Professor W A Landman


Terug na lys van publikasies

DOELTREFFENDE ONDERWYS*


* Inleidende toespraak tydens die Kongres van die Opvoedkunde Vereniging van Suid-Afrika:
Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys, 13 Januarie 1988.


1.  INLEIDEND

Doeltreffende onderwys impliseer onmiddellik dat daar 'n doel moet verskyn wat getref kan word. Hierdie verskyning moet so helder wees dat alls vorme van vaagheid en dubbelsinnigheid daardeur uitgeskakel sal word.

Die helder skynende doel sal op 'n besondere wyse getref moet word, naamlik deur doelmatige onderwys, Deur die helder weg van onderwys te volg sal 'n doel bereik moet word.

Beide 'n doel wat skyn en 'n weg wat helder is, dui op die kwaliteit daarvan. Die persone wat langs 'n helder weg 'n skynende doel moet bereik is geregtig op

  • 'n weg met kwaliteit

  • 'n doel van kwaliteit.

Dit gaan om 'n voortreflike beweging langs 'n besondere weg om 'n besondere doel te bereik.

Die besondere weg wat hier ter sake is, is die onderwys-weg of die weg van onderwysgee,

In hierdie verband kan daar onderskei word tussen nie-formele, formele en informele weë

    "Non-formal education (basic teaching) is any organized systematic teaching activity outside the framework of the formal education system (technical training, apprentice schools/courses, training courses, etc) to provide selective types of learning to specific subgroups in the population of adults as well as children. As regards the child in the compulsory instruction stage, educative teaching is at stake.

    Formal education (basic teaching) is any organized, systematic teaching activity inside a formal education system (school, teachers training college, technikon, university). As regards the child in this schooling stage educative teaching is also at stake.

    Education is the actualization of pedagogic essences which can occur in any system. As regards the child, there is talk of formal educative teaching and teaching and non-formal educative teaching. In the light of this one can say that non-formal teaching can possibly contain the the following dangers:

    • that technology as such is emphasized to such an extent that the significance of being a human being can be overlooked in a technological dispensation

    • that teaching can be done in the absence of its indissoluble component, namely education.

    Informal education as pre-basic teaching covers the pre-school period since birth up to the child' entering formal education. This is also an organized, systematic informal teaching/educative activity within the framework of an education system (creches, infant schools, nursery schools). Educative teaching via informal programs and and informal activities, the overarching educative aim is education and the overarching teaching aim is to prepare the child for school."

Wanneer daar gepraat word van doeltreffende nie-formele en formele onderwvs, word daar verwys na die verhouding tussen die insette en die resultate wat daarmee bereik word. Doeltreffende onderwys hou, dan die moontlikhid in om deur buitengewone insette te kom tot swak of middelmatige doelbereiking. Dit hou egter ook die moontlikheid in om met 'n minimum insette (hulpbronaanwending) met die grootste mate van effektiwiteit 'n doel wat die moeite werd is, te bereik. In die geval kan mens praat van doelmatige onderwys.

Hedendaags gaan dit ten aansien effektiwiteit, hoofsaaklik om

Eerstens:  Koste-effektiwiteit

Koste-doeltreffendheid dui daarop dat 'n gestelde doel bereik word deur die aanwending van fondse en ander hulpbronne wat daarvoor bewillig is, terwyl met die begrip kostedoelmatigheid te kenne gegee word dat die doel toereikend getref word met minder as die bewilligde befondsing. Met die huidige ekonomiese klimaat in die Republiek van Suid-Afrika sal koste-doelmatigheid as ideaal gestel moet word.

Tweedens:  Kurrikulumdoeltreffendheid

Kurrikulumdoeltreffendheid dui daarop dat die gestelde onderwysdoel min of meer bevredigend bereik word deur die onderrig van geselekteerde inhoude binne die raamwerk van tradisionele didaktiese en opvoedkandige riglyne. Kurrikulumdoelmatigheid sal verwys na doelbereiking aan die hand van lewensnabye inhoude met skerp toekomsbetekenis binne die ligveld van wetenskaplik- egronde didaktiese en opvoedkundige aanwysers.

