Professor W A Landman


Terug na lys van publikasies

LEIDING AAN MAGISTER EN DOKTORALE STUDENTE
(EEN MOONTLIKE MODEL)
DEEL 1

1.

    UITGANGSPUNT

1.1

    Daar moet gewaak word teen 'n vasgevallenheid in 'n rigiede patroon, want dit kan lei tot stagnasie. Nuwe beplanningsmoontlikhede moet voortdurend ondersoek word.

1.2

    Dit moet onmiddellik vir die student duidelik wees dat die skrywe van 'n verhandeling/proefskrif nie 'n doel op sigself is nie, maar dat dit ook moet dien as metode van onderrig deur die leier/promotor. Dit beteken

1.2.1

    dat die student bedrewe moet word in die metodiek van skrywe van 'n wetenskaplike werkstuk,

1.2.2

    dat daar gewerk gaan word aan die student se persoonlike akademiese en professionele vorming.

2.

    INLEIDENDE GESPREK MET DIE DEPARTEMENTSHOOF EN AANGEWESE LEIER/PROMOTOR

    Doel van die gesprek

2.1

    Eerste doelwit:

    Om in ooreenstemming met die student se

  1. skripsie wat hy tydens honneursstudie geskryf het (indien enige);

  2. beroepsbeoefening (indien moontlik);

  3. belangstelling; en

  4. bekwaamhede (in die mate wat dit bekend is), en aktuele hedendaagse probleme wat daar in 'n besondere vakgebied (navorsingsterrein) bestaan, 'n onderwerp vir die student te bepaal.

    Die Departementshoof moet oor 'n lys aktuele onderwerpe beskik want dit is sy taak om die vinger op die pols van die nuutste ontwikkelinge en die problematiek wat daaruit voortvloei, te hê.

2.2

    Tweede doelwit:

    Om aan die student leiding te gee aangaande welke wetenskapbeskouing sal dien as ligveld waarin die navorsing vorm sal aanneem.

    'n Wetenskapbeskouing is nodig vir die bepaling van onder andere die

    • wyse waarop die navorsing georganiseer en beoordeel gaan word;

    • wyse waarop navorsingsgegewens verkry kan word;

    • wyse waarop navorsingsresultate verkry en geïnterpreteer gaan word;

    • wyse waarop aanbevelings gemotiveer moet word.

    'n Wetenskapsbeskouing is meestal saamgestel uit twee komponente

    • Wetenskaplike noodwendigheid;

    • Lewensopvatlike toelaatbaarheid.

    wat een onskeibare geheel vorm.

    Aan die student moet aantekeninge voorsien word vir bespreking tydens die inleidende gesprek. Hierdie aantekeninge gaan oor wetenskaplikverantwoorde navorsing en verslaggewing.

    Die navorsing wat onderneem word en die verslag wat daaruit voortvloei, moet voldoen aan die eise van wetenskaplikheid. Die volgende is 'n seleksie van wetenskaplike eise wat aan die student verduidelik moet word:

    A.

      Onwetenskaplikheid

    • wat nie geduld sal word nie
    • wat telkens oorwin moet word.

    TABEL 1
    Onwetenskaplikheid as kontradiksie van wetenskaplikheid
    Kenmerke van onwetenskaplikheid
    Wetenskaplikheid as oorwinning
    A.1
      Algemene gepratery
      Kenmerke
     
    A.1.1
      Oorspoel word deur 'n woordevloed
    Begripsensitiwiteit, paslike woordgebruik en tersaaklikheid.
    A.1.2
      Bedekking van die wesenlike deur 'n woordekleed.
    Dit wat betrekking het op die onderwerp as die betekenisvolle, die waardevolle. 'n Blindelingse gegryp na die nie-tersaaklike word uitgeskakel.
    A.1.3
      Versmoring van egte denke onder 'n woordekraam (baie woorde met min inhoud).
    'n Bereidheid om self te wil dink en te formuleer met die paslikste
    woorde en begrippe.
    A.2
      Oppervlakkige nuuskierigheid
      Kenmerke
     
