Lesings in die Opvoedkunde
DIE TEGNIESE
KOLLEGE AS PLEK VIR LOOPBAANGERIGTE RAAKVLAKREALISERING TUSSEN FORMELE EN
NIE-FORMELE TEGNIESE ONDERWYS: 'N
EMPIRIESE ONDERSOEK, DEEL EEN
1. INLEIDEND
In 1988 het
skrywer hiervan, saam met dr J van der Merwe van die Universiteit van Pretoria
navorsing onderneem wat deur die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing
gefinansier is en waarvan die navorsingsverslag verskyn het onder die titel
Kurrikulumontwikkeling vir nie-formele onderwys.
In die genoemde
verslag word aangedui dat daar aan die prinsipale van tegniese kolleges skrywes
gerig is. Die doel met hierdie skrywes
was enersyds om prospektusinligting van 'n aantal kolleges te bekom en andersyds
om kommentaar in te win oor die prinsipale se opvattinge aangaande die
toekomstige ontwikkeling van tegniese kolleges. Volledigheidshalwe dien dit gemeld te word dat skrywes
uitgestuur is ooreenkomstig adreslyste wat bekom is van die Departement
Onderwys en Kultuur (Administrasie: Volksraad) en die Raad vir
Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN) vir soverre dit Blanke, Kleurling en
Indiër tegniese kolleges betref. Vir
bereiking van Swart tegniese kolleges is gebruik gemaak van adresse wat verskyn
het in die publikasie Education and Manpower Production (Blacks) No 6, 1985 van
die Research Institute for Education Planning (RIEP) aan die Universiteit van
die Oranje Vrystaat.
Die kommentaar
van die prinsipale is veral bestudeer vanuit kurrikulumontwikkelingsperspektief
en is daar dan ook in die verband besondere aanbevelings gemaak.
Indien die
kommentaar herbestudeer word, maar nou in terme van die betekenis daarvan vir
loopbaangerigte raakvlakrealisering ten aansien van formele en nie-formele
tegniese onderwys, kom insiggewende essensies aan die lig ten opsigte van:
1.1 Tegniese Kolleges vir institusionele
onderrig
1.1.1 Finyazwanda Technical Institute, Venda.
1.1.2 Johannesburgse Tegniese Kollege.
1.1.3 Kaapse Kollege vir Drukkers.
1.1.4 Kudube Manpower Centre, Bophuthatswana.
1.1.5 Westlake Tegniese Kollege.
1.1.6 S A W Tegniese Kollege, Wingfield.
1.2 Die Tegniese Kollege as besondere plek vir
loopbaangerigte opleiding
1.2.1 Tegniese Kollege, Germiston.
1.2.2 Tegniese Kollege, Joubertpark.
1.2.3 Tegniese Kollege, Kempton Park.
1.2.4 Tegniese Kollege, Maitland.
1.2.5 Tegniese Kollege, Pietermaritzburg.
1.2.6 Tegniese Kollege, Pinetown.
1.2.7 Sir Val Duncan Technical College, Namakgale.
1.2.8 Thuto Matlhale Technical College.
1.2.9 Tegniese Kollege, Worcester.
1.3 Tegniese Kolleges en modulęre opleiding
Finyazwanda
Technical Institute, Venda.
1.4 Tegniese Kolleges en eksaminering
Johannesburgse
Tegniese Kollege.
1.5 Tegniese Kolleges en sertifisering
Finyazwanda
Technical Institute, Venda.
1.6 Onderwysbeginsel 1 en Tegniese Kolleges.
S A W Tegniese
Kollege, Wingfield.
1.7 Identifisering en mobilisering van
deskundigheid uit die gemeenskap
Tegniese
Kollege, Standerton.
2. TEGNIESE KOLLEGES VIR INSTITUSIONELE
OPLEIDING
2.1 Finyazwanda Technical Institute, Venda
Erkende
institusionele opleiding vir minstens 'n deel van modulęre opleiding, 'n
gewensde situasie.
