Professor W A Landman

Vyfde W A Landman-gedenklesing
van die ATKV-tak, Centurion:
31 Mei 2004

Hannes Hattingh

ERFENISBEWARING AS KULTUURTAAK

Terug na Gedenklesings


Ek wil graag vanaand 'n paar gedagtes met u deel oor kultuur, met spesifieke verwysing na die Afrikaanssprekende se siening daarvan en daarmee saam erfenisbewaring as 'n faset van kultuurbeoefening.
Laat my egter toe om vooraf enkele kwalifiserende opmerkings rondom die voordrag te maak. In die eerste plek is hierdie nie 'n akademiese dissertasie nie, maar 'n gesprek rondom kultuur en erfenisbewaring in so verre dit vir die belangstellende in hierdie faset van kultuurbeoefning, van belang kan wees, ook met verwysing na dt wat van owerheidskant gedoen word rondom erfenisbewaring.

In die tweede plek onderskryf ek ten volle die standpunt dat erfenisbewaring in die bre, inklusief moet wees ten opsigte van elke kultuurgroep in die land en met inagneming van die totale bevolkingsamestelling maar daarby wil ek dit beklemtoon dat wat ek vir elke ander kultuurgroep gun, ek ook vir die Afrikaanssprekende opeis.

In die derde plek gaan ek my nie streng bepaal by die bespreking van eers die een en dan die ander komponent van die onderwerp nie. Die begrippe kultuur en erfenisbewaring is inter-afhanklik en daarom sal ek in 'n groot mate gelyktydig na beide elemente van die tema verwys. Sodoende sal u ook die deurlopende draad van die gesprek beter kan volg.

Dit is nie onbekend nie dat daar verskillende en soms uiteenlopende menings oor die begrip kultuur bestaan. Ek wil my ter aanvang bepaal by die Afrikaanssprekende se siening van kultuur. Die uitgangspunt vir die kultuurbegrip van die Afrikaanssprekende is sy lewens- en wreldbeskouing, gefundeer in die Christelike Protestantse godsdiens en meer spesifiek die Calvinisme.
Die sleutelgedagte van die Calvinisme is die erkenning van die absolute soewereiniteit van God in sowel die skepping as die hele lewe.
Daarom plaas die Calvinistiese Afrikaner die eer van God voorop in alles wat hy doen en s: "Uit Hom, deur Hom, en tot Hom is alle dinge".
Hiervolgens het die mens 'n Goddelike opdrag, naamlik die taak om die aarde te onderwerp en daaroor te heers. In die beheersing van die natuur skep die mens kultuur. In hierdie kultuurskepping is die mens egter gebonde aan die wette van die natuur en die norme van kultuur - alles ordinansies van God. En deur die skepping van kultuur kan die mens nie anders nie as om gehoorsaam te wees aan hierdie ordinansies. Sodoende dien hy God.

Die mens is dus voortdurend besig om die natr te beheers, te bewerk en vir hom diensbaar te maak. So bou hy kultr, skep hy kultuur- en beskawingsgoedere wat as skeppings van die menslike gees sigbaar word as die klere wat hy aantrek, die stoel waarop hy sit en die huis waarin hy woon, asook die lied wat hy sing, die gedig wat hy voordra, die beeldhouwerk wat hy modelleer, maar ook die taal wat hy praat. Maar nou is dit ook so dat, wanneer daar in die algemeen oor kultuur gepraat word, daar gewoonlik net gedink word aan die verfyning van kultuurbeoefening. Sodoende word die begrip kultuurbeoefening meestal verkeerdelik beperk tot die fyner uitinge van die menslike gees soos die skeppende, beeldende en uitvoerende kunste, die letterkunde, musiek ensovoorts. Daarom dat daar meermale, wanneer gepraat word van 'n gekultiveerde persoon, daar gedink word aan iemand wat hom in een of ander kunsvorm onderskei het, wat met insig en kennis praat van die onderskeie kunsvorme, wat na die opera gaan, toneelopvoerings bywoon en wat self ook een of meer kunsvorme beoefen.

Kultuur is veel meer as dit. Die Afrikaner met sy landelike agtergrond, is te veel van 'n natuurkind om sy kultuur en kultuurbeoefening te beperk tot die sogenaamde ho kultuur. Dit is en doen hy ook, maar dit alleen oorheers nie sy lewensbeskouing nie.

