Professor W A Landman


Terug na lys van publikasies

BEPLANNING VAN N NAVORSINGSPROGRAM
DEEL 2

EERSTE VARIASIE

Onderwerp: Onderwys-, Politieke en ekonomiese doelwitte

Stap  l:  'n Werkhipotese word gestel:

Die wyse waarop onderwys, politiek en ekonomie in die betiteling van hierdie studie gestel is, dui reeds op 'n besondere hipotese: daar bestaan een of ander verband tussen onderwys, politiek en ekonomie. Om egter slegs te praat van "een of ander verband" is om nie te voldoen aan die wetenskaplike eis dat 'n hipotese 'n positiewe en duidelike stelling moet wees nie.'n Werkhipotese vir die onderhawige ondersoek moet dus liewer soos volg gestel word: daar bestaan betekenisvolle sinsamehange tussen onderwys, politiek en ekonomie.

Die verwagting wat daardie betekenisvolle sinsamehang mag wees, blyk reeds uit die betiteling in die sin dat daar in verband met al drie werklikhede na doelwitte verwys word. Al drie het dus as gemeenskaplike kenmerk, dat daar in die verwerkliking daarvan sprake is van doelwitstelling - al drie het dus te make met toekoms.

Stap  2:  Probleemstelling gepaard met wenke vir probleemoplossing en daar uit voortvloeiende beplanning.

'n Dringende vraag wat spoedig beantwoord sal moet word, is: hoe kan onderwys-, politieke en ekonomiese doelwitte geÔdentifiseer word? Die fenomenologies korrekte antwoord sal wees: bring onderwys, politiek en ekonomie se essensies aan die lig en verhef dan daardie essensies tot doelstellings (resp: doelwitte). Dadelik ontstaan die vraag of so 'n handeling wetenskaplik geregverdig kan word. Dit sal geregverdig kan word indien aangetoon kan word dat essensies oor eienskappe beskik wat dit moontlik maak om as doelwitte te kwalifiseer. Dit beteken dat daar 'n vergelyking gemaak sal moet word tussen die eienskappe van essensies en die eienskappe van doelstellings. Hiertoe sal 'n poging aangewend word in die volgende paragraaf (par. 1.3).

Onderwys-, politieke en ekonomiese bedrywighede kan beskou word as wyses waarop bepaalde wetenskappe geoperasionaliseer word. In hierdie geval is die Opvoedkunde, Politiek en Ekonomie dan vorms van wetenskap. Indien daar aangetoon kan word dat Opvoedkunde, Politiek en Ekonomie aan dieselfde eise van wetenskaplikheid voldoen, word daarmee op 'n besondere wyse sin-samehange tussen die drie aangeleenthede aangetoon. Aan hierdie vraagstuk sal in paragraaf 1.4 aandag geskenk word.

Uit die voorgaande kan nou die volgende program afgelei word:

Hoofstuk 2:    Wesenskenmerke van Onderwysbedrywighede as doelwitte
Hoofstuk 3:    Wesenskenmerke van Politieke bedrywighede as doelwitte
Hoofstuk 4:    Wesenskenmerke van Ekononuese bedrywighede as doelwitte
Hoofstuk 5:    Sinsamehange tussen onderwys-, politieke en ekonomiese bedrywighede as doelwitte
Hoofstuk 6:    Praktykverbeteringbetekenis van die sinsamehange tussen onderwys-, politieke en ekonomiese doelwitte.

Stap  3:  Uitleg van die program wat lei tot verdere metodologiese verantwoording.

Verdere toeligting
Hoofstuk 2 handel oor die wesenskenmerke (essensies) van onderwysbedrywighede as doelwitte.

Dit beteken dat daar helderheid verkry moet word oor welke onderwysbedrywighede se essensies wat as doelwitte opgeneem moet word, in aanmerking geneem sal word. Een wyse om dit te doen, is om aandag te skenk aan daardie onderwysbedrywighede wat as skoolessensies bekend staan. Die skoolessensies wat reeds elders beskryf is sal met die oog op verdere essensie-openbaring fenomenologies bekyk word. Daarby sal vasgestel moet word wat die betekenis daarvan is as die essensies as doelwitte opgeneem word. In die vyfde hoofstuk sal die ekonomiese en politieke implikasies van hierdie doelwitverwerkliking geopenbaar moet word.

