly, 1985:363-382)

Kelly het die verband tussen kwantitatiewe en kwalitatiewe metodologiese benaderings tot gesinsbeleidnavorsing ondersoek en opper die gedagte van die integrasie van voormelde benaderings.

Alvorens uitgekom kan word by die integrasie van kwantitatiewe en kwalitatiewe tnetodes, moet daar eers stilgestaan word by die vrae:

  1. In watter verband staan beleidanalise tot die gesinsituasie?

  2. In watter verband staan die gesinsituasie tot beleidanalise?

Vraag 1

Beleidanalise het te make met besluitnemingsprosesse rondom die toekenning van openbare hulpbronne sowel as besluite aangaande die aard van programme wat in verband staan daarmee. Nader omskryf, beleidanalise het te make met vier vrae:

  1. word die program geÔmplementeer soos wat dit oorspronklik die bedoeling daarmee was? - dit is die implementeringsvraag;

  2. maak die program enige verskil? - dit is die evaluasienavorsingsvraag;

  3. wat is die verband tussen voordele en koste? - dit is die koste/voordeel vraag;

  4. hoe kan 'n finale besluit rakende 'n program geneem word indien alternatiewe bestaan? - dit is die besluit-teorie vraag.

Vir doeleindes van Kelly se ondersoek word gefokus op die evaluasie- en koste/voordeel vrae.

Vraag 2

Ten einde hierdie vraag te kan beantwoord moet daar gekyk word na die tweeledige rol wat die gesin in beleidanalise kan speel.

Eerstens kan die uitwerking van beleid of beleidsveranderinge (die onafhanklike veranderlike) op gesinsgedraginge (afhanklike veranderlike) bestudeer word. Voorbeelde hiervan is twee groot navorsingsprojekte, naamlik die Michigan Panel Study of Income Dynamics en die Negative Income Tax Experiments. Eersgenoemde projek het lae-inkomste gesinne bestudeer om deskriptiewe longitudinale data te bekom. Die NIT-eksperimente het die uitwerking van verskeie alternatiewe welsyn- en inkomstebelastingstelsels op die gedraginge van lae-inkomste gesinne bestudeer.

Tweedens moet rekening gehou word met gesinsveranderlikes wanneer die uitwerking van beleid op ander veranderlikes geŽvalueer word. Die gesin kan 'n medium wees waardeur 'n onafhanklike veranderlike inwerk op ander veranderlikes. Byvoorbeeld: Ten einde te kan bepaal hoe effektief 'n rehabilitasieprogram was, moet gesinsveranderlikes ook bestudeer word om vas te stel in watter mate die gesin moontlik 'n rol speel in 'n terugkeer na misdaad.

In baie van die navorsing oor lae-inkomste gesinne en regeringsbeleid, het drie konsepte telkens na vore gekom, naamlik:

  • Lewensstatusoorgange (life status transitions)

  • informele ekonomiese gedraginge

  • ekonomiese druk

In die volgende opmerkings aangaande die voormelde drie konsepte, sal aangetoon word hoe daar in gesinsbeleidnavorsing 'n toenemende neiging is om kwalitatiewe en kwantitatiewe metodes te integreer.

(a)  Lewensstatusoorgange

Oor die algemeen word openbare ingryping in die lewenswyse van lae-inkomste individue in verband gebring met veranderinge in mense se lewensstatus. Sodanige veranderinge kom normaalweg voor in:

  • die individu se lewenssiklus (geboorte, jeug, dood)

  • die gesinslewensiklus (huwelik, ouerskap, skeiding, egskeiding, hertroue)

  • die sosio-ekonomiese lewenssiklus (onderwys, beroepsopleiding, werksgeleenthede, verhuising, werkloosheid, ongeskiktheid, aftrede).

Lewensstatusoorgange mag enersyds geskied vanwee krisissituasies (verlating of dood van 'n huweliksmaat) of andersyds vanweŽ normale situasies in die lewenssiklus (huwelik, geboorte).

Huwelik, skeiding, egskeiding en hertrou is lewensstatusoorgange wat relevant is vir beleid aangesien hierdie oorgange grootliks die vraag na welsynsdienste bepaal. In die huidige welsynstelsel in die Verenigde State van Amerika is 'n implisiete aansporing vir gesinne om te verbrokkel ten einde enkelouer-gesinne op te lewer wat kwalifiseer vir AFDC (hulp aan gesinne met afhanklike kinders). Die NIT-eksperimente het gepoog om 'n moontlike oplossing vir die welsynstelsel se probleem ten aansien van die verbrokkeling van huwelike, te analiseer. Vir NIT (negative income tax) word enkel- en twee-ouer gesinne gelykgestel vir doeleindes van die betaling van onderhoud deur die staat. Derhalwe het beleidanalitici die hipotese gestel dat NIT, vergeleke met AFDC, huwelikstabiliteit sal bevorder.

