1. DIE BEGRIP:  Logos
Logos is afgelei van "Legein", wat in sy oorsprong nié "spreek", "sę" of "vertel" beteken
nie, maar "versamel". Versamel beteken om saam te bring, om te verbind, dit wil sę dieselfde as
die Latynse "legere" wat lees beteken. Maar: ook die Duitse "legen" het etimologies te make met
"legein" en wel "legen" as 'n "sig neerlę in 'n rushouding" en as "mir liegt etwas an, es
bekümmert mich". Die betekenis van versameling kan dus in verband gebring word met "lees" en wel
lees in die sin van inbring en tesame bring. Wanneer 'n mens lees, versamel hy letters. Sonder
dié versameling sou 'n mens die woorde nie kon lees nie en ook al sou 'n mens die letters skerp
waarneem.1 Legein mag geensins met "spreek" vertaal word nie, want legein is nie
noodwendig betrokke op die taal en taaluitinge nie, maar is terug te vind in "legen". Dié feit
kan toegelig word met voorbeelde soos:
Voorlę = iemand iets voorlę, met iemand iets bespreek;
daarlę (darlegen) = iets uiteensit;
oorlę (Überlegen) = beraadslaag.
Legein as "legen" beteken dus voorlę, daarlę en oorlę.
Voorlę:  Iets word 'n Vorliegendes, dit wil sę kom voor 'n mens te lę.
Dit beteken dat die wesenlike (werklik essensiële) daarvan verskyn. Die voorlę is die wese
van die legein van die LOGOS en beteken om in die onverborgenheid te bring. Om in
die onverborgenheid voor te lę, is om uit te spreek. LOGOS is die versameling wat alles
wat is in sy totaliteit voorlę, laat verskyn en uitspreek. Dit is "Entbergung" (ontberging,
openbaring). Dit is die aanwesig stel van die aanwesige en 'n mens noem dit die syn van die
synde. LOGOS is dus die laat syn van syndes2 in hulle werklike essensialiteit
en sin.
Wat lę daar nou in legein as "legen" opgesluit? "Legen" is om te laat lę, bymekaar te laat lę,
versamel. Versameling is nie 'n opeenhoping sonder meer nie, want dit omvat ook die idee van
"berg" (ww). In die werkwoord "berg" tref 'n mens 'n aanduiding aan van "bewaar". Dit is 'n
inbringende bewaring. Die oes (Lese) word deur die grondgedagte van "berg" begelei en
terselfdertyd gedra. "Berg" en "versamel" is op mekaar aangewese. Hierin kom tot uitdrukking dat
"berg" nie beteken om iets willekeurigs te berg nie, maar dat die versameling, die oes (Lese) op
sigself al 'n "Auslese" is, dus 'n keuse is van wat geberg moet word, terwyl hierdie keuse
(Auslese) bepaal word deur dit wat binne die ruimte van die keusemoontlikhede die verkieslikste
is. So is ook "uitkies" 'n essensie van versamel. Hier kom egter nog iets by: by die akt van
versameling behoort ook diegene wat versamel, dit wil sę wat hul arbeid konsentreer op die
"berging" en vanuit hierdie konsentrasie bymekaar bring. Dit wat sig verberg (werklike essensies)
word deur iemand uitgelees. Die uitleesbare toon sig as die uitgeleeste. Om uit te lees is om
voor te lę, om in die onverborgenheid te bring en te bewaar. Die LOGOS lę die aanwesige in
die aanwesigheid neer (voor). Aanwesigheid (teenwoordigheid) beteken te voorskyn kom en in die
onverborgenheid bewaar. Syn is aanwesigheid en aanwesigheid is om te bewaar in die
onverborgenheid. Syn is dit wat aanwesigheid waarborg.3
Dus: om te versamel is reeds ingebed in die "legen". Elke "lees" is reeds "legen", want "legen"
beteken om te laat lę, om te maak dat iemand of iets lę, bymekaar te laat lę. As mens iets neerlę,
is dit vir hom iets "voorliggends" (voor die hand liggend, Vorliegendes). Dis dan 'n
"voor-ons-laat-lę" en dit beteken om die onverborgene te aanvaar soos dit is.4
Legein as spreek: Die "sę en "spreek" van die mens voltrek sig altyd as "legen", omdat spreek
beteken "versamelend-voor-ons-laat-lę". Dit is die wese van spreek (taal). Taal is die
"saam-voor-ons-laat-lę" van die onverborgene in sy onverborgenheid. Om te spreek is om sigbaar te
laat word wat sigbaar is en die aanspreek van 'n synde en die begryping van daardie synde,
geskied deur die LOGOS. LOGOS is die aanspreek en bespreek van węreld en is 'n
primęre modus van in die-węreld-wees. Die LOGOS bring dit wat verskyn, dit wat in die
"voor-ons-lę" te voorskyn kom tot aansyn (teenwoordigheid)5 en die wese van
teenwoordigheid is onverborgenheid. Waar die onverborgenheid in die lig tree, kan syndes verskyn
in hulle teenwoordigheid,6 dus syn.