Ek het vroer ges dat kultuur die skepping van die menslike gees is soos dit binne 'n bepaalde volksgemeenskap tot uiting kom. Daarom is kultuuruiting, -beoefening en -belewing van geen twee volke eenders nie. Die Afrikaner se volkserfenis, saam met dit wat hy verwerf het in kontak met ander volke en volksgemeenskappe, maak sy totale kultuurbesit uit. Daarom praat ons van eiegoed en leengoed en is die begrip kultuur vir die Afrikaanssprekende omvangryker as vir baie ander volke en kultuurgemeenskappe. Dit is die omvattende begrip oor sy godsdiens, sy politiek, sy staatkunde, sy ontspanning en elke ander faset van sy lewe. Al hierdie sake is, in die bre gesien, komponente van ons omvattende kultuurbesit en -beoefening.

Kultuur is egter ook identiteitsgerig. Dit is ons meedoen aan en betrokkenheid by ons eiesoortige kultuurbelewing en -beoefening wat aan die Afrikaner 'n eie identiteit gee. Sonder gebondenheid aan 'n eie kultuurinhoud en -strewe is 'n eie identiteit nie moontlik nie. Kultuur en identiteit is dus, hoewel nie sinoniem nie, tog onafskeibaar aan mekaar verbonde.

Sonder 'n eie identiteit kan geen mens met homself of met 'n ander saamleef nie. Daarsonder is kulturele volwassenheid en deelname aan die kultuurlewe van 'n bepaalde volksgemeenskap, nie moontlik nie en kan 'n mens ook geen sinvolle bydrae lewer tot 'n bepaalde volksgemeenskap nie. Daarom is identiteit die totale karakteristiek wat elke volk van 'n ander volk onderskei. Die Afrikaanssprekende het so 'n identitiet vir homself verwerf kragtens sy besondere kultuurinhoud en lewens- en wreldbeskouing.

By die besinning oor die wesentlike van die Afrikanerkultuur, het ek myself gedrewe gevoel om terselfdertyd dieper te sny en het ek sodoende op 'n paar minder bekende kenmerke afgekom. Ek dink dit is nodig dat 'n mens by 'n gesprek soos hierdie nie net ontledend en onbevange nie, maar ook eerlik moet kyk na die totale lewensbeskoulike van jou eie kultuurgroep. Is dit nie so nie dat ons, veral in die dae na die volksplanting en die verspreiding die binneland in, ons ons vestiging aan die suidhoek van hierdie kontinent gesien het as 'n Godsdaad met 'n missionre opdrag?
Terugskouend beoordeel, moet ons onsself afvra wat ons gedoen het met hierdie sending-roeping en of dit nie dalk ontaard het in 'n paternalisme teenoor hulle wat ons geglo het, die objekte van ons roeping was nie? Ek gaan die vraag nie probeer beantwoord nie, maar ons kan dit nie ontwyk nie.

Maar nou is dit ook so dat gebeure gedurende die afgelope dekade daartoe gelei het dat daar meer akkommoderend en minder paternalisties na verhoudings gekyk word. Dit is tog so, dat deur mekaar beter te leer kan, dit bygedra het tot 'n nuwe gesindheid tussen al die bewoners van ons land. Ek wil so ver gaan as om te s dat hierdie akkommoderende houding tot 'n nuwer faset van ons lewensbeskouing gelei het, gebore uit die besondere begrip van die Afrikaner vir hulle teenoor wie ons vroer paternalisme openbaar het. Ek dink ons het in ons denke meer volwasse geraak.

Sonder om in te veel detail te verval, wil ek ook in die verbygaan verwys na die nuwe patroon van sosiale verkeer n verhoudings wat daar tot stand gekom het tussen die verskillende kultuurgroepe in ons land - ek glo dit was ten goede. Hierdie nuwe perspektief ten opsigte van verhoudings, dit moet ons ook erken is natuurlik ook versterk deur globalisering en die dinamiese invloed van kommunikasie, in die besonder di van beeldradio.
Dat dit baie bygedra het tot 'n beter begrip van die kulture van kultuurgroepe anders as ons eie, is sonder twyfel waar. Maar dan moet ons ook vir mekaar s dat die behoud van 'n eie identiteit 'n prioriteit is en bly terwille van die behoud van ons volkskarakter.