In hoofstuk 3 moet politieke-essensies aan die lig gebring word. Die metode wat gevolg gaan word, is om aan die hand van 'n relevante literatuurstudie 'n reeks essensietabelle op te stel wat gesintetiseer gaan word tot 'n geÔntegreerde essensietabel en dan weer fenomenologies geverifieer gaan word met as uitkoms 'n gesuiwerde essensietabel.

Hoofstuk 4 handel oor die werklike essensies van ekonomiese bedrywighede. Die metode wat gevolg gaan word, is dieselfde as wat vir die derde hoofstuk gegeld het.

Sodra daar sprake is van sinsamehange (hoofstuk 5) word daar gedink aan 'n besondere wyse waarop werklikheid gestruktureer is: die triadiese struktuur. Politieke, ekonomiese en onderwyswerklikhede kan, synde werklikhede, met mekaar 'n triadiese sinsamehang vertoon.

Elke bedrywigheid verwys na die persone wat dit moontlik maak. Om 'n sinsamehang tussen P, E en S te verseker, is die volgende persone nodig:

Persone met 'n toereikende kennis van politieke-essensies ten einde doeltreffende politieke bedrywighede moontlik te maak;

Persone met 'n deskundige kennis van ekonomie-essensies sodat verantwoordelike ekonomiese bedrywighede in funksie gebring kan word; en

Persone met 'n deskundige kennis van skool-essensies met die oog op die daarstelling van opvoedende onderwys met 'n besondere kwaliteit.

Op diť wyse kan politici, ekonome en onderwyskundiges 'n onverbreekbare triadiese struktuur vorm waarby die samelewing (maatskappy) op besondere wyse kan baat. Daar kan dan 'n onderwyspraktyk tot stand kom wat in landsbelang in funksie kan kom. (Hoofstuk 6): 'n triadiese harmonie tussen P, E en S word dus vereis.

Essensies as doelwitte

Wetenskaplikheid van onderwys (resp. Opvoedkunde), politiek en ekonomie

Verdere stappe:

  1. Stappe 8, 9, 10 van die eerste plan kan nou volg.
  2. Die moontlikhede wat stap 7 bied, moet deur die navorser ondersoek word.

TWEEDE VARIASIE

Onderwerp: 'n Triadies-hermeneutiese analise van die samewerking tussen ouer, onderwyser en kind

Die volgende is 'n voorbeeld van die gesamentlike ontwikkeling van titel-analise, probleemstelling, hipotesevorming, aanduiding van metodologie en die navorsingsplan.

1.  Titelanalise

Uit die betiteling blyk dit dat die volgende begrippe as sleutelbegrippe kwalifiseer, dit wil sÍ betekenisvolle veranderlikes vir wetenskaplike ondersoek is:

  1. Triadies;
  2. Hermeneuties;
  3. Die sintese triadies-hermeneuties;
  4. Analise;
  5. Samewerking;
  6. Drie persone: ouer, onderwyser, kind.

1.1  Triadies

    Die woordeboekbetekenis van "triade" is "drieheid" en drieheid word beskryf as "eienskap vanuit 3 te bestaan". Die 3 waarom dit in hierdie proefskrif gaan is die ouer, onderwyser en kind, en: die beskrywing "eienskap van uit 3 te bestaan" suggereer een of ander vorm van eenheid waarvan die woordeboekbetekenis is: "toestand van een te wees, een geheel te vorm". Dit dui verder op eensgesindheid en harmonie. Onmiddellik ontstaan die volgende vrae:

1.1.1  Hoe lyk die triadiese harmonie tussen ouer, onderwyser en kind?
1.1.2  Waar word die triadiese harmonie voltrek?
1.1.3  Wat is die moontlikheidsvoorwaardes vir sodanige voltrekking?

Hierdie drie vrae kan dien as eerste probleemstelling vir die navorsing wat skrywer hiervan wil onderneem.