Opmerkings
(i) Institusionele opleiding mag duurder (vir die
Staat) wees as koöperatiewe opleiding waar die werkgewer verantwoordelik is vir
veral die praktiese opleiding, maar die beheer van die kollege oor
opleidingstandaarde is besonder waardevol en opvoedkundig verantwoordelik. Een euwel wat op dié wyse uitgeskakel kan
word is die moontlikheid dat werkgewers vakleerlinge as "goedkoop
arbeid" kan gebruik en die opleidingsaspek skade ly.
(ii) Institusionele opleiding hoef nie te beteken
dat tegniese kolleges duur praktiese opleiding onder sy "eie dak"
hoef te verrig nie. Dit kan ook beteken
dat 'n tegniese kollege (in samewerking met die Departement Mannekrag) toesig
hou oor die praktiese opleiding (opleiding in die werkplek) en selfs daaraan
deelneem. Die ideaal bly egter dat die
volledige opleiding (teorie en praktyk) onder "dieselfde dak" sal
geskied met gereelde georganiseerde kontak met die werkplek. Daar kan evolusionęr in die rigting van
hierdie ideaal beweeg word veral met die Private sektor wat die praktiese
opleiding finansier.
2.2 Johannesburgse Tegniese Kollege
2.2.1 Die rede vir die gebrek aan institusionele
opleiding is die feit
dat ten spyte
van Wet 76 van 1984 wat die Staat se medeverantwoordelikheid vir nie-formele
onderwys aanvaar, die benadering is dat voorsiening van praktiese
beroepsonderrig by tegniese kolleges, nie die verantwoordelikheid van die
Staat is nie.
Opmerking
(i) Ressortering van alle beroepsgerigte onderwys
onder die Departement Mannekrag, kan dit vir die Staat makliker (en meer
sinvol maak) om sy verantwoordelikheid vir praktiese opleiding op te neem met
die Private sektor wat sy kant bring in die vorm van finansiering.
(ii) Die aanvaarding van praktiese opleiding deur
die Staat, moet evolusionęr geskied (moontlik onder toesig van die Departement
Mannekrag) wat onder andere sal moet verseker dat die verskuiwing van praktiese
opleiding na tegniese kolleges op finansieel haalbare wyse moet geskied.
2.2.2 Tegniese kolleges sal slegs praktiese opleiding
kan verskaf
indien die
personeelvoorsiening- en akkommodasieformules (in die Staat) dit moontlik
maak. Praktiese opleiding is
personeelintensief.
Opmerkings
(i) 'n Evolusionęre ontwikkeling van die oorname
deur tegniese kolleges van praktiese opleiding, sal 'n geleidelike aanpassing
van die tersaaklike formules moontlik maak, veral as tegniese kolleges se
toesighouding oor praktiese opleiding in die werkplek as tussenstap gesien
word.
(ii) Die tegniese kollege kan die probleem van personeelintensiewe
praktiese opleiding soos volg oplos:
* 'n Wetenskaplike bepaling van die beste
dosent-verhouding vir praktiese opleiding (dit kan verskillend wees vir
verskillende
kursusse.
* 'n Verhoging van die
dosent-studentverhouding in die teoretiese opleiding.
(iii) Indien
tegniese kolleges (gekoördineer deur die Departement
Mannekrag)
toegelaat word om te kurrikuleer vir die praktiese komponent van die opleiding
kan dit die evolusionęre ontwikkeling in die rigting van institusionele
opleiding vergemaklik en bevorder.