2.  DIE DOEL WAT BEREIK MOET WORD

Baie opvoedkundiges sien opvoeding as gebeure wat plaasvind vanaf die wieg tot die graf. In die geval sal daar dan onderskei moet word tussen kinderopvoeding (die pedagogiese) en volwasse opvoeding (die andragogiese). Opvoeding is dan die bemoeienis van 'n opvoeder as pedagoog of 'n opvoeder as andragoog met 'n persoon in die vorm van hulpverlening (steungewing) op sy weg na behoorlike volwassenheid of na steeds behoorliker volwassenheid. Die opvoedingsdoel as pedagogiese doel is dan behoorlike volwassenheid, terwyl die opvoedingsdoel as andragogiese doel steeds behoorliker volwassenheid is. Die opvoedingsituasie as pedagogiese situasie word geleidelik 'n opvoedingsituasie as andragogiese situasie.

Wanneer daar aan behoorlike en behoorliker volwassenheid inhoud gegee word, sal dit realisties en verstandig wees om ag te slaan op 'n aantal uitsprake wat professor Raivola in 1996 gemaak het tydens die 30th Anniversary Meeting of the Comparative and International Education Society:

    "If education is going to regain its use value, it has to give us more life skills instead of (first) job qualifications; risk-taking and decision making skills, flexibility, selfreliance, persistence and tolerance, problem solving capacity, creativity, understanding of self and society, manual dexterity, language skills, both leadership and co-operation skills. Job qualifications can be built afterwards on these broad qualifications on a life long basis.

    The purpose of education is not to produce masses of specialists by the age of under 25. In many countries children and young people already spend more than 16-17 years in fulltime initial education. Some do not enter working life until they are middle aged, some never enter it. Those who do, may work 20 - 25 hours a week and more and more people may have even shorter working hours in part-time jobs. So half a life may be spent in preparation for - nothing. Instead of that school should cultivate the natural curiosity and doubt in every child and man so that he keeps asking questions throughout his life, not for production but for himself, to make his life meaningful by anticipating and coping with the changes of society."

3.  KOSTE-EFFEKTIEWE DOELBEREIKING

Koste-effektiwiteit verwys na finansiëring van onderwys. In hierdie verband is die volgende twee oorwegings belangrik:

  • Die finansiële implikasies van gelyke onderwysgeleenthede.

  • Rasionalisering van finansiële insette.

3.1  Die finansiële implikasies van gelyke onderwys-geleenthede

Finansieel realistiese norme vir voorsiening van voldoende gehalte onderwys afgesien van ras, kleur, geloof of geslag binne die finansiële vermoë van die land, is die grondslag vir die sentrale owerheid se finansiering van onderwys (RSA, 1983). Die beginseluitgangspunt dat 'n finansieel haalbare model vir onderwysvoorsiening oorweeg moet word is aanvaarbaar mits die standaard van Blanke onderwys in soverre dit op gehalte dui, nie mag verswak nie. Hoë gehalte Blanke onderwys moet ook ter wille van die ander bevolkingsgroepe gehandhaaf en uitgebou word want tans kom die meerderheid entrepreneurs en werkgewers nog uit die blanks sektor. Onderwys-finansiering gaan beslis opofferinge verg aan die kant van die blanke en hy is bereid om dit te doen, maar dan moet sake so hanteer word dat dit van 'n versigtige evolusionêre benadering sal getuig. Drastiese ingryping en radikale koerswendinge kan lei tot negatiewe reaksie wat die deurvoering van die nuwe bedeling aansienlik kan bemoeilik.

Die Regering se tienjaarplan vir die onderwys in die Republiek van Suid-Afrika moet gesien word as 'n besondere poging tot 'n versigtige evolusionêre benadering, alhoewel daar realiste is wat reken dat tien jaar moontlik te kort gaan wees om die gestelde doelwit van pariteit te bereik. Die regering gaan probeer om oor 'n tydperk van tien jaar 'n verhoogde toekenning aan die onderwys te maak wat 'n reële groei van 4% per jaar beteken in die toename van die onderwysbegroting om te beweeg na pariteit.

