Gedenklesing 2010

ATKV Centuron
Die Elfde W.A. Landman Gedenklesing het weer vanjaar by die Ouditorium van die Lytteltonse Biblioteek plaasgevind.

Genl. Albert Jansen van die SANW was vanjaar die spreker met as tema: "Die siel van die Afrikaner - opvoedkundige essensies".

Die W.A. Landman Gedenklesing is destyds ingestel om volgehoue fokus op die essensies van fundamentele opvoeding te behou aangesien dit nie meer deel van die kurrikkulum vir onderwysersopleiding uitmaak nie.

Ouers moet ook voortdurend daaraan herinner word dat die ouer in die eerste plek vir sy/haar kind se morele opvoeding, norme en waardeleer verantwoordelik is terwyl die onderwyser die onderwys van die kind hanteer.

Prof. en mev. Landman geniet nog goeie gesondheid; hy word vanjaar 87.