Professor W A Landman


Terug na titels van publikasies

Terug na Tuisblad

WETENSKAPLIKHEID VAN DIE ONDERWYSER
DEEL 1

A scientific approach by the teacher. In order to be effective in the execution of his professional duties the teacher must have a scientific attitude:

  1. A scientific attitude is true to reality
    The teacher must come to grips with the reality that he wishes to study.
  2. Disclosing essential characteristics
    The teacher should improve his practice through disclosing essential characteristics.
  3. A scientific attitude requires the critical application of methods
    The practising teacher who aims at improving his practice must know the scientific value of applying methods to in crease his understanding of the teaching practice.
  4. A scientific attitude requires the effective gathering of knowledge
    The teacher who wishes to claim professionalism should have knowledge of those characteristics of a scientific procedure which are related to the gathering and classifying of facts.


Wetenskaplikheid is 'n vorm van professionalteit wat 'n belangrike voorwaarde is ten einde 'n effektiewe onderwyser te wees:

  1. Wetenskaplikheid as werklikheidsgetrouheid
    Die onderwyser moet die werklikheid wat hy wil bestudeer bereik.
  2. Ontdekking van wesenskenmerke
    Die onderwyser gaan op grond van wesenskenmerke (essensies) wat hy ontdek, probeer om sy praktyk te verbeter.
  3. Wetenskaplikheid as kritiese metode-aanwending
    Die praktiserende onderwyser wat ingestel is op praktykverbetering sal moet weet wat die wetenskaplike betekenis daarvan is om metodes aan to wend om die onderwyspraktyk beter to begryp.
  4. Wetenskaplikheid as doeltreffende insameling van kennis
    Die onderwyser wat aanspraak wil maak op professionaliteit sal kennis moet hê van daardie kenmerke van wetenskaplikheid wat spesifiek to make het met die versameling en ordening van feite.


  1. Inleiding
    Wat het wetenskaplikheid met onderwyserwees to make?, is 'n sinvolle vraag om te stel. Op hierdie vraag kan soos volg geantwoord word:
    Die deskundige opvoeder voed op en probeer voortdurend om opvoedingspraktyk to verbeter aan die hand van wetenskaplike insigte wat hy deur studie en ook deur eie navorsing in die klaskamer, verwerf. Wetenskaplikheid (as vorm van professionaliteit) is een van die belangrike voorwaardes vir effektiewe onderwyserwees. Die feit kan die beste gedemonstreer word deur aan te toon wat wetenskaplikheid beteken en wat die uitwerking daarvan is op onderwyserwees. Gepaard hiermee kan aangetoon word wat die uitwerking van onwetenskaplikheid sal wees.
    Die kenmerke van wetenskaplikheid geld as maatstawwe (kriteria) vir die verwerkliking van handelinge wat as wetenskaplik verantwoord moet kwalifiseer en wat die kwaliteit van onderwyserwees betekenisvol beinvloed. Daar sal aangetoon moet word:

    1. hoe die kenmerke van wetenskaplikheid onderwyserwees beïnvloed; en
    2. wat die betekenis van hierdie kenmerke is vir die navorsingswerk wat daar van die onderwyser verwag word om (as professionele persoon) in verband met sy onderwyserwees aan deel te neem en uit te voer. Wat daar van hom in hierdie verband verwag word, word gewoonlik deur 'n Onderwysdepartement se navorsingskomitees gestel, maar die onderwyser met 'n navorsingsingesteldheid kan ook baie onderneem om sy eie onderwyspraktyk te verbeter en om te sorg dat hy denkend betrokke bly by sy onderwystaak.

