Professor W A Landman


Terug na titels van publikasies

Terug na Tuisblad

FENOMENOLOGIE EN KURRIKULUMSTUDIE
DEEL 1

Phenomenology and curriculum studies. Curriculum Studies is a scientific investigation regarding the most effective way in which teaching and learning actualize. Everyday experiences of persons who are involved with curricula are aspects which need phenomenological analyses known as critical remembrance. Autobiographical texts are analysed by means of critical remembrance procedures in conjunction with phenomenological steps of thinking.
S. Afr. J. Educ. 1984, 4: 63-69

Kurrikulumstudie is 'n wetenskaplike ondersoek na die mees effektiewe wyse van onderrig en leer. Alledaagse ervaringe van die persone wat betrokke is by kurrikula het fenomenologiese analise wat bekend staan as kritiese herinnering nodig. Outobiografiese tekste word geanaliseer deur middel van kritiese herinneringprosedures in samehang met fenomenologiese denkstappe.
S.-Afr. Tydskr. Opvoedk. 1984, 4: 63-69


1.  Inleidend
Kurrikulumstudie geskied ter ondersteuning van kurrikuleringshandelinge, dit wil sÍ van

  • die daarstelling van 'n bepaalde onderwysprogram ten aansien van die inhoudelike aspek van onderwys;
  • die verantwoordbare daarstelling van onderwysinhoude;
  • die wetenskaplike uitvoering van kurrikulumprojekte;
  • wetenskaplike bedrywighede wat geselekteerde, geordende en geŽvalueerde onderwysinhoude as uitkoms het;
  • wetenskaplike aktiwiteite wat gerig is op die betekenisvolheid en lewensnabyheid van onderwysinhoude;
  • wetenskaplike seleksie van gepaste didaktiese riglyne; en wetenskaplike omgang met
    • kurrikulumontwerp: die beplanning en uitvoering van die handeling wat grondliggend is tot kurrikulering in die lig van 'n navorsingsprogram met die hulp van navorsingsmetodologie;
    • kurrikulumevaluering: beoordeling van die bedrywighede wat praktykverbetering vanweŽ die aanwending van geselekteerde en geordende onderwysinhoude as uitkoms het;
    • kurrikulumdisseminasie: versameling en verspreiding van kurrikulumkennis;
    • kurrikulumontwikkeling: groei deur die aanwending van navorsingsprosedures en voortdurende uittoetsing in die praktyk met behoud van aangeleenthede met praktykverbeteringbetekenis.1

Verbetering in die onderwyspraktyk word ten diepste geraak deur die inhoud wat aangebied word en die paslikheid van didaktiese riglyne. Dit is aan die hand van bepaalde inhoude dat daar probeer word om opvoedingsdoelstellings te bereik. Mens-wees is deurweef met verworwe inhoude. Die kind moet gemotiveer word tot die verwerwing van geselekteerde inhoude. Verbetering van onderwysinhoud en seleksie van didaktiese riglyne, verg voortdurende navorsende aandag wat sy oorsprong vind in die werklikheid van onderwysinhoud vir aanwending in didaktiese situasies. Probleme wat ondervind word met inhoud moet opgelos word onder andere in die lig van inhoudkriteria, te wete lewensopvatlike toelaatbaarheid, onderrigbaarheid, leerbaarheid, beroepsbetekenisvolheid en opvoedingswaarde.2

Die voorwaardes waaraan daar voldoen moet word sodat kurrikulumstudie betekenis vir die onderwyser kan hÍ, is

