Professor W A Landman


Terug na lys van publikasies

BESTUDERING VAN DATA VAN 'N
KINDERLEIDINGINSTITUUT DEUR INHOUDANALISE

    Studying child guidance institute data through content analysis. Content analysis is a quantitative method of studying and analysing the available data of child guidance institutes scientifically to gain a better understanding of certain orthopedagogic situations.

    Inhoudanalise is 'n kwantitatiewe navorsingstegniek wat aangewend kan word om die materiaal wat beskikbaar is in kinderleidinginstitute op wetenskaplik verantwoordbare wyse te analiseer sodat sekere ortopedagogiese situasies toereikender begryp kan word.

Inleiding
Kinderleidinginstitute is sterk daarop ingestel om gevallestudies te onderneem, dit wil sÍ om 'n gedetailleerde beskrywing van 'n persoon of gebeure te gee met die oog op die aan die lig bring van nomotetiese kennis as kennis wat veralgemenings toelaat wat die spesifieke persone of gebeure wat bestudeer is, oorskry (Sax, 1979:77). Ooreenkomste tussen verskynsels wat opgemerk word wanneer die gevallestudies onderneem word, word uitgelig (Mouton & Marais, 1985:44).

Die navorser wat een of ander verskynsel wil bestudeer (byvoorbeeld bednatmaak) versamel die beskikbare gevallestudies en ontsluit die inhoud daarvan. Vir die ontsluiting wend die navorsers 'n metode aan wat bekend is as inhoudanalise.

Die metode van inhoudanalise is 'n sistematiese prosedure wat ontwerp is om die inhoud van aangetekende inligting te ondersoek (Walizer & Wiener, 1978:343). Die ondersoek geskied met die oog daarop om kwalitatiewe mededelings te kwantifiseer en te analiseer (Sax, 1979:301). Dit beteken dat individue bestudeer word om vas te stel op welke wyse hulle betekenisse toeken (Slavin, 1984:7-10). Die aantal keer wat dieselfde betekenis toegeken word, word getel en dan volg interpretasie. Die betekenisse wat getel word, bestaan onafhanklik van die navorser (waarnemer) se oordeel en moet deur hom sistematies gerangskik word. Vir die navorser is hierdie betekenisse die veranderlikes waarmee hy gaan werk, wat hy goed moet begryp. Die navorser moet duidelik sÍ hoe hy sy tellery gaan onderneem en organiseer.

Die navorser volg die volgende prosedures vir sy inhoudanalise (Landman, et al., 1987:184-189).

Uiteensetting van doelwit(te)
Byvoorbeeld: die doel is om die leefwÍreld van die bednatmaker te begryp. Die doel suggereer die relevante kategorieŽ. So byvoorbeeld blyk dit uit literatuurstudie dat die volgende kenmerke van die bednatmaker is: onsekerheid, labiliteit en ek-swakheid. Die navorser gaan soek na aanduidings van hierdie kenmerke en hy tel die aantal aanduidings. Op die wyse kan hy bepaal hoe die voorkoms van die genoemde kenmerke met mekaar vergelyk. Die uitsprake in die bestudeerde literatuur kan so geverifieer word en nuwe aanduidings wat nog nie vantevore raakgesien is nie, word openbaar.

Bepaling van steekproef
Die doel van die navorsing bepaal die steekproef. Die totale aantal gevallestudies (lÍers) wat beskikbaar is vorm die universum waaruit ewekansige seleksie kan geskied. Meesal sal die navorser al die beskikbare lÍers kan bestudeer. Hy sal dit duidelik moet stel

    hoeveel gevallestudies (lÍers) bestudeer is
    geografiese verspreiding van 'gevalle'
    ouderdomsverspreiding
    geslagsverspreiding
    skolastiese verspreiding
    ouers se inkomste, onderwyspeil, ensovoorts
    ander inligting wat die navorser as belangrik mag ag.

Hipotesestelling
Spesifieke hipoteses word gestel in die lig van die geÔdentifiseerde kategorieŽ Ten aansien van bednatmaak kan die volgende hipoteses gestel word:

  1. Onsekerheid, labiliteit en ek-swakheid is kenmerkend van die bednatmaker.
  2. Onsekerheid, labiliteit en ek-swakheid kan met die hulp van projeksietegnieke aan die lig gebring word.