Verder vir soverre dit NIT betref, het die vrees ontstaan dat negatiewe inkomstebelasting mense sou aanspoor om nie te werk nie. In die meeste NIT-eksperimente is bevind dat NIT wel 'n afname, maar nie groot nie, sou teweegbring in lae-inkomste werkers se toetrede tot die arbeidsmark. In een van die eksperimente, naamlik die Seattle-Denver Income Maintenance Experiment (SIME/DIME) is verrassend teen alle verwagtinge in bevind dat NIT bydra tot die verbrokkeling van huwelike. Dit blyk derhalwe dat 'n veranderde belastingstruktuur geweldige veranderinge teweeggebring het in die mate waarin lewensstatusoorgange - egskeiding en skeiding - plaasgevind het. Egskeiding en skeiding is belangrike uitkomsveranderlikes van gesinsbeleid. Verder is hierdie twee veranderlikes ook belangrik omdat die toename in enkelouer lae-inkomste gesinne groter druk op die staat plaas ten aansien van welsynsdienste.

Die metodologiese vraag wat na aanleiding van die SIME/DIME bevindings opgewerp is, was: Het die navorsingsontwerp genoeg data opgelewer om die sosiale prosesse, wat uitgeloop het op hierdie bevindings, te kan verstaan? Die SIME/DIME se ekonometriese/eksperimentele ontwerp was gerig op die vraag: Maak 'n NIT enige verskil in arbeidsvoorsiening? Die metodologie was geskik vir die arbeidskwessie, maar kon nie die bevindings ten aansien van huweliksverbrokkeling verklaar nie - die "maak dit 'n verskil"-vraag is beantwoord, maar nie die "hoekom"-vraag nie.

Die vraag ontstaan derhalwe hoe die huwelikskwessie van die NIT-egpare benader kan word om die mislukking van huwelike te verklaar. 'n Moontlike antwoord is 'n metodologie wat mense oor 'n tydperk bestudeer, uitvra na hulle gevoelens en daaglikse lewensdata insamel. 'n Partisiperende observasie- of intensiewe onderhoudmetodologie kan by die SIME/DIME eksperimentele ontwerp ingeskakel word teen 'n relatief lae koste. Byvoorbeeld: 'n Faktoriale eksperimentele ontwerp waarin veldwerkers herhaalde onderhoude voer en/of met 'n kontrole en eksperimentele groep gesinne saamleef, kon ontwikkel word. Die voordeel is dat data wat toepaslik is vir die vraag na hoekom huwelike misluk, so bekom kan word.

Lewensstatusoorgange is kritiese uitkomsveranderlikes ten aansien van beleidanalise en is ingebed in die prosesse van gesinsdinamiek. Ten einde lewensstatusoorgange te begryp, word data-versamelingstegnieke benodig wat sowel kwalitatief as longitudinaal van aard is. Dit kan beskryf word as 'n sosiale oudit benadering tot beleidnavorsing. Laasgenoemde benadering is 'n prosesgeoriŽnteerde navorsingsontwerp waarin inkomste (soos inkomste verkry uit negatiewe inkomstebelasting) se disseminasie gevolg word tot by die eindpunt. Die sosiale oudit alternatief is nog meer belangrik wanneer die beleid se uitkoms veranderlike 'n lewensstatusoorgang is, aangesien die redes vir sodanige veranderinge inherent kompleks en intiem van aard is wat hul oorspronge en sosiale betekenisse betref. 'n Sosiale-oudit veldwerkkomponent in SIME/DIME sou data oor sosiale prosesse opgelewer het wat enersyds die bevindings kan verklaar en andersyds die kwantitatiewe analise sou ondersteun.