  • hy moet 'n goeie begrip hÍ van die betrokke navorsing;
  • hy moet weet wat die doel van die navorsing is;
  • hy moet weet van welke belang die navorsingsresultate vir hom sal wees;
  • hy moet self deelneem aan navorsingsprojekte, veral ook deur die bekendstelling van sy eie ervaringe en belewinge ten aansien van die onderrigsituasies in die lig van sy kennis van onderrigsinhoude wat op datum moet wees, sy kennis van paslike didaktiese riglyne en sy bekendheid met die wesenskenmerke van opvoeding.
Wie kurrikulum sÍ, sÍ onmiddellik inhoud. In die voorgaande paragrawe is daar telkens sprake van onderwysinhoud en daarmee gepaardgaande didaktiese riglyne. Die volgende kan as kenteoretiese argumente beskou word waarom 'n eenheidshandeling soos kurrikulering beide onderwysinhoud en didaktiese riglyne behoort in te sluit.
  • 'n Fenomenologiese analise toon dat elke werklikheidsaspek twee grondmomente bevat wat nie na mekaar herlei kan word nie: 'n draende, opnemende moment en 'n inhoudelike moment. Die draer is ontvanklik vir inhoud en soek na verwerkliking. Dit is die funksie van die inhoud om die verwerkliking te bewerkstellig.3 Omdat onderwysinhoude deur didaktiese riglyne gedra word, is daar sprake van didaktiese verwerkliking.
  • Inhoud kom in vorm tot uitdrukking en gaan daarin op sodat die vorm vir die inhoud bepalend word.4 Die vorm (didaktiese riglyn) bepaal wat daar van die onderwysinhoud gaan word en is dus 'n moontlikheidsvoorwaarde vir die verwerkliking daarvan. Vorm soek na inhoud en inhoud soek na vorm: vorm en inhoud soek na mekaar.

2.  Besinnende denke
Ten aansien van kurrikulumevaluering word die stelling gemaak: 'Evaluation specialists prefer data, however trivial, to human perceptions, however true'5 Willis maak'n saak uit vir die aanwending van natuurlike metodes in kurrikulumstudie wat minder afhanklik is van gekontroleerde eksperimentering en instrumentering en meer gerig is op direkte observasies en denkende beslissings deur die aktiewe deelnemers aan die kurrikulum. Hy stel dan die volgende as vier basiese handelinge wat inherent is aan evaluering:

  1. Observasie: persoonlike waamemings in spesifieke situasies word beklemtoon;
  2. Beskrywing: 'n noukeurige en verhelderende uitbeelding van die mees betekenisvolle kenmerke van 'n spesifieke situasie;
  3. Interpretasie: 'n weergawe van die betekenis van betekenisvolle waarnemings in die lig van 'n besondere teorie; en
  4. Beoordeling: kritiese bekyking van die kwaliteit en betekenisvolheid (sin) aangaande dit wat aan die lig gekom het. Dit kan gedoen word in die vorm van vrae soos:
  • Hoe goed word dit gedoen wat gedoen word?
  • Is dit die moeite werd (waardevol) om dit te doen?

    Alle vorme van natuurlike evaluering moet (volgens Willis) al vier hierdie komponente bevat wat evaluering dan as duidelike menslike aktiwiteite sal kenmerk. Dan word menslike bewussyn nie ondergeskik gestel aan die werkinge van 'n tegniese sisteem nie maar daar word waarde geheg aan die kenmerke van menslike ervaring. Daarom begin alle vorme van natuurlike evaluering met persoonlike waarnemings (observasies) en insigte. Die geldigheid wat die waarnemings en insigte moet hÍ, word hoog aangeslaan.

    'n Sinvolle vraag om nou te vra, is of dit moontlik is om hierdie geldigheid betekenisvol te verhoog. In hierdie verband lyk die aanwending van 'n fenomenologiese metode belowend. Dit is so aangesien daardeur wegbeweeg word van 'n berekende denke wat ingestel is op verklaring met die doel om te kontroleer, in die rigting van besinnende denke wat ingestel is op begryping (Heidegger).
    Besinnende denke geskied met inagneming van

    • persoonlike lewensbeskrywings (outobiografieŽ) en waardeopvattings;
    • oopdekking van betekenisse (sin);
    • ontwikkeling van begryping;
    • verwysing na beleefde ervaring;
    • vermindering van illusie (onwerklikheid) en verdraaiing nadat dit aangetoon is;
    • uitskakeling van wanopvattings.6

    Daar word met kurrikulumstudie 'n aanvang geneem met 'n intensiewe betrokkenheid by beskikbare gegewens:

