Professor W A Landman


Terug na lys van publikasies

BEPLANNING VAN N NAVORSINGSPROGRAM
DEEL 1

1.   INLEIDEND

Wanneer daar van 'n program sprake is, word daar verwys na 'n plan wat 'n besondere vorm aanneem. 'n Program is 'n plan in die vorm van 'n aantal stappe wat sistematies georden is met die oog daarop om 'n betekenisvolle resultaat te bereik. Om 'n program te beplan beteken dan om die presiese stappe te stel wat gevolg kan word. In 'n navorsingsprogram is hierdie stappe besondere navorsingshandelinge of navorsingswerksaamhede.

Met "presies" word nie bedoel dat daar slegs een wyse van samestelling of slegs een besondere volgorde soos in 'n resep gevolg mag word nie (vgl. P A Pohland: "Slavish adherence to methodology denies the birthright of the free man and scientist"). "Presies" beteken:

  1. dat elke stap duidelik benoem, beskryf en gemotiveer moet word; en
  2. dat elke stap 'n onmisbare bydrae moet maak tot die bereiking van 'n betekenisvolle resultaat.

Wat die aantal stappe in die navorsingsprogram en die volgorde daarvan betref, is variasie moontlik en ook nodig in die lig van die navorsingsprosedures wat die navorser wil inskakel, die doel van die navorsing, die navorsingsterrein, ens. In hierdie artikel sal daar dan 'n besondere program voorgestel word, maar sal daar ook'n aantal variasies bespreek word.

2.   MOONTLIKE STAPPE IN 'N NAVORSINGSPROGRAM

Stappe
Uitleg
Eerste stap:
Probleemkeuse
1.1  Motivering van probleemkeuse
(vraagseleksie)
  1. Stel die probleem kortliks in vraagvorm bv. Is daar 'n verband tussen Fundamentele Pedagogiek en die lesverloop?
  2. SÍ waarom dit betekenisvol (waardevol) sal wees om 'n antwoord op hierdie vraag te vind. Bv. Dit is belangrik vir Funda mentele Pedagogiek om te demonstreer dat (i) hy praktykverbeteringbetekenis het en (ii) hy nuwe kennis kan openbaar aangaande 'n aangeleentheid wat primÍr by 'n ander pedagogiese dissipline (Didaktiese Pedagogiek) hoort. ens.
1.2 Verantwoording van vraagbelangstelling en -entoesiasme Navorsing vereis entoesiastiese belangstelling daarin om sinvolle antwoorde te vind omdat vrae wat verwondering en geesdrif wek motiveer tot verantwoordelike navorsing. Bv. die navorser is verwonderd daaroor dat wanneer 'n saak vanuit verskillende perspektiewe bestudeer word, kennis van die wesenskenmerke daarvan toeneem (Kenteoretiese belangstelling); OF die navorser is besield met die idee om ter wille van die kind-in-opvoeding die beste moontlike praktyk daar te stel (praktykbelangstelling); ens. Uit die kwaliteit van hierdie verantwoording deur die navorser kan afleidings gemaak word aangaande sy navorsingsingesteldheid, navorsingsparaatheid, ens.
1.3  Probleembestudering Wat het aanleiding gegee tot die probleemkeuse? Stel hoe die probleem en die noodsaaklikheid van die oplossing daarvan onder die navorser se aandag gekom het. Bv. deur

  1. reeds afgehandelde literatuurstudie;
  2. gesprekke met persone in die praktyk;
  3. gesprek met promotor (leier);
  4. eie belangstelling;
  5. eie beroepsbeoefening;
  6. 'n kombinasie van (i) en (v) en
  7. ander redes

Hieruit moet veral die aktualiteit van die probleem blyk en die sin daarvan om navorsing te onderneem. (bv. (in volgorde) uit (v), (vi) en (ii) blyk dat daar leemtes in die lesgeepraktyk bestaan wat die effektiefste deur Fundamentele Pedagogiek uit die weg geruim kan word en dat deur daarmee te talm kinders-in-opvoeding skade mag ly.

Tweede stap:
Probleemformulering
2.1 Vraagstelling
Die probleem wat reeds in 1.1a gestel is, moet nou verskerp word indien moontlik. Bv. Wat is die presiese verband tussen die funksies van Fundamentele Pedagogiek, en die begryping en verwerkliking van lesverloopessensies?
In hierdie verskerping moet daar deur die navorser kommentaar gelewer word op sy voldoening aan twee fenomenologiese eise t.w.