Dit, met inagneming van die feit dat bepaalde karaktertrekke op die kort- en langtermyn kan verander vanwe gebeure, invloede en omstandighede, is egter ook waar. Geen bre lewensbeskouing kan oor geslagte heen onveranderd bly nie. Geen mens lyk, handel, dink of leef op veertig soos wat hy gehandel, geleef of gedink het toe hy twintig jaar oud was nie. Insgelyks sal hy nie op sestig handel, dink of leef soos toe hy veertig was nie. Dit is in die wese van die mens om te verander. Presies dieselfde gebeur met gemeenskappe, volke en nasies. Niks en niemand is staties nie. Iets wat vandag 'n algemeen geldende standpunt of gebruiksartikel is, kan oor twee of drie dekades in die vergetelheid versink, nie meer geldig wees nie of nie meer bestaan nie. Die oorklapbroek van die Voortrekkers bestaan nie meer nie. Die vetkers het plek gemaak vir elektrisiteit en die snuiter vir die ligskakelaar. Die tradisionele medisynestamper en vysel is vervang deur die apteker, die ossewa deur die vragmotor en die os deur die trekker. Alledaagse nuts- en gebruiksartikels verdwyn of verander met die tyd en pas aan of word aangepas by nuwe omstandighede want die mens ontwikkel. Lewensomstandigeide verander, die wetenskap bring die mens tot nuwe insigte en die tegnologie pas daarby aan. Terugskouend besef 'n mens dat ook die gewoontes, gebruike en tradisies van die middel van die negentiende eeu, radikaal verskil van di van die tagtigerjare van die twintigste eeu of van die beginjare van die een-en-twintigste eeu. Die rede daarvoor is dat dit, soos ek vroer ges het, in die aard van die mens is om te verander, om terug te kyk en ook terug te gryp na dit wat was. Nie om daaraan te bly vaskleef en 'n starre verknogtheid te demonstreer nie, maar om erkenning te gee aan 'n tydperk wat verby is. Ook die Afrikaner en Suid-Afrikaner het nie stilgestaan nie. Maar ons besef ook al hoe meer dat dit wat kenmerkend is van die verlede, ook vir die eietydse mens waarde en betekenis het. Daarom bewaar die mens bewustelik. Daarom reik hy terug na die verlede.

Maar erfenisbewaring moet nie net gerig wees op die bewaring van dit wat kultuurhistories belangrik is nie. Die hede is net so belangrik en daarom moet elke bewaringbenadering allesomvattend wees. Dit moet ook gerig wees op die n en die hr.

Daar het met betrekking tot bewaring gedurende die afgelope jare, in die besonder by die Afrikaanssprekende, 'n nuwe bewustheid ontstaan om dit wat in sy vormingsjare van betekenis was, van naderby te leer ken, dit te behou deur restourasie en dit vir hom en die nageslag te bewaar. Daarvoor moet ons dankbaar wees want die verlede is die hoeksteen van iedere volk, van sy volkswees en sy tradisies. Dit is 'n aanprysenswaardige strewe om oudhede en kultuurhistoriese voorwerpe te versamel en te besit. Met die oog hierop word daar op solders gesoek, word vroer dae se ashope en vullishope omgedolwe - en terloops, baie mense het daaruit ryk geword. Uit die huise van die sogenaamde agtergeblewenes word vandag stukke teruggekoop wat 'n geslag of twee gelede verkoop is omdat dit sogenaamd oudmodies was. Daar het 'n nuwe bewustheid ontstaan om te soek na ons wortels. Dit is nodig want die wortels bepaal die boom. Die toekoms sal van min aarde wees as ons nie sou terugkyk na die fondament waarop daardie toekoms gebou moet word nie.
Om die gesprek rondom die kulturele dimensie af te sluit, moet daar egter ook gewaarsku word teen die siening dat die wordingsgeskiedenis van die Afrikaner (en vir daardie rede ook d van die blanke in Afrika) in die huidige tyd nie meer plek het nie. Hierdie kultuurgroep se bydrae tot die land se ontwikkeling en wordingsgeskiedenis ter bereiking van volle demokrasie in 'n land waarin die infrastruktuur net so goed of selfs beter is as d in talle ontwikkelende en ontwikkelde lande, mag nooit misken of negeer word nie. Net so moet die herskryf van die geskiedenis sonder die rol wat die Afrikaanssprekende daarin gespeel het, nie maar net onbestrede toegelaat word nie. Daar rus in d verband 'n groot taak op die skouers van historici, kultuurhistorici en ander leidende figure in die volkslewe. Daar is 'n groot waarheid gele in die woorde van Elie Wiesel soos aangehaal deur Herman Giliomee in sy monumentale werk Die Afrikaners/The Afrikaners, wanneer hy oor die geskiedenis van die Afrikaner skryf en s: "To live without a past is worse than to live without a future".

