Terug na lys van publikasies
ONTWIKKELING VAN PRETORIA
SE FUNDAMENTELE PEDAGOGIEK
1969 TOT 1981
DEEL 2
15. VERDERE VRAE OOR DIE VERBAND KATEGORIEË/KRITERIA (NA 1969)
15.1  Watter boodskap spreek uit die volgende ooreenkomste tussen tussen kategorieë en
kriteria
15.1.1  Veronderstel mekaar
15.1.2  Albei verskyn vanweë bedinking
15.1.3  Albei is ontisiteite wat ontologies verklaar kan word
Gevolgtrekking
Die moontlikheid is sterk dat kategorieë en kriteria keerkante van dieselfde saak is. Die gedagte
word versterk deur eendersluidende benoeminge
- normatiwiteit en normsentrisiteit
- veilige ruimte en geslaagdheid van affekttiewe geborgenheid
- vryheid tot verantwoordelikheid en verowering van vryheid
- normatiwiteit van behoort-te-wees
- normatiwiteit en geldigheid van behoorlikheidseise.
15.2  Watter boodskap spreek uit die verskil in doelstelling?
Antwoord
Dat, indien dit twee kante van dieselfde saak is, verg elkeen 'n anderse wyse van formulering.
Oplossing
- Formuleer 'n kategorie in definisievorm
- Herskryf die kategorie-definisie in vraagvorm (vra kategoriaal gefundeerde vrae oor die
gehalte van verwerkliking van die pedagogiese in werklike situasies).
Publikasie
Aanwending van die pedagogiese kategorieë in die Fundamentale Pedagogiek.
- VANAF FENOMENOLOGIESE BENADERING NA FENOMENOLOGIESE
METODE NA FENOMENOLOGIES-BEGRONDE NAVORSINGSPROGRAM - TOT 1968
16.1  Fenomenologie word gedefinieer as 'n ingesteldheid van 'n subjek met die uitdruklike
bedoeling om dit wat is in sy essensie vanuit die bewussyn te ken en te verstaan.
16.2  'n Fenomenologiese kenhouding, benaderingswyse of benaderingsingesteldheid
is 'n kritiese verantwoording van wetenskapsbeoefening.
16.3  Fenomenologie is 'n wysgerige beweging (ingesteldheid) wat gelei het tot 'n
aksentverskuiwing ten gunste van die essensie van wetenskapsbeoefening.
16.1  Twee tipes reduksie is wesensgebeures in die Husserlse benaderingsingesteldheid
naamlik die fenomenologiese en die eidetiese reduksie.
16.5  Dit bly die besondere verdienste van die fenomenologiese begrondingsingesteldheid
dat dit die wetenskappe telkens na die essensie terugroep.
16.6  Indien one iets van die paedagogica perennis wil snap, moet dit op grondslag van die
fenomenologiese benaderingsingesteldheid geskied.
16.7  Die wetenskapper moet weet wat met 'n fenomenologiese ingesteldheid van
benadering bedoel ward.
16.8  Fenomemologie is 'n grondhouding ten aansien van die sien en die beluistering
van wat die fenomene van hulleself betreffende hulle essensie tot spreke wil laat ken.
16.9  Die fenomenologiese sienswyse staan in skerp kontras met die natuurwetenskaplike
fenomenisme.
Publikasie
Oberholzer, C K: Prolegomena van 'n prinsipiële pedagogiek. Hoofstuk 7, HAUM, Kaapstad, 1968.
- EERSTE VRAAG
Dui:
ingesteldbeid
benaderingswyse
benaderingsingesteldheid
wysgerige beweging
ingesteldheid van benadering
grondhouding
sienswyse
op metode of op moontlikheidsvoorwaardes vir die ontwerp van 'n metode?
Aangesien metode = meta + hodos = weg waarlangs,
wat dui op 'n stelselmatige werkwyse wat die ondersoeker volg,
WORD DAAR GEKIES VIR DIE TWEEDE MOONTLIKHEID.