(b)  Informele ekonomiese gedraginge

Vir baie lae-inkomste groepe kan die ekonomiese werklikheid in twee stelsels verdeel word, naamlik die formele en die informele ekonomiese stelsels. Wat werkverskaffing betref, het die formele ekonomie twee arbeidsmarksektore, te wete die primÍre en sekondÍre sektore. Laasgenoemde bestaan uit swakbetalende betrekkings wat inherent nie stabiel is nie, seisoenaal, deeltyds en swak beskerm in terme van dissipline en werksomstandighede is. Navorsing toon aan dat dit onwaarskynlik vir werkers in die sekondÍre sektor is om deur te breek na die primÍre sektor van die arbeidsmark. Daar is egter 'n alternatiewe ekonomiese struktuur: die informele of boewewÍreld-ekonomie waardeur baie ekonomiese behoeftes bevredig kan word.

In die sewentigerjare het die federale regering (Verenigde State van Amerika) homself verbind tot strenger afdwinging van onderhoud vir kinders ten einde welsynsuitgawes te verminder. Enkel ouers (vroulik) wat toesig het oor kinders en onderhoud moet ontvang, en enkel ouers (manlik) wat onderhoud moet betaal, is oorverteenwoordig in die arm, lae-inkomste groepe wat 'n groter kans staan om welsynsvoordele van die staat te ontvang.

Die moontlikheid dat die lae-inkomste groepe 'n effektiewe teikengroep sal wees vir programme om welsynsuitgawes te besnoei, is groot. Die lae-inkomste ouer wat onderhoud moet betaal, wend hom dikwels tot die informele sektor vir 'n inkomste. Verdienste uit nie-formele ekonomiese aktiwiteite is nie belasbaar nie, omdat die inkomste om klaarblyklike redes nie verklaar word nie. Informele ekonomiese gedraginge word nie maklik deur kwantitatiewe opname-tegnieke aan die lig gebring nie. Daar is 'n groot behoefte daaraan om die waarde en die aard van informele ekonomiese aktiwiteite te bestudeer met die oog op regeringsbeleid ten aansien van onderhoud. Dit wil voorkom asof antropologiese dataversamelings-tegnieke die aangewese keuse is vir die insamel van data oor informele ekonomiese gedraginge.

(c)  Ekonomiese druk

Met navorsing is bevind dat daar 'n verband is tussen ekonomiese spanning (werkloosheid, verlies aan inkomste, langtermyn armoede), die gesin en welsynshulp. Byvoorbeeld:

  • werkloosheid laat gesondheidsprobleme toeneem, maar welsynshulp kan help om die probleem te bekamp

  • werkloosheid onder lae-inkomste gesinne kan so 'n gesin se kans dat die huwelik op die rotse sal loop, laat vergroot

  • 'n familielid buite die kerngesin kan help om die gesin se inkomste aan te vul deur sy/haar intrek by die gesin te neem wat dan die ongetroude moeder van die gesin die geleentheid bied om die arbeidsmark te betree. Hierdeur word die afhanklikheid van welsynshulp verminder

  • vrygelate gevangenes wat terugkeer na 'n gesin, plaas 'n groot finansiŽle las op die gesin. Indien so 'n gewese gevangene egter tydelik na sy/haar vrylating 'n welsynstoelaag sou ontvang, sou dit enersyds die ekonomiese druk op die gesin verlig en andersyds voorkom dat die persoon nie weer terugval op misdaad nie.

Kelly stel die volgende skema voor waarin hierdie drie gedagtes, naamlik ekonomiese spanning, gesin en welsynshulp, saamgevat word. Die skema kan help om metodes te bepaal vir gesinsbeleidnavorsing ten aansien van die gesin as 'n medium waardeur spanning verwerk word:

  1. Armoede is 'n kragtige en langdurige armoede 'n nog groter oorsaak van spanning. Die moontlikheid dat 'n arm gesin se huwelik sal misluk is goed.

  2. Ekonomiese spanning laat die gesin na ander familiebetrekkings en selfs vriende opsien vir hulp. Sodanige hulp kan bydra dat die gesin minder afhanklik is van welsynshulp.

  3. Familiebetrekkinge en vriende van die gesin moet twee funksies ten aansien van die gesin verrig:

    1. die familie- en vriendenetwerk dien as 'n meganisme waardeur hulpbronne verkry of gedeel word

    2. die netwerk van vriende en familie dien as 'n medium waardeur spanning verwerk word.

Die wyse waarop spanning verwerk word, is nie 'n sosiale verskynsel wat homself maklik leen tot kwantitatiewe analise nie. Dit wil voorkom asof dataversamelingstegnieke aangaande hierdie verskynsel, ook onderhoude en partisiperende observasie moet insluit.

