Professor W A Landman


Terug na titels van publikasies

Terug na Tuisblad

NAVORSINGSMETODOLOGIESE GRONDBEGRIPPE
AS DIE BOUSTENE VAN NAVORSING

Basic concepts in research methodology as the building blocks of research. Concepts are the building blocks of any science. Basic concepts in research methodology are essential for the effective practice of science, that is, of doing research. This means that a researcher can design and execute a research programme by paying attention to the definitions of basic concepts in research methodology.
S.Afr. J. Educ., 1990, 10(1)

Begrippe is die boustene van enige wetenskap. Navorsingsmetodologiese grondbegrippe is die boustene van die effektiefste wyse om wetenskap te beoefen, naamlik navorsing; meer spesifiek gestel, van die navorsingsprogram (navorsingsontwerp). Dit beteken dat die navorser 'n program kan ontwerp en ook in verfynde vorm ten uitvoer kan bring deur te let op die definiŽring van basiese navorsingsmetodologiese begrippe.
S.-Afr. Tydskr. Opvoedk., 1990 10(1)

Ontwerp van 'n navorsingsprogram deur die aanwending van navorsingsmetodologiese grondbegrippe
Begrippe is die boustene van enige wetenskap. Navorsingsmetodologiese grondbegrippe is die boustene van die effektiefste wyse om wetenskap te beoefen naamlik navorsing; meer spesifiek gestel, van die navorsingsprogram (navorsingsontwerp).

Dit beteken dat die navorser 'n program kan ontwerp en ook in verfynde vorm ten uitvoer kan bring deur te let op die definiŽring van basiese navorsingsmetodologiese begrippe.

Opmerking: Die definisies waarna verwys word, kom uit: Landman, W.A. 1988. Navorsingsmetodologiese grondbegrippe. Pretoria: Serva-uitgewers.

Veronderstel byvoorbeeld dat die navorser 'n beskrywing wil gee van dit wat aanleiding gegee het tot sy besluit om 'n besondere probleem op te los. Hy kyk dan na die definisie van 'probleem: konteks van' en kom tot die gevolgtrekking dat hy die volgende navorsingstappe moet volg:

  1. Identifisering van die area waarin die probleem aangetref word;
  2. Identifisering van gesaghebbendes en 'n kort samevatting van hulle uitsprake ten aansien van die probleem;
  3. identifisering van leemtes in die bestaande probleemstelling en probleemoplossing (om te dien as motivering vir die navorsing wat hy wil onderneem).

Die navorser weet dat die doel van sy navorsing probleemoplossing is. Uit die definisie van ` 'probleemoplossing' lei hy die volgende navorsingstappe af:

  1. Vrae (wat beantwoord moet word). Die eerste vrae is om die sleutelbegrippe in die onderwerp in vraagvorm te formuleer);
  2. Hipoteses (wat getoets moet word). Die eerste hipotese is om die onderwerp in hipotesevorm te herformuleer;
  3. Stappe (wat gevolg gaan word): Welke probleemoplossingstappe word beoog?

Daar kan, ter wille van skerp navorsing, nie volstaan word met aanvangsvrae, hipoteses en stappe nie. Vraag-, hipotese- en stapverfyning moet geskied.

Die navorser gaan eerstens oor tot probleemstelling en hiervoor bekyk hy die definisie 'probleem: stelling van' en sien die volgende stappe raak:

  1. Identifikasie van veranderlikes;
  2. Formulering van geÔdentifiseerde veranderlikes in vraagvorm;
  3. Formuleer vrae ten aansien van onderlinge verbande;
  4. Vooruitskouing (aangaande data wat versamel moet word om die gestelde vrae te beantwoord).

Tweedens raadpleeg die navorser die definisie 'hipoteses' en bring daaruit die volgende stappe aan die lig:

  1. Neerskryf van spesifieke tentatiewe stellings wat die verwagting of vermoede wat die probleemoplossing moontlik kan wees, formuleer;
  2. Operasionalisering van stellings;
  3. Stel van alternatiewe hipoteses;
  4. Formulering van geoperasionaliseerde hipoteses in rigtinggewende vorm;
  5. Stel 'n program vir hipotesetoetsing op. (Hy kan ondersoek instel na metodes en prosedures wat deur die gestelde hipoteses opgeroep word.)

Om hipotesetoetsing uit te voer, moet die navorser aandui watter metode hy gaan aanwend. Die aanwendingstappe kan ontdek word deur bestudering van die definisie van metode:

  1. Metodes wat pas by die aard van die ondersoekgebied;
  2. Seleksie uit die moontlike metodes met die gestelde hipoteses as seleksiekriteria;
  3. Ordening van die metodes in 'n besondere stelsel (sisteem).

