Professor W A Landman


Terug na lys van publikasies

BEPLANNING VAN N NAVORSINGSPROGRAM
DEEL 3

2.

     TWEEDE INLEIDING: REGVERDIGING VAN DIE ONDERSOEK

2.1

     Metodologiese regverdiging

    Die vraag is of daar 'n weg (metode = metodos = weg waarlangs) bestaan waarlangs fundamenteel-pedagogiese essensies se verskyning in jeugdige outobiografieŽ opgemerk kan word. Die voor die hand liggende weg is om reeds bestaande fundamenteel-pedagogiese essensietabelle te neem en om dan aan die hand daarvan essensies te identifiseer wat in 'n aantal outobiografieŽ verskyn. Dit is die metode wat in hierdie verhandeling gevolg gaan word. Die organisasie van die verskyning sal in tabelvorm geskied. In die eerste kolom sal die verskyning presies soos dit in die outobiografie voorkom, gestel word. In kolom twee sal die spesifieke fundamenteel-pedagogiese essensie genoem word wat verskyn, terwyl in die derde kolom die gangbare definisie neergeskryf word. In die laaste kolom sal dan 'n kort vergelyking getref word tussen die outobiografiese verskyning en die gedefiniŽerde verskyning. Aan die einde van die ondersoek van 'n besondere outobiografie, sal die volgende gedoen word.

    1. Die essensies wat verskyn sal gerangskik word onder die strukture waarvan hulle die essensies is.
    2. Daar sal dan 'n vergelyking getref word tussen die essensies wat wel verskyn in die betrokke outobiografie en die res van die essensies wat behoort tot 'n bepaalde struktuur.
    3. Laastens sal oorsigtelike kommentaar gelewer word.

    Metodologiese moontlikheid aldan nie, sal op die wyse aangetoon kan word. Sodanige moontlikheid sal 'n aanduiding wees van metodologiese regverdiging van die ondersoek na essensieverskyning in jeugdiges se outobiografieŽ.

2.2

     Regverdiging in terme van verskyning

    Die vraag is of daar hoegenaamd verwag kan word dat fundamenteel-pedagogiese essensies sal verskyn in jeugdiges se outobiografieŽ? Die volgende argumente is in hierdie verband ter sake:

    1. Jeugdiges is nog vanweŽ hulle nie-volwassenheid in werklikheid jeugdiges-in-opvoeding. Dit beteken dat hulle gemoeid is en raak met pedagogiese essensies (dus ook met fundamenteel-pedagogiese essensies).
    2. Die pedagogiese gebeure is 'n dialogiese gebeure. Dit beteken dat daar volwasse en nie-volwasse deelnemers is aan pedagogiese essensieverwerkliking. Dit beteken verder dat albei deelnemers oor 'n mindere of meerdere mate van bewustheid van pedagogiese essensies beskik. Dat dit wel die geval is met nie-pedagogies opgeleide volwassenes is reeds oortuigend aangetoon deur F Barnard.

'n Redelike aanvaarbare hipotese sal wees dat die ander deelnemers aan pedagogiese essensieverwerkliking ook oor 'n opmerkbare bewustheid van pedagogiese essensies sal beskik. Dat dit wel die geval is kan as vertrekpunt vir hierdie ondersoek dien. Indien daar aangetoon kan word dat fundamenteel-pedagogiese essensies in jeugdiges se outobiografieŽ verskyn, sal dit as 'n bydrae van hierdie studie beskou kan word.

2.3

    Verdere regverdiging van outobiografiese ondersoek

2.3.1

    Heidegger se interpretasie van fenomenologie en die betekenis daarvan vir die regverdiging van outobiografiese ondersoek

    Kyk: Heidegger, M: "Grundprobleme der Phšnomenologie".

2.3.2

    Theresa Tymeniecka se interpretasie van fenomenologie en die betekenis daarvan vir die regverdiging van outobiografiese ondersoek

    Kyk: "Husserliana" 1, 2, 3, 4 - en haar artikels daarin.

2.3.3

    Spiegelberg se interpretasie van fenomenologie en die betekenis daarvan vir die regverdiging van outobiografiese ondersoek

    Kyk: Spiegelberg H "Doing Phenomenology".