Hipoteseverfyning
Die navorser sal vind dat dit nodig is dat hy verder moet operasionaliseer, dit wil sÍ dat hy sy kategorieŽ (veranderlikes) in waarneembare en evalueerbare vorm moet stel (Tuckman, 1978:86). Hy kan soos volg te werk gaan. Hy vra die volgende vrae:

  1. Watter Rorschach-duidinge word as aanduiding van onsekerheid, labiliteit en ek-swakheid beskou?
  2. Watter tematiese appersepsie-response kan aanvaar word as aanduiding van onsekerheid, labiliteit en ek-swakheid?
  3. ensovoorts.

Skryf van geoperasionaliseerde hipoteses
Byvoorbeeld:

  1. Kinders met ........... as probleem sal baie ................... -duidinge gee met Rorschach;
  2. .......... probleemkinders sal meer ...................... duidinge (R) gee as .......... -duidinge.
  3. ensovoorts.

Telling
Die woorde 'baie' en 'meer as' (ook 'minder as') dui daarop dat die spesifieke duidinge getel moet word. Voorbeeld van 'n telling:

Probleem: byvoorbeeld bednatmaat
Aantal lÍers: ....
RORSCHACH
 
Onsekerheid
Labiliteit Ek-swakheid
Subjektiwiteit of-antwoorde Antwoorde in vraagvorm FFb- FbF Fb Slegte G- B-
F+%

Duidings met die hoogste tellings sal dan 'n aanduiding wees van die opvallendste kenmerke van die leefwÍreld van leerlinge met bednatmaak as probleem.

Interpretasie
Die gegewens:

  1. Stel die diagnostikus daartoe in staat om vinnige diagnoses te maak.
  2. Dui vir die terapeut waarop daar gekonsentreer moet word met sy terapie.
  3. Gee vir die opvoedkundige sielkundige 'n beeld van die leefwÍreld van kinders met bednatmaak as probleem.

Opmerking: Vir Rorschach-interpretasie is die volgende boek onontbeerlik:
Bohm, E. 1960. Psychodiagnostisches Vademecum. Bern: Hans Huber.

Slot
Die opvoedkundige sielkundige handel op soortgelyke wyse met ander projeksiemedia waarvan hy die resultate en uitkomste aantref in die lÍers wat hy vir sy navorsing geselekteer bet.

Summary
Child-guidance institutes are strongly motivated to undertake case studies, in other words, to give detailed descriptions of persons or events to bring to light nomothetic knowledge, this being knowledge that allows generalizations. Similarities between phenomena which have been noticed during case studies are singled out.

The researcher who wishes to study a phenomenon such as bedwetting, for example, examines the available case studies and uncovers their content by applying the content analysis method.

Content analysis is a systematic procedure devised to study the content of recorded information. This study was conducted to quantify and analyse qualitative communications. This means that individuals are studied to determine how they give meaning. The number of times the same meaning is given is counted and an interpretation given. The meanings that are counted exist independently of the researcher's (observer's) view and must be arranged systematically. The researcher will use these meanings as variables and he must, therefore, understand them. The researcher must also clearly state how he will undertake and organize the counting. When doing content analysis the researcher follows the following procedures:

    stating of goals
    determining the survey stating of hypothesis
    counting
    interpretation.

Verwysings

  • Bohm, E. 1960. Psychodiagnostisches vademecum. Bern: Hans Huber.
  • Landman, W.A. (red.). 1987. Die navorsingsprogram vir geesteswetenskaplike navorsing. Johannesburg: Perskor.
  • Mouton, J.C. & Marais, H.C. 1985. Metodologie van die geesteswetenskappe: basiese begrippe. RGN-studies in navorsingsmetodologie. Pretoria: Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing.
  • Sax, G. 1979. Foundations of educational research. New Jersey: Prentice-Hall.
  • Slavin, R.C. 1984. Research methods in education. A practical guide. New Jersey: Prentice-Hall.
  • Tuckman, B.W. 1978. Conducting educational research. 2nd ed. New York: Harcourt Brace Jovanovich.
  • Walizer, M.H. & Wiener, P.L. 1978. Research methods and analysis. Searching for relationships. New York: Harper & Row.