Die wetenskaplik-logiese vraag wat vervolgens gevra moet word is welke hipoteses nou gestel kan word. Die eerste hipotesevorming kan moontlik soos volg daaruit sien:

1.1.1a  Die triadiese (resp. dialektiese) metode kan aangewend word om triadiese harmonie uit te lÍ.
1.1.2a  Triadiese harmonie waarby ouer, onderwyser en kind betrokke is, word voltrek in die skool.
1.1.3a  Die moontlikheidsvoorwaardes vir triadiese voltrekking in hierdie opset is kennis van die wesenskenmerke van ouerwees, onderwyser wees en kindwees.

Uit hierdie drie hipoteses wat samehange tussen veranderlikes aandui, kan nou afleidings gemaak word aangaande die daarmee samehangende navorsingsplan:

1.1.1b  Die triadiese metode sal behoorlik beskryf moet word;
1.1.2b  'n Wesensanalise van die skool sal onderneem moet word;
1.1.3b  'n Wesensanalise van ouerwees, onderwyserwees en kindwees sal voltrek moet word.

Die navorsingsplan word aan die hand van fenomenologiesverantwoorde literatuurstudie afgehandel. .

1.2  Hermeneutiese

Die woordeboekbetekenis van hermeneutiek is "verklarend", "vertolkend". 'n Vakwoordeboekbetekenis lui soos volg: . . . ondersoek volgens watter beginsels en met watter hulpmiddels betekenisse verklaar en uitgelÍ moet word.

Die volgende vrae wag nou op beantwoording:

1.2.1  Langs welke weg word die betekenis van die ouer-onderwyser-kindverhouding verklaar en uitgelÍ?
1.2.2  Wat is die implikasies van die verbinding van hermeneuties met triadies in hierdie verband?

Hierdie twee metodologies betekenisvolle vrae vorm die tweede probleemstelling vir die navorsing wat onderneem moet word.

Die volgende twee subhipoteses geld as tweede hipotesevorming:

1.2.1a  Die relevante uitlegweg bestaan uit die beantwoording van die hermeneutiese vraag.
1.2.2b  Fenomenologiese beskrywing van die komponente van 'n triade
(hier: ouer-onderwyser-kind, het'n uitlegbetekenis.

Die verdere navorsingsplan wat voortvloei uit hierdie hipoteses is:

1.2.1c  Daar moet verduidelik word wat die betekenis is van die begrip "hermeneutiese vraag".
1.2.2c Dat die beantwoording van die hermeneutiese vraag beantwoord aan die kriterium "uitlegbetekenis" sal aangedui moet word.

1.3  Analise

    Die woordeboekbetekenis van "analise" is: "skeiding in dele om die samehang te kan begryp". Vir die fenomerioloog tref die woord "dele" dadelik en is dit vanselfsprekend dat dit dui op essensies. Analise sal dan beteken om essensie-openbarend te werk te gaan. Die metodologiese vraag is nou: welke essensie-openbarende metode gaan aangewend word?. As hipotese kan gestel word: Die metode wat hom reeds afdoende bewys het as essensie-opebarende weg, is die fenomenologiese werkwyse. In die uitvoering van die navorsingsprogram sal die navorser dan kortliks moet aandui hoe sy essensietabelle saamgestel gaan word.

1.4  Samewerking

    Die woordeboekbetekenis van "samewerking" is: "handeling van saam te werk" en "saamwerk" beteken "met verenigde kragte werk; saamspan om iets te doen; gesamentlik werk".

    Daar moet dus gewerk word - ouerwerk, onderwyserwerk en kinderwerk moet geskied en in verband hiermee word 'n aantal pertinente vrae sigbaar:

1.4.1  Aan welke moontlikheidsvoorwaardes moat daar voldoen word sodat ouerwerk sinvol kan geskied?
1.4.2  Welke vereistes word gestel aan effektiewe onderwyserwerk?
1.4.3  Waarin is die sin van kinderwerk geleŽ?