  2. Wetenskaplikheid as werklikheidsgetrouheid
    2.1 Verwyderingshandelinge
    Van die onderwyser met 'n navorsingsingesteldheid (as vorm van professionaliteit) word dikwels verwag om sinvol deel te neem aan navorsingsprogramme of om navorsingsmetodologie aan te wend om sy eie praktyk te verbeter. Die eerste stap wat die praktiserende onderwyser en die onderwyser wat deelneem aan navorsingsprojekte moet neem indien hy wil hê dat sy optrede as wetenskaplik beskou word, is om by die werklikheid wat hy wil ondersoek uit te kom. So 'n werklikheid is byvoorbeeld 'n besondere onderrigmetode waarvan die doeltreffendheid ondersoek moet word, of evaluering van leerlinge se prestasie met betrekking tot en se gesindheid ten aansien van bepaalde vakinhoude. Die werklikheid waarby hy moet uitkom is dan byvoorbeeld 'leerlingprestasie met betrekking tot sekere vakinhoude'. Hy moet eers vasstel of daar dalk iets is wat hierdie werklikheid kan verberg dit wil se bedek of verduister sodat hy dit nie kan bereik nie. In die mate waarin hy bewus is van welke bedekkinge en verduisteringe daar tussen horn en die werklikheid is, kan hy poog om dit te verwyder. Daarna verskyn daardie werklikheid aan hom. Die eintlike vraag is: aan welke vereistes wat wetenskaplikheid stel, moet daar voldoen word sodat die werklikheid wat ondersoek moet word helder kan skyn? Watter middele bestaan daar om aan die wetenskaplike vereistes te voldoen?

    (a)  Eerste wetenskaplike eis: Verskerping van die aandag
    Dit beteken dat die onderwysernavorser intensief betrok-ke moet raak by die werklikheid wat hy wil ondersoek. Met behulp van watter middele raak hy betrokke?

    Eerste middel: die wegdinkhandeling.
    Die onderwysernavorser moet (om skerp by die werklikheid wat hy wil ondersoek uit te kom) sekere aangeleenthede wegdink, dit wil sê denkend verwyder. Daar is twee sodanige aangeleenthede:

    • Onwetenskaplikheid
      Watter vorm van Onwetenskaplikheid moet denkend weggeneem word? Daardie vorm wat verskerping van aandag belemmer, dit wil sê wat sal verhoed dat die onderwhysernavorser aandagessensies verwerklik. Watter onwetenskaplike handelinge bestaan daar wat die verwerkliking van aandagessensies sal verhinder? Antwoord: die kontradiksies van die aandagessensies. Watter is dit? (Sien Tabel 1).
    • Aandagkontradiksies
      Die onderwysernavorser wat daarin geslaag het om aandagessensies in werking te stel, dit wil sê om aandagkontradiksies te oorwin, is nou in staat tot die maak van bepaalde waarnemings. Hy teken sy waarnemings (observasies) aan. Dan toets hy elke waarneming soos volg: hy probeer om dit aandagtig weg te dink, dit wil se om vir homself voor te stel dat dit nie bestaan nie. Hy oordeel dan of dit wat hy waargeneem het, belangrik of onbelangrik is. Indien dit wat hy waargeneem het, niks betekenisvol te make het met die werklikheid wat hy besig is om te ondersoek nie, is dit wegdinkbaar. Indien dit egter noodsaaklik is om die bestudeerde werklikheid te begryp is dit nie wegdinkbaar nie, maar essensieel.

    Tabel 1  Aandagessensies en wetenskaplikheid
    Aandagessensies vir wetenskaplikheid Kontradiksies as onwetenskaplikheid
    1. Intensiewe gemoeidwees by die werklikheid.
      (Kyk o.a. aksienavorsing)
    2. Aktiewe luister na en bekyking van die werklikheid. (= skerp observasie)
    3. Verskerpte betekening (as begripsensitiwiteit en begrippehelderheid).
    Swak gerigtheid op die werkliklikheid gepaard met gebrek aan entoesiasme.
    Passiewe, belangstellinglose omgaan met die werklikheid.
    Traak-my-nieagtigheid teenoor die raaksien en verwoording van werklike betekenisse.

    'n Voorbeeld: Die onderwysernavorser het die volgende waarnemings neergeskryf ten aansien van sy bestudering van die werklikheid wat bekend is as leiding tot probleemformulering: 'Leerlinge aan wie tersaaklike dinkvrae gevra word, soek graag na die essensies van 'n saak'. Dan probeer hy 'stel van dinkvrae' wegdink en kom tot die gevolgtrekking dat daarmee 'n inkingesteldheid by leerlinge sal verdwyn wat daartoe lei dat hulle omgaan met die werklikheid (vakinhoud) swak, passief en traak-my-nieagtig word. Hy kom tot dié gevolgtrekking nie op 'n lukraakwyse nie, maar op grond van psigo-pedagogiekteorie (i.s. dink) wat hy bestudeer het. Wat is nou eintlik deur die onderwysernavorser verwyder? Sake wat 'stel van dinkvrae' se verskyning sal belemmer:

    1. as ek te veel praat (woordevloed) en die leerlinge luister passief, gee hulle nie aandag nie;
    2. as ek tevrede is daarmee dat die leerlinge terloops met die vakinhoud omgaan deur byvoorbeeld net te verwag dat hulle alles moet oorskryf uit hulle handboeke sonder om die essensies daarvan uit te haal (woordekleed), verdwyn aandag. Gevolgtrekking: algemene gepratery is verduisterend en moet dus weggeneem (weggedink) word. Dus: beklemtoning van dit wat ter sake is met die oog op ontdekking van essensies, is onwegdinkbaar vir aandaggee (sien Tabel 2).

    Tabel 2  Wegdinkbaarheid
    Wegdinkbaar as onwetenskaplik Onwegdinkbaar omdat dit dui op wetenskaplikheid
    Algemene gepratery
    1. oorspoel word deur 'n woordevloed
    2. bedekking van die essensiële deur 'n woordekleed
    Tersaaklikheid
    Paslike woordgebruik vanweë essensiebewustheid
    (Reduksie tot essensies)

    Tweede middel: die weghandelhandeling. Die onderwysernavorser handel vervolgens soos volg met die waarnemings wat hy gemaak het, dit wil sê wat hy as onwegdinkbaar bepaal het. Hy gaan vasstel wat gebeur daarmee in werklike lesgee-situasies wat doelbewus geskep is om skerp na hierdie onwegdinkbaarhede te kyk. Wat gebeur werklik as daar tydens lesgee algemene gepratery beoefen word? Hy skryf noukeurig neer wat tydens elke lesfase gebeur het. Byvoorbeeld:
    Probleemstelling

    1. Leiding tot probleemformulering: begeleiding by die raaksien van sinvolle vrae, verdrink in die woordevloed.
    2. Belewing van lesprobleem: 'sinvol-vir-my' vir die kind, word dan as slegs sinvol vir die algemene prater beskou.
    3. Belewing van ontoereikenheid van kennis: kennis-onvolledigheid word nie as oproep beleef nie, maar as aansporing om onder 'n woordekleed te skuil.
    4. Opneem van verantwoordelikheid vir probleem-oplossing: die besluit om aktief deel te neem in alles wat gaan volg (d.w.s. die probleemoplossing) kan onder 'n woordekleed en in 'n woordevloed nooit tot sinvolle handeling oorgaan nie.
    Hiermee het hy werklik 'n sinvolle navorsingsbydrae gemaak met praktykbetekenis.

    (b)  Tweede wetenskaplike eis: Afwys van oppervlakkigheid
    Dit beteken dat die onderwysernavorser met 'n skerp essensiebewustheid en begeerte tot essensie-openbaring betrokke moet raak by die werklikheid wat hy wil ondersoek. Hy doen dit met die volgende middele:

    Eerste middel: skeiding.  Die essensiële word geskei van die nie-essensiële sodat eg. duidelik kan skyn. Dit wat as nie-essensieel afgeskei en verwerp moet word,

    • Onwetenskaplikheid
      Die vorm van onwetenskaplikheid wat afgeskei moet word, is daardie een wat soeke na essensies smoor en dit is: oppervlakkigheid (sien Tabel 3).
    • Anti-radikalteit
      Die onderwysernavorser behoort nou te beskik oor 'n sterk radikale, dit wil se essensie-openbarende ingesteldheid teenoor die werklikheid wat hy wil ondersoek. Hy handel nou soos volg met die waarnemings wat hy aandagtig gemaak het: hy stel vas wat nog as nie-essensieel in daardie waarnemings vervat is, identifiseer dit en neem dit weg. Byvoorbeeld in die waarneming: 'Die onderwyseres met die treffende liggaamstatistieke slaag daarin om haar leerlinge so te aanvaar dat hulle vir haar lief is', word: 'Kinders is lief vir 'n onderwyseres wat hulle aanvaar'. Nog voorbeelde: Die onderwyseres sê: 'ek het kinders lief. Wat sê sy eintlik wanneer liefhê gesuiwer word van alledaagse oppervlakkighede? Sy sê, ek is bereid tot: inruiming van tuiste, stigting van nabyheid en opname in 'n onsruimte.