2.2.3 Die Johannesburgse Tegniese Kollege maak ook
die volgende
aanbevelings
waarvan die haalbaarheid beslis nadere ondersoek regverdig, naamlik dat
2.2.3.1 praktiese onderrig die eerste ingestel moet
word by tegniese
kolleges wat
nie naby 'n reeds bestaande opleidingsfasiliteit geleë is nie;
2.2.3.2 praktiese onderrig by sekere tegniese kolleges
verskaf word in
beroepsrigtings
waarvan die aktiwiteite en vereistes van so 'n aard is dat praktiese onderrig
by kolleges moontlik en wenslik is. Die
beroepsaktiwiteite waarin opleiding by kolleges nie moontlik of wenslik is nie
moet soos tans by die werkgewer verskaf word;
2.2.3.3 dat indien 'n praktiese kursus deur die
Departement van Onderwys
en Kultuur
(Volksraad) goedgekeur word, daar saam met die kollegeraad op 'n 50:50
grondslag geboue en toerusting verskaf word;
2.2.3.4 dat die kollegerade onderriggelde hef wat
voldoende is om die
normale
instandhouding - en lopende uitgawes van die onderrig te dek;
2.2.3.5 dat leerplanne vir praktiese onderrig opgestel
word sodat
gemeenskaplike
leerstof van verskillende beroepe saamgevoeg kan word byvoorbeeld: die gebruik van handgereedskap vir Passers,
Elektrisiëns en Motorwerktuigkundiges kan saam aangeleer word;
2.2.3.6 dat die Departement van Onderwys en Kultuur
(Volksraad)
V.E.-toekennings
vir hierdie praktiese kursusse sal maak en dat 'n realistiese personeel tot
V.E.-verhouding gebruik word om heeltydse poste vir sulke kursusse toe te ken;
2.2.3.7 dat die subsidie wat kolleges ontvang
voorsiening sal maak vir
die aanbieding
van praktiese kursusse.
2.3 Kaapse Kollege vir drukkers
Die skeiding
van teoretiese en praktiese opleiding is nie verantwoordbaar nie.
'n Veel beter
opleiding sou aangebied kon word indien teorie en praktyk beter geďntegreer kon
word, in byvoorbeeld 'n modulęre opleidingstelsel. Die voordele is vanselfsprekend en sal sorg dat 'n beter
toegeruste student sy plek in die bedryf sal kan volstaan.
Opmerkings
(i) Ondersoek sal ingestel moet word na finansieel
haalbare modelle vir die integrasie van teoretiese en praktiese opleiding aan
tegniese kolleges met finansiële ondersteuning deur die Private sektor.
(ii) Sinchronisering van teoretiese en praktiese
opleiding sal kurrikulęr bewerkstelling moet word (al is dit nie "onder
dieselfde dak" (as tussenstadium?) nie.
Nie-formele modules wat raakvlakke het met formele modules sal
kurrikulęr betrek moet word.
(iii) Dit
is moontlik dat 'n modulęre stelsel van opleiding so
gestruktureer
kan word dat sekere modules in die nie-formele afdeling aangebied kan word.
2.4 Kudube Manpower Centre, Bophuthatswana
Any practical
work undertaken should be related to the theory which is applicable. While in many cases at the moment this does
not occur and causes confusion among the students.
Opmerking
Hierdie
probleem roep om institusionele opleiding as oplossing, of (as tussenstap?)
kurrikulęre sinchronisering tussen kollege-teorieopleiding en
werkplek-praktiese opleiding. Wat die
kollege self betref is daar die moontlikheid van die sinchronisering van
formele teorieopleiding en nie-formele praktykopleiding.
2.5 Westlake Tegniese Kollege
Intensiewe
praktiese sowel as teoretiese opleiding word in goed toegeruste werkswinkels
verskaf.
Opmerkings
(i) Institusionele opleiding (koördinering van
praktiese en teoretiese opleiding) aangevul deur ko-funksionering van kollege
en werkgewer is die ideale toestand.
(ii) Gesamentlike kurrikulering (in samewerking met
die Departement Mannekrag) kan 'n betekenisvolle bydrae maak tot effektiewe
opleiding.
(iii) Gapings
kan gevul word deur die instelling van nie-formele
kursusse wat
(a) beroepsgerig is,
(b) raakvlakke met bestaande formele kursusse het.