Die metodologiese sintese wat nodig is vir gesinsbeleidnavorsing, behels die integrasie van intensiewe onderhoudvoering, partisiperende observasie en ander data versamelingstegnieke van veldwerk, met kwantitatiewe deursnee- en longitudinale opname-ontwerpe, sowel as eksperimentele ontwerpe.

In die geval van opnames kan 'n strategiese steekproef binne 'n vorige steekproef uitgevoer word as deel van 'n opvolgaksieprogram. Verder kan antropologiese veldwerkers persone met verloop van tyd opspoor wat lewensoorgange ondergaan het. Rekenaargebaseerde tegnieke kan aangewend word om kwalitatiewe data te analiseer - sortering volgens onderwerp.

Daar moet egter rekening gehou word met die felt dat etnografiese kwalitatiewe navorsing nie alleen kan staan as 'n vorm van beleidnavorsing nie. Kwalitatiewe navorsing kan egter 'n be langrike funksionele en koste-effektiewe komponent uitmaak van kwantitatiewe projekte waardeur laasgenoemde groter betekenis verkry. Kwalitatiewe sosiale wetenskaplikes is sensitief vir en worstel met die kompleksiteit van betekenis. Kwantitatiewe analitici is geneig om minder waarde te heg aan die kwessie van betekenis en derhalwe eksperimentele en kwasi-eksperimentele probleme wat te make het met kontrole vir mededingende hipoteses belangriker te ag.

Ten slotte moet daar deeglik rekening gehou word met fenomenologiese struikelblokke, want gesinsbeleidnavorsing het te make met egte mense en egte gesinne. Sosiale antropoloŽ het tradisioneel 'n navorsingsmetode wat op sigself 'n fenomenologiese konstruksie is, gebruik om hulle wereld te kan begryp. Hierdie fenomenologiese konstruksie kan beskryf word met uitdrukkings soos: verkennend, betrokke, holisties, verklarend, langtermyn. Daarenteen verskil die beleidanalitikus se metode met diť van die kwalitatiewe navorser en kan beskryf word met uitdrukkings soos: gerig op verandering, gesegmenteerd, manipulerend, magsbewus, tydsgebonde, prakties. Die analitikus se metode word gerig deur 'n koste-voordeel en besluitteorie rasionaal, en is ingebed in burokratiese organisasies.

Ondanks die inherente wanklanke tussen die wÍrelde van werklike mense, navorsers en beleidanalitici, is daar 'n behoefte aan 'n geldige en betroubare oorbrugging van hierdie wÍrelde. In laasgenoemde verband kan kwalitatiewe metodes 'n sentrale rol speel.

SUMMARY

1.  INTRODUCTION

Discussion regarding the improvement of quality of life is an indication that a difference exists between the prevailing quality of a particular way of life and the anticipated and attainable standard of life sustenance.

This difference is keenly experienced by all persons involved. Instances which have the means to contribute towards the removal of such differences, should be enabled to evaluate the existing differences, in order to design strategies which could be employed to eliminate them as far as possible. This implies that information regarding the identified differences should be obtained by using acceptable research methodological procedures. The obtained information could be used to:

  • describe existing conditions

  • carry out directed and specific observation

  • do systematic microscopic investigation in order to indicate the attainable conditions

  • verify hypotheses regarding the bridging of the identified discrepancy between the prevailing and possible conditions

  • design training programmes with their supporting curricula.

2.  METHODS FOR THE EVALUATION OF THE PROBLEM OF QUALITY OF LIFE

2.1  Phenomonglogical analysis

In order to identify meaningful variables an eidetic reduction of the phenomenon quality of life should be carried out. Essences revealed in this manner could serve as valuable variables in the descriptive research and content analysis suggested in the preceding paragraph.

2.2  Descriptive research

Descriptive research consists of the gathering of information in order to

  1. verify hypotheses, or

  2. answer questions regarding the prevailing conditions pertaining to the object of investigation. The aim of a descriptive study is an accurate assessment of existing conditions.

Examples of descriptive studies are assessments of attitudes, opinions, conditions and procedures.

Descriptive gathering of information consists mainly of -

    >LI>questionnaires

  1. interviews

  2. observation.

Descriptive research normally proceeds as follows:

  1. problem selection
  2. formulating the problem
  3. literature study
  4. problem reduction
  5. problem classification
  6. problem evaluation
  7. formulating the hypothesis (where necessary and possible)
  8. selection of sample groups and the gathering of data:
    which population group could best provide the required information?
  9. determining the sample size
  10. selection of the best method for obtaining information (questionnaires, interview, observation) and
  11. meticulous planning and carrying out the research:

    1. when and how will the selected techniques be used?
    2. which procedures will be followed in analizing the data?