    Tabel 3  Radikaliteit en wetenskaplikheid
    Oppervlakkigheid as Onwetenskaplikheid Kontradiksies as wetenskaplikheid
    1. Tevrede wees met oppervlakkigheid.
    2. Hunkering na die nie-essensiële.
    3. Onrustlge verbygly oor die werklikheid.
    4. Omslagtigheid, niksseggendheid, inspanningloosheid en beklemtoning van die bykomstige.
    Radikale ingesteldheid as wil soek na die wortel (= radix) van 'n saak.
    Hunkering na die aan die lig bring van die essensiële (die wesenlike).
    Verwondering en aandagtige naderbring van die werklikheid.
    Inspanning vjr die tersaaklike en die essensiële.

      Die onderwyser wat noukeurig neerskryf wat gebeur wanneer oppervlakkigheid gedy tydens die lesgee-fase 'probleemstelling', lewer 'n bydrae as hy die volgende verwoord:

      Probleemstelling

      1. Leiding tot probleemformutering: begeleiding by die noukeurige verwoording van vrae, gedy nie by 'n vasgevallendheid in oppervlakkigheid nie.
      2. Belewing van lesprobleem: omslagtigheid en niksseg-gend lei tot vernietiging van die sinvolheid van die vraagstellinge-'vir-my'.
      3. Belewing van ontoereikendheid van kennis; kennis-onvolledigheid word bloot as lastigheid beleef en nie as aansporing tot kennisverwerwing nie.
      4. Opneem van verantwoordelikheid vir probleemoplossing: om verantwoordelikheid te probeer opneem vir die oppervlakkige, is sinloos.
      Die onderwysernavorser wat in verband met die winste wat behaal word ten aansien van die toepassing van die wetenskaplike eis van skeiding as vorm van radikaliteit, waarnemings soos in Tabel 4 aangedui kan neerskrywe, is sinvol op weg na navorsende praktykverbetering.

      Tabel 4  Skeiding en wetenskaplikheid
      Die essensiële Die nie-essensiële
      wat verwyder word
      Wins behaal vanweë skeiding en verwydering
      Probleemstelling Oppervlakkigheid
      1. Wegbeweeg vanaf die vanselfsprekende na die problematiese word bevorder.
      2. 'n Denkende bemoeienis met die werklikheid gedy.
      3. Wil tot verantwoordelike probleemoplossing kom na vore.
        Algemene gepratery
      1. Konsentrasie op dit wat ter sake is, wek reeds inspanning.
      2. Wil tot egte denke verskyn.

      Tweede middel: stel van kontradiksies.Dit wat in teenstelling is met wetenskaplikheid, naamlik die onwetenskaplike, bevorder oppervlakkigheid en moet dus verwyder word, want dit werk verlammend in op die navorsende bemoeienis met die werklikheid wat ondersoek word. Die onderwysernavorser moet dus die eienskappe van wetenskaplikheid ken asook die kontradiksies daarvan sodat hy oppervlakkigheid wat 'n besondere vorm van essensieblindheid is, kan vermy.

      Verder sal dit vir hom nodig wees om die waarnemings, wat hy gemaak en neergeskryf het, se teenstellinge neer te skryf en te oorweeg of sy oorspronklike waarneming werklik geldig is en of die kontradiksie daarvan nie miskien nader aan die waarheid is nie. Dié handelswyse dra by tot die suiwering van waarnemings. Die onderwysernavorser wat die waarnemings in Tabel 5 kan maak ten aansien van die uitwerking van kontradiksies op sy lesgee, is met egte navorsende praktykverfyning besig.