2.6 S A W Tegniese Kollege Wingfield
Whilst
technical colleges should continue in their traditional roles, I believe that
they should be called upon to relieve commerce and industry of the training
function it has taken unto itself because of mainly socio-political
factors. Whilst it must be recognised
that a certain amount of in-company specialist training will always be
necessary or desirable, colleges could be made responsible for the majority of
general vocational education and training which is basic to most
organisations. This includes the public
sector also. This concept of general
vocational education and training does not preclude the possiblilty that
colleges could be called upon by a single undertaking to provide some form of
specific training.
Opmerkings
(i) Die oorname van die totale opleiding deur 'n
tegniese kollege (met uitsondering van "in-company specialist
training") beteken dat 'n kollege toegelaat moet word om institusioneel op
te lei, met al die voordele (reeds genoem) daaraan verbonde.
(ii) Deur institusionele opleiding word dit ook
moontlik om die raakvlakke tussen formele en nie-formele tegniese opleiding te
benut.
(iii) Die
moontlikheid van raakvlakbenutting word versterk deur die
groter
outonomie wat aan tegniese kolleges toegeken is. In dié verband merk Wingfield op:
... the
introduction of the Technical Colleges Act (Act 104 of 1981) - This gave the
technical colleges a greater degree of autonomy and a legislative identity of
their own. The greater autonomy
permitted colleges to be far more flexible in meeting the changing needs of
Industry and Commerce, and the other communities which colleges traditionally
serve. It has also led to a greater
awareness among principals and college councils of the need to manage colleges
along sound business lines, this in turn has led to improved cost effectiveness.
3. 'N TEGNIESE KOLLEGE AS BESONDERE PLEK VIR
LOOPBAANGERIGTE OPLEIDING
3.1 Tegniese Kollege Germiston
3.1.1 Die status van die tegniese kollege as
inrigting wat op besondere
wyse gemoeid is
met loopbaangerigte opleiding het veral die afgelope dekade geweldig toegeneem.
Opmerking
Die status kan
nog verder toeneem totdat tegniese kolleges al die opleidingsmateriaal trek wat
hulle toekom, indien tegniese kolleges onder die Departement Mannekrag
ressorteer.
3.1.2 Institusionele opleiding kan ook bydra tot
verdere statusverkry ging aangesien
daardeur opleidingstandaarde ten aansien van teorie en praktyk verhoog kan
word.
3.2 Tegniese Kollege Joubertpark
Die besluit van
die Regering om mettertyd gelyke onderwysgeleenthede vir alle inwoners te skep,
raak noodwendig ook die tegniese kolleges.
Opmerking
'n Vraag wat
beantwoord moet word, is of die tegniese kollege nie 'n besondere plek vir die
skep van gelyke onderwysgeleenthede is nie en ook vir die handhawing van gelyke
onderwysstandaarde.
Tegniese
Kollege Joubertpark verwys na die volgende:
Ten einde
hierdie groter verantwoordelikheid van tegniese kolleges beter te begryp, word
kortliks na die volgende verwys wat in elke kollege vergestalting moet vind:
* Die verskaffing van gelyke onderwysgeleenthede
en die handhawing van gelyke onderwysstandaarde;
* die beskikbaarheid van opsies en erkenning
van keusevryhede van individue, ouers en die samelewing;
* die verskaffing van onderwysdienste met
inagneming van individuele behoeftes sowel as nasionale doelwitte en
prioriteite;
* die nastrewing van die positiewe verband
tussen formele, nie-formele en informele aspekte van die onderwys;
* noue skakeling en samewerking met die
privaatsektor;
* die handhawing van gedensentraliseerde
bestuur;
* die bevordering van die professionele
status van die onderwyser en dosent;
* respek vir religieuse en taaldiversiteit;
* voortgesette studie en navorsing.
Dit behels dat
geleenthede voortdurend ontsluit sal word waar elke raadslid, personeellid,
student of ouer, waar enigsins moontlik, in 'n posisie sal verkeer om kreatief
en ondersteunend te kan meedoen aan besluitneming en ontwikkeling in die
kollegelewe op alle vlakke.