Uit die toepassing van die geselekteerde metodes vloei resultate voort. Die resultate word krities geÔnterpreteer. Dit beteken dat die navorser moet bepaal watter interpretasiestappe hy sal kan verbesonder deur 'n analise van die definisie van 'kritiese denkaktiwiteite' en 'kritiese denke':

  1. Weergawe van die betekenis van die resultate (in terme van die navorsingsdoel);
  2. Beoordeling of dubbelsinnighede in die resultate voorkom (en die uitskakeling daarvan);
  3. Beoordeling of weersprekings in die resultate voorkom (en moontlike verklarings daarvoor met die implikasies daarvan vir probleemoplossing);
  4. Beoordeling of die resultate
    sinchroniseer met sekere beginsels
    spesifiek genoeg is
    betroubaar is.
Die aktiwiteite 1-4 word voltrek in die lig van:
skerpsinnige reflektiewe skeptisisme
ervaring
beoordeling of die beste moontlike vrae gevra is.

Die navorser volg sy interpretasie op met gevolgtrekkings en aanbevelings.

Die navorser beskik nou oor 'n reeks verfynde probleemoplossingstappe. Voordat hy egter daartoe oorgaan om sy ontwerpte program toe te pas, moet dit nog verder verfyn word. Die navorser maak 'n deeglike studie van ander tersaaklike (dit wil sÍ wat die saak van sy probleemoplossing raak) navorsingsmetodologiese grondbegrippe en die definiŽring daarvan. So ontwerp hy verdere probleemoplossingstappe en voeg dit op die paslikste plekke in in sy reeds ontwerpte program. Uiteindelik beskik hy oor 'n gedetailleerde navorsingsprogram wat sy kanse om sinvolle navorsing uit te voer, aansienlik kan verhoog.

Die navorser wat fenomenoloog is, sal begin deur te kyk na die definisie van 'navorsing: fenomenologiese metode', en merk dan die volgende stappe op:

  1. Bepaling van hoe die geÔdentifiseerde probleem (wat aanleiding gegee het tot die navorsing) in die leefwÍreld voorkom;
  2. Deurdringing tot die eidos daarvan volg, dit wil sÍ essensie-openbaring. Die essensiŽle word uitgelig en geskei van die nie-essensiŽle, dit wil sÍ van die weg dinkbare, die kontradiktoriese en die nie-tersaaklike.

Navorsingsingesteldheid en navorsingsmetodologiese grondbegrippe
Dit is 'n geoperasionaliseerde ingesteldheid (ingestemdheid) op navorsing wat die uitvoering van die navorsingsprogram dra. Die navorser bekyk die definisie van 'navorsing: fenomenologies' ten einde daarin te soek na gesindhede wat sinvol sal bydra tot 'n werkbare navorsingsingesteldheid:

  1. Kies vir 'n radikale deurskouing (analise) van die problematies geworde werklikheid
  2. Raaksien van navorsingstappe as
    wyses om die werklikheid tot spreke te bring;
    wyses van denkende soeke na dit wat die na te vorse werklikheid maak dat dit is soos dit is en nie iets anders nie;
    wyses van essensie-openbaring;
    wyses om essensieblindheid te vernietig;
    refleksiewyses wat relevante probleemoplossing bevorder;
    wyses om essensies wat nodig is vir probleemoplossing radikaal sigbaar te maak.
  3. Besluit deur die navorser op inagneming van lewensopvatlike toelaatbaarheid, deur
    geen navorsingshandeling uit te voer wat in stryd is met sy besondere lewensopvatting nie;
    raak te sien dat lewensopvatlik toelaatbare navorsingshandelinge op 'n besondere wyse lewendig is;
    indink-betrokkenheid aangevul moet word deur inleef-betrokkenheid, dit wil sÍ die rasionele benodig die affektiewe en die skerpste vorm van affektiwiteit is lewensopvatlikheid;
    aanvaarding van lewensopvatlik gewaarborgde winste vir wetenskapsbeoefening (ook in die vorm van navorsing) naamlik entoesiasme, verantwoordelikheid, gemoedsekerheid en verhelderende insig.

Navorsingsverslag en navorsingsmetodologiese grondbegrippe
Die navorser kan uit sekere navorsingsmetodologiese grondbegrippe kriteria aflei waaraan sy navorsingsverslag moet voldoen. Hy kan onder andere 'n analise maak van die definisie van die begrip 'navorsing'.

Die volgende kriteria kom in die vorm van besondere vrae aan die lig:

  1. Hoe kan daar op die treffendste wyse verslag gedoen word van nuwe kennis wat deur die navorsing geskep is?
  2. Welke begryping moet deur die verslag op die voorgrond gebring word?
  3. Hoe moet die probleemoplossing die treffendste verwoord (of voorgestel) word?
  4. Hoe moet die afdeling, wetenskaplike analisemetodes (metodologiese verantwoording) georganiseer word?
  5. Formeel: welke ordening van die verslag sal kan kwalifiseer as 'beste vorm'?
  6. Sistematies: Welke 'beste vorm' sal aan die eis van sistematiek voldoen?
  7. Aan welke vereistes moet die betoog voldoen ten einde aanspraak op intensiwiteit te mag maak?
  8. Hoe moet die kontroles wat tydens die navorsing toegepas is, opmerkbaar gemaak word?
  9. Hoe word veralgemenings hanteer?
  10. Welke wyse van interpretasie sal die aanvaarding van die aanbevelings bevorder?