    • 'n bepaalde probleem word as fokuspunt geneem;
    • gegewens word verkry uit alle potensieel betekenisvolle bronne;
    • seleksie van betekenisvolle gegewens geskied;
    • 'n databank kom tot stand;
    • professionele toepassingsmoontlikhede van betekenisvolle gegewens begin daarna duidelik word en strukturering daarvan word moontlik. Dit geskied deur
      • identifisering van verskillende waardegebiede;
      • gevoelsmatige betrokkenheid deur, inleef; empatie, simpatie, antipatie.
    (Macdonald: 'I enter into the task as a feeling person, a committed being, as well as a thinker and doer'.)7

    3.  Kurrikulumstudie: fenomenologie in aksie
    Fenomenologiese denkers wys daarop dat die intensionele komponente van menslike gedraginge dikwels verwring word deur modelle wat uitsluitlik berus op kwantifisering, iets wat eie is aan die natuurwetenskappe.8 Fenomenologie sal vereis dat die kurrikulum ontwerp moet word vanuit die perspektief van diegene vir wie dit ontwerp word, met beklemtoning van die waarde van indiwiduele biografieŽ as vorm van situasieanalises, dus van biografiese momente wat beleef is deur unieke indiwidue. Persoonlike eksistensie word geŽksploreer sodat handelinge (situasies) begryp kan word in terme van die betekenis van voorafgaande ervaringe. Dit vereis 'n heldere beskrywing van daardie ervaring, gepaard met betekenisvolle interpretasie en beoordeling wat 'n uitvloeisel is van 'n intensiewe ontmoeting tussen die persoon wat wil begryp en een of ander opvoedingsverskynsel (gebeure).9

    In 'n resente publikasie10 merk die kurrikulumdeskundige William Pinar op dat fenomenologiese analises navorsers daartoe aanspoor om aandag te gee aan leefwÍreldervaringe. Die natuurlike word na vore gebring en daar word gebruik gemaak van die lewenskrag van die leefwÍreld. Daar word gefokus op die alledaagse leefwÍreld en op geleefde ervaring as databron. In die lig hiervan beklemtoon Pinar die waarde van outobiografiese verslae van onderwyservaring as vorm van situasie-analises wat met behulp van fenomenologiese metodes bestudeer kan word. Sodanige studie kan lei tot die ontwikkeling van kategorieŽ van kurrikulumteorie binne die raamwerk van onderwyservaring sodat tot begryping gekom kan word. Dit gaan hier primÍr om die begryping van persoonlike betekenisse van deelnemers aan klaskamersituasies. Indiwiduele begryping en belewing van 'n situasie is in 'n besondere mate kenmerkend van daardie situasie.

    Die metode wat Pinar voorstel is soos volg:

    1. 'n Onderwyser (resp. kurrikulumdeskundige, onderwysinhouddeskundige) word gevra om 'n opstel te skryf wat handel oor 'n bepaalde aspek van kurrikulering. Elke opstel moet drie vertellinge ('narratives') bevat wat die skrywer as sy betekenisvolle onderwyservaring beskou. So ontstaan 'n outobiografiese teks.
    2. Vervolgens word daar aan die hand van die drie vertellings definisies ontwerp wat dan definisies is wat spesifieke onderwyservaring belig.

    Diť aangeleentheid kan volgens skrywer hiervan verskerp word deur eidetiese reduksie wat uitloop op die samestelling van 'n essensietabel:

    Prosedure (i) - Wesensanalise. Vir elke teks wat bestudeer word, word die wesenlike uitgehaal en in betoogvorm neergeskryf.
    Gaan nou soos volg te werk:

    • Neem elke stelling (gedagte, uitspraak) in die betoog en lees dit aandagtig deur met onderstreping van die sleutelwoorde;
    • Reduseer diť sleutelwoorde tot een trefwoord (of kombinasie van trefwoorde); en
    • Skryf diť trefwoorde met hulle beskrywing neer (afgelei uit die betoog).

    Prosedure (ii) - Definisieverfyning: Bestudeer weer die beskrywing en stel vas of dit aan die volgende vereiste voldoen wat aan definisies gestel word: 'n Definisie berus op onderskeiding. Dit onderskei iets noukeurig van iets anders. Noukeurigheid dui op helderheid.