      (c)  Derde wetenskaplike eis: Uitskakeling van naïewe vooroordeel
      Dit beteken dat bevooroordeeldheid, onbillike, irrasionele en negatiewe houdinge teenoor navorsing en die doel daarvan, naamlik essensie-openbaring en essensieverwerkliking, verwyder moet word. Hierdie verwydering geskied deur die aanwending van die volgende middele:

      Eerste middel: stel hermeneutiese vrae. Die onderwysernavorser moet vra 'waartoe dien ... ', dit wil sê, 'wat is die sin (doel) van ... ' Positiewe antwoorde op hierdie vrae wek 'n positiewe navorsingsingesteldheid wat gekenmerk word deur onbevooroordeeldheid, 'n rasionele (verstandelike en verstandige) benadering en 'n wil om deel te neem. Dit is veral die geval wanneer daar van 'n onderwyser verwag word om op een of ander wyse deel te neem aan 'n Onderwysdepartement se navorsingsprogram en hy tevrede is met die antwoord op sy 'waartoe dien' vraag. So 'n onderwyser (resp. onderwysernavorser) word dan gehelp met oorwinning oor:

      • Onwetenskaplikheid
        Die vorm van onwetenskaplikheid wat oorwin moet word, is daardie een wat soeke na essensies vertraag, naamlik bevooroordeeldheid (sien Tabel 6).
      • Doelloosheid
        Doel-bewus, dus nie terloops en toevallig nie, word daarna gestrewe om die kenmerke van wetenskaplikheid te beoefen. Dit lei onder andere daartoe dat daar in die waarnemings wat gemaak word, ook na die doel (sin) daarvan gevra sal word. Die onderwysernavorser wat weens 'n wetenskaplike ingesteldheid doel-vrae, dit wil sê sinvrae, met ander woorde hermeneutiese vrae vra, kan 'n waardevolle bydrae maak tot begryping van lesgee, soos in Tabel 7 aangedui word.

      Tabel 5  Waarneming van kontradiksies
      Lesverloopessensies Kontradiksies Uitwerking van
      kontradiksie-verwerkliking
      Onderwysdoel Doelloosheid (van die onderwyser) Doelgerigtheid ontbreek en 'n gerigwees op 'n blote besigwees volg. Doeltreffendheid verdwyn omdat tydverspilling getref word.
      Aktualisering van voorkennis Ignorering van voorkennis Sinvolle samehange met die reeds bekende as vertrekpunt vervaag en die vakuum wat so ontstaan werk verlammend en vertragend.
      Probleemstelling Probleemloosheid Die lusprinsipe (aangename ter wille van die aangename) wat 'n patologiese prinsipe is (V. Frank) gedy. Die inspanning wat deur probleemsteliing opgeroep word, word as te vermoeiend afgewys.
      Eksposisie van nuwe inhoud Essensieblindheid Die oppervlakkige word as waarheid aangesien en aanvaar en diepgang in die ontsluiting van werklikheid word onmoontlik.
      Aktualisering van lesinhoud Onttrekking van deelname (deur die kind) Die onderrigsgebeure word 'n vervelige monoloog.
      Funksionalisering Passiwiteit Om nie te wil (of soms te kan) handel nie, verlam die denke en die implementering daarvan by aanwending van insigte.
      Evaluering Weiering van beoordeling Lafhartigheid word aangemoedig aangesien egte beoordeling moed vereis om dit te waag met toetsing met orientering en met die toereikende uitvoer van sinvolle opdragte.

      Tabel 6  Hermeneutiese vrae en wetenskaplikheid
      Bevooroordeeldheid as
      onwetenskaplikheid
      Kontradiksies as
      wetenskaplikheid
      1. Oppervlakkige bevooroordeeldheid (vooringenomendheid, onewewigtigheid) wat denke smoor.
      2. 'n Partydigheid (voorkeur, voorliefde) vir essensie-blindheid.
      Radikaliteit as vorm van vooroordeelsvryheid wat bevorder word deur eerlike hermeneutiese vrae.