Opmerking
Nie-formele
afdelings van tegniese kolleges (wat ingestel is op verwerkliking van
raakvlakke met formele onderwys) kan 'n bydrae maak tot die behaling van gelyke
onderwysstandaarde. Daar kan
byvoorbeeld nie-formeel voorsiening gemaak word van voldoening aan die
leerbehoeftes van leerders wat in sekere opsigte agterstande het.
3.3 Tegniese Kollege Kempton Park
'n Tegniese
kollege moet 'n funksie verrig om geskoolde werkers op te lei. Hierdie funksie sal 'n steeds groter
wordende groep mense moet betrek, indien ons nie daarop wil afstuur om in die
RSA 'n groter groep werklose gegradueerdes te akkommodeer nie.
Opmerking
'n Besondere
probleem vir die RSA is die toenemende getal gegradueerdes (alle
bevolkingsgroepe) wat grade verwerf wat min of geen beroepsbetekenis het
nie. Leerders sal dus weggekanaliseer
moet word van sodanige kursusse. Die
Universiteite sal veel hieraan kan doen en die Staat kan 'n betekenisvolle
bydrae maak deur te weier om sulke kursusse te subsidieer. Kanalisering van sekere kandidate na
Technikons kan verligting bring. Die
aandeel wat tegniese kolleges wat bloot naskoolse en nie volwaardige tersięre
inrigtins is nie, is in hierdie verband nie duidelik nie. Samewerking tussen Universiteite en Tegniese
Kolleges en Technickons en Tegniese Kolleges is 'n moontlikheid wat ondersoek
moet word. (Vergelyk in hierdie verband
die samewerking tussen die Ingenieursfakulteit van die Universiteit van
Pretoria en die Verwoerdburgse Tegniese Kollege).
3.4 Tegniese Kollege Maitland
Die tegniese
kollege is die ideale plek vir die verwerkliking van raakvlakke tussen formele
en nie-formele tegniese onderwys.
Formele
Onderrig
Bestaande
kursusse moet binne die huidige onderwysstelsel behoue bly vir die volgende
redes:
(a) Skoolverlaters soek 'n toekoms in die
Suid-Afrikaanse konteks, maar het nie die nodige kwalifikasies nie.
(b) Baie skoolverlaters is nie noodwendig
Universiteits- of Technikonstandaard nie en nodige opleidingsgeriewe moet
behoue bly.
(c) Die ontwikkeling van tegniese kolleges moet
bly binne die raamwerk soos neergelę in die Wet van Tegniese Kolleges - Wet No
104 van 1981.
Nie-Formele
Onderrig
Aanvullend tot
bogenoemde kan die ontwikkeling van tegniese kolleges ook geskied in die vorm
van verrykingskursusse wat die volgende voordele kan inhou:
(a) Werknemers kan vir kort tydperke
gespesialiseerd opgelei word.
(b) Werkgewers sal baat vind om werknemers na
sulke kursusse te stuur aangesien dit direk van toepassing sal wees op hul
werksgebied.
(c) Kursusse sal van korte duur wees, en die
vergelykende kostefaktor sal minimaal wees.
Opmerkings
(i) Die Wet op Tegniese Kolleges (Wet No 104 van
1981) maak die ontwikkeling van nie-formele afdelings moontlik. Klem moet gelę word op nie-formele modules
wat raakvlakke met formele modules het weens die beroepsgerigtheid van beide.
(ii) Koste-effektiewe doelwitkurrikulering moet
aangewend word as basis van doeltreffende opleiding as opleiding wat gerig is
op
* sinchronisering van teorie en praktyk;
* raakvlakverwerkliking ten aansien van formele
en nie-formele tegniese onderrig.
3.5 Tegniese Kollege Pietermaritzburg
3.5.1 Beroepsgerigtheid is 'n funksie wat suksesvol
deur tegniese
kolleges vervul
kan word, indien daar aan twee vereistes voldoen word:
* dat tegniese kolleges as naskoolse inrigtings,
die regmatige erkenning binne die opvoedingstelsel moet geniet, en
* dat die vooroordeel wat daar in opvoedkundige
kringe bestaan, uit die weg geruim moet word.