Die wetenskaplike TAAK is om die fenomenologiese metode (werkwyse) te ontwerp
1969 (SJ GOUS se bydrae).
Sewe steppe word aangedui:
17.1  Intuïtiewe, denkende skou van partikuliere verskynsels
17.2  Tussen hakies plaas van verduisteringe
17.3  Bekyking vanuit verskillende perspektiewe
17.4  Skeiding van die essensiële en die nie-essensiële
17.5  Ontwerp van wesenskenmerke tot idees
17.6  Bedinking van verwantskap en relasies tussen wesenskenmerke
17.7  Interpretasie van die sinvolheid van die wesenskenmerke.
- VRAAG TEN AANSIEN VAN DIE STAPPE
Is die stappe toereikend geoperasionaliseer om te geld as stelselmatige werkwyse?
18.1  1975 Uiteensetting in die vorm van, vrae
18.1.1  Is die stappe helder genoeg om fenomenologie as 'n kunde van essensies te
kwalifiseer?
18.1.2  Gee hierdie stappe 'n duidelike greep op essensies?
18.1.3  Bewerkstellig hierdie stappe 'n toereikende ontmoeting met essensies?
18.1.4  Kwalifiseer hierdie stappe genoegsaam as essensie-ondersoek?
Publikasie
Fundamenteel-pedagogiese essensies: hulle verskyning, verwerkliking en inhoudgewing.
18.2  1977 Uiteensetting in die vorm van vrae
18.2.1  Is die stappe ver genoeg geoperasionaliseer om te kwalifiseer as stappe van 'n
denkende soektog na dit wat die opvoedingswerklikheid maak dat dit is soos dit is en nie
anders nie?
18.2.2  Sal daar met die stappe (soos geformuleer) oorwinning oor essensieblindheid
bewerkstellig kan word?
18.2.3  Voldoen die stappe aan die affektiewe aandrang op lewensopvatlike keuring van
denkhandelinge?
Publikasie
Fundamentele Pedagogiek en Onderwyspraktyk.
- ANTWOORDE
19.1  Die fenomenologiese doel moet eers verhelder word:
Die fenomenologiese doel
- ontologiese begryping van opvoeding
- aan die lig bring van pedagogiese essensies
- kennis van essensies wat sin gee aan opvoeding
- openbaring van pedagogiese betekenisvolle lewenswyses
- ontdekking van wyses van lewe wet betekenisvol is vir behoorlike volwassewording
- onthulling van wyses van lewe wat kennerkend is van die pedagogiese
- ontsluiting van die ontiese (konkreetbetekenisvolle) kenmerke van opvoeding.
19.2  Bruikbare onderskeidinge moet gemaak word tussen:
Fenomenologiese reduksie
Eidetiese reduksie
Transendentale reduksie.
19.2.1  Fenomenologiese reduksie:
'n Poging om afstand te doen van elke vorm van essensieblindheid = verwyderingshandeling word
voltrek
19.2.2  Eidetiese reduksie:
Deurdringing na essensiële kenmerke = onthullingshandelinge
19.2.3  Transendentale reduksie:
Selfbeoordeling.
Publikasies
- Fundamentele Pedagogiek en kurrikulumstudie.
- Fundamenteel-pedagogiese begripsverklaringe - 'n Inleidende oriëntering.
- VRAAG TEN AANSIEN VAN OPERASIONALISERING VAN FENOMENOLOGIESE DENKSTAPPE
20.1  Vraag
Hoe kan die stappe wat gevolg moet word om die genoemde drie reduksies (ook
fenomenologie-reduksies genoem) uit te voer in operasionele vorm geskryf word?