Wat bewaring as sodanig betref, is daar natuurlik die bewaring van die sigbare erfenis sowel as die bewaring en koestering van die idele soos vergestalt in die taal, lettere, musiek, uitvoerende, vertolkende en ander kunsvorme. Hierin moet die bewaring van ons taalerfenis ho prioriteit geniet omdat die taal immers die draer van die siel van die volk is. Ons is almal bekend met die geskiedenis van die wording, uitbouing en stryd rondom die erkenning van Afrikaans. Ek gaan dit nie herhaal nie. U sal my egter veroorloof om enkele kwelgedagtes rondom Afrikaans in die moderne tyd met u te deel.

Ons verneem toenemend van stappe wat die owerheid doen ten koste van Afrikaans. In die totale staatsorgaan, in ons howe en in die Parlement word Engels eensydig verhef tot ampstaal. Selfs in ons skole word die opvoeding van ons kinders bedreig deur taal-integrasie. Met die negering van Afrikaans in die onderwys en elke owerheidsstruktuur word die aandeel van Afrikaans net kleiner en kleiner. Soos in die tydperk net na die Anglo-Boereoorlog met die Angliseringsbeleid van 'n Milner, word Afrikaans ook as opvoedingstaal stadig maar seker verdring. Opvoedkundiges oor die bre spektrum waarsku teen hierdie neiging, omdat dit wreldwyd erken word dat onderrig in die moedertaal, veral op primre vlak, opvoedkundig die wenslikste is.

Wat die gebruik en handhawing van die moedertaal betref, is daar 'n groot waarheid gele in die opmerking van Paul Lendvai wanneer hy die Hongaarse digter Karoly Kisfaludy in sy grootse werk "The Hungarians" aanhaal wanneer Kisfaludy s: "A people who do not possess a mother tongue, do not have a fatherland either.". Hy kon net sowel ges het "do not have a future either.".
Die handhawing en bewaring van sy taal en daarmee saam ook sy identiteit, is een van die belangrikste opdragte aan die Afrikaner wanneer ons van bewaring praat. Daarom is bewaring noodsaaklik ook wanneer dit by ons geestesgoedere kom.

Wat die bewaring van die fisieke betref, moet ons erken dat dit nie uniek aan Suid-Afrika en die Afrikaner is nie. Bewaring as beskermingsmaatrel van sy kultuur vind plaas by feitlik elke beskaafde en selfs minder-beskaafde volk, by sommige net meer gerig op die eie ter wille van die kommersile en toerismewaarde daarvan.

Die bewaringspraktyk in Suid-Afrika is egter relatief jonk gemeet by die van ander lande en volke. Die aandrang op bewaring in Suid-Afrika het, interessant genoeg, nie ontstaan uit die noodsaak vir die bewaring van geboue en strukture nie, maar wel met betrekking tot die beskerming van geologiese, volkekundige, argeologiese en paleontologiese terreine ten einde dit van vernietiging en eksploitasie te red.

In hierdie motivering tot bewaring het byvoorbeeld ons land se unieke rotskuns of Boesmantekeninge tot op groot hoogte bewaar gebly. Juis die beskerming van hierdie etnies-kultuur-historiese erfenis het gelei tot die stigting van ons eerste bewaringsliggaam, The South African National Society, in 1905. Dit lei tot die latere Natural and Historical Monuments Act van 1911 en die wet op Nasionale Monumente van 1923 soos verder verfyn in di van die erfenis en bewaringswet van 1934, die sogenaamde Natural and Historical Monuments Relics and Antiquities Act. Die kombinasie van die verskillende wetgewings was die stigting van die Historiese Monumente Kommissie.

Hierdie wette het nie net die bewaring van historiese geboue en strukture bepleit nie, maar ook alle natuur- en wetenskaplike nalatenskappe. Kragtens sy bevoegdhede, kon hierdie Raad talle van ons kultuurhistoriese geboue en strukture van vernietiging red deur dit, tot by proklamering as 'n gedenkwaardigheid, op 'n bewaringslys te plaas.