LOGOS geskied (word voltrek) as die "versamelende-laat-lę". LOGOS is die akt van
ontsluiting, beligtende versameling, bymekaar bring, berg van alles in die openheid van die
węreld. Die LOGOS bring die verskynende wat in die voorlegging na vore kom, in die lig.
Die LOGOS maak alles wat is tot 'n eenheid. Dit laat alles voor 'n mens lę as eenheid; dit
laat al wat is in die onverborgenheid neerlę.7
"Berg" is die teenoorgestelde van "opberg". Die LOGOS berg alles wat is in sy
aanwesig-wees (teenwoordigheid), dit wil sę laat die onverborgenheid geskied. Berg is ontberging.
Die ontsluitende karakter van die LOGOS kan dus ook ALETHEIA genoem word. Om te
ont-berg (ont-dek, oop te dek) is aletheia. Alle opberging onthef die aanwesige van
verborgenheid. Tot die LOGOS hoort die onverborgenheid en diegene wat nie begryp nie, is
in teenstelling met die LOGOS: hulle bly in die verborgenheid. Die legein laat die
aletheia, die onverborgene as sodanig voor ons lę. Wanneer die syndes in verskyning tree
in die onverborgenheid (voor-ons-lę) trek alles wat daarby behoort saam (versamel) in daardie
besondere oord van die onverborgenheid wat die werklike essensialiteit van die konkrete syndes
uitmaak. Versamel is dus 'n te voorskyn laat tree (ontberging) 'n beligtende onthulling en
verskyning. As 'n mens die taal van die LOGOS spreek versamel hy, laat hy voorlę, bring hy
tot teenwoordigheid. Logos is die teenwoordig-laat-word van alles wat is. DIT geskied as
die ligtende en as die verenigende versameling (enigend-versamelend). Uit die LOGOS gedy 'n
helderheid (lig) waarin die teenwoordige homself kan toon soos hy werklik essensieel is.8
LOGOS is die uitspraak (Sage) wat die in die helderheid sig toenemende synde in sy "es
ist" (werklike essensialiteit) laat verskyn. Dieselfde woord LOGOS is egter as woord wat
uitspreek, terselfdertyd die woord vir SYN, dit wil sę vir die aanwesigheid van die aanwesige.