  • Die outobiografiese teks (met die definisies) word daarna onderwerp aan 'n vorm van analise wat beskryf kan word as kritiese herinnering (Critical remembrance). Die skrywer van die outobiografiese teks word terugverwys na sy eie ervaring waaraan by in die vorm van 'n outobiografiese teks met daaruit voortvloeiende definisies, uitdrukking gegee het. Dit word gedoen deur 'n aantal kritiese herinneringsopdragte aan die skrywer te gee met die doel om kognitiewe en affektiewe insigte te verskerp. Hierdie opdragte kan ook gesien word as wyses om essensieblindheid te verwyder, dus as vorm van fenomenologiese reduksie. Dit kwalifiseer ook as wyses vir die onthulling van essensies (essensiŽle betekenisse), dus as vorm van eidetiese reduksie.

    Pinar stel die volgende as opdragte:

    • 'n verklaring waarom sekere aspekte van die skrywer se ervaring beklemtoon word en ander geÔignoreer word;
    • 'n beraming van moontlike verdraaiings (foutiewe voorstellings) wat in sy beskrywings mag voorkom;
    • 'n aanduiding van moontlike weersprekings tussen die detail en die veralgemenings in sy teks;
    • 'n vergelyking tussen die uitsprake (beskryfde handelinge) wat gemeenskaplik mag wees aan al drie vertellings wat in sy teks voorkom. Hy let op tematiese ooreenkomste en ook op weersprekings;
    • verantwoording ten aansien van die teenstrydighede wat daar mag bestaan tussen sy definisies en die besondere vertellings waaruit dit gehaal is.
    Die doel van hierdie kritiese herinneringopdragte is om betekenisse wat die outobiografiese teks verberg het of betekenisse wat vergeet is, te openbaar. So kom die essensiŽle wat verborge is aan die lig met die oog op die aanwending daarvan in die toekoms.

    Die volgende is die kenmerke van Pinar se fenomenologiese metode van kritiese herinnering:

    1. dit is regressief aangesien dit 'n beskrywing van 'n persoon se intellektuele biografie bevat;
    2. dit is progressief aangesien dit die stel van toekomsverwagtinge moontlik maak;
    3. dit ie analities aangesien tit 'n analise van hede, verlede en toekoms vereis; en
    4. dit is sinteties aangesien verskillende fragmente van onderwyservaring saamgevoeg kan word en daar opnuut besin kan word oor die stappe wat vervolgens geneem moet word.

    Fenomenologie in die vorm van kritiese herinnering kan verskerp word deur die outobiografiese teks en die daaruit voorkomende definisies ook te beoordeel in terme van die volgende kriteria.11

    1. Begripsensitiwiteit: is paslike en tersaaklike woorde gebruik?
    2. Wesenlikheid: is daar 'n doelbewuste uitsoek van die wesenlike en word dit geskei van die onwesenlike?
    3. Positiwiteit: Blyk daar 'n skerp gevoeligheid vir die wesenlike en 'n weerstand teen die onwesenlike?
    4. Logika: hoe lyk die outobiografiese teks nadat die reŽls van die formele logika daarop toegepas is?
      • identiteitsbeginsel (begripkonstantheid);
      • teenspraakbeginsel (weersprekings uitgeskakel);
      • beginsel van voldoende rede (toereikende motivering).
    5. Objektiwiteit: is naiŽwe bevooroordeeldheid uitgeskakel?
    6. Sistematiek: is die gegewens wat in die teks voorkom goed georden of is die teks 'n blote versameling van gegewens?

    Die kenner van fenomenologiese handelinge sal vervolgens op 'n nog intensiewer wyse kan handel met die outobiografiese teks en met die daarmee gepaardgaande herinneringopdragte indien fenomenologiese denkstappe ingeskakel word.12 (Tabel 1).