Indien pariteit onmiddellik ingestel word, sal dit omtrent 50% van die huidige staatsbegroting opeis. Die totale huidige (1987) getal leerlinge is 6 332 893; vermenigvuldig met die besteding per blanke leerling (Rl 452), gee dit 'n bedrag van R9 159 miljoen. Indien R9 159 miljoen 18% van die staatsbegroting verteenwoordig is die totale staatsbegroting R51 083 miljoen wat in 2009 bereik kan word teen 'n gemiddelde reële groei van 4% per jaar in die totale staatsbegroting met 1982/1983 as basisjaar (Bondesio, Brümmer, Nagel & Pottas, 1984).

Om die saak nog verder te onderstreep word vervolgens die volgende uiteensetting van A Spier gestel:

    "Let us look at the figures: The 1984/1985 total education expenditure was R4 755 million, of which R2 465 million, or 51,5% was spent on White education. The budget represents roughly 4,5% of Gross National Product compared to 8% Gross National Product in the United Kingdom. But, education budgets have been escalating by 18,3% over the past five years. If we would maintain this trend, then the education budget of the year 2000 would reach R75 200 million or 50% of Gross National Product, provided our economy would grow with a real rate of 3% per annum. This shows the absurdity of these escalations.

    What would be a more realistic goal? We can look at two scenarios:

    Scenario 1: Equal education for all by the year 2000.

    Enrolment in primary and secondary schools will rise from 7,5 million today to 10,6 million by the year 2000. To achieve parity in teacher/pupil ratios of 1:20, 380 000 new teachers need to be trained from scratch. All factors taken together would push the education budget for the year 2000 to R28 100 million, and raise spending from the present 4,5% to 18% of Gross National Product, given 3% growth.

    Scenario 2: Equal education for all by the year 2000.

    This would buy us more time and the figures look subsequently friendlier: Primary and secondary enrolment will now have reached 13,8 million needing the training of 688 000 new teachers. The total budget would be R36 900 million or 14% of Gross National Product, still 6% higher than in the United Kingdom. Both scenarios seem equally impossible."

Hierdie scenarios wek pessimisme. Miskien kan die pessimisme getemper word indien 'n mens kyk na 'n verslag deur Les de Villiers uit die Verenigde State van Amerika in Rapport van 4 Oktober 1987 (p 4):

"Is Amerika nog die land waar alles so voor die wind gaan? Baie mense verhuis hierheen, maar is dit so 'n lekker lewe? Die volgende syfers vertel die heie verhaal.

  • Altesame 25 persent van alle swart Amerikaanse mans net nog nooit gewerk nie.

  • Meer as 40 miljoen (uit 240 miljoen} Amerikaners is ekonomies minder bevoorreg.

  • Een uit elke vyf Amerikaners word in armoede groot en 'n derde bereik nooit hoërskool nie.

  • In Amerika, so word beweer, is 34 miljoen volwassenes ongeletterd en 'n verdere 47 miljoen is grensgevalle.

  • Die werkloosheidsyfer onder die jeug is per kop drie keer so hoog as die gemiddelde vir die nasionale totaal.

  • In die vyf jaar tussen 1979 en 1984 het 11,5 miljoen Amerikaners hul werk verloor weens sogenaamde rasionalisasie en inkrimping van werkgeleenthede.

  • Meer as driekwart van die poste wat in die jaar 2000 beskikbaar sal wees, is reeds gevul.

  • Een uit elke vier hoërskoolleerlinge verlaat die skool in standard sewe.

  • Hierdie vroeë skoolverlaters verteenwoordig jaarliks 'n verdere 240 000 miljoen dollar aan verlore verdienste en belasting in die betrokkenes se leeftyd.

  • Die heIfte van Amerika se swart vrouebevolking is voor hul twintigste jaar al verwagtend.

  • Tagtig persent van al die skole en universiteite in Amerika word nou deur omstandighede verplig om spesiale hulpkursusse aan te bied vir probleemstudente.

  • Meer as 41 000 miljoen dollar word jaarliks aan welsyn bestee.

  • Tussen 35 en 30 persent van alle kinders wat vandag gebore word, sal uiteindelik op staatshulp en welsyn moet staatmaak.

Die Alliansie van Sakelui bestempel die huidige Amerika as 'n gemeenskap waar die klem op tegnologiese ontwikkeling val en 'n steeds groeiende aantal arbeiders in tradisionele vervaardigingsbedrywe werkloos gelaat word.

In die jaar 2000 gaan daar volgens die sakegroep aansienlik minder geleentbede vir die onopgeleide jeug en ongeletterde volwassene wees. Maar heelparty poste wat hoë vaardigheid en opleiding vereis, sal vakant wees."

