Professor W A Landman


Terug na lys van publikasies

KURRIKULUM : PEDAGOGIESE EVALUERING
DEEL 1

1.  INLEIDEND

Vir die doel van hierdie artikel word die volgende onderskeidings gemaak:

  1. In hedendaagse skoolverband word onder kurrikulum verstaan die wetenskaplikverantwoordbaar beplande weg (kurrikuluminhoud) waarlangs die formele didakties-pedagogiese gebeure moet verloop.

  2. Kurrikuluminhoud as inhoud geskik vir aanwending in formele didakties-pedagogiese situasies, omsluit geselekteerde, geordende en ge-evalueerde doelstellings, leerstof (die sillabus) didaktiese oorwegings en verwysings na verwerklikbare pedagogiese fundamentalia.

  3. Didaktiese oorwegings sluit in: kriteria, beginsels, leeraangeleenthede, grondvorme, metodes, onderwysmiddels, ensovoorts.

  4. Die term kurrikulum word hoofsaaklik in tweŽrlei verband aangewend in didaktiese literatuur, naamlik, enersyds om aan te dui wat binne skoolure aangebied word en hoe dit georganiseer word (skoolvakke, vakversamelings, roosters, ensovoorts) en andersyds om die inhoud van 'n vak en alles wat daarmee saamhang aan te dui (doelstellings, leerstof, ensovoorts). In beide gevalle gaan dit egter om geselekteerde, geordende en geŽvalueerde inhoud.

      Kurrikulum dui die leerstof aan wat in die totaal aangebied sal word in die gang van 'n tydperk, dit wil sÍ die kurrikulum gee 'n makrostruktuur van leerstof, gewoonlik as vakversamelings en ander leerervaringe. BreŽ doelstellings is hierby inbegrepe.

      Sillabus gee 'n getematiseerde uiteensetting van leerstof wat in 'n spesifieke vak aangebied sal word, dit wil sÍ as 'n mesostruktuur. Dit is veral hier waar pedagogiese en didaktiese oorwegings (riglyne) aangedui word. BreŽ doelstellings is hierby inbegrepe.

      Doelstellings (didaktiese interpretasies) is breŽ, algemene oogmerke (ook in die konteks van spesifieke inhoude). Dit is by kurrikulering, ook betreffende die vak, slegs moontlik om breŽ doelstellings te gee.

      Doelwit (didaktiese interpretasie) is baie spesifiek en uitdruklik geartikuleer; in verband met lesbeplanning aangewend; dit is trouens so spesifiek dat die doelwit as konkrete handeling van die leerlinge uitgedruk word, byvoorbeeld opnoem, beskrywe, verklaar, konstateer, teken, bereken, ensovoorts.

Die sleutelbegrippe is:

  • geŽvalueerde doelstellings
  • didaktiese oorwegings (riglyne)
  • verwerklikbare pedagogiese fundamentalia (essensies)
  • leerstof (die sillabus).

Om 'n pedagogiese evaluering van 'n kurrikulum te onderneem beteken onder andere dat aandag gegee moet word aan die eerste drie sleutelbegrippe wat so pas genoem is.

Dit kan gedoen word op die volgende wyse: 'n bestaande kurrikulum word geneem en dan word die verwysings daarin na die eerste drie sleutelbegrippe geŽvalueer. Diť evaluering sal soos volg geskied:

Doelstellings: vir sover dit moontlik is, sal die doelstellings wat in die kurrikulum- dokument vermeld word, geplaas word binne die raamwerk van pedagogiese doelstruktuur-essensies. Dit sal in tabelvorm vertoon word, waar daar in die eerste kolom die bepaalde doelstelling (doelwit) weergegee word en in die tweede kolom die begrondende pedagogiese doelstruktuuressensies aangedui word. Die onderwyser moet die betekenis van hierdie begronding aflei uit sy kennis van die fundamenteel-pedagogies geopenbaarde doelstruktuuressensies.

Didaktiese riglyne: gewoonlik word die didaktiese riglyne in die kurrikulumdokument self aangetoon. Omdat dit in hierdie artikel gaan om 'n fundamenteel-pedagogiese perspektief, sal vervolgens 'n tabel saamgestel word wat soos volg sal lyk: in die eerste kolom sal vermelde didaktiese riglyne weergegee word, terwyl daar in die tweede kolom aangetoon sal word welke pedagogiese essensies daar weens die aanwending van 'n bepaalde riglyn opgeroep word. Die onderwyser moet die betrokke pedagogiese essensies ken ten einde die betekenis van die oproep daarvan te begryp.