Die lys van bewaarde en geproklameerde gedenkwaardighede deur die land soos verklaar deur die Raad op Nasionale Gedenkwaardighede, staan op ongeveer 2119.

Die aanvaarding van die jongste en mees resente bewaringswet, die Wet op Nasionale Erfenis Hulpbronne - SAEHA - (Nasional Heritage Resources Act - SAHRA) wet 25 van 1999, het egter feitlik al die nasionale gedenkwaardighede wat deur die ou Raad van Nasionale Gedenkwaardighede tot nasionale gedenkwaardighede geproklameer was, nou tot provinsiale gedenkwaardighede verklaar. Daar word nou egter ook, met inagneming van die gedenkwaardighede van alle kultuurgroepe, opnuut gekyk na die saamstel van 'n nuwe lys van nasionale gedenkwaardighede. Ten spyte van hierdie onskynlike afgradering van gedenkwaardighede, maak die nuwe wet my opgewonde oor die uitgebreide benadering met betrekking tot bewaring. Die nuwe wet het naamlik tot gevolg dat daar nou van owerheidswe, drie vlakke van statutre bewaring sal wees, tw op nasionale, provinsiale en plaaslike vlak. Die rolspelers op plaaslike vlak is plaaslike owerhede, nie-regeringsliggame en ook plaaslike gemeenskapsorganisasies, soos bv die Erfenisvereniging van Centurion. Hierdie Vereniging het sedert sy stigting in 2000, reeds 'n hegte samewerkingsverband met die beheerliggaam van SAHRA/SAEHA op provinsiale vlak ontwikkel, spesifiek mbt plaaslike gedenkwaardighede. Hieroor later meer.
Kragtens die verdeling op die drie beheervlakke sal SAHRA/SAEHA nasionale beleid bepaal wat insluit strategiebeplanning, die stel van standaarde vir die bewaring en bestuur van alle erfenishulpbronne asook die monitering van die bedryf van erfenisbewaring in die bre. Daarkragtens sal SAHRA/SAEHA verantwoordelik wees vir die byhou van 'n nasionale databasis van erfenishulpbronne asook die instandhouding van nasionale gedenkwaardighede, Gr I op nasionale vlak.

Die tweede vlak van bestuur is d op provinsiale vlak en na aanduiding sal die grootste getal bewarenswaardighede uit die ou bedeling, nou in hierdie group val, tw Gr II. Dit sluit in provinsiale historiese terreine en alle bewarenswaardighede op provinsiale vlak.
Van die ongeveer 2119 verklaarde nasionale gedenkwaardighede waarna vroer verwys is, is daar nie minder nie as 327 in die oudste stad van ons land, tw Kaapstad gele. Dit is te begrype.
In die Centurion-gebied is daar slegs 5, tw die Wierdabrug van Sytze Wierda (1891), die Rooihuiskraalterrein (Jameson-inval 1881), die Smutshuis in Irene (1970), die Irene Poskantoorgebou (2001 nav verto deur die Erfenisvereniging van Centurion). Die Irene konsentrasiekampkerkhof is nie, soos algemeen aanvaar word, 'n verklaarde gedenkwaardigheid nie.

Hierby wil ek ook die Erasmus-kasteel (Erasmusrand) noem wat verlede jaar reeds 100 jaar oud was en wat in 1993 tot nasionale gedenkwaardigheid verklaar is. Hierdie struktuur is eintlik buite die regsgebied van Centurion gele, maar ek noem dit hier omdat dit histories deel uitmaak van die grondbesit van die Erasmus-familie aan wie feitlik die hele suidelike deel van Pretoria behoort het na 1840. Teenoor Centurion se vyf verklaarde gedenkwaardighede is daar egter talle dorpe in die land waar daar slegs een verklaarde gedenkwaardigheid bestaan, plekke soos Germiston, Kemptonpark, Randburg, Springs, om maar enkeles te noem.