Uitspreek en syn behoort onwegdinkbaar bymekaar.9
LOGOS is verder terselfdertyd die ligtende versameling (legein) en die verneem (noein) van
die syn van syndes. Die syn van 'n synde verskyn as LOGOS, dus as versameling in die
openheid omdat syn die volgende betekenis het: in die onverborgenheid aankom, dus in die
onverborgenheid skyn, bewaar word en vertoef. Syn is die aanwesigheid van die aanwesige in die
sin van ligtend-openbarende versameling, dus in die sin van LOGOS. Sodoende toon die syn hom as
verwoordbaar. In die woord (taal, spraak) word en is die dinge eers. Om die syn van syndes te
verwoord is die vermoë om in kategorieë te dink en dit is die werklik essensiële van die rede
(Vernunft, Denke). LOGOS beteken uitspreek van syn en kategorieë is wyses van uitspreek
van syn. So word LOGOS tot oorsprong van kategorieë. Met ander woorde kategorieë is
synsbepalinge, dus wesenstrekke van die syn. Dat die wesenstrekke van die syn kategorieë is, geld
vandag en reeds lankal as vanselfsprekend. (Heidegger, Wegmarken, 143). LOGOS is die
sleutel tot ontsluiting (definiëring, verbesondering) van werklike essensies en omdat kategorieë
synsbepalinge is, is dit ontsluitings- en definiëringsmiddele, met ander woorde kategorieë is die
beligtende denkmiddele van die LOGOS. 'n Wete van kategorieë as bepalinge van die syn van
die synde, is wesenlik 'n wete van LOGOS.10
Die LOGOS begrond die eenheid van denke en syn. So gee die ontologie (ontos-logos) as
synsdenke rekenskap van die syn as grond van die synde. Dit is in wesenlike sin LOGOS-matig,
dit wil sę die logika van die LOGOS. Ontologie is ontologika, waar logika die naam is vir
daardie denke wat die synde in die totaliteit van die syn as grond (Logos) deurgrond en
begrond. Die saak van die denke is die syn en wel syn as grond: as LOGOS. Die syn toon hom
as LOGOS, as grond. LOGOS is bodem, grond. LOGOS is teenwoordigheid
(aanwesigheid) en grond. Syn en grond hoort in die LOGOS saam. Die LOGOS spreek
hierdie samehorigheid van syn en grond uit. Syn en grond is dieselfde maar hulle samehorigheid as
sodanig bly verborge. Dit waardeur iets is soos dit is en nie anders nie, is die grond daarvan.
Syn en grond is dieselfde want syn is grond. In soverre as wat syn as grond verskyn, is die syn
begrondend. LOGOS is dan boweal syn en grond in hulle samehorigheid.11
LOGOS is terselfdertyd die uitspreek (uitspraak, Sagen) van syn as die uitgespreekte
(Gesagte) en dié uitspreek is 'n uitleg (Hermeneutika) van dit wat sig toon. Die LOGOS
bring dit wat teenwoordig is in die helderheid sodat dit aangespreek (ansprechen), bespreek
(besprechen) en deurspreek (durchsprechen) kan word. Die LOGOS is die alles deurgrondende
en begrondende denke. In dié sin is die LOGOS dan die syn (ww) van syndes en kan daar
gepraat word van die wese (werklik essensiële) van die syndes begrypende LOGOS, van die
LOGOS wat die werklik essensiële verneem. Die sleutel waardeur die eidos (werklik
essensiële) verneem word, is die LOGOS.12
Hierdie verneem kan noein genoem word. Noein is verneem, opneem, is kennis van die
węreld. In die noein gaan dit wat verneem word 'n mens sodanig aan dat 'n voorneme sig
toon om daarmee iets te doen. Dit word in-ag-geneem. Die noein is dan die in-ag-neem van
iets. Die verneem (in-ag-neem) van die syn van syndes ontvou sig in die denke en die denke spreek
dit uit in die vorm van uitsprake (oordele, Aussage), dus in die LOGOS (spricht aus in der
Aussage, im Logos).13
Dus: Legein is laat voorlę (laat verskyn) en noein is in-agneem. Dié legein
van die LOGOS gaan die noein vooraf, want die laat verskyn (Vorliegen lassen) toon
iets wat in ag geneem kan word. Iets word versamel sodat dit in ag geneem kan word. Die legein
ontvou sig vanuit sigself tot noein: wanneer iets verskyn word dit reeds in ag geneem.
Omgekeerd bly noein steeds legein: wanneer dit wat verskyn in ag geneem word, ag
'n mens die verskyning daarvan. In dié agting word dit wat in ag geneem word, versamel. Legein
en noein, Vorliegenlassen en In-die-Acht-nehmen, is opmekaar afgestem en gaan in
mekaar oor. Die een is na die ander toegewend: hulle is verwant.14
Deur die samevoeging van legein en noein word dit wat DENKE genoem word,
aangekondig (verwoord). Die samevoeging van legein en noein dui daarop dat 'n synde
uit sy verborgenheid geneem word en as onverborgenheid laat sien word, