Professor W A Landman


Terug na lys van publikasies

NAVORSINGSMETODOLOGIE VIR
NIE-FORMELE ONDERWYS : LEWENSGEHALTE
DEEL 2


3.6  Lewensgehaltenavorsing : observasie- en evalueringsmetodologie (Mallmann, 1978:1-14)

Mallmann onderstreep die betekenis van observasie en evaluering in die navorsing wat handel oor lewensgehalte en stel voor dat dit voltrek word aan die hand van die volgende stappe:

Stap 1

Inventaris in die taal van die betrokke mense, van begeertes, aspirasies, bevredigers ("satisfiers"), aktiwiteite en gewoontes wat waargeneem is in onversteurde kulturele situasies. Dit impliseer dat die waarnemer deel moet wees van die sisteem wat bestudeer word.

Stap 2

Sistematisering en konseptualisering van die inventarisse, nadat vasgestel is hoe dit begrypbaar gemaak moet word vir die betrokke populasie.

Stap 3

Bepaling met die hulp van die betrokke populasie van hulle behoefte-opvattings, behoefte-prioriteite, bevredigers, bevrediging-prioriteite, begeertes en aspirasies: Die aktiwiteite en gewoontes wat hiervan blyke gee, moet beskryf word.

Stap 4

Bepaling van die sosio-politieke faktore wat aanleiding gee tot behoefte-opvattings, ensovoorts.

Stap 5

Bepaling met die hulp van die betrokke populasie van moontlike strategieë om die ontwikkeling wat hulle verlang, te bewerkstellig.

Stap 6

Periodieke herhaling van stappe 1-5 ten einde rekening to hou met die subjektiewe en dinamiese aard van die ontwikkelingsproses wat aan die gang is.

Die inventaris waarvan daar sprake is in die eerste stap kan beskryf word as 'n lys van die aangeleenthede wat in die derde stap genoem is wat aan persone voorgelê word in die vorm van 'n reeks vrae (vraelys en onderhoud) of stellings (beoordelingskale) om vas te stel watter daarvan aanwesig is en hoe. (Gouws 1979:139).

3.7  Lewensgehaltenavorsing : kritiese-insident-tegniek

Die kritiese-insident-tegniek is 'n metode vir die bestudering van gedraginge. Observasies van handelinge in situasies wat òf natuurlik òf oorwegend natuurlik is, word gemaak en hiervan word afleidings oor die betrokke persone (populasie) gemaak. (Gouws, 1979:165).

Travers (1964:265-266) sê dat die kritiese-insident-tegniek van Flanagan in essensie 'n observasiemetode is wat egter ook van die waarnemer verwag om te beoordeel wat waargeneem moet word en wat nie. Dié tegniek is 'n metode van 'n groep se begrip van wat daartoe bydra dat 'n beoefenaar van 'n bepaalde beroep meer doeltreffend is as ander beoefenaars daarvan.

Flanagan (1980:199-202) het ten aansien van lewensgehalte duisende kritiese insidente (duidelike gedraginge) versamel en daaruit 'n stel van vyftien faktore wat bydra tot lewensgehalte, ontwikkel. Dié vyftien komponente is dan gebaseer op die kollektiewe ervaring van 'n groot aantal persone wat verslag gedoen het oor 'n spesifieke gedraging of omstandigheid wat hulle wyse van lewe beter gemaak het, wat hulle wyse van lewe swakker gemaak het, wat besonder bevredigend was, wat besonder hinderlik was, wat steeds bevrediging verskaf, wat steeds hinderlik is, wat 'n sterk positiewe emosionele impak gehad het en wat 'n sterk negatiewe emosionele impak gehad het. Die voordeel van hierdie benadering is dat dit gebaseer is op spesifieke gebeure met die waargenome en beoordeelde konsekwensies daarvan.

Die stel van vyftien bydraers tot lewensgehalte voorsien 'n eksplisiete verwysingsraamwerk vir die evaluering van die bydraes wat onderwys maak tot lewensgehalte. Flanagan rangskik dit onder vyf hoofde:

  1. Physical and material well-being

    1. Material comforts - things like a desirable home, good food, possessions, conveniences, an increasing income and security for the future.

    2. Health and personal safety - to be physically fit and vigorous, to be free from anxiety and distress, and to avoid bodily harm.

  1. Relations with other people

    C.  Relationships with your parents, brothers, sisters and other relatives - things like communicating, visiting, understanding, doing things, and helping and being helped by them.

    D.  Having and raising children - this involves being a parent and helping, teaching and caring for your children.

    E.  Close relationship with a husband/wife/a person of the opposite sex.

    F.  Close friends - sharing activities, interests and views; being accepted, visiting, giving and receiving help, love, trust, support, guidance.

  2. Social, community and civic activities

    G.  Helping and encouraging others - this includes adults or children other than relatives or close friends. These can be your own efforts or efforts as a member of some church, club or volunteer group.

    H.  Participation in activities relating to local and national government and public affairs.

  3. Personal development and fulfillment

    I.  Learning, attending school, improving your understanding, or getting additional knowledge.

    J.  Understanding yourself and knowing your assets and limitations, knowing what life is all about and making decisions on major life activities. For some people, this includes religious or spiritual experiences. For others, it is an attitude toward life or a philosophy.

    K.  Work in a job or at home that was interesting, rewarding, worthwhile.

    L.  Expressing yourself in a creative manner in music, art, writing, photography, practical activities, or in leisure time activities.

  4. Recreation

    M.  Socializing - meeting other people, doing things with them, and giving or attending parties.

    N.  Reading, listening to music, or observing sporting events or entertainment.

    O.  Participation in active recreation - such as sports, traveling and sightseeing, playing games or cards, singing, dancing, playing an instrument, acting and other such activities.

Flanagan het 'n prosedure wat hy monadiese analise noem, toegepas op die gegewens wat ingesamel is. Monadiese analises is persoongesentreerd. Elke indiwidu word intensief bestudeer en so word kritiese faktore wat 'n persoon se wyse van lewe beinvloed, aan die lig gebring. Subjektivisme word uitgeskakel deurdat onafhanklike waarnemers en beoordelaars betrek word.

Bevindinge wat verkry word uit monadiese analises van kritiese insidente kan sinvol aangewend word vir verdere navorsing aangaande:

  • Leer

  • selfbegryping

  • beroepsoriëntering

  • opleidingsprogramme

  • kurrikulumevaluering en -ontwikkeling.

3.8  Houdingevaluering deur gestruktureerde vraelyste en persoonlike onderhoude te kombineer (Cole, 1981:12-15)

Cole het die volgende ondersoek in 'n bepaalde maatskappy onderneem.

Hy beskryf sy prosedure sons volg:

  1. Planning the Survey:

    It is most important, and the success of the survey may depend on it, to discuss the survey beforehand with everyone who will be involved - directors, managers, supervisors and employees. This gives the twin benefits of gaining participants' co-operation and of preventing problems later through suspicion or misunderstanding. Employees at all levels from managers to tea ladies usually raise doubts about the action to be taken after the survey and whether it would be a waste of time. They need to be assured that the whole purpose is to make improvements based on the results of the survey, and that the survey is the initial step.

    Managers in particular raise concerns about the possibility of unreasonable criticism from employees. Fortunately, this rarely occurs. Experience tends to show that employees react in a highly responsible manner, they raise legitimate problems, while their suggestions for improvement are invariably within the scope of local management.

  2. Designing the Questionnaire

    The aim is to secure the clear understanding, trust and willing co-operation of participating employees by designing a questionnaire which is easy to understand and as brief as possible. With this in mind, certain principles apply:

    • Involve management and employee representatives in questionnaire design

    • Limit the number of questions to 50 at the most

    • Achieve wide breadth questions

    • Do not use check questions

    • Use simple, commonly used language

    • Provide for written comments

    • Invite only four responses to each question to avoid the central tendency.

    With these principles in mind, the question should look like this:

      Shop stewards are better informed about Company matters than foremen.

      1. ... always
      2. ... usually
      3. ... seldom
      4. ... never

  3. Administering questionnaires

    Canteens and conference rooms are ideal locations for employees to complete their questionnaires. After a brief introduction by a senior manager, who then leaves the room, the trainer explains the mechanics of the survey and invites questions. Questionnaires are strictly anonymous and after completion are placed in ballot boxes by participants themselves.

  4. Conducting Interviews

    Group interviews are conducted with participants a day or so after the questionnaires have been completed. Ideally, there should be six to eight people in each group. Interviewers are selected by ballot at the same time as the questionnaires were being completed. At this time, participants are asked to list on a card the name of two or three colleagues who they feel would best represent the views of employees in a group interview. Individuals receiving the most votes are selected for interviews.

    Interviews usually last about two hours, during which the group is shown the questionnaire results and asked to comment and give reasons why problems exist. The purpose of the interviews is to establish the causes of the problems and to ascertain why employees react in the way that they do.

  5. Reporting Results

    The report should not whitewash the situation, but rather it should convey the tone, both good and bad, of what people think about the situation. If well written, it will represent an absorbing and honest reflection of company performance, and will often produce a powerful effect afterwards. This can be enhanced by the liberal use of quotations without, of course, identifying the sources.

  6. Deciding Action

    Employees develop their own solutions under the control of the trainer. Project teams are formed with six to eight people - managers, supervisors and employees together. Each team is allocated specific problems and asked to develop solutions. This may take two days of continuous work or be divided into a series of regular meetings over several weeks.

    3.9  Onderhoude aan die hand van gestandaardiseerde metinge (Brinkerhoff en Jacob, 1984:177-194)

    Onderhoude aan die hand van 'n onderhoudgids wat bestaan uit beide gestruktureerde en oop items is gevoer ten einde 'n aantal geselekteerde eienskappe en gedraginge wat verband het met lewensgehalte, te analiseer. Met die hulp van 'n aantal indekse (indeks: 'n verhouding wat op die waardes van een of meer veranderlike gebaseer is en wat as aanduiding van 'n bepaalde toestand gebruik word) (Gouws, 1979:129) is 'n aantal lewensgehalte-indikators geïdentifiseer wat as onderhouditems aangewend is. Die indekse wat gebruik is, was 'n Technological Self-Reliance Index. 'n Family Skill Index en 'n Quality of Life Satisfaction Index. Die volgende is 'n aantal lewensgehalte-indikators ten aansien van 'n aantal plotbewoners, wat geïdentifiseer is.

    1. Persoonlike ontwikkeling

    2. Finansies

    3. Selfstandigheid

    4. Algemene tevredenheid

    5. Tevredenheid met plotlewe.

    Vervolgens is korrelasies (Kyk ook: Walter Busch, 1983:337-391; Wasserman en Chua, 1980:369-381) bereken tussen die geselekteerde lewensgehalte-indikators en aangeleenthede soos tegniese selfstandigheid, gesindheid en ideologie (lewensopvatting) en demografiese faktore.

    'n Betekenisvolle bevinding is dat gesondheid- en ideologiese faktore van primêre belang is by die belewing van lewensgehalte.

    3.10  In-diepte verslaggewing met statistiese analise (Fry, 1983:199-215)

    Fry wil deur in-diepte verslaggewing kom met 'n openbaring van indikators ten aansien van billikheid en gelykheid van onderwysvoorsiening. Billikheid is 'n normatiewe begrip wat dui op regverdigheid en verwys nie noodwendig na gelykheid van resultate of insette ("inputs") nie. Gelykheid is 'n kwantitatiewe begrip en verwys na die mate van kwantitatiewe verspreiding ("dispersion") van 'n besondere indikator.

    Die volgende is voorbeelde van empiriese indikators wat Fry aanwend: verskil in per capita besteding is 'n deskriptiewe indikator van die graad van gelykheid. Deskriptiewe indikators word uitgedruk in statistiese terme soos gemiddeldes, proporsie en variansiekoëffisiënte. ('n Variansiekoëffisiënt is 'n maatstaf van die relatiewe dispersie van 'n stel tellings. Dit word bereken deur honderd maal die standaardafwyking te deel deur die rekenkundige gemiddelde) (Gouws, 1979:316).

    Daarenteen: 'n zero-korrelasie tussen sosio-ekonomiese agtergrond en skolastiese prestasie sal 'n analitiese indikator van gelykheid wees. Analitiese indikators is gewoonlik Pearson of rangorde korrelasies. (Pearson-produkmoment-korrelasie= koëffisiënt) is 'n koëffisiënt wat 'n aanduiding gee van liniêre korrelasie tussen twee veranderlikes. Rangordekorrelasie is enige korrelasie tussen twee veranderlikes waarvan die waardes 'n rangorde vorm (Gouws, 1979:253). Byvoorbeeld: die rangorde korrelasie tussen per capita rykdom van 'n staat en sy per capita uitgawe aan onderwys sal 'n analitiese indikator van billikheid wees. Gewoonlik sal 'n koëffisiënt van zero perfekte billikheid en gelykheid impliseer terwyl h koëffisiënt van een perfekte onbillikheid en ongelykheid aandui.

    Praktiese oorwegings vereis dat daar betekenisvolle indikators van billikheid en gelykheid geïdentifiseer moet word om die staat se onderwysprogramme, beleid en hervormings to evalueer. Metodologies is dit belangrik om 'n hele aantal metodes en databronne aan te wend. Daar moet dus 'n omvattende stel empiriese indikators geïdentifiseer word. Statistiese indikators wat Fry aanwend is die variasiekoëffisiënt as 'n meting van gelykheid, 'n selektiewe indeks wat die mate van ooreenstemming tussen 'n werklike toestand en 'n ideale toestand toon, die Pearson-korrelasiekoëffisiënt en eenvoudige proporsie (p = die numeriese verhouding van een deel tot die geheel) (Gouws, 1979: 243). Verder word Fry se diskrepansieratio aangewend om die omvang van gelykheid-ongelykheid langs 'n kontinuum van 0 tot 1, te meet. 0 dui geen wanverhouding en dus perfekte billikheid en gelykheid aan. Fry dui breedvoerig aan welke empiriese indikators hy gebruik (kenmerke van onderwysvlak-voorskools, primêre skool, sekondêre skool, tersiêr) asook die statistiese prosedures wat hy ingeskakel het.

    Die waarde van bevindinge wat op hierdie wyse verkry word, is dat dit aanleiding gee tot die daarstelling van programme om ongerymdhede en ongelykhede uit te skakel. Verder kan waardevolle sistematiese gegewens beskikbaar gestel word vir beleidmakers en beplanners.

    Na Deel 3