3.2  Rasionalisering van finansiële insette

Beskikbare fondse wat maksimaal aangewend moet word vir doelbereiking moet noodwendig verdeel word tussen die aanspraakmakers op geldelike ondersteuning. Die verdeling sal in die eerste plek moet geskied in terme van die koste van onderwys. So sal primêre onderwys goedkoper wees as tersiêre onderwys. Daar bestaan egter ook die moontlikheid dat verdeling op die verskillende vlakke kan geskied ooreenkomstig die intellektuele kwaliteit van die aansprakers. Dit beteken dat meer geld bestee sal moet word aan die boonste 10% van die normale distribusiekurwe as die tweede 10% en aan hulle weer meer as aan die derde 10 % ensovoorts. 'n Vraag wat nou ontstaan, is hoeveel meer. Een moontlikheid is dat 90% van die beskikbare geld bestee moet word aan die boonste 10% en die res vir ontwikkeling van die "massa". Onderriggeld wat bestee word aan die boonste 10% sal 'n baie gesonde belegging wees indien die volle leierskap (insluitende entrepreneurskap) van die groep ontwikkel kan word sodat die "massa" in steeds toenemende mate daarby kan baat. Mettertyd sal dit moontlik wees om in 'n toenemende mate beskikbare geld te kanaliseer na die tweede 10%, ensovoorts.

Om beskikbare onderwysgeld op die wyse te verdeel sal onmiddellik in die lig van die volgende besware heftige teenkanting kan uitlok: in die eerste plek sal daar beweer kan word dat die identifisering van die boonste 10% onoorkomelike struikelblokke sal teenkom. Dit is egter so dat daar reeds verfynde seleksieprosedures bestaan. In die tweede plek kan as beswaar gestel word, ongeregverdigde diskriminasie teen die minderbevoorregtes wat nie tot die boonste 10 % behoort nie. Daar sal egter ten einde realisties te wees, 'n keuse gemaak moet word tussen die wyse van diskriminasie en die storting van die relatief min onderwysgeld in 'n bodemlose put van middelmatigheid en ondergemiddeldheid.

Dit sal nodig wees om met die identifisering van die boonste 10% die beskikbaarstelling van onderwysgeld vir hulle deurgaans te voldoen aan die eerste beginsel wat in die RGN-verslag oor die onderwys (1981:14) gestel is, naamlik "gelyke onderwysgeleenthede aan almal afgesien van ras, geloof of geslag."

4.  KURRIKULUMEFFEKTIWITEIT

"Effektiewe kurrikulering begin by doelmatige situasie-analise, dit wil sê by 'n haarfyn analise van die determinante van die onderhawige sowel as die te bereikte situasie" (Kruger, 1980:35). Daar is 'n direkte verband tussen die kwaliteit van die situasie-analise en die effektiwiteit van die kurrikulumontwikkeling wat daarop moet voortbou.

Die vraag is: welke vorm van situasie-analise kan hedendaags en vir die toekoms as die doelmatigste beskou word: Aangesien die kind op weg is na behoorlike beroepsbeoefening en die volwassene na 'n steeds behoorliker beroepslewe, sal die moontlikheid ondersoek moet word of werkontleding nie as besondere vorm van situasie-analise aangewend moet word nie. Om sinvol te mag werk is 'n sentrale en hoogs waardevolle versugting reeds vanaf die kleinkinderjare.

Wat word met werkontleding bedoel? Orpen (1979: hs 1) stel die volgende:

    "Werkontledings voorsien kennis van die aard en vereistes van 'n bepaalde vorm van werk en van werksituasies. Werkontleding is 'n proses waardeur inligting aangaande take en omstandighede van 'n bepaalde werk versamel word. Dit moet 'n saamgestelde beeld gee van die essensies van 'n gegewe werk."

Van besondere belang vir die navorser is Orpen se uiteensetting van die inhoud van werkbeskrywings. Volgens hom moet 'n omvattende werkbeskrywing die volgende inligting bevat:

"WORK PERFORMED

  1. What the worker does, including all his physical and mental responses in the work situation.

  2. How the worker does it, including a full description of all the tools and machinery used as well as the kinds of calculations and judgements made by the worker.