      (d) Vierde wetenskaplike eis: Oorwinning oor denkskuheid, gebrekkige lig en onvoldoende wakkerheid. (Sien Tabelle 8 en 9).
      Middele om wetenskaplikheid in die vorm van wakker, denkende aan die lig bring van essensies te verseker, is almal wat in die voorgaande bladsye behandel is. Die onderwysernavorser wat in die lig van die voorgaande kenmerke van wetenskaplikheid uitsprake kan maak soos byvoorbeeld die volgende, kan reeds begin aanspraak maak op professionaliteit:

      Probleemstelling

      1. Leiding tot probleemformulering: by gebrek aan lewendigheid en entoesiasme, word wegvlug van vraagstelling aangemoedig.
        Hulp met duidelike en saaklike vraagstelling verdwyn onder dubbelsinnige onduidelikheid.
        Begeleiding by die stel van sinvolle vrae, verdwyn in die duisternis by gebrekkige lig.
      2. Belewing van lesprobleem: 'n persoonlike aanneem van die gestelde vrae, kan slegs in 'n atmosfeer van lewendigheid en entoesiasme gedy.
        Géén sin kan belewe word in die duisternis wat dubbelsinnigheid skep nie.
        Sinvol-vir-my word dalk sinloos-vir-ons (klas) vir wie die lesgebeure tot dusver onsigbaar is weens gebrekkige lig.
      3. Belewing van ontoereikendheid van kennis: die beskerming van die slaap word gesoek en die appél tot kennisverwerwing word nie verneem nie weens gebrek aan wakkerheid.
        Wat presies die kennis-onvolledigheid behels, word vanweë onduidelikheid nie raakgesien nie.
      4. Opneem van verantwoordelikheid vir probleemoplossing: om te antwoord op die appél wat deur probleemoplossing gerig word, is nie moontlik wanneer daar geslaap of gesluimer word nie.
        By gebrek aan die lig wat geskep word deur 'n besluit tot aktiewe deelname, oorwin passiwiteit en word daar in inspanningloosheid verval.
        By gebrek aan duidelikheid oor wat die verdere verantwoordelikheid presies behels, word dit nie opgeneem nie, maar afgewys.

      (a)  Bepaling van verskyningsplekke
      In paragraaf 2.1 is daar gepraat van 'waarneem' en is daar gesuggereer dat die onderwyser navorsend ingestel is op sy klaskamerpraktyk. Hiermee is 'n besondere verskyningsplek van die opvoedingswerklikheid geïdentifiseer. 'n Ander betekenisvolle verskyningsplek is tersaaklike literatuur. Die onderwysernavorser bestudeer dan die waarnemings waarvan hy verslag doen en ook paslike literatuur. Die onderwysernavorser maak dus 'n navorsende studie van een of ander geskrewe verskyning van die opvoedingswerklikheid. Vir hom is die klaskamerpraktyk die primêre verskyningsplek terwyl literatuurverskyninge meer sekondêr is. Die onderwysernavorser handel met sy geskrewe waarnemings en geskikte literatuur in ooreenstemming met die vereistes wat daar aan 'n wetenskaplik verantwoorde teksstudie gestel word.

      (b)  Vasstelling van ooreenkomste en verskille
      Vir elke reeks waarnemings wat die onderwysernavorser maak en literatuurstudie wat ter sake is, stel hy 'n essensietabel op. So 'n tabel bestaan uit benoemde essensies met die definisies daarvan wat voldoen aan die vereistes wat daar aan definisies gestel word. Sien Tabel 10 vir voorbeelde.
      Die onderwysernavorser moet die verskillende essensie-tabelle met mekaar vergelyk en

      1. ooreenkomste vasstel en dan bepaal wat die betekenis van die ooreenkomste is,
      2. verskille vasstel en dan bepaal waarom daar verskille is en wat die betekenis daarvan is.

      (c)  Essensieverifikasie
      Die ideaal is dat die onderwysernavorser uiteindelik al sy gegewens (waarnemings in die opvoedingswerklikheid self en deur literatuurstudie) sal saamvat in een essensietabel. Daar kan aanbeveel word dat hy dan die essensies in daardie tabel se essensiestatus kan toets (verifieer) deur die middele aan te wend wat in paragraaf 2.1 beskryf is. As hy min tyd het, kan die stel van kontradiksies (die kontradiktoriese metode) waardevol wees. Uit die finale essensietabel kan hy dan ook probeer om afleidings te maak aangaande praktykbetekenis en praktykverbetering.