Pedagogiese essensies: die verskyning van die pedagogiese essensies wat dit moontlik maak om te beweeg na die pedagogiese evaluering van 'n kurrikulum, is reeds aangedui met die voorgaande bespreking van doelstellings en didaktiese riglyne.

Die sillabus wat as demonstrasie gebruik gaan word vir die beweging na pedagogiese evaluering is die Transvaalse Onderwysdepartement se "Sillabus vir Algemene Wetenskap (Natuur- en Skeikunde Komponent. Junior SekondÍre Fase, Standerd 5, 6 en 7." Implementeringsdatum 1984).

2.  DOELSTELLING-EVALUERING

Die algemene doelstellings wat in die so pas genoemde sillabus verskyn, roep vir die fundamenteel- pedagogies geskoolde onderwyser die volgende doelstrukture en betekenisse daarvan vir die kurrikulum op.

DOELWITEVALUERING

Doelwitte
(uit sillabus)
Begrondende pedagogiese doelstrukture
Uitleg van Kurrikulumbetekenis
1.  Kennis sal opdoen aangaande die wÍreld waarin by leef. Doelstelling:
Sinvolheid van bestaan.
Doelwitte:
  1. Bewuswees van lewenseise
  2. Besef van bevraagdheid
  3. Voer van 'n verantwoordelike lewe.
  4. Rekenskap gee van deelname.
  1. Onderwysinhoud word so geselekteer en aangebied dat dit die leerling sal help om te kom tot aanvaarding daarvan dat dit sinvol is om kennis in ag to neem wat betekenisvol is vir 'n doeltreffende lewe.
  2. Die kind stel hom oop vir onderwysinhoud wat as sinvol beleef word.
  3. Die skool word vir die leerling h ernssituasie wanneer by beleef dat sinvolle (tersaaklike, paslike) onderwysinhoud ontsluit word.
  4. Die kind se voorneme om te leer word kragtig en lewendig gerig op onderrigsinhoud wat deur sinvolle onderrig (paslike didaktiese riglyne) ontsluit word.
  5. Die vraende bewussyn van die kind word skerp gewek en kom deur sinvolle onderrig van paslike onderwysinhoud in beweging.
  6. In 'n sinvolle onderrig en leerruimte word daar met erns deurgebreek na die essensiŽle van die onderwysinhoud.
Doelwitte
Doelstrukture
Kurrikulumbetekenis
2.  Die nodige woordeskat en terminologie in verband met hierdie kennisinhoude en hulle gebruik sal opdoen. Doelstelling:
Sedelik-selfstandige besluitneming en verantwoordelike handeling.
Doelwitte:
  1. Getrouheid aan beslissings.
  2. Keuse in die lig van behoorlikheidseise.
  3. Handeling in die lig van behoorlikheidseise.
  4. Selfstandigheid in keuse.
  5. Selfstandigheid in handeling.
  6. Verantwoordelikheidsaanvaarding vir keuse.
  7. Verantwoordelikheidsaanvaarding vir handeling.
  8. Keuse vir behoorlikheidseise.
  9. Aanvaarding van persoonlike verantwoordelikheid.
  1. Heldere formulering van die essensiŽle van die geselekteerde onderwysinhoud spoor aan tot selfstandige en verantwoordelike handeling daarmee.
  2. Ten einde die kind aan te spoor om onderwysinhoud met toenemende selfstandigheid en verantwoordelikheid te hanteer moet die betekenis in die vorm van begrypbare paslike terminologie as "betekenis-vir-my" toegeŽien word.
  3. Die kind wat toereikende geleentheid kry tot waarneem, kom met toenemende selfstandigheid met onderwysinhoud soos dit werklik is, dus soos dit eg deur middel van paslike eiesoortige terminologie verskyn, in aanraking.
  4. Die werklikheid (onderwysinhoud) wat deur middel van paslike didaktiese riglyne ontsluit word, lei tot 'n toenemende selfstandige ontmoeting daarmee deur bemiddeling van paslike eiesoortige terminologie.
  5. Onderwysinhoud wat skerp verskyn deurdat paslike, eiesoortige en begrypbare terminologie gebruik word, roep op tot selfstandige handeling.
  6. Aanwending van slegs die korrekte terminologie moet as behoorlikheidseis aanvaar word en diť korrektheid moet voortdurend beoordeel word.
3.  Die vermoŽ sal ontwikkel om probleemsituasies te isoleer, te analiseer en op wetenskaplike prosedure en denkwyse toe te pas. Doelstelling:
Menswaardigheid
Doelwitte:
  1. Bewuswees van menswaardigheid.
  2. Beoefening van menslikheid.
  3. Wete van waardeverwerkliking.
  4. Agting vir ander se menswaardigheid.
  1. Ontmoeting met probleme wat voortvloei uit paslik geselekteerde onderwysinhoud, bevorder 'n toenemende lewe met die besef van die waardevolheid van probleme wat op die lewensweg verskyn.
  2. Behoorlike hantering van probleme wat uit die gepaste onderwysinhoud voortvloei, lei geleidelik tot 'n besef dat die ontvlugting van probleme mensonwaardig is, terwyl die aanpak daarvan menswaardigheid bevorder.
  3. Ontmoeting met die werklikheid (ouderwysinhoud) as probleem in die vorm van betekenisvolle vraagstelling aan die lerende kind, lei tot 'n toenemende bewuswording van die waardevolheid daarvan.
4.  Die vermoŽ sal ontwikkel om objektief waar te neem. Doelstelling:
Normidentifikasie.
Doelwitte:
  1. Behoorlikheids-beoefening uit eie keuse.
  2. Vereenselwiging met besondere norme.
  3. Toereikende normkennis.
  1. Die norme waarmee vereenselwig moet word met die waarneem wat deur die geselekteerde onderwysinhoud vereis word, is:

    • verhelderende rangskikking van gegewens
    • paslike organisasie van gegewens
    • onbevooroordeelde ontmoeting met die werklikheid soos dit is

  2. Vooroordeelsvrye waarnemende deelname aan die soektog na kernfeite (essensies) van die geselekteerde onderwysinhoud, word as 'n besondere norm beleef en in 'n steeds toenemende mate geleef.
5.  Bewus moet word van wetenskap as 'n aspek van kultuur en implikasie van natuurwetenskap vir die mens se lewenswyse; deur sy kennismaking met die wonder en wetmatigheid van die natuur, bewus sal word van die grootsheid van die Skepping en gevolglik'n eerbled en waardering vir die Skepper sal ontwikkel. Doelstelling:
Lewensopvatlike verantwoordbaarheid
Doelwitte:
  1. Aanvaarding van die besondersheid van die lewensopvatting.
  2. Bewuswees van lewensopvatlike eise.
  3. Kennis van lewensopvatting.
  4. Bestendiging van lewensopvatting.
Word daar in die onderwysinhoud self en in die aanbieding daarvan te veel klem gelÍ op 'n onverbiddelike natuurnoodwendigheid aan die een kant en die mens se vermoŽ om dit in formules vas to lÍ en tot wette te herlei - wette aan die hand waarvan by sy eie heil sal kan uitwerk en ook die natuur na sy wense kan reguleer - kan die kind 'n grootheidswaan kry waar God vir hom oorbodig raak. Aan die anderkant kan daar aan die hand van dieselfde orde in die natuur gewys word op die grootheid en volmaaktheid van die Skepper, om die kind juis daardeur tot meer geloofsekerheid to bring.

3.  EVALUERING VAN DIDAKTIESE RIGLYNE

Aangesien didaktiese riglyne onder andere beskryf kan word as voorwaardes vir die didakties-pedagogiese gebeure om aan die hand van geselekteerde onderwysinhoud in beweging te kom, sal die kenner van fundamenteel-pedagogiese essensies onmiddellik twee ekwivalente raaksien: beweging en bedrywigheid.

Die beweging vanaf sillabus na kurrikulum sal dan daaruit bestaan om te bepaal welke pedagogiese bedrywigheidstrukture opgeroep word deur gestelde didaktiese riglyne. Voorts sal 'n uitleg gegee moet word van die kurrikulumbetekenis van sodanige oproep.