  1. tersaaklikheid (vgl. die fenomenologiese eis van "terug na die sake self"); en
  2. verstaanbaarheid (fenomenologie is begrypingskunde!)
2.2  Vraagbetekenis,
-eksaktheid,
-verantwoordelikheid
Met die hulp van

  1. verklarende woordeboeke;
  2. etimologiese woordeboeke;
  3. vakwoordeboeke en ensiklopedieŽ (opvoedkundig, sielkundig, sosiologies, filosofies, ens); en
  4. inleidings van 'n aantal erkende publikasies ten aansien van die probleemgebied; word die betekenis van elke woord in die vraag duidelik, eenduidig en ondubbelsinnig gestel
2.3  Wetenskaplik-verantwoorde probleemstellingstudie (om o a te bepaal welke vrae se beantwoording kan lei tot kennisuitbreiding) Literatuurstudie: 'n Aantal treffende probleemstellings wat verband hou met 1.1 en 2.1 word bestudeer met die oog op probleemstellingsanalise wat bestaan uit:

  1. Die probleem soos gestel deur die betrokke skrywer(s);
  2. Herformulering van die gestelde probleem in eie woorde (indien dit kan bydra tot groter helderheid en begryping deur die navorser);
  3. Vraagverheldering: Die probleem word nou verdeel in 'n aantal korter vrae.
  4. Afleidings aangaande die verband tussen diť vrae en 2.1 word gemaak. Dit lei tot die vasstelling of die verdere bestudering van 'n bepaalde boek (artikel) ter sake sal wees.
2.4 Vergelyking van 'n aantal probleemstellinganalises uit die literatuurstudie Vergelykende studie: Die doel is om 'n beeld te kry van

  1. ooreenkomste
  2. verskille
  3. leemtes (betekenisvolle vrae wat nog nie gevra is nie of wat onbevredigend gevra is.
    Kommentaar oor (i)-(iii) word gelewer en die navorsingsgeleenthede wat dit bied, word aangeteken.
Derde stap:
Probleemredusering
3.1 Vraagverheldering
Die eie aanvanklike probleemstelling (Kyk 2.1) word in korter vrae verdeel. Vergelyk 2.4 nou met hierdie vrae. Voeg vrae by wat nog gevra moet word en verbeter vrae wat onbevredigend gevra is. Motiveer die byvoegings en die verbeterings. Bv. Wat is die funksies van Fundamentele Pedagogiek? Welke lesverloop-essensies bestaan daar? Op grond waarvan kan daar gesÍ word dat funksie 1 (funksie 2, 3 ens) 'n moontlikheidsvoorwaarde kan wees vir les-verloopverwerkliking? ens.
3.2 Vraag
-konkretisering
-verbesondering en
operasionalisering
Elke vraag moet afgespits wees op 'n enkele aspek van die werklikheid en moet in navorsbare vorm neergeskryf word (3.2 kan reeds geskied wanneer 3.1 gedoen word)
3.3 Probleemklassifisering
-vraagordening
Sinvolle vrae wat verband het met mekaar word saam groepeer. Die groepering moet gemotiveer word en daar moet raakgesien word dat dit struktuur verleen aan die program (bv. in terme van die hoofstukindeling van die verslag.)
Vierde stap
Hipotesestudie
4.1 Wetenskaplikverantwoorde bepaling van welke moontlike antwoorde betrekking sal hÍ op nuwe kennis. Word dikwels verwaarloos ten nadele van deeglike navorsing
Literatuurstudie: 'n Aantal relevante hipoteses word bestudeer met die oog op hipotesevorm-analise (par. 2.4) en uit dieselfde literatuur. Waar hipoteses nie eksplisiet gestel word nie, moet die navorser soek na implisiete hipoteses en dit kan openbaar.
4.2 Eie hipotese
-vorming
Die vrae wat tydens die derde stap ontwerp is, word in hipotesevorm gestel. Bv. Daar is 'n moontlikheidsvoorwaardeverband tussen fundamentele pedagogiese essensies en lesverloop-essensies, ens.
4.3 Hipotesevergelyking 4.1 en 4.2 word met mekaar vergelyk ten einde 'n beeld te kry van