Descriptive studies can be classified according to the methods used to gather the information:

  1. Self report

    Information is obtained from individuals by for instance using questionnaires, interviews and standardised scales.

  2. Observation

    In this instance individuals are not approached for information. The researcher gathers his information by other means such as direct observation.


VERWYSINGS

  1. BELLENS, H C, en VAN HERBRUGGEN, C: Evaluating the quality of life in Belgium. Social Indicators Research, Vol 8, 1980, p 311-326.

  2. BRINKERHOFF, M B en JACOB, J C: Alternative Technology and Quality of Life: an exploratory survey of British Columbia smalI holders. Social Indicators Research, Vol 14, No 2, 1984, p 177-194.

  3. COLE, G: Employee attitude surveys - a new role for trainers. Journal of European Industrial Training, Vol 5, No 6, 1981, p 12-15.

  4. DOBRIYANOV, V: Social activity as an indicator of the way of life. Tenth World Congress of Sociology. Mexico, 1982 (25 bladsye).

  5. FLAHAGAN, J C: Changes needed in our educational system to improve the quality of life of Americans. Education, California, Vol 100, No 3, 1980, p 199-202.

  6. FRY, G W: EmpiricaI indicators of educational equity and equality: a Thai case study. Social Indicators Research, Vol 12, 1983, p 199-215.

  7. GOUWS, L A et al: Psigologie-woordeboek. McGraw-Hill, Johannesburg, 1979, p 111.

  8. GWYNN, D B: Structural indicators of quality of life: a comparative study of 121 municipalities of Jalisco, Mexico. Paper presented at the 1978 annual meeting of the Rural Sociological Society (23 bladsye).

  9. KELLY, ROBERT F: Family Policy Analysis: The Need to Integrate Qualitative and Quantitative Research Methods. Sociological Methods and Research, Vol 13, No 3, February 1985, p 363-382.

  10. MALLMANN, C E: Socio-political environment and quality of life. Methodological Considerations on their observation and evaluation. Paper prepared for the session on Social Ecology and Quality of Life, 9th World Congress of Sociology, 1978, Uppsala, Sweden (14 bladsye).

  11. MILBRATH, L W: Policy relevant quality of life research. Annuals, AAPSS, July 1979, p 32-45.

  12. MOBERG, D O: The development of social indicators of spiritual well-being for quality of life research. Paper presented at the World Congress of the Ninth International Sociological Association. Sociological Analysis, Vol 40, No 1, 1979, p 1-14.

  13. MōLLER, V en SCHLEMMER, R: Quality of life in South Africa: Towards an instrument for the assessment of quality of life and basic needs. Social Indicators Research, Vol 12, 1983, p 225-279.

  14. MōLLER, V en SCHLEMMER, R het byvoorbeeld hulle evalueringsinstrument gebruik in 'n navorsingsprojek met die titel: Poverty and Quality of Life among Blacks in South Africa, as deel van die Second Carnegie Inquiry into Poverty and Development in Southern Africa. Carnegie Conference Paper, No 6, Cape Town, April 1984, p 13-19.

  15. MUKHERJEE, R: On the quality of life in India: a exploratory Survey. Social Indicators Research, Vol 9, 1981 , p 855-1176.

  16. OLSEN, H E, CANAN, P en HENNESSY, M: A Value-Based Community Assessment Process: Integrating Quality of Life and Social Impact Studies. Sociological Methods and Research, Vol 13, No 3, February 1985, p 325-341,

  17. TRAVERS, M W: An introduction to Educational Research. MacMillan, New York, 1964, p 265-266.

  18. TREMBLAY, L R, WALKER, F S en DILLMAN, D A: The quality of life experienced by rural families. Paper presented at the 1982 annual meeting of the Rural Sociological Society, p 38-61.

  19. 'n Uitgebreide omvattende korrelasie-ondersoek (veral korrelasie tussen objektiewe en subjektiewe indikators van lewensgehalte is onderneem deur
    WALTER-BUSCH, E: Subjective and objective indicators of regional quality of life in Switzerland. Social Indicators Research, Vol 12, 1983, p 337-391.

  20. WASSERMAN, C M E en CHUA, L A: Objective and subjective social indicators of the quality of life in American SMSA's : A re-analysis. Social Indicators Research, Vol 8, 1980, p 365-381.