DIDAKTIESE RIGLYNEVALUERING

Didaktiese riglyne
(resp. leerhandelinge)
(uit sillabus)
Opgeroepte pedagogiese bedrywigheidstrukture
Uitleg van Kurrikulumbetekenis
A.  Didaktiese riglyne uit besondere doelstellings ten opsigte van kennis.

1)  Kennis van die gebruik van toepaslike instrumente, apparaat en materiaal EN ontwikkeling van die vermoŽ om gegewens te orden, te ontleed en sinvolle afleidings daaruit te maak.

Inspannende lewenswyse
  1. Beweging na inspanning.


  2. Dinamiese deelname.


  3. Oorwinning oor passiwiteit.
Inspanningloosheid moet verlaat word deur onderwysinhoud en didaktiese riglyne wat vereis dat apparatuur gebruik (aangewend) word in praktiese werk en dat die resultate georden en ontleed word.

Kragtige en bedrywige deelneming aan onderwysinhoud wat apparatuur-hantering eis, moet verwag word, gepaard met die eis dat die betrokke gegewens georden en ontleed moet word.

Om nie te wil handel en saam te doen in die hantering van apparatuur-vereisende onderwysinhoud nie moet afgekeur word. Daar moet saamgestem word met die leerling se pogings om via apparatuur-hantering betrokke te raak en om self afleidings te maak, word voorkeur vir inspanning bevorder.

Didaktiese riglyne
Bedrywigheidstrukture
Kurrikulumbetekenis
2)  Kommunikasie met die hulp van 'n voldoende wetenskaplike woordeskat. Wagende lewenswyse
  1.  Saambetekening


  2.  Saamlewe van behoorlikheidseise


  3.  Saamwaag met moed
Om saam met ander (onderwyser en mede-leerlinge) te soek na dit in die fisiese wÍreld wat werklik betekenisvol is en om die uitkoms van die soeke in paslike terminologie te verwoord en mee te deel.

Om gewillig to wees om ten aansien van onderwysinhoud met die behoorlike voorbeeld wat die onderwyser stel te probeer nadoen (vgl demonstrasie deur die onderwyser wat aan al die gestelde eise voldoen).

Met dapperheid moet saam met ander (byvoorbeeld lede van h groep wat saam eksperimenteer) gekies word vir die behoorlike (om byvoorbeeld stiptelik te hou by die voorskrifte) en gehandel word in die lig van die behoorlike.

3)  Die uitsoek van toepaslike kennis en begrippe en die toepassing daarvan in bekende sowel as nuwe situasies. Betekenende lewenswyse

  1. Heg van betekenisse


  2. Toets van betekenisse


  3. Belewing van betekenisse


  4. Betekenisvolle dade
Betekenisse word toegeken aan die geselekteerde onderwysinhoud.

Die leerling moet gehelp word om te toets of die betekenisse wat hy toeken (dit wil sÍ sy kennis) reg en behoorlik is en 'n besondere wyse om dit te doen is uittoetsing deur toepassing. Die persoonlike betekenis (betekenis-vir-my) van die verworwe kennis moet aangevoel en aanvaar word.

Aanvoeling en aanvaarding word versterk wanneer toepassings-moontlikhede geŽksploreer word.

Betekenisse in geselekteerde onderwysinhoud (kennis) moet in dade omskep word en in verband daarmee moet die leerling sinvolle opdragte ontvang (soos byvoorbeeld om te soek na toepassingsmoontlikhede).

B.  Didaktiese riglyn uit die besondere doelstellings ten opsigte van gesindheid:

Die verstaan van sekere basiese begrippe wat deur voortgesette studie verder uitgebou kan word.

Hopende lewenswyse

  1. Voorstelling van toekoms


  2. Interpretasie van verlede


  3. Rig op toekoms


  4. Hede besluit oor en werk aan toekoms
'n Beeld van die toekoms wat in aantog is, kan ontstaan wanneer die betekenis van die basiese begrippe vir verdere natuurwetenskaplike ontwikkelinge verduidelik word.

Die hoop dat die begrippe waarmee hy nou worstel betekenis het vir toekomstige toepassing, moet lewendig gehou word.

