Professor W A Landman


Terug na titels van publikasies

Terug na Tuisblad

WETENSKAPLIKHEID VAN DIE ONDERWYSER
DEEL 2

Tabel 13  Kennisinsameling en wetenskaplikheid
Essensies van wetenskaplikheid Betekenis Betekenis vir navorsing
4.1 Strewe na kennis (as voorwaarde om ook nuwe bruikbare kennis te skep) Om tot ware uitsprake en geldige besluite te kom. 'Waar' beteken bewysbaar (verifieerbaar) en dit beteken dat gronde aangetoon moet word. Die vraag wal telkens gestel word, is: Op grond waarvan word hierdie stelling gemaak? Met ander woorde elke stelling moet gemotiveer kan word. Besondere motiveringsmiddele is die middele wat in par. 2.1 beskryf is. Navorsing moet lei tot kennis-uitbreiding in die vorm van
  1. nuwe kennis;
  2. nuwe ordening (sistematisering);
  3. nuwe praktykverbeteringbetekenis.
Gevolgtrekkings wat voortvloei uit navorsing is 'n vorm van besluitneming.
4.2 Navolging van die reëls van die logika 1. Die identiteitsbeginsel
Dit behels die verpligting om aan begrippe deurgaans dieselfde betekenis toe te ken sodat daar sprake kan wees van konstantheid van denke. Die begrippe wat gebruik word, het 'n konstante inhoud.

2. Die teenspraakbeginsel
Dit beteken dat daar nie oor dieselfde saak twee teenstrydige uitsprake gemaak mag word nie. Alle uitsprake moet deeglik met mekaar vergelyk word sodat 'Hy weerspreek homself nie' gesê kan word nie.

Sinvolle beplanning en uitvoering van 'n navorsingsprogram hang van begripsensitiwiteit by die navorser af en van begripshelderheid op elke vlak (stap).

Weersprekinge verlam die uitvoering van die navorsingsprogram, want dan word die navorsing rigting- en doelloos en word die gesprek tussen navorsers en diegene wat by die navorsing moet baat, 'n frustrasie.

4.3 Sistematiese ordening Daar kan nie volstaan word met 'n blote versameling van gegewens (data) nie. Data moet georden, d.w.s. volgens 'n bepaalde sisteem gerangskik word aan die hand van die ordeningsbeginsels (wat iewers in die program beskryf moet word en wat pas by die werklikheid wat ondersoek word). Definitiewe goeddeurdagte stappe in die navorsingsprogram verseker geslaagde wetenskaplike analise met die oog op essensie-openbaring, kennisuitbreiding en praktykverbetering.
4.4 Intersubjektiewe begrypbaarheid Dit beteken dat al die persone wat betrokke is by 'n bepaalde aktiwiteit sal begryp waarorn dit gaan. Dit vereis duidelikheid en helderheid t.o.v. die begrippe wat gebruik word. Hierdie essensie verseker die toepasbaarheid en bruikbaarheid van die ander essensies van wetenskaplikheid. Gesprekke met
  1. deskundiges
  2. mense in praktyk
  3. skrywers, in verband met die beplande navorsingsprogram, kan bydra tot heldere voortgang en uiteindelike probleemoplossing.
4.5 Skerp probleemstelling (as noodsaaklike voorbereiding vir probleemoplossing) Probleemformulering
  1. Vraagstelling.
    Tersaaklike en verstaanbare vrae word neergeskryf.
  2. Vraagbetekenis.
    Die betekenis van elke woord in 'n vraag moet duidelik wees.
  3. Vraagverantwoordelikheid.
    Die verpligting om net die beste moontlike vrae te vra word ernstig opgeneem.
  4. Vraaguitdaging.
    Die belewing van die ontoereikendheid van die eie bestaande kennis, spoor aan tot kennisverwerwing.
Probleemredusering
  1. Vraagverheldering.
    Elke vraag word in 'n aantal korter vrae verdeel.
  2. Vraagkonkretisering.
    Elke vraag moet met iets wat werklik is, te make hê.
  3. Vraagverbesondering.
    Elke vraag moet afgespits wees op 'n enkele aspek van die werklikheid wat ondersoek word.
  4. Vraagoperasionalisering
    Vrae moet herskryf word in terme van waarneembaarhede.