2.3.4

    Pivcevic se interpretasie van fenomenologie en die betekenis daarvan vir die regverdiging van outobiografiese ondersoek

    Kyk: Pivcevic - "Phenomenology".

2.3.5

    Fenomenologie-in-funksie en die betekenis daarvan vir die regverdiging van outobiografiese ondersoek

    Kyk: Landman, W A "Inleiding tot die opvoedkundige navorsingspraktyk" Hoofstuk 2.

2.4

    Jeugdiges se outobiografieŽ as verskyningsplek van fundamenteel-pedagogiese essensies: 'n evaluering

    ('n Samevatting en evaluering van die voorgaande en in die lig van "outo"?:
    dit wil sÍ die mens (self) as fenomenologiese wese ens.)

2.5

    Probleemstelling

2.5.1

    Fenomenologies-goedgekeurde probleemstelling.

2.5.2

    Die onderhawige probleemstelling.

2.6

    Hipotesevorming

2.6.1

    Fenomenologies-goedgekeurde hipotesevorming.

2.6.2

    Die onderhawige hipotesevorming.

2.7

    Program vir hipotesetoetsing

2.7.1

    Fenomenologiese sin van literatuurstudie (dus van outobiografieŽ as vorm van literatuurstudie).

2.7.2

    Die literatuurstudie (outobiografiestudies wat onderneem gaan word).

Die navorser ondersoek die navorsingsmoontlikhede wat stap 7 in die eerste voorbeeld bied.

VIERDE VARIASIE

Onderwerp: Fenomenologie en diagnostiek

Die volgende is 'n voorbeeld van programbeplanning aan die hand van die verklaring van die navorsingsmetodologie wat pas by die titel.

HOOFSTUK EEN:  PROGRAMBEPLANNING

1.1

    Die veranderlikes

    Dit is duidelik uit die betiteling dat dit hier gaan om twee veranderlikes t.w.: Fenomenologie en diagnostiek, waar die "en" dui op verband.

1.2

    Eerste probleemstelling

    Aangesien probleemstelling in werklikheid 'n vraag is na die verband tussen veranderlikes, kan die volgende dien as eerste probleemstelling: "Wat is die verband tussen fenomenologie en diagnostiek?"

1.3

    Eerste hipotesevorming

    Aangesien hipotesevorming die daarstelling is van 'n positiewe stelling as moontlike antwoord op 'n vraag, kan 'n eerste hipotesevorming soos volg lui: "Daar bestaan 'n betekenisvolle verband tussen fenomenologie en diagnostiek".

1.4

    Hipotesetoetsing

    Die sin van hipotesevorming is om rigting aan die navorsing te gee - iets "toetsbaar", dit wil sÍ navorsbaar word verwoord. Dit beteken dat die wyse van hipotesetoetsing (as probleemoplossing), vasgelÍ moet word, - metodologiese verantwoording moet gedoen word. Die vraag is: langs watter weg kan die verband tussen die veranderlikes fenomenologie en diagnostiek die effektiefste geopenbaar word?

1.5

    Tweede probleemstelling

    'n Tweede stap bou gewoonlik op 'n eerste stap en is meestal 'n intensivering en/of verfyning daarvan. 'n Intensivering en verfyning van die probleem "Wat is die verband tussen fenomenologie en diagnostiek" kan wees: Wat is die sinsamehange tussen fenomenologie-essensies en diagnostiek-essensies?

1.6

    Tweede hipotesevorming

    Moontlike antwoorde beweeg in die rigting van groter waarskynlikheid indien dit geÔntensiveer en/of verfyn kan word. Byvoorbeeld wanneer "Daar bestaan 'n betekenisvolle verband tussen fenomenologie en diagnostiek" intensiveer tot "Daar bestaan sinsamehange tussen fenomenologie-essensies en diagnostiek-essensies".

