By geleentheid van
Professor W A Landman se 80ste verjaarsdag
Junie 2003

HULDIGINGSBOODSKAP: OPVOEDKUNDEVERENIGING VAN SA

Prof Johann van Staden

Voorsitter

Terug na Inhoud

Prof Landman, mev Landman, kollegas en vriende

Eerstens net 'n woord van dank aan die reëlingskomitee vir die uitnodiging om vanaand namens OVSA 'n paar woorde tot die adres van prof Landman te rig. Dit is voorwaar 'n eer om by so 'n heuglike gebeurtenis in die lewe van 'n oud-kollega, leier, bestuurder en akademiese reus teenwoordig te wees.

Iemand het gesę: Education begins a gentleman, conversation completes him. Die diskoers waardeur u so baie mense bereik, gestimuleer en beïnvloed het, het ongetwyfeld 'n onuitwisbare merk op die Suid-Afrikaanse en buitelandse opvoedkundiges gelaat en ek glo dat dit ook vir u vandag nog mooi herinneringe inhou.

U aktiewe rol in die TO en Redakteurskap van die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Opvoedkunde (1986-1993) het onder andere meegebring dat u altyd op hoogte was met die hele spektrum van die onderwys en Opvoedkunde. U was by uitstek 'n akademikus na wie enige kollega kon opsien en wie se bron van kennis so oorgeloop het dat vele kollegas en studente daaruit kon put - 'n rolmodel van doeltreffende en uitstekende akademiese leierskap.

Iets wat op my as jong akademikus 'n geweldige indruk gemaak het, was die woorde in u eie handskrif onder aan 'n artikel: Aanvaar. Baie geluk. Miskien net drie woorde, maar woorde van betrokkenheid, meelewing en inspirasie - woorde en eienskappe wat so baie sę van die mens WA Landman.

Prof Landman, vir die rol wat u in die akademie, maar veral in OVSA en die Tydskrif vir Opvoedkunde gespeel het, is dit vir my 'n besondere eer en voorreg om namens OVSA vir u en u gade baie geluk te sę met u 80ste verjaarsdag. Dit is 'n besonderse mylpaal en ons is die Here dankbaar vir u gespaarde lewe. Psalm 90:10 sę dat ons maar sewentig jaar lewe, of as ons baie sterk is tagtig en die ou Engelse spreekwoord sę, "It is not how long, but how well we live". U lang lewe is so vol hoogtepunte waarvan vanaand sekerlik een van die vele is.

OVSA was bevoorreg om ook in kwaliteittyd van u lewe te kon deel. Dit is dus vanaand vir my 'n eer om u namens OVSA te bedank vir u insette aan die vereniging en tydskrif en ek wil u verseker dat die fondamante en boustene wat u in die Opvoedkunde gelę het in stand gehou en uitgebrei sal word.

Mag goeie gesondheid en nog baie vreugdevolle jare u beskore wees en wees verseker dat OVSA-lede altyd aan u sal dink as

VAKMAN
BESTUURSMAN
V-O-O-R-M-A-N en
"die een en enigste" WA LANDMAN.

Dit is vir my 'n plesier om namens OVSA aan u iets te oorhandig as blyk van ons meelewing met die viering van hierdie besondere dag in u lewe.

Geniet die aand!

Terug na begin van bladsy