  1. ooreenkomste,
  2. verskille,
  3. leemtes (moontlike sinvolle antwoorde wat nog ontbreek of wat onbevredigend gestel is. Kommentaar oor (i)-(iii) word gelewer en die navolsingsgeleenthede wat dit bied, word aangeteken.
4.4 Antwoord-fenomenologie Die moontlike antwoorde word gekeur en beoordeel aan die hand van die fenomenologiese denkstappe. (Hoofstuk 2, Landman, WA (Red): Inleiding tot die Opvoedkundige navorsingspraktyk. Butterworth Durban 1980). Die uitslag van die beoordeling en keuring word noukeurig beskryf.
Vyfde stap
Metodologiese verantwoording van die hipotesetoetsing, dit wil sÍ van die probleemoplossing
Die moontlike antwoorde wat die doel van kennisuitbreiding gaan dien en wat die toets van enomenologiese verifikasie deurstaan het, word nou met die oog op toetsing daarvan vanuit metodologiese perspektief benader. Dus, die volgende vraag word gestel: Welke probleemoplossingsmetodes en/of prosedures sal paslike toetsingsmiddele (verifikasiewyses) wees? Moontlik soos volg:
Stappe
Uitleg
  Verfynde geverifieerde hipoteses Beste metode vir hipotesetoetsing Rede vir metodeseleksie
      L.W. Die rede moet telkens gesoek word in 'n kenmerk van die metode wat geskik sal wees vir hipotesetoetsing d w s vir probleemoplossing
      Ten einde hierdie tabel te voltooi, sal die navorser oor 'n deeglike kennis van moontlike metodes en prosedures moet beskik. Die motivering van sy metodeseleksie vorm 'n baie belangrike deel van die navorsingsverslag. Die gehalte van die motivering reflekteer die gehalte van die ondersoek.
Stappe
Uitleg
Sesde stap
Verdere literatuurstudie as eerste oplossingsmetode
Literatuurstudie wat verband hou met elke fynde hipotese, word onderneem. Met die oog op skerp navorsing kan daar afgesien word van die blote tradisionele "opsomming" van skrywers se gedagtes. Daar kan essensietabelle opgestel word uit opsommings wat net die essensiŽle gedagtes bevat, Landman, W A a w 23-24). Die navorser lewer dan nie kommentaar oor 'n opsomming nie, maar oor gekristalliseerde gegewens (essensietabel). Aangesien verskillende werke bestudeer word en uit elke werk'n essensietabel opgestel word, sal dit nodig wees vir die navorser om die tabelle tot een finale tabel te integreer. Dit sal wetenskaplik verantwoord wees om die finale tabel te verifieer met behulp van die fenomenologiese denkstappe en ook om vas te stel of die definisies voldoen aan definisievereistes (Landman, W A, a w 36) en ver eistes van die logika (Landman, W A a w. 5-6).
Sewende stap
Metodologies-verantwoorde voortgang aan die hand van die finale essensietabel
Die metodes en prosedures wat vermeld is in die vyfde stap word nou aangewend. Hulle wesenskenmerke het in stap 5 aan die lig gekom.
Verdere toegespitste beskrywing mag egter nodig wees.
Let wel: Daar bestaan navorsing wat hierdie stap oorslaan.
Agste stap
8.1 Uitkomste van metode- en/of prosedure-aanwending (insluitende literatuur-studie) d w s die resultate van die navorsing
In welke vorm moet die uitkomste (resultate) van die metode- en prosedure-aanwending gestel word? Die vorm sal afhang van:

  1. vereistes wat deur die metode of prosedure self gestel word bv. essensietabel, statistiese vorme en tabelle, grafiese stellings ens.
  2. Vereistes wat die vorm van die verslag mag stel.
8.2 Beredenering Die navorsingsuitkomste moet beredeneer word. Dit kan gedoen word deur:

  1. Fenomenologiese denkstappe op die stellinge wat gemaak is, toepas;
  2. Wette van die logika toepas;
  3. Definisievereistes toepas;
  4. Vergelyking;
  5. Analise van argumente;
  6. Sintese
Negende stap
Gevolgtrekkings
Die woordeboekbetekenis (HAT) is vir die navorser betekenisvol: "Werksaamheid van die verstand om 'n gevolg af te lei uit 'n bekende omstandigheid of feit." "Oordeel wat deur redenering gevorm word".
Die leuse hier is: "terug na die hipotese(s)". Beredeneerde beantwoording van die volgende vrae moet geskied:

  1. Is die hipotese(s) oortuigend bevestig of nie, m a w is die gestelde vrae toereikend beantwoord of nie. Gee redes (uit die voorgaande hoofstukke) vir die antwoord.
  2. Die konsekwensies van die bevestigde (of nie-bevestigde) hipoteses word duidelik en puntsgewys uitgespel. Dit beteken onder andere dat 'n PRAKTYKBETEKENIS-tabel opgestel moet word.
    (Landman, W A: "Wetenskaplik-verantwoorde teksstudie". Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Opvoedkunde, nr. 2 (1981).
Tiende stap
Gemotiveerde aanbevelings

Let wel: Dit moet voortspruit uit die ondersoek (navorsing) en moet in terme van navorsingsbevindinge gemotiveer word.

Twee soorte:

  1. Vir verdere navorsing wat onderneem moet word, deur
    1. die dissipline waarin die onderhawige ondersoek onderneem is; en
    2. deur ander dissiplines.
  2. Vir praktykverbetering
    Hier word die tabel waarin daar in stap 9 hierbo verwys is, verder uitgebrei.

Na Deel 2