5.  Afsluiting: Wetenskaplikheid as singewing
Die doel van die aanwending van die kenmerke van wetenskaplikheid deur die onderwysernavorser met die oog op praktykverbetering en deelname aan navorsingsprojekte is, onder andere:

  1. omskakeling van die onbekende na die bekende;
  2. vermindering van die onsekere;
  3. verwerwing van kennis;
  4. opbou van 'n geloofsisteem (= wat as waar beskou word);
  5. verwerwing van wetenskaplik-verantwoorde standpunte wat ontstaan vanwee 'n onderskeiding tussen die geldige en die ongeldige;
  6. oriëntering in die leefwereld, dit wil sê toepassing wat lei tot praktykverbetering;
  7. besluitneming oor die toekoms;
  8. oorskryding van die willekeur van een persoon;
  9. verfyning van die eie lewensopvatting; en
  10. doeltreffende probleemoplossing, deur

  1. bepaling van die omvang van my kennis oor my eie probleemsituasie (wat weet ek en wat nie?);
  2. verifikasie van probleemkennis (watter argumente gebruik ek?);
  3. vasstelling van die stabiliteit van my kennis (is daar weerspreking of nie?);
  4. evaluering van die struktuur van my kennis; (wat is die verhouding tussen vaagheid en duidelikheid? Wat is werklik en wat is skyn? Wat word as essensieel beskou en wat as onsin?).

As die onderwysernavorser die kenmerke van wetenskaplikheid so aanwend dat hy die genoemde tien doelstellings bereik, beoefen hy wetenskaplikheid as singewing.

Summary 1.  Introduction
In order to be effective in the execution of his professional duties the teacher must have a scientific attitude. He should continually attempt to improve his teaching practice by gaining scientific insights through study as well as his own research.

2.  A scientific attitude is true to reality
The teacher must come to grips with the reality that he wishes to study. The following are essential:
2.1  Intensifying attention
2.2  Avoiding superficiality
2.3  Excluding naïve prejudice
2.4  Overcoming obstacles that impede authentic thinking

3. Disclosing essential characteristics
The teacher should improve his practice through disclosing essential characteristics. This is achieved by carrying out the following activities:
3.1  Scientifically accountable observation
3.2  Scientifically accountable literature study
3.3  Defining
3.4  Verification

4. A scientific attitude requires the critical application of methods
The practising teacher who aims at improving his practice must know the scientific value of applying methods to increase his understanding of the teaching practice.

5. A scientific attitude requires the effective gathering of knowledge
The teacher who wishes to claim professionalism should have knowledge of those characteristics of a scientific procedure which are related to the gathering and classifying of facts, viz.
5.1  Striving for knowledge
5.2  Following the rules of logic
5.3  Systematic classification
5.4  Being understood by others
5.5  Focused stating of problems.

Verwysings

  1. Ary, D. et al. (1979). Introduction to Research in Education, Second ed. Holt, Rinehart and Winston, New York.
  2. De Wet, J.J. et al. (1981). Navorsingsmetodes in die Opvoedkunde. 'n Inleiding in Empiriese Navorsing. Butterworth, Durban.
  3. Giere, R.N. (1979). Understanding Scientific Reasoning. Holt, Rinehart and Winston, New York.
  4. Kruithof, J. (1968). De Zingever. Een Inleiding tot de Studie van de Mens als Betekenend, Waarderend en Agerende Wezen. Paul Brand, Hilversum.
  5. Landman, W.A. et al. (1975). Denkwyses in die Opvoedkunde. (Tweede uitgebreide druk) N.G. Kerkboekhandel, Pretoria
  6. Landman, W.A. en S.G. Roos. (1973). Fundamentele Pedagogiek en die Opvoedingswerklikheid. Butterworth, Durban.
  7. Landman. W.A. (Red.) (1980). Inleiding tot die Opvoedkundige Navorsingspraktyk. Butterworth, Durban.
  8. Landman, W.A. et al. (1981). Kind en Skool: 'n Fundamemeel-pedagogiese Perspektief. N.G. Kerkboekhandei, Pretoria.
  9. Landman, W.A. (Red.) (1982). Navorsingsmetodologie en Onderwysersopleiding. Butterworth, Durban. (Verskyn middel 1982).