    A.2.1
      Tevrede-wees met oppervlakkigheid.
    Oorwinning oor 'n vasgevallenheid in die doodgewone en die vanselfsprekende deur 'n skerp skeiding tussen die wesenlike (tersaaklike) en die onwesenlike.
    A.2.2
      Hunkering na die nie-tersaaklike
    Oorwinning oor beklemtoning van die bykomstige, die oortollige,
    die nie-tersaaklike en die nie-toepaslike deur 'n doelbewuste
    uitsoek van die wesenlike.
    A.2.3
      Onrustige verbygly oor die werklikheid
    Sterk ingesteldheid en die "uithaal" van die wesenlike en ordening daarvan.
    A.3
      Negatiwiteit
      Kenmerke

     
    A.3.1
      Op die voorgrond bring van die onwesenlike en van non-sens.
    Oorwinning deur 'n kragtige analiserende ingesteldheid wat
    ingestel is op die bevordering van skerp waarneming en bedinking.
    A.3.2 Weiering om te verifieer Alle uitsprake moet op een of ander wyse geverifieer word.
    A.4
      Dubbelsinnigheid
      Kenmerke
     
    A.4.1
      Heg van dubbele betekenisse
      (+ontkenning van die logiese identiteitbeginsel)
    Bewustheid van die reëls van die logika
    A.4.2
      Skuif die werklikheid self op die agtergrond.
    Die navorsingsonderwerp (as aspek van werklikheid) is altyd die
    leidende lig in terme waarvan beplan, gedink ens. word.
    A.5
      Naïewe vooroordeel as oppervlakkige bevooroordeeldheid wat denke smoor.
    Strewe na die hoogste moontlike mate van objektiwiteit.
    A.6
      Weiering van inagneming en kontrole van betekenisvolle veranderlikes.
    Skerp identifisering van die veranderlikes met hulle moontlike
    onderlinge verbande, waaroor die ondersoek gaan en wat in die
    onderwerpverwoording vervat is.

    TABEL  2

    B.  Metodologies

    Kenmerke van wetenskaplikheid
    Betekenis
    B.1  Krities verantwoordbaar
           Kenmerke
    Om in ooreenstemming met die wetenskapsbeskouing te handel.
    B.1.1  Vergissingsvry Uitskakeling van denkfoute onder andere met behulp van reëls vir die logika.
    B.1.2  Verifieerbaar Uitsprake ens. moet aan die hand van bepaalde kriteria getoets word.
    B.1.3  Voorveronderstellingsverheldering Stel van noodsaaklike aannames bv. aangaande lewensopvatlike
    toelaatbaarheid.
    B.2  Metodies-verkreë
           Kenmerke
    Metodes, prosedures en tegnieke word aangewend om die werklikheid
    toeganklik te maak.
    B.2.1  Metodestelling Sê welke metodes aangewend gaan word.
    B.2.2  Metodeuitleg Gee 'n puntsgewyse beskrywing van B.2.1.
    B.2.3  Metodeverantwoording Motiveer waarom B.2.1 aangewend gaan word.
    B.3  Regverdiging
    B.3.1  Wetenskaplike noodwendigheid
    B.3.2  Lewensopvatlike toelaatbaarheid.
    Moet die wesenlike van die wetenskapsbeskouing duidelik kan weergee,
    motiveer en verdedig.

    TABEL  3

    C.  Wetenskaplikheid as skerp kennisinsameling

    Kenmerke van wetenskaplikheid
    Betekenis
    Betekenis vir navorsing
    Betekenis vir verslaggewing
    C.1
      Strewe na kennis
    Om tot ware uitsprake en geldige besluite te kom. Waar beteken bewysbaar
    (verifieerbaar) dit wil sê dat gronde aangetoon word, bv. op grond waarvan word
    hierdie stelling gemaak? Met ander woorde elke stelling moet gemotiveer kan word
    (vergelyk die logiese beginsel van voldoende rede).
    Navorsing moet lei tot
    kennisuitbreiding in die vorm van