20.2  Antwoord
 
|
FENOMENOLOGIESE HANDELINGE
|
HANDELING
|
KORT BESKRYWING
|
- Wegdink
Indien een of ander saak (aangeleentheid) ten aansien van 'n voorgestelde (gedinkte) situasie
weggedink kan word en daardie situasie verander nie, kan so 'n saak (aangeleentheid) maar
geïgnoreer word.
|
- Weghandel
Indien een of ander saak (aangeleentheid) ten aansien van 'n werklike situasie weggehandel kan
word en daardie situasie verander nie, kan so 'n saak (aangeleentheid) maar geïgnoreer word.
|
- Skeiding
Wanneer daar bepaal word welke sake (aangeleenthede) belangrik is en welke nie en die
onbelangrike sake (aangeleenthede) word verwyder (uitgeskakel) sal die belangrike sake
(aangeleenthede) helderder skyn (syn).
|
- Kontradiksie
Vir elke saak (aangeleentheid) word die teenoorgestelde daarvan as moontlikheid gestel en word
die negatiwiteit (of die positiewe) daarvan aangetoon sodat die positiewe (of die negatiwiteit)
van die betrokke saak (aangeleentheid) helderder kan skyn.
|
- Hermeneutiese vraag
Van elke sinvolle saak (aangeleentheid) wat ter sprake is, word die volgende gevra: Waartoe dien
die verwerkliking daarvan? Of: wat is die sin van die verwerkliking daarvan?
|
- Wek van lewe
'n Saak (aangeleentheid) wat lewensopvatlik aanvaarbaar is, is 'n lewendige saak (aangeleentheid)
(met gewekte lewe).
|
- Praktykwording
'n Saak (aangeleentheid) wat 'n deel kan word van 'n bepaalde praktyk 'n bepaalde praktyk (veral
ter verbetering van daardie praktyk) is 'n betekenisvolle saak (aangeleentheid).
|
- Kategoriale status
'n Saak (aangeleentheid) wat aangewend kan word as beligtende denkmiddel, dit wil sê in terme
waarvan sinvol bedink kan word, is 'n betekenisvolle saak (aangeleentheid).
| | | | | | | | |
- VANAF FENOMENOLOGIE TOT 'N NAVORSINGSPROGRAM
21.1  Vraag
Hoe kan fenomenologie ontwikkel tot 'n navorsingsprogram?
21.2  Antwoord
Deur 'n analise to maak van die bewussynstruktuur van die navorser en van die betekenis van die
begrip fenomenologie.
BEWUSWORD
|
van 'n probleem wat op 'n beplande wyse apgelos moet word
|
BEWUSTE OPMERKSAAMHEID
|
van die plek en betekenis van elke stap in die navorsingsprogram
|
BEWUSTE RAAKSIEN
|
van die stappe wat die navorsingsprogram vorm
|
BEWUSTE INDINK
|
met die oog op die beste ordening van navorsingstappe
|
BEWUSTE VOORUITGRYPING
|
as formulering van skerp hipoteses
|
BEWUSTE VERBEELDING
|
as 'n vooruitskouing van die effektiwiteit van die ontwerpte navorsingsprogram
|
BEWUSTE VERIFIKASIE
|
inskakeling van empiriese metodes (kwantitatief en kwalitatief)
|
BEWUSTE LOGISERING
|
aanwending van formele logika
|
BEWUSTE SINVOLLE HERHALING
|
skrywe van 'n oorsig, gevolgtrekkings en aanbevelings.
|
BEWUSTE SELF-EVALUERING
|
beoordeling of daar ooreenkomstig wetenskaplike en lewesopvatlike eise navorsing gedoen is.
|
Publikasies
- Inleiding tot die opvoedkundige navorsingspraktyk,
- Navorsingsmetodologie vir onderwysstudente.
- Die navorsingsprogram vir geesteswetenskaplike navorsing.
- Fundamentele Pedagogiek: Wetenskap, inhoud en praktyk.
- Navorsingsmetodologiese grondbegrippe (Basic concepts in Research Methodology).
BIBLIOGRAFIE
- LANDMAN, W A & GOUWS, S J (1969): Inleiding tot die Fundamentele Pedagogiek: 'n poging tot
Fundering. Johannesburg : Afrikaanse Pers Boekhandel.
- LANDMAN, W A; ROOS, S G & LIEBENBERG, C J (1971): Opvoedkunde en Opvoedingsleer vir
beginners. Stellenbosch : Universiteitsuitgewers.