1.7

    Hipotesetoetsing

    Die sin van verfynde hipotesevorming, is dat dit in baie gevalle relevante metodologie aandui. So kan die begrip "essensie" aandui dat die weg van essensie-openbaring gevolg moet word - 'n wesensanalise sal onderneem moet word. Wat die veranderlike "fenomenologie" betref, gaan dit om fenomenologie van fenomenologie. Uitsprake oor fenomenologie sal onderwerp moet word aan veral eidetiese reduksie. Op dieselfde wyse sal met die tweede veranderlike "diagnostiek" gehandel kan word.

    Sodra daar van "sinsamehange" gepraat word, verskyn as gangbare metodologie die hermeneutiese vraag "waartoe dien" wat eventueel lei tot die verskyning van die triadiese denk- en verwerklikingsweg.

    Dit wil sÍ die weg van eidetiese reduksie en hermeneuties-triadiese werkwyse is die aangewese weg. Eidetiese reduksie wat as uitkoms het geverifieerde essensietabelle moet aangewend word ten aansien van die verskyningsplekke van die betrokke essensies, wat heel dikwels dui op literatuurstudie. Verskyningsplekstudie is dan in werklikheid wetenskaplik-verantwoorde teksstudie. Ter afsluiting word praktyk verbeteringbetekenis bepaal.

METODOLOGIE-TABEL
Essensie
Definisie
1.  Eidetiese reduksie
............................................................................................
............................................................................................
2.  Hermeneuties-
triadiese denkweg
............................................................................................
............................................................................................
3.  Wetenskaplik-
verantwoorde teksstudie
............................................................................................
............................................................................................
4.  Bepaling van praktyk-
verbeteringsbetekenis
............................................................................................
............................................................................................

Wanneer daar van praktykverbeteringbetekenis gepraat word, word meteens die verdere metodologie aangekondig; Die sintese wat ontwerp word wanneer die hermeneuties-triadiese denkweg gevolg word, moet kriteriaal aangewend word. Dit beteken dat hierdie essensies as kriteria geÔmplementeer word om hedendaagse praktyke te evalueer. Dit is egter nie toereikend om die bestaande te beoordeel nie - daar moet ook lig gewerp word op dit wat in die toekoms moet gebeur.

Die genoemde sinteses sal dus kategoriaal aangewend moet word.

UITBREIDING VAN DIE METODOLOGIE-TABEL
Essensie
Definisie
Sinteses as kriteria
............................................................................................
............................................................................................
Sinteses as kategorieŽ
............................................................................................
............................................................................................

  1. HOOFSTUKINDELING

    Die hoofstukindeling is in werklikheid die stappe wat die navorsingsprogram behels. In die lig van die voorgaande lyk die volgende na 'n sinvolle moontlikheid.

    HOOFSTUK TWEE: Fenomenologie-essensies
    HOOFSTUK DRIE: Diagnostiekessensies
    HOOFSTUK VIER: Hermeneuties-triadiese samehang tussen fenomenologie- en diagnostiekessensies
    HOOFSTUK VYF: Fenomenologie- en diagnostiek: sintese kriteriaal en kategoriaal aangewend
    HOOFSTUK SES: Oorsig, gevolgtrekkings en aanbevelings.

    SUMMARY

    PLANNING A RESEARCH PROGRAMME

    A programme is a plan that takes on a particular form and is composed of a number of steps, which are in reality research activities.

    Each step must be distinctly named, described and motivated. With regard to the number of steps in the research programme and the sequence of these steps, variation is possible and also necessary, in the light of a statement by P A Pohland:

      "Slavish adherence to methodology denies the birthright of the free man and the scientist".

    In the article the following possibilities are discussed:

    1. Problem choice - problem formulation - problem reduction - study of the hypothesis - accounting for methodology - literature study -methodologically accountable progress - results of applying a method - conclusions - motivated recommendations.

    2. Stating of the hypothesis - stating of the problem, cues for problem solving and consequent research planning - designing a programme, which leads to further accounting for methodology - results of applying a method - conclusions - motivated recommendations.

    3. Joint development of title analysis, stating of the problem, forming of the hypothesis, indication of methodology and the research plan.

    4. A historical overview as a first introduction, followed by justification of the research as a second introduction, stating of the problem, forming of the problem, forming of the hypothesis and announcing of the programme.

    5. Programme planning according to the research methodology that has been decided upon, which suits a particular title.