Opmerking
Die erkenning
wat tegniese kolleges in die Witskrif oor onderwysvoorsiening in die RSA
(1983) ontvang het as besondere plek vir nie-formele onderwys kan geaktiveer
en uitgebou word deur wetenskaplik verantwoordbare kurrikulering wat die volgende in ag neem
* sinchronisering van teorie en praktyk
* raakvlakke tussen formele en nie-formele
onderwys.
3.5.2 Die tegniese kollege speel 'n belangrike rol as
rigtinggewende
opvoedkundige
inrigting veral ten opsigte van daardie leerling/ student wat deur die suiwer
akademiese stelsel gedemotiveer raak en gevolglik die skool verlaat voor die
verwerwing van 'n skooleind-sertifikaat.
Dit bied ook 'n geleentheid aan die persone wat op 'n latere leeftyd
eers begin ontwikkel en nie die volle voordeel van die bestaande opvoedkundige
stelsel kan benut nie.
Opmerkings
(i) Gedemotiveerde skoolverlaters kan beroepsgerig
gemotiveer word deur spesifieke kurrikulering spesifiek vir hulle. Gestruktureerde nie-formele modules kan vir
hierdie doel ingespan word.
(ii) Tegniese kolleges kan vir
"laat-ontwikkeldes" kurrikulęr voorsiening maak, ook in die
nie-formele afdelings.
3.6 Tegniese Kollege Pinetown
Die een terrein
waar ons 'n groot toekomstige taak vir tegniese kolleges sien, waar hulle tot
dusver nog nie heeltemal tot hul reg gekom het nie is die heropleiding en
indiensopleiding van werkers op 'n nie-formele of formele basis. Hopelik sal dit in die nabye toekoms
reggestel word deur tegniese kolleges.
Opmerkings
(i) Die aandeel wat die nie-formele afdeling van
'n tegniese kollege kan neem in heropleiding en indiensopleiding moet deeglik
in ag geneem word. Die finansiële
haalbaarheid van sodanige opleiding kan so verhoog word.
(ii) Verskerping van beroepsgerigtheid van her- en
indiensopleiding deur gestruktureerde nie-formele modules is 'n besondere moontlikheid.
3.7 Sir Val Duncan Technical College Namakgale
3.7.1 We see our function to be the general
involvement in the area in
the upgrading
of technical and manual skills of the community.
Opmerking
Die nie-formele
afdeling van 'n tegniese kollege sal ingerig kan word vir die opgradering van
tegniese en handvaardighede. Dit kan
veral geskied wanneer die raakvlakke tussen formele en nie-formele tegniese
onderwys benut word.
3.7.2 It is a well known fact that technical training
is extremely
expensive and
yet existing facilities are only used part of each day.
Opmerking
Daar bestaan 'n
dringende behoefte om 'n betroubare beeld te hę van
(i) die werklike benutting daarvan en
(ii) maksimale benutting daarvan.
3.8 Thuto Matlhale Technical College
Tegniese
kolleges vorm die skakel tussen leerders en industrie.
Opmerking
Dit beteken
(i) uitbreiding van tegniese kolleges (insluitende
opgradering van sommige Tegniese Hoërskole tot Tegniese Kolleges),
(ii) voorkeurbehandeling van tegniese kolleges ten
aansien van finansiering.
3.9 Tegniese Kollege Worcester
Tegniese
kolleges behoort die opvoedkundige instellings te wees wat in die volgende paar
jaar die grootste groei kan toon aangesien hulle kan en behoort te voorsien in
'n baie spesifieke behoefte wat die handel en nywerheid in die RSA as sulks
het. Tegniese kolleges moet eerstens
voorsiening maak vir naskoolse beroepsopleiding op die laer-tersięre vlak.
Tegniese
kolleges het 'n baie groot rol te speel in die aanbieding van koste-effektiewe
nie-formele verrykingskursusse en klasse.