Die hipoteses wat voortvloei uit hierdie derde probleemstelling is:

1.4.1a  Aan die hand van ouerleiding sal die ouers se verpligtinge teenoor onderwysers en hulle kinders verduidelik moet word.
1.4.2a  Deur middel van effektiewe onderwysersopleiding sal gesorg moet word dat professionele verantwoordelikheid teenoor ouers en hulle kinders nagekom kan word.
1.4.3a  In die lig van 1.4.1a en 1.4.2a sal "kinderwerk" beteken om deur lyflike teenwoordigheid te toon dat ouer-onderwysersamewerking essensieel is vir sy behoorlike volwassewording.

Wanneer hierdie hipoteses nou geoperasionaliseer word in terme van 'n navorsingsplan, doen die volgende moontlikhede hulle voor:

1.4.1b  Daar sal op 'n duidelike wyse aan die ouergemeenskap verduidelik moet word.

  1. Wat die betekenis is daarvan as daar van 'n onderwyser se professionele status gepraat word,
  2. Watter aandeel die ouergemeenskap kan neem in die bevordering van die professionele status van onderwysers; en
  3. Watter pedagogiese voordele dit vir die kind inhou om onderwysers te hÍ met egte professionele status.

1.4.2b  Daar sal besondere helderheid moet kom oor presies watter wyse van onderwysersopleiding die beste daarin sal slaag om outentieke professionele diens aan ouers en hulle kinders te lewer.
1.4.3b  Daar sal 'n fenomenologiese analise gemaak moet word van "redes waarom die kind mag verwag dat sy ouers en onderwysers sal saam werk".

Samevattend kan daar vervolgens uit die voorgaande puntsgewys aangestip word op watter probleemstelling, hipotesevorming en navorsingsplan die onderhawige proefskrif geskoei sal word. 'n Verfynde probleemstelling, hipotesevorming en navorsingsplan sal as inleiding tot elke hoofstuk aandag geniet.

2.  Probleemstelling.
3.  Hipotesevorming.
4.  Navorsingsplan en hoofstukindeling.
5.  Afsluitend sal praktykverberingbetekenis uitgelÍ word.

Samevattend

  1. Hierdie program kan saamgevat word as: begripsverheldering, daaruit voortvloeiende probleemstelling, daaruit voortvloeiende hipotesevorming en die daaruit ontwerpte navorsingsplan.
  2. Die navorser moet nagaan welke navorsingsmoontlikhede stap 7 (van die eerste voorbeeld) inhou.

DERDE VARIASIE

Onderwerp: Die verskyning van fundamentele pedagogiese essensies in outobiografieŽ van 'n aantal jeugdiges.

DIE VOLGENDE IS 'N VOORBEELD VAN 'N HISTORIESE AANLOOP AS EERSTE INLEIDING, GEVOLG DEUR REGVERDIGING VAN DIE NAVORSING AS TWEEDE INLEIDING, DAN PROBLEEMSTELLING, HIPOTESEVORMING EN 'N PROGRAMAANKONDIGING

1.   EERSTE INLEIDING: HISTORIESE AANLOOP

    Dit is tans min of meer 'n dekade dat daar deur pedagogiekers gewerk word met wat bekend geword het as fundamenteel-pedagogiese strukture en die essensies daarvan. Daar was eers slegs sprake van "die struktuur" (1969), later (1973) van "werklike pedagogiese essensies van die strukture van die opvoedingswerklikheid" en nog later (1977) van "betekenisvolle pedagogiese wyses van lewe" of "essensies" wat in werklikheid wyses van lewe is wat betekenisvol is vir outentieke opvoeding en wat in strukture georden kan word.

    Telkens het die vraag ontstaan of die fundamenteel-pedagogiese essensies (wat in 1977 in essensie-tabelle georden is) werklik essensiestatus het. Dit het nodig geword om die verifikasie van essensiestatus sterk op die voorgrond te plaas. Verskeie verfikasie-studies is onderneem waarvan vervolgens 'n aantal bespreek sal word.