Wat Centurion betref het die Erfenisvereniging sedert 1995, glo ek, baie verrig. Bykans 40 bewarenswaardige geboue en strukture is reeds gedentifiseer, een is reeds verklaar terwyl 'n verdere vyf op die plaas Brakfontein tans deur die provinsiale komitee van SAEHA, onder oorweging is. Baie interessante ander strukture is sedert 1995 ontdek soos:

  • Die huis en begraafplaas van Danil Elardus Erasmus, Irene, op die plaas Doornkloof
  • Die NZASM-bre, Irene en Fonteinedal
  • Die brug van die Imperial Military Rail (1901) oor die Kaalspruit by Pinedene.
  • Cornwall-heuwel (Anglo-Boereoorlog)
  • Huis Eitemal-(Lyttelton)
  • Brakfontein-huise en begraafplaas (1859)
  • Commissiedrift (Lyttelton, ca 1860)
  • Polisiehondeskool Irene (1913)
  • Grot van die Bakwena-moord (1820)
  • Kwekery-geboue op Irene-buiteklub (1903)
  • Huis van Genl. JJ Pienaar (Administrateur van Transvaal 1938-1948 in Edwardlaan, Hennopspark - ca 1948)
  • Oornagplek van Lord Roberts voor die Britse inval in Pretoria op 5 Junie 1900 by die Zwartkop Buiteklub, ens.

Op Provinsiale vlak het veral die ou Vrystaatse en Transvaalse Provinsiale Administrasies van die voormalige regering uiters lofwaardige werk verrig, hoewel daar in die ou Transvaal Provinsie 'n groot getal strukture is wat, by 'n gebrek aan geld, destyds nie gerestoureer kon word nie en wat waarskynlik vir goed verlore sal wees. Na my mening moet sommige van hierdie strukture dalk onder aandag van die Erfenisstigting kom.

Daar moet verder ook melding gemaak word van die besondere bewaringswerk wat daar oor baie jare heen gedoen is deur die Stigting Simon van der Stel, nou die Stigting SA. Was dit nie vir hulle besondere ywer nie sou baie bewarenswaardighede, veral in die ou Transvaal, verlore gewees het.

Die jongste nie-regerings bewaringsliggaam wat hom spesifiek rig op die bewaring van die Afrikaner se kultuur-historiese bakens, is die Erfenisstigting (Dr. WA Cruywagen). Op hierdie Stigting wag daar 'n massale taak en 'n groot verantwoordelikheid met betrekking tot die identifisering, behoud en bewaring van die Afrikaner se sigbare kultuur-eiendomlike. Met die ontstaan van 'n nuwe politieke bedeling in Suid Afrika het daar, vir die Afrikaner belangrike kultuur-historiese en volkseie kuns- en ander skatte en strukture onder skoot gekom en waar die Stigting met sukses ingegryp het. Dit is die taak van en opdrag aan hierdie organisasie om sodanige strukture te beskerm en as daar nou een volkseie bewaringsliggaam is wat die steun van elke regdenkende Afrikaner verdien, is dit die Erfenisstigting.
Baie is dus reeds gedoen met betrekking tot bewaring op nasionale, provinsiale en plaaslike regeringsvlak asook deur nie-regeringsliggame. Daar wag egter 'n nog groter taak as dt wat reeds verrig is en veral die Afrikaanssprekende sal homself hieroor en spesifiek ten opsigte van die volkseie, moet verantwoord.

Daar is landswyd nog talle bakens uit die tydperk van die wordingsgeskiedenis van die Afrikaner op die gebied van die taal, geskiedenis, die staatkunde ens asook talle monumentale strukture, gedenktekens en ander kultuuruitings wat roep om bewaring en beskerming - alles wat gesien moet word binne die bestek van die Afrikaner se verantwoordelikheid soos onder andere vergestalt in die Erfenisstigting en plaaslike bewaringsorganisasies.

Dit alles bring die kwessie van befondsing baie sterk na vore. As dit alles moet realiseer, sal die Afrikaner, in die woorde van Dr Cruywagen, 'n volksgeheue moet ontwikkel. Hierdie volksgeheue sal allesomvattend moet wees en sal uiteindelik, na my mening, 'n volkspassie moet word. As ons nie die stang gaan vasbyt met 'n positiewe wil om dit wat ons eie is, te bewaar nie, moet ons nie verwag dat iemand anders dit namens ons sal doen of selfs enige waarde daaraan sal heg nie. Die tyd is verby dat ons 'n monument kan begin en dan ter-elfderure op die owerheid moet terugval om dit te voltooi. Dit wat jou eie is kry vir die buitestaander slegs betekenis as hy sien watter waarde jyself daaraan heg en wat jy bereid is om daarvoor op te offer. Hiervoor sal ons 'n kultuur van 'n totale bewustheid en verantwoordelikheid met betrekking tot bewaring, moet ontwikkel. Daarsonder kan ons strewe tot erfenisbewaring nie slaag nie.