    1. Nuwe kennis
    2. Nuwe ordening
    3. nuwe praktykverbeteringbetekenis
      wat gedra word deur gemotiveerde uitsprake.
    Kennis wat van belang
    sal wees ten aansien
    van die kennis-
    uitbreiding van
    die waarskynlike
    lesers moet
    beklemtoon
    word en die
    verslaggewer
    moet oortuig
    deur skerp motivering.
    C.2
      Navolging van reëls van die logika
    1.  Identiteitsbeginsel
    Dit behels die verpligting om aan begrippe deurgaans dieselfde betekenis toe te ken sodat daar sprake kan wees van konstantheid van denke. Die begrippe wat aangewend word, het 'n konstante inhoud.
    (= Begripsensitiwiteit)
    Sinvolle beplanning van die navorsingsprogram hang af van begripsverheldering op elke vlak (stap). Motivering vir elke stap berus grootliks op begripsverheldering. Indien daar by die verslag-
    gewer begripsverwarring
    heers, verwar hy sy lesers
    en wek antagonisme. Sy
    boodskap gaan verlore.
      2.  Die teenspraakbeginsel
    Dit beteken dat daar nie oor dieselfde onderwerp twee teenstrydige uitsprake gemaak mag word nie. Alle uitsprake moet deeglik met mekaar vergelyk word sodat daar nie gesê kan word: "Hy weerspreek homself".
    Weersprekinge verlam die uitvoering van die navorsingsprogram want dan word die navorsing rigtingloos en doelloos. Weersprekinge verwar die
    lesers en in plaas van
    entoesiasme vir die
    praktykverbeteringbetekenis
    van die verlaginhoud,
    ontstaan afsydigheid en
    selfs weersin.
    C.3
      Sistematiese ordening
    Daar kan nie volstaan word met 'n blote versameling van gegewens (data) nie. Data moet georden word aan die hand van ordeningsbeginsels en so vind strukturering plaas. Definitiewe goeddeurdagte en gemotiveerde stappe in die navorsingsprogram verseker geslaagde wetenskaplike analise met die oog op kennisuitbreiding. Die verslag word geskryf onder bepaalde opskrifte wat die wesenlike skerp verwoord.
    C.4
      Intersubjektiewe begrypbaarheid
    Dit beteken dat al die persone wat betrokke is by 'n bepaalde aktiwiteit sal begryp waaroor dit gaan. Dit vereis duidelikheid en helderheid ten aansien van die begrippe wat gebruik word. Hierdie kenmerk verseker die toepasbaarheid van die ander kenmerke van wetenskaplikheid. Gesprekke met
    1. deskundiges in teorie, en
    2. Praktykdeskundiges oor die bepande navorsingsprogram, kan bydra tot heldere voortgang en uieindelike probleemoplossing. Wetenskaplik-verantwoorde teksstudie is 'n vorm van gesprek.
    Die verslaggewer moet eers sy verslag goed begryp en evalueer daarna die begrypbaarheid daarvan vir sy lesers.

    2.3  Derde doelwit

    Om aan die student leiding te gee aangaande die vereistes van wetenskaplik verantwoorde teksstudie (literatuurstudie).

    2.3.1  Kandidate moet ingelig en aangemoedig word ten opsigte van die gebruik van die DOBIS (gerekenariseerde biblioteekinligtingstelsel) en ander wyses van biblioteekgebruik.

    2.3.2  Die student kry opdrag om biblioteekstudie te onderneem wat sal lei tot:

    2.3.2.1  'n Lys beskikbare resente boeke, ook uit aanverwante vakgebiede waarvan die titel blyke gee dat dit betekenisvol mag wees ten aansien van die gekose onderwerp;

    2.3.2.2  'n Lys van beskikbare boeke waarvan uit die inhoudsopgawe blyk dat dit bruikbaar mag wees. Die student lei uit die titel of dit die moeite werd sal wees om die inhoudsopgawe te bekyk. Dieselfde geld ook vir die indeks van die boek.

    2.3.2.3  'n Lys van beskikbare resente tydskrifartikels wat beskikbaar is.

    Die lyste word in jaarvolgorde opgestel, byvoorbeeld 1981-publikasies; 1980-publikasies, ens.

    Die leier/promotor vermeld tekste waarvan hy op daardie stadium bewus is. (Dit wek vertroue by die studente, veral as die dosent se boekrak hom ook beïndruk). Die leier/promotor behoort 'n literatuurlys van sy vakgebied beskikbaar te hê waaruit hy dan die relevante tekste vooraf kan nagaan en die student daarvan voorsien. Dit is veral noodsaaklik dat die dosent kennis dra van die nuutste literatuur oor elke onderwerp waarvan hy leier is.

    Let wel:  Op hierdie stadium het die student slegs titels, inhoudsopgawes en indekse bestudeer met die doel om

    • 'n Voorlopige seleksie te maak van relevante literatuur.

    • vas te stel wat die kwantiteit van beskikbare literatuur is.

      Na Deel 2