- LANDMAN, W A (1971): Aanwending van die pedagogiese kategorieë in die fundamentale pedagogiek.
Pedagogiekstudies nommer 68, Universiteit van Pretoria.
- LANDMAN, W A (1972/1974): Leesboek vir die Christen-opvoeder. Transvaal, Pretoria :
NG Kerkboekhandel.
- LANDMAN, W A & ROOS, S G (1973): Fundamentele Pedagogiek en die Opvoedingswerklikheid.
Durban : Butterworth.
- LANDMAN, W A; ROOS, S G & VAN ROOYEN, R P (1974): Die praktykwording van die Fundamentale
Pedagogiek met kernvrae. Johannesburg : Perskor.
- LANDMAN, W A; VAN ZYL, M E J & ROOS, S G (1975): Fundamenteel-pedagogiese essensies :
Hulle verskyning, verwerkliking en inhoudgewing met kernvrae. Durban : Butterworth.
- LANDMAN, W A; KILIAN, C J G; ROOS, S G & VILJOEN, T A (1975): Denkwyses in die Opvoedkunde.
Transvaal, Pretoria : NG Kerkboekhandel.
- LANDMAN, W A (1977): Fundamentale Pedagogiek en Onderwyspraktyk : Metodologie,
Fundamentele Pedagogiek en lesstruktuur. Durban : Butterworth.
- LANDMAN, W A; BARNARD, F; GERBER, A E; ROOS, S G; VAN DER WESTHUIZEN, G J 7 SMIT, R J
(1978): Opvoedkunde vir Onderwysstudente. Stellenbosch : Universiteitsuitgewers.
- LANDMAN, W A; ROOS, S G & MENTZ, N J (1979): Fundamentele Pedagogiek, leerwyses en
vakonderrig. Durban, Butterworth.
- LANDMAN, W A; KRUGER, P; VAN DYK, C J; POTGIETER, F J; VAN NIEKERK, P A; COETZEE, R A;
HATTINGH, D L & HILL, J S (1980): Inleiding tot die Opvoedkundige Navorsingspraktyk.
Durban : Butterworth.
- LANDMAN, W A; BOTHA, J P, BRUNE, R A E; ERASMUS, M M; MENTZ, N J & ROOS, S G (1981):
Kind en skool. Transvaal, Pretoria : NG Kerkboekhandel.
- LANDMAN, W A; MENTZ, N J; ROOS, S G & MÖLLER, A K; HILL, J S & VAN DYK, C J (1983):
Navorsingsmetodologie vir onderwysstudente. Durban : Butterworth.
- LANDMAN, W A; DE JAGER, P L & OBERHOLZER, M O (1985): Fundamentele Pedagogiek : Wetenskap,
Inhoud en Praktyk. Transvaal, Pretoria : NG Kerkboekhandel. (Engelse vertaling: Fundamental
Pedagogics : Science, Contents and Practice).
- LANDMAN, W A (1985): Fundamentale Pedagogiek en Kurrikulumstudie. Transvaal, Pretoria :
NG Kerkboekhandel.
- LANDMAN, W A & BECKMANN, J L (1986): Fundamentele Pedagogiek : Begeleiding en Bewaring.
Transvaal, Pretoria : NG Kerkboekhandel.
- LANDMAN, W A & VAN RENSBURG, C J J (1986): Fundamenteel-pedagogiese begripsverklaringe :
'n Inleidende oriëntering. Notes on Fundamental pedagogic Concepts : An introductory orientation.
NG Kerkboekhandel. Vierde verbeterde uitgawe.
- LANDMAM, W A; BONDESIO, M J; COETZEE, R A & JACOBS, C D (1987): 'n Navorsingsprogram
vir geesteswetenskaplike Navorsing. Johannesburg : Perskor.
- LANDMAN, W A (1988): Navorsingmetodologiese grondbegrippe/Basic concepts in research
methodology. Pretoria : Serva-uitgewers.
- OBERHOLZER, C K (1968): Prolegomena van 'n prinsipiële pedagogiek. Kaapstad : HAUM.
|