  3. Why the worker does it, covering the purpose of the job and the relationship of each task performed to this purpose.

SKILLS INVOLVED

  1. Level of responsibility including details about the machines and equipment the worker has under his control, what personal contacts he develops and maintains and the variety and extent of relationships he has with other employees.

  2. Job knowledge, covering what the worker needs to know of equipment, materials, techniques and procedures.

  3. Experience and training, including amount of time spent on the same or similar jobs and level and kind of formal education, covering both academic and technical training.

CONDITIONS OF WORK

  1. Social context, including a full description of the interpersonal context within which the worker performs his duties, especially whether he works alone or with others and how close he does so.

  2. Physical context, covering such things as conditions of illumination and ventilation in the workers' immediate environment, the dangers and hazards involved in what the worker does and the amount of space he is given.

  3. Job opportunities, including a detailed analysis of current and future pay, possibilities for promotion and opportunities for transfer.

  4. Relation to other jobs, covering such aspects as to whom the worker reports, how often and in what way, how much assistance he requires from others to fulfil the demands of the job and how much control he exercises over those who assist him."

In verband met die aanwending van werkontleding as situasie-analise moet vervolgens die aandag gevestig word op 'n besondere probleem. Beklemtoning van werkontleding kan die indruk wek dat daar van die skool verwag word om 'n primêre beroepsgerigte inrigting te wees. Dit sou om verskeie redes 'n gevaarlike toedrag van sake wees. Die idee is egter om deur die bestudering van werkontleding lewensvaardighede te ontdek wat dan aangewend kan word, vir kurrikulumevaluering en die daaruit voortvloeiende kurrikulumvernuwing vanaf die eerste klasse in die primêre skool.

Indien daar stip gekyk word na Orpen se werkontleding kan die volgende lewensvaardighede daarin raakgesien word:

    mental responses
    judgements
    responsibility
    control
    personal contracts
    relationships
    experience
    interpersonal context
    fulfil demands.

Wanneer daar gekyk word na die "Summary of activities and functions used in the Dictionary of Occupational Titles" kan heelwat werkvereistes wat die status het van lewensvaardighede, geïdentifiseer word.

Summary of activities and functions used in the Dictionary of Occupational Titles

Data
People
Things
0.  Synthesizing
1.  Coordinating
2.  Analyzing
3.  Compiling
4.  Computing
5.  Copying
6.  Comparing
7.
8.
Mentoring
Negotiating
Instructing
Supervising
Diverting
Persuading
Speaking signalling
Serving
Helping, taking instructions
Setting-up
Precision work
Operating, controlling
Driving, operating
Manipulating
Tending
Feeding, off-bearing
Handling

Wat is dan nou die effek van werkontleding op kurrikulumontwikkeling? Die belangrikste effek is die bevordering van die lewensnabyheid van leerplanne wat daartoe lei dat die leerder die opleidingsplek as sinvol sal beleef. Vir te veel leerders het die gangbare skoling en opleiding irrelevant geword en irrelevansie kan nooit doeImatigheid bevorder nie. In hierdie verband is die volgende stelling van Spier betekenisvol:

    "There is a global dissatisfaction with education. The main, universally expressed grievances are:

    • The lack of relevance of what is taught in the schools and what is needed to cope with life and succeed in society.

    • The lack of choice for pupils and parents in a monolithic system which takes little note of the fundamental changes around us.

    • Declining performance and low motivation in spite of increasing expenditure.

    • Lowering of the self-image and self-respect of the pupils and mounting frustration amongst educators and parents."

Deur die effektieve aanwending van werkontleding vir kurrikulumevaluering en ontwikkeling, kan hierdie besware grootliks uitgeskakel word.

Die aanwending van werkvereistes wat kwalifiseer as lewensvaardighede vir kurrikulumevaluering moet noodwendig die lig van lewensnabyheid op kurrikula met hulle geïmpliseerde leerplanne laat val. Op die wyse verhoog kurrikulum-effektiwiteit wat op sy beurt weer 'n betekenisvolle bydrae maak tot die sinvolheid van mensebestaan.