    Deur op hierdie wyse met outobiografiese tekste as vorm van situasie-analise te werk te gaan, kan die ervare onderwyskundige 'n besonder betekenisvolle bydrae maak tot kurrikulumontwerp waardeur 'n stewige wetenskaplik-verantwoorde basis kan ontstaan vir kurrikulumevaluering. Hierdie werkwyse stel hom ook in staat daartoe om op kritiese wyse tekste wat kurrikulumvoorstelle bevat, behoorlik te evalueer.

    4.  Sin van die outobiografiese teks
    Van besondere betekenis is die Heideggerse uitspraak: 'Sagen ist zeigen'.13 Dit beteken dat om te verwoord is om te toon, dit wil sÍ om in die onverborgenheid te laat aankom verskyn). In outobiografiese tekste kan ervare onderwysmense wat beskik oor die nuutste vakkennis en didaktiese riglyne, hulle belewinge en ervaringe toon. Uit hierdie vertoning kan afleidings gemaak word aangaande die aan- of afwesigheid van dit wat betekenisvol is vir kurrikulering.
    Die onderwyser (resp. kurrikulumdeskundige, vakdeskundige) gaan in sy outobiografiese teks oor tot mededeling,14 dit wil sÍ deel met ander dit wat saam met ander (bv. kollegas, leerlinge) bevind en begryp is. Saam met ander is deelgeneem (of nie deelgeneem nie) aan betekenisvolle kurrikulumbedrywighede. Die 'nie deelgeneem nie' dui op bemoeienis met die kontradiksies van dit wat kurrikulumbetekenis het, wat goed met die begrip non-sens beskryf kan word.

    Dit is hierdie deelname waarvan daar verslag gegee word in die outobiografiese teks en wat kan dien as aan die lig bring en verifikasie van die betekenis van onderwyserervaring. Dit is die wyse en kwaliteit van deelname wat blyk uit die onderwyser en andere se selfbeoordeling (selfbetraging) in die vorm van 'n outobiografiese teks. Die mens is 'n wese wat aan homself verskyn en hierdie verskyning is 'n essensiŽle aspek van sy wese. Hy en sy gedraginge kan nie begryp word sonder kennis van hoe by aan homself verskyn nie.15 So verskyn ook die ervare deskundige onderwyser aan homself as praktiserende mens en kan by onder andere oor sy wyse van praktisering waarde-oordele uitspreek en ook hierdie oordele neerskrywe in die vorm van 'n outobiografiese teks.

    Die onderwyskundiges praktiseer in die onderwyswerklikheid en dit stel hulle daartoe in staat om sinsvrae te vra. In die wÍreld waarin hulle praktiseer, doen hulle keuses, voer hulle handelinge uit en vra hulle na die sin daarvan. Hulle vra na die sin van dit waarmee hulle besig is en probeer om antwoorde te gee. In die outobiografiese teks kan sinsvrae en die moontlike antwoorde daarop, verskyn. Dit is die sinsvrae en die antwoorde wat te make het met daardie onderwyspraktyk waarin kurrikuleerders belangstel.

    Die mens (dus ook die onderwyskundige) is 'n hermeneutiese wese deurdat by verborge betekenisse aan die lig kan bring.16 Hy doen dit onder andere deur interpretasie van sy handelinge en verwoording van sy begryping van dit wat om hom aangaan en die persoonlike betekenis wat hy daaraan gee. Vir die doel van kurrikulumstudie kan hierdie verwoording die vorm van 'n outobiografiese teks aanneem wat dan deur kritiese herinnering-opdragte uit te voer, geŽvalueer kan word.