Dieselfde geld
vir nie-formele opleidingskursusse vir die handel en nywerheid wat nie
dieselfde doel as eersgenoemde het nie.
Opmerkings
(i) Tegniese kollges is die beste plek vir
raakvlakrealisering ten aansien van formele en nie-formele loopbaangerigte
opleiding.
(ii) Inspraak van die handel en nywerheid in die
ontwerp van nie-formele kursusse (modules)
kan die status en beroepsgerigtheid daarvan verhoog. Dit kan ook daartoe lei dat die handel en
nywerheid bereid sal wees om betekenisvolle insette te maak ten aansien van
* kurrikulering
* sertifisering.
4. TEGNIESE KOLLEGES EN MODULęRE OPLEIDING
4.1 Finyazwanda Technical Institute, Venda.
Gelyke
praktiese leerplanne wat gebaseer is op die modulęre opleidingsisteem vir
verskeie ambagte, wat uitloop op toetsing in ooreenstemming met
nywerheidsgebruik, word voorgestaan.
Opmerking
Kurrikulumontwikkeling
vir 'n modulęre stelsel kan verskerp word deur die omskakeling van
werkontledings (as vorm van situasie-analise).
5. TEGNIESE KOLLEGES EN EKSAMINERING
5.1 Johannesburgse Tegniese Kollege
Die Departement van Onderwys en Kultuur (Administrasie Volksraad) onderskei tussen formele
onderwys wat gerig is op 'n nasionale eksamen en nie-formele kursusse wat
nie-eksamenkursusse is. Die tegniese kollege behartig nie-formele kursusse wat
óf op vryetydsbesteding óf op die beroepslewe gerig is.
Opmerkings
(i) Gestruktureerde nie-formele beroepsgerigte
kursusse (veral dié wat raakvlakke het met formele kursusse), moet ingestel en
uitgebou word.
(ii) Die eksaminering van hierdie kursusse kan
voorlopig intern wees maar kan evolusionęr ontwikkel tot eksterne eksaminering
(en sertifisering deur die Departement Mannekrag in samewerking met die
Suid-Afrikaanse Sertifiseringsraad).
(iii) Die
kurrikulering vir gestruktureerde loopbaangerigte nie-formele
kursusse
behoort in die lig van werkontledings te geskied.
(iv) Daar moet ondersoek ingestel word na die
moontlikheid om sommige van die sogenaamde stokperdjie- en verrykingskursusse
geleidelik op te gradeer na gestruktureerde nie-formele kursusse met beroepsbetekenis
(en moontlik met betekenis vir 'n ondernemer om homself te handhaaf in die
informele besigheidsektor).
6. TEGNIESE KOLLEGES OOR SERTIFISERING
6.1 Finyazwanda Technical Institute, Venda
Die Departement
Mannekrag moet sertifikate uitreik.
Opmerkings
(i) Loopbaangerigte opleiding (vir handel en
nywerheid wat moontlik ook bruikbaar is in die informele sektor) moet
ressorteer onder die Departement Mannekrag.
(ii) Die moontlikheid van sinvolheid van
eksamengerigte gestruktureerde nie-formele kursusse moet ondersoek word.
(iii) Samewerking
tussen die Departement Mannekrag en die Sertifise ringsraad (Wet No 85 van 1986) moet gesoek word.
7. ONDERWYSBEGINSEL 1 EN TEGNIESE KOLLEGES
Realisering van
onderwysbeginsel 1: Gelyke
onderwysgeleenthede met insluiting van gelyke onderwysstandaarde sal vir elke
inwoner ongeag ras, kleur, geloof of geslag deur die Staat doelgerig nagestreef
word (Witskrif oor Onderwysvoorsiening in die RSA, 1983, bls. 3).
Nie-rassige
onderwys aan tegniese kolleges sal minder weerstand wek as wat die geval is met
skole. Dit is so omdat dit bekend is
dat tegniese kolleges direk gemoeid is met opleiding vir die werkplek en dat
die werkplek nie rasseskeiding ken nie.