      3.  Wetenskaplikheid as kritiese metode-aanwending
      Metodologie is die wyse waarop 'n navorser horn wetenskaplik gedra. Tabel 11 verduidelik die kenmerke van wetenskaplikheid in terme van kritiese metode-aanwending wat verwag kan word van 'n praktiserende onderwyser wat ingestel is op eie praktykverbetering en doeltreffende deelname aan navorsingsprojekte:

      Tabel 10  Definiëring en wetenskaplikheid
      Waarnemings deur moeders gedoen Essensie Definisie
      'Praat van verskillende geaardhede! Selfs die identiese tweeling verskil. Dit is moeilik om te glo dat mense uit een gesin so kan verskil'. Begryping van andersheid Elke kind is iemand wat self iemand wil wees; 'n mens moet dus probeer om elke individuele kind te leer ken.
      'Terwyl 'n mens met jou kinders gesels, kom verkeerde iniigting aan die lig en dit gee 'n ouer kans om verkeerde informasie te korrigeer'. Aanwysinge vir bemoeienis Aanduidings dat dit nodig sai wees vir die volwassene om hom in te laat met die kind se keuses en handelinge kan verskyn.
      Literatuurbeskrywing Essensie Definisie
      In die kind se belewing van sy eie steunbehoewendheid word 'n gevoel van onveiligheid gewek wat sy self-iemand-wil-word betref. Hy is dus diep afhanklik van die gesagsdraende opvoeder se nabyheid wal vir hom 'n veilige leefruimte skep en waarborg. Die kinderlike bestaan word beveilig omdat hy in sy kinderlike onbeholpenheid aanvaar word vir wat hy is. Vanaf hierdie beskermde staanplek kan die kind waag op die weg na behoorlike volwassenheid en hy is dankbaar dat hy mede-ondernemend met 'n volwassene kan wees. Vanweë die liefdevolle teenwoordigheid van die opvoeder skroom die kind nie om persoonlike inisiatief aan die dag te lê nie. Hy het gemoedsekerheid omdat hy weet dat wordingshulp altyd binne sy bereik is. Hy betoon sy dankbaarheid vir geborgenheid deur agting en respek in die daaglikse omgang met die volwassene(s). Dankbaarheid vir geborgenheid Die kind moet telkens wanneer hy dit nodig het, kans kry om eers weer veilig te voel voordat hy dit weer met die werklikheid waag; en dan sal hy erkemiik wees teenoor diegene wat dit moontlik maak.

      Tabel 11  Metodologie en wetenskaplikheid
      Kenmerke van wetenskaplikheid Betekenis
      3.1 Krities verantwoordbare optrede kriteria (maatstawwe) vir wetenskaplikheid handel (bv. die in par. 2 1).
      (a)  Vergissingsvrye waarnemings en uitsprake Uitskakeling van denkfoute bv. deur
      1. die middele beskryf in par. 2.1
      2. die toepassing van logiese wette.
        (Kyk verder aan hierdie hoofstuk.)
      (c)  Verifieerbare waarnemings en uitsprake Vasstelling of die essensies van eie waarneminge en literatuurstudie werklik essensies is, deur aanwending van die middele beskryf in par. 2.1.
      (c)  Voorveronderstellingverheldering Sê duidelik welke sake vooraf d.w.s. voordat die waarneminge begin, as noodsaaklik aangeneem word Byvoorbeeld: Wetenskapsbeoefening is essensie-openbaring. Essensie-openbaring is moontlik omdat essensies bestaan en aan die lig gebring kan word. Daar bestaan middele om te bepaal of essensies werklik essensies is. Om iets te begryp beteken om die essensies daarvan te ken. Essensies kan verskyn in die onderwyspraktyk (as opvoedingswerklikheid en in literatuur, ens.)
      (d) Algemeen geldigheid (universaliteit) Dit sal interessant wees vir die onderwysernavorser om vas te stel of die gevolgtrekkings wat hy maak uit sy waarnemings (en literatuur) geldig sal wees vir alle onderwyspraktyk.
      3.2 Metodies verkreë kennis (essensies) Die werklikheid wat ondersoek word, word toeganklik gemaak met die hulp van sekere metodes, prosedures en tegnieke.
      (a)  Metodestelling Sê pertinent watter metodes, prosedures en tegnieke aangewend gaan word.
      (b)  Metode-uitleg Gee 'n puntsgewyse (tabelvormige) beskrywing van 3(a).
      (c)  Metode-verantwoording Motiveer waarom 3(a) gedoen gaan word.
      3.3 Metode-regverdiging Slegs metodes (insluitende prosedures en tegnieke) mag aangewend word wat aan sekere vereistes voldoen:
      (a)  Wetenskaplike noodwendigheid 'n Wetenskapsbeoefeningmiddel (Kyk par. 2.1) is wetenskaplik noodwendig as die aanwending daarvan lei tot: essensie-openbaring, en verifikasie (bevestiging) van essensiestatus.
      (b)  Lewensopvatlike-toelaatbaarheid Die onderwyser wil nie op lewensopvatlike dwaalweë beland en daardeur ontrou aan homself word nie. Dit beteken dat voordat 'n denkstap deur hom uitgevoer word, hy eers seker moet maak dat dit nie in botsing is met sy lewensopvatting nie. Indien hy gerus gestel kan word dat die wetenskaplik noodwendige denkmiddele ook vir hom lewensopvatlik toelaatbaar is, sal dit daartoe lei dat hy die middele met groter gemoedsekerheid, oortuiging en ook verantwoordelikheid sal uitvoer. Hy kan dan ook met groter intensiteit, helderder besef van die juistheid van sy optrede, met 'n onwrikbare gevoel dat essensie-openbaring geoorloof is, rekenskap gee van dit waarmee hy besig is.