Die betekenis wat die basiese begrippe, wat afkomstig is uit die verlede, het vir die toekoms waarop hy hoop, moet uitgelÍ word.

Hulp aan die leerling om aan die hand van basiese begrippe in beweging te kom in die rigting van 'n toekoms waarin sy kennis uitgebrei sal wees, word gebied aan die hand van geselekteerde onderwysinhoud.

Deur die voortgesette studie-moontlikhede wat die geselekteerde onderwysinhoud bied te verduidelik, word besluite oor die studie-toekoms en die voorbereiding daaroor, vir die leerling sinvolle handelinge.

C.  Didaktiese riglyn uit die besondere doelstellings ten opsigte van vaardighede:
die verwerwing van basiese vaardighede
Ontwerpende lewenswyse

  1. Verlange na toekoms


  2. Werklikheid as nuwe moontlikheid
'n Begeerte om nie te volstaan met die huidige toedrag van sake wat vaardigheid betref nie, of om tevrede te wees met dit wat tot vandag toe bereik is nie, maar om steeds te verbeter, word gewek met behulp van onderwysinhoud wat vaardigheid vereis.

Elke nuwe mylpaal wat met die inoefening van 'n bepaalde vaardigheid bereik word, moet as 'n nuwe begin vir verdere vordering gesien en aanvaar word.

D.  Didaktiese riglyne uit die geselekteerde onderwysinhoud self:

  • meet
  • bepaal
  • bereken
  • ondersoek
  • vergelyk
  • klassifiseer
  • maak
  • stel vas
  • demonstreer
Selfbegrypende lewenswyse

  1. Kritiese selfbeoordeling


  2. Begryping van bevraagdheid


  3. Begryping van behoorlikheidseise


  4. Begryping van verpligting
'n Skerp bekyking van die eie wyse van verwerkliking van besondere natuurwetenskaplike handelinge (kolom 1).

'n Duidelike besef dat hy geroepe is om sy positiewe moontlikhede (insluitende die moontlikhede met die handelinge wat gelys is in kolom 1) in diens te stel van die verwerkliking van die hoogs waardevolle (dit waaraan hoogste waarde geheg word).

'n Heldere kennis van die eise wat die handelinge gelys in kolom 1 stel, verskerp die deelname daaraan. 'n Toereikende kennis van die verpligtinge wat die genoemde handelinge inhou en die kritiese beoordeling van die eie voldoening daaraan, verskerp die selfbegryping.

DOELWITEVALUERING EN DIE PEDAGOGIESE VERHOUDINGE

Die kenner van Fundamentele Pedagogiek weet tat die pedagogiese verhoudingstrukture dien as moontlikheidsvoorwaardes vir die verwerkliking van enige doelwit wat ten aansien van die kind-in-opvoeding gestel mag word. Hy weet ook, aan die ander kant, dat indien die gestelde doelwitte (met betrekking tot die geselekteerde onderwysinhoud) verwerklik word, dit lei tot versterking van die pedagogiese verhoudingstruktuuressensies.

Doelwitte wat betekenisvol daartoe kan bydra dat die pedagogiese verhoudinge verwerklik word, verdien daardeur bestaansreg. Wanneer daar gekyk word na die volgende sleutelbegrippe wat in die sillabus waarna telkens in hierdie artikel verwys is voorkom, is dit nie moeilik om af te lei dat deur die implementering daarvan die pedagogiese begrypings-, vertrouens- en gesagsverhouding versterk word nie. Die sleutelbegrippe is:

  • Kennisverwerwing
  • Kennisaanwending
  • Kommunikasie
  • "Ontwikkeling" van "vermoŽns"
  • Wek van belangstelling
  • Vaardigheidsverwerwing.

In hierdie verband is die volgende sinne betekenisvol:

  • Die onderwyser moet die kind help om sy moontlikhede tot kennisverwerwing, kennisaanwending, kommunikasie, belangstelling en vaardigheid, te ontdek en te begryp (begrypingsverhouding).

  • Die kind moet toegelaat word om 'n aktiewe aandeel te neem aan waardevolle bedrywighede soos kennisverwerwing, kennisaanwending, kommunikasie, gedying van sy moontlikhede en vaardigheidsverwerwing (vertrouensverhouding).

    Na Deel 2