Die saak word soos volg deur WINGFIELD gestel:
Subsequent to
the famous "Carlton I" and a follow-up conference held at the Good
Hope Centre in Cape Town, Commerce and Industry have de-segregated themselves
or, put another way, have committed workplace apartheid to the rubbish bin. This apparently works well and to the
satisfaction of all concerned - until it comes to sending their employees to a
technical college for their necessary vocational education. At this juncture population groups must be
divided again and sent to their "own affairs" institutions. This issue is so sensitive in Commerce and
Industry that many companies have spent millions of rands in setting up their
own training colleges. In many cases
this was a duplication of services that already existed at some technical
colleges. This type of duplication is
an unnecessary expense which can be avoided if a technical college can be
established which caters for a
commercial and/or industrial community and ALL its employees. Much is said about the partnership of State
and Private Sector in the provision of vocational education, and this is
certainly equitable and desirable, as long as the Private Sector have only to
make their investment once, and not three of four times.
With the
envisaged changes recommended by the National Training Board being fairly close
to implementation, the role of the technical college can most effectively be
played without the current racial exclusivity of these institutions being
retained.
Opmerkings
Dit is verder
bekend dat sekere tegniese kolleges reeds as "oop" inrigtings
verklaar is (vergelyk Verwoerdburgse Tegniese Kollege) waar geen
noemenswaardige probleme ondervind word nie.
Die kultuur wat
aan gevestigde blanke tegniese kolleges heers kan bevorderlik wees vir 'n
tegnies-tegnologiese ingesteldheid by die ander bevolkingsgroepe indien lede
van daardie groepe aan dié kultuur blootgestel word.
'n Verdere
probleem wat deur tegniese kolleges opgelos kan word, is die invloed van swart
leerders uit die formele onderwysstelsel.
Tegniese kolleges kan op groter skaal skoolverlaters absorbeer as wat
vandag die geval is. Ten einde die
omvang van skoolverlating te demonstreer, word verwys na Figuur 21 van
Education and Manpower Development nr 10 1989 soos gepubliseer deur die
Research Institute for Education Planning, Fakulteit Opvoedkunde, Universiteit
van die Orange Vrystaat:
8. IDENTIFISERING EN MOBILISERING VAN
DESKUNDIGHEID UIT DIE GEMEENSKAP
8.1 Tegniese Kollege Standerton
Elke groot dorp
het 'n groot hoeveelheid kundigheid in die vorm van geoktrooieerde
rekenmeesters, prokureurs, ingenieurs, medici ens. Hierdie kundigheid is in die aande op deeltydse basis beskikbaar
vir opleiding aan die res van die gemeenskap.
Kursusse in die tegniese, handels- en bestuursrigtings, kan dus gerieflik
aangebied word. Die grootste probleem
op die oomblik is dat die technikons, wat ver verwyder in die groot stede is,
beswaar maak indien kursusse op tersięre vlak aangebied word. Die probleem is egter dat volwasse
werknemers met gesinne nie hierdie kursusse op voltydse basis by 'n technikon
kan bywoon nie.
Opmerking 1
Strukture
(moontlikhede) moet geskep word vir
(i) identifisering van kundige persone in 'n
gemeenskap
(ii) klassifisering van hierdie kundighed in terme
van die verskillende vlakke daarvan
(iii) mobilisering
van die kundigheid deur byvoorbeeld vas te stel
* wie bereid is om kundigheid tot diens te stel
* onder welke voorwaardes?
Opmerking 2
Daar is in
hierdie dokument verwys na die moontlikheid dat die Departement Mannekrag Tegniese
Kolleges oorneem. 'n Besondere probleem
in dié verband is skoolpligtiges onder die ouderdom van 16 jaar wat tot
Tegniese Kolleges toegelaat word.
Voordat dié probleem aangespreek word, sal daar eers gekyk moet word na
studente-statustieke van Tegniese Kolleges.
--- oOo
---
|