Om aan die eis van wetenskaplike eerlikheid te voldoen en om duidelik te maak teen watter agtergrond daar geÔnterpreteer gaan word, kan die navorser vasstel watter kriteria vir sy verslag voortvloei uit 'n analise van die definisie van 'paradigma':

  1. Waar in die verslag sal dit die effektiefste wees om die vooronderstellings wat die navorsing begelei, te stel?
  2. Wanneer moet dit blyk watter navorsingstradisie deur die navorser in ag geneem word?
  3. Watter vooronderstellings wat eie is aan die gekose (gehuldigde) navorsingstradisie gaan dien as agtergrond waarteen daar geÔnterpreteer gaan word?
P> Om aan kerngedagtes prominensie te verleen in 'n verslag, kan dit gerade wees om dit te definieer. Definisies se hantering in 'n verslag kan geskied op wyses wat afgelei word uit definisies van die begrip 'definisie':

  1. Betekenisbeskrywing in eenvoudiger of meer omvattende terme telkens wanneer groter helderheid dit vereis;
  2. Verklaring van terme soos dit gebruik word deur die meeste mense, veral wanneer die alledaagse leefwÍreld (by uitstek die vertrekpunt vir wetenskapbeoefening) beskryf word;
  3. Telkens wanneer beskrywings nodig is van begrippe in terme van die betekenis van die waarneembare en evalueerbare kenmerke daarvan, die funksies waarin dit tot uitdrukking kom en wanneer begrippe in 'n praktyk geÔdentifiseer moet word.

Die navorser kan ook sinvol tot verfynde probleemstelling kom deur definisies van essensies (wat verbesonder word uit beskrywings soos byvoorbeeld literatuurstudie) in vraagvorm te herskryf.

Literatuurstudie vorm die skering en inslag van die meeste navorsingsprojekte. Dit is derhalwe vanselfsprekend dat die navorser daaraan besondere aandag sal gee in sy verslag. Riglyne vir die aanwending van literatuurstudie in diens van probleemoplossing, kan afgelei word uit die definisies van 'literatuuroorsig' en 'literatuurstudie':

  1. Voorsiening van agtergrond en konteks vir die navorsingsprobleem (ook die moontlike hipoteses;
  2. Motivering vir die noodsaaklikheid van die onderhawige navorsing;
  3. Aanduiding van die navorser se kennisbesit ten aansien van die betrokke navorsingsgebied;
  4. Weergawe van resente kennis ten aansien van die navorsingsgebied;
  5. Literatuuranalise om bevindings wat die navorser se bevindings (resultate en gevolgtrekkings) ondersteun, of in konflik daarmee is, aan die lig te bring.

    Slotopmerking
    Die voorgaande was 'n eksemplariese uiteensetting van hoe definisies van basiese navorsingsbegrippe deur die navorser aangewend kan word om sy navorsingsplan (navorsingsontwerp) te verfyn en om sy navorsingsverslag te verskerp.

    Die navorser wat basiese navorsingsbegrippe begryp omdat hy die definisies daarvan ken, kan as outentieke beoefenaar van wetenskap in die vorm van navorsing gereken en geag word.

    Summary
    Concepts are the building blocks of any science. Basic concepts in research methodology are essential for the effective practice of science, that is, of doing research.

    This means that a researcher can design and execute a research programme by paying attention to the definitions of basic concepts in research methodology.

    The definitions referred to are found in Landman, W.A. 1988: Basic concepts in research methodology. Pretoria: Serva Publishers.

    Should a researcher, for example, want to explain his choice of a particular problem to be solved he can look up the definition of 'problem: context of. The research steps to be followed will then become clear.

    The researcher knows that the aim of his research is problem solving. The definition of 'problem: solving' suggests useful research steps.

    For the sake of clear and effective research, one cannot content oneself with preliminary questions, hypotheses and steps. Questions, hypotheses and steps must be refined.

    The statement of the problem comes first. For this purpose the researcher studies the definition of 'problem: statement of and recognizes applicable steps.

    Secondly, the researcher consults the definition of 'hypotheses'. From this he learns the steps for forming a hypothesis.

    The researcher has to indicate which method will be applied for testing the hypotheses. The steps that have to be executed can be discovered by studying the definition of 'method'.

    By applying certain methods results are obtained. The results are critically interpreted. The researcher determines which interpretation steps must be followed by analysing the definitions of 'critical thinking activities' and `critical thinking'.

    The researcher can derive the criteria for a research report from certain basic research methodology concepts. For example, he can analyse the definition of 'research'.

    In order to comply with the demand for scientific truthfulness and to state clearly the background against which interpretations will be made, the researcher can analyse the definition of 'paradigm'.

    In order to give prominence to main ideas in a report, such ideas have to be defined. The way in which definitions are utilized in a report, can be determined from the definitions of the concept 'definition'.

    A search of the literature is basic to most research projects. It stands to reason that the researcher will afford this aspect particular attention in his report. Guidelines for utilizing the search of the literature for problem solving, can be derived from the definition of 'literature review'.

    The researcher who understands basic concepts in research methodology because he knows their definitions can be deemed an authentic practitioner of science in the form of research.