      Vir die Christen onderwysernavorser sal die Bybelse verskyninge van handelinge wat in diens van wetenskap aangewend word, soos aangedui in Tabel 12, insiggewend wees.

      4.  Wetenskaplikheid as skerp kennisinsameling
      Tabel 13 bevat 'n beskrywing van die betekenis van daardie kenmerke van wetenskaplikheid wat spesifiek te make het met die versameling en ordening van gegewens en uitsprake oor die ingesamelde gegewens (kennis, essensies) wat skering en inslag vorm van 'n praktiserende onderwyser se arbeid aan sy eie praktykverbetering en doeltreffende deelname aan navorsingsprojekte.

      Tabel 12  Lewensopvatting en wetenskaplikheid
      Handeling Bybelse verwysing
      1. Gerigtheid op die werklikheid self Job 28:3a en 11b: 'n Einde maak die mens aan die duisternis en tot die interne grense deursoek hy . . . en wat verborge is bring hy aan die lig.
      2. Dink Markus 12:30: Jy moet die Here Jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en met al jou krag.
      3. Skeiding Matteus 3:12: Hy het sy skopgraaf in sy hand en hy sal sy dorsvloer deur en deur skoonmaak. Sy koring sal Hy na die skuur toe bring, maar die kaf sal Hy met 'n onblusbare vuur verbrand.
      4. Kontradiksies Joh. 12:35b, c: Wandel in die lig terwyl julle dit het, sodat die duisternis julle nie oorval nie. Wie in die duisternis wandel, weet nie waar hy gaan uitkom nie.
      5. Hermeneutiese vrae (waartoe dien? = wat is die betekenis daarvan?) Deut. 6:20: As jou seun jou later vra en sê: Wat beteken die getuienisse en die insettinge wat die Here ons God julle beveel het.
      6. Paslike woordgebruik Spreuke 25:11 Engels: A word fitly spoken is like apples of gold in pictures of silver.
      Nederiands: Eene rede, op zijn pasgesproken is als gouden appelen in silveren gebeelde schalen.
      7. Algemene gepratery Prediker 10:14a: En die dwaas gebruik baie woorde.
      8. Oppervlakkigheid Matteus 13:5,6: 'n Ander deel daarvan het op klipbanke geval en dit het gou opgekom omdat die grond nie diep was nie. Maar toe die son warm word, is dit verskroei, en omdat dit nie wortel geskiet het nie, het dit verdroog.
      9. Vooroordeel 1 Timoteus 5:21: Ek beveel jou voor God en voor Jesus Christus en die uitverkore engele om jou aan hierdie voorskrifte te hou sonder vooroordeel of partydigheid.
      10. Onvoldoende wakkerheid Spreuke 6:10,11: Nog 'n bietjie slaap, nog 'n bietjie sluimer, nog 'n bietjie hande vou om uit te rus! So kom dan jou armoede soos 'n rondloper en jou gebrek soos 'n gewapende man.

      Na Deel 2