    1.1

       Landman, W A
      "Fundamentele Pedagogiek en Onderwyspraktyk". Butterworth, Durban 1977

      Die betiteling van hoofstuk vier van hierdie publikasie: Verifikasie van essensiestatus en die lesstruktuur. Betekenisvol is die opskrif "van raaksien tot verifikasie" waarin verduidelik word wat met verifikasie bedoel word en uitgelÍ word waarom die fenomenologiese denkstappe as verifikasiestappe kwalifiseer. Vervolgens word 'n demonstrasie gegee van die verifikasiefunksie van die fenomenologiese denkstappe. 'n Eerste verifikasiehandeling wat uitgevoer is, kan dan bekend staan as verifikasie van essensiestatus deur die aanwending van fenomenologiese denkstappe, d w s van 'n sistematiese aflÍ van die fenomenologiese denkweg.

    1.2

       Barnard, F
      "Voor-wetenskaplike verwysinge na die fundamenteel-pedagogiese essensies".
      Ongepubliseerde D.Ed-proefskrif
      Universiteit van Pretoria 1975.

      Om tot die verifikasie van die essensiestatus van die gestelde Fundamenteel-pedagogiese essensies oor te gaan, onderneem Barnard 'n essensie-analise van moeders (as oorspronklike opvoeders) se briewe. Die essensies wat in die briewe verskyn word in tabelvorm neergeskryf waarin 'n uitleg daarvan aangebied word. Barnard stel verder soos volg (p 309). "Dit is insiggewend dat essensies soos in Landman se tabel dikwels net so voorkom ..."

      Hier het 'n mens te make met 'n verifikasiehandeling wat bekend staan as verifikasie van essensiestatus deur fenomenologies verantwoorde leefwÍreldanalise.

    1.3

       Swanepoel, E
      " 'n Ondersoek na die openbaring van fundamentele pedagogiese essensies in enkele dramas wat na gesinsituasies verwys"
      Ongepubliseerde M.Ed-Verhandeling.
      Universiteit van Pretoria, 1974.

    1.4

       Jubelius, S I
      "Die verskyning van fundamentele pedagogiese essensies in 'n aantal gesinsromans".
      Ongepubliseerde M.Ed-verhandeling.
      Universiteit van Pretoria, 1974.

      Beide Swanepoel en Jubelius kom tot dieselfde gevolgtrekking, naamlik dat die fundamentele pedagogiese essensies nie rasionele konstruksies is nie maar werklikhede is waarsonder opvoeding nie bedryf kan word nie. Hierdie wyse van verifikasiehandeling kan bekend staan as verifikasie van essensiestatus deur 'n analise van situasiebeskrywing deur nie-pedagogiekers.

    1.5

       As besondere verifikasiewyse van essensiestatus kan daar nagegaan word of pedagogiekers die fundamenteel-pedagogiese essensies se waarde vir hulle eie navorsing raaksien en aanvaar. N C M Engelbrecht stel dit dat die essensies besondere status het omdat talle wetenskaplike ondersoeke reeds in verband daarmee onderneem is. Volgens hom regverdig die bevindings van hierdie ondersoeke die toekenning van besondere status aan die fundamenteel-pedagogiese essensies. Hy noem dan ook 'n 34-tal van sodanige ondersoeke.

      Hierdie wyse van verifikasie-handeling kan bekend staan as verifikasie van essensiestatus deur vasstelling van navorsingswaardigheid.

    1.6

       Fundamenteel-pedagogiese essensies word verwerklik in een of ander vorm van opvoedingspraktyk. By hierdie verwerkliking is daar deelnemers betrokke t w volwassenes en kinders. 'n Betekenisvolle vraag wat nou gevra kan word, is: aangesien kinders deelnemers is aan die verwerkliking van fundamenteel-pedagogiese essensies, sal die essensies verskyn in hulle kommentare oor hulle leefwÍrelde? Ten einde 'n antwoord op hierdie vraag te kry, sal daar in hierdie verhandeling 'n studie gemaak word van 'n besondere vorm van kommentaar nl. outobiografieŽ van jeugdiges. Die verskyning van die essensies in jeugdiges se outobiografieŽ kan ook as verifikasie van hulle essensiestatus beskou word.

    Na Deel 3