Om die prentjie rondom bewaring te voltooi, moet ons ook kennis neem van en steun toes aan die museumwese in Suid-Afrika. Erfenisbewaring kan nie beperk word tot net die bewaring en koestering van die idele en van geboue en strukture nie. Daar is deur die land letterlik honderde museums op aldrie owerheidvlakke, asook organisasies en instansies wat ten opsigte van meublement, kunswerke en algemene artefakte, oor baie jare heen bewaringswerk doen en reeds gedoen het en danksy moderne tegnologie is dit vandag moontlik om 'n totaal-oorsig te kry van dt wat in elke museum bewaar word. Dit is basies die taak van die museum om voorwerpe van geskiedkundige, natuurkundige, wetenskaplike of kunswaarde vir openbare besigtiging en navorsing te versamel, te bewaar en uit te stal. Vanwe spesialisering is daar verskeie soorte museums, onder andere argeologiese, etnografiese, kultuurhistoriese, kunshistoriese, letterkundige, maritime, natuurhistoriese, volkekundige en selfs landbou-museums, benewens 'n groot getal terreinmuseums en erfenisbewaringsgebiede. Gesamentlik het die museumwese letterlik honderde-duisende stukke bewaar. Netso is daar talle dokumentasiesentrums wat historiese dokumente en Africana help behou. Na hulle almal moet daar met waardering verwys word, nie net vanwe hulle bewaringswerk nie, maar in die besonder vir die ho standaarde wat daargestel is. Ons land beskik oor museums wat met die beste ter wreld vergelyk kan word. Ons eie bewaringsstrewe kan ook 'n bydrae maak tot die bevordering van die museumwese in Suid-Afrika.

Ek het ter aanvang probeer s wat ons onder kultuur verstaan. Erfenisbewaring is een van die sluitstene van kultuur en kultuurbeoefening. Om dit te bewaar wat ons identiteit karakteriseer en inhoud daaraan gee is een van die grootste eise wat daar aan ons gestel word. Ons moet bewaar, nie net ter wille van ons gemeenskaplike verlede nie, maar ook terwille van ons gemeenskaplike toekoms. Ons skuld dit aan mekaar, aan hlle wat ons vooraf gegaan het, maar ook en veral aan hulle wat na ons gaan kom. Dit is hulle wat aan ons gaan vra: Wat het julle gemaak met die erfenis wat daar aan julle toevertrou was?

Die tema vanaand was Erfenisbewaring as kultuurtaak. Ek wil afsluit deur te s erfenisbewaring is 'n kultuurtaak. 'n Kultuurtaak wat 'n uitdaging aan elkeen van ons stel.

Gemeet aan alles wat tot hiertoe ges is, glo ek dat die lewe, lewenswaardes en lewens- en wreldbeskouing van Willem Adolf Landman, aan al die vereistes van 'n bewaarder van die volkseie voldoen, ook soos vergestalt in die strewe van die Afrikaner met betrekking tot erfenisbewaring. Nie alleen het hy op akademiese gebied die hoogste sport bereik nie, maar is hy ook deur nie minder nie as drie Afrikaanse universiteite met ere-doktorsgrade vereer. Hy het sedert sy dae as onderwyser aan die Laerskool Louis Leipoldt hier in Centurion, homself bewys as 'n uitgesproke pleitbesorger vir en bewaarder van die Afrikaanse taal en kultuur, ook met verwysing na erfenisbewaring. Benewens vier-en-veertig opvoedkunde handboeke en letterlik honderde artikels in akademiese en opvoedkundige tydskrifte, is hy ook die samesteller van seker die omvattendste geskiedenis van enige dorp in die land, naamlik "Verwoerdburg - Prel van die Hoveld" (23 volumes). Daarby is hy 'n gewaardeerde en waardevolle lid van die Erfenisvereniging van Centurion. As opvoedkundige, kerkman en Afrikaner geniet hy ho aansien en daarom was dit vir my 'n voorreg om hierdie gedenklesing oor sake wat hom na aan die hart l, aan hom op te dra.

Hannes Hattingh 31 Mei 2004