5. DIE WEG NA DIE DOEL

Geen doel word uit die bloute getref nie. Daar is 'n besondere weg wat afgelê moet word. Die kwaliteit van die weg wat gevolg word, bepaal die kwaliteit van die doel. Daar is 'n direkte verband tussen weg-kwaliteit en doel-kwaliteit. Dit beteken dat daar tydens die wegbewandeling iets sinvol moet gebeur met die wandelaar. Daar moet sinvolle inoefening wees van hoogswaardevolle wyses van menswees of persoonwees. Welke wyses van persoonwees sal as die moeite werd om in te oefen mag kwalifiseer? Hierdie wyses van persoonwees sinchroniseer met die lewensvaardighede wat aan die hand van werkontledings aan die lig gebring is.

5.1  Medesyn

Menswees is 'n met ander in die wêreld wees wat werklik-essensieel by- en metmekaarwees as liefhebbende saamwees (Binswanger) impliseer. Elke mens hunker na 'n liefdesruimte wat hy as tuiste of woning kan beleef. Dit veronderstel 'n aanvaarding deur die ander sodat saam 'n intermenslike tuiste ontwerp kan word. Sodanige tuiste is 'n moontlikheidsvoorwaarde vir egte teenwoordigheid. In so 'n egte teenwoordigheid van die ander word die intermenslike tuiste 'n geborgenheidsruimte wat 'n aanvaardingsruimte is. Die belewing van aanvaarding deur die ander, wek dankbaarheid by die mens.

5.2  Tydbewussyn

Dit behels die volgende:

  1. Onderskeiding tussen betekenisvolle en nie-betekenisvalle gebeure in die eie verlede.

  2. Herhaling van dit wat in die verlede as betekenisvol beleef en ervaar is.

  3. Oorwinning oor vergeet.

  4. Ontstaan van entoesiasme vir die toekoms.

5.3  Verantwoordelikheid

Outentieke persoonwees word duidelik -

  1. wanneer vryheid teenoor drifte, oorerwings- en omgewingsfaktore blyk uit keuses en handelinge en hierdie vryheid aangevoel en aanvaar word as vryheid tot verantwoordelikheid;

  2. wanneer verantwoordelikwees as grondbeginsel van menswees begryp en aanvaar word;

  3. wanneer hesef en aanvaar word dat menslike deelname aan die lewenswerklikheid 'n taakverrigtende deelname is;

  4. wanneer 'n egte, intense en duursame verantwoordelikheidsbesef lei tot 'n behoorlikheidsbesef in die vorm van gehoorsaamheid aan geroepenheid tot taakverrigting.

Dit gaan in die eerste en laaste instansie om 'n geroepenheid wat gegrondves is op die volgende drie hoekstene naamlik:

'n belydenis: uit God, deur God en tot God is alles wat sienlik en onsienlik is;

kennis: dat God is soos Hy Hom in die lewenswerklikheid en Skriftuur aan ons openbaar; en

geloof: dat God wat eenmaal die woord gespreek het en alles wat is het ontstaan, weer die woord sal spreek en alles sal anders wees.

VERWYSINGS

    BONDESIO, M J, BRÜMMER, L M, NAGEL, P J A & POTTAS, C D (1984): Finansiële implikasies van gelyke onderwysgeleenthede in die RSA met insluiting van 'n ondersoek na die betrokke norme en standaarde wat finansiële pariteit in onderwysvoorsiening definieer. Ongepubliseerde verslag. Universiteit van Pretoria.

    KRÜGER, R A (1980) : BeginseIs en kriteria vir kurrikulumontwerp. H A U M Pretoria.

    ORPEN, C (1979) : The principles of personnel psychology. Hoofstuk een. Juta Kaapstad.

    RAIVOLA, R (1986) : The impact of technology and vocational education. Thirtieth Anniversary Meeting of the Comparative and International Education Society.

    RAPPORT (1987): Verslag deur Les de Villiers uit die Verenigde State van Amerika. 4 Oktober 1987:4.

    SPIER, A (ongedateerd): Spier on the future. 'n Pamflet.

    RAAD VIR GEESTESWETENSKAPLIKE NAVORSIHG (1981): Onderwysvoorsieing in die RSA. Verslag van die Hoofkomitee van die RGN-ondersoek na die Onderwys. RGN Pretoria.

    REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA (1983) : Witskrif oor Onderwysvoorsiening in die RSA. Staatsdrukker Pretoria.