    Tabel 1 Fenomenologiese denkstappe
      Uitwerking op die outobiografiese teks
    (a)  Wegdink Indien een of ander saak ten aansien van 'n beskryfde (gedinkte) situasie in die outobiografiese teks en definisies weggedink kan word en daardie situasie verander nie, kan so 'n saak maar geÔgnoreer word. (Vgl. Pinar se eerste vraag). So 'n saak het dan, wat kurrikulering betref, essensiestatus.
    (b)  Weghandel Indien een of ander saak ten aansien van 'n werklike onderwyservaring soos dit aan die lig kom in 'n outobiografiese teks weggehandel kan word en daardie ervaring se betekenis verander nie, kan so 'n saak maar geÔgnoreer word.
    (c)  Skeiding Wanneer daar bepaal word welke sake belangrik is in 'n outobiografiese teks en welke nie en die onbelangrike sake word verwyder (uitgeskakel) sal die belangrike sake helderder skyn (syn). Die belangrike sake word opgeneem in die definisies wat afgelei word uit die outobiografiese teks.
    (d)  Kontradiksies Vir elke betekenisvolle saak wat in die outobiografiese teks en in die definisies verskyn word die teenoorgestelde daarvan as moontlikheid gestel en word die negatiwiteit (of die positiewe) daarvan aangetoon sodat die positiewe (of die negatiwiteit) van die betrokke saak helderder kan skyn (Vgl. Pinar se tweede en derde vrae).
    (e)  Hermeneutiese vraag Van elke sinvolle saak wat in die outobiografiese teks verskyn word die volgende gevra: Waartoe dien die verwerkliking daarvan? Of: wat is die sin van die verwerkliking daarvan vir kurrikulering?
    (f)  Wek van lewe 'n Gedefinieerde saak wat lewensopvatlik aanvaarbaar is, is 'n lewendige saak (met gewekte lewe). Lewensopvatlike eise moet weerspieŽl word in die kurrikulering.
    (g)  Praktykwording 'n GedefinieŽrde saak wat deel kan word van 'n bepaalde praktyk (veral ter verbetering van daardie kurrikulumpraktyk) is 'n betekenisvolle saak en word aangewend in die kurrikulumontwikkeling.
    (h)  Kategoriale status 'n GedefinieŽrde saak wat aangewend kan word as beligtende denkmiddel, dit wil sÍ in terme waarvan die onderhawige kurrikulumpraktyk sinvol denkend beoordeel kan word, is 'n betekenisvolle saak vir kurrikulumontwikkeling.

    5.  Gevallestudie
    Die wÍreld van die onderwyser (resp. kurrikulumdeskundige, vakdeskundige) soos dit weerspieŽl word in die outobiografiese teks wat aan kritiese herinneringsprosedures onderwerp is, moet ingebou word in gevallestudies (Pinar).17

    Die gevallestudie kan bestaan uit

    • onderhoude met onderwysers gepaard met deskriptiewe observasie;
    • terugvoering na die kurrikulumdeskundiges of span met kontrole van die betroubaarheid van die deskriptiewe observasies met die moontlikheid van wysiging daarvan;
    • observasie van lesse (ook video-opnames);
    • terugvoering na kurrikulumdeskundiges;
    • samestelling van 'n konsep (kurrikulumvoorstelle) vir kommentaar;
    • sirkulasie van die konsep vir kommentaar;
    • weer terugvoering;
    • herskrywing in die lig van betekenisvolle kommentaar;
    • finale dokument;
    • kurrikulumevaluering met insluiting van:
      • partisiperende observasie,
      • aksienavorsing.

    6.  Ontsluitingswyses, die outobiografiese teks en kritiese herinneringopdragte
    Kurrikuleringshandelinge (Kyk par. 1) is daarop gemik om die werklikheid van onderwysinhoude en didaktiese riglyne te ontsluit. Die stelling beteken tat kurrikulering kan baat by die aanwending van ontsluitingswyses waarvan die waarde reeds bewys is.18 In Tabel 2 word die betrokke ontsluitingswyses aangewend in die lig van Pinar se metode van outobiografieskrywing met gepaardgaande opdragte ter uitvoering van kritiese herinnering deur die kurrikuleerder (kurikulumdeskundige, ondewysinhouddeskundige, ervare deskundige onderwyser).

    7. Leerwyses, die outobiografiese teks en kritiese herinneringopdragte19
    Kurrikuleringshandelinge (Kyk par. 1) dien tot die verwerwing van betekenisvolle kennis, dit wil sÍ tot leer aangaande onderwysinhoude en didaktiese riglyne. In die volgende tabel word leerwyses aangewend in die lig van Pinar se metode van outobiografieskrywing en kritiese herinnering. (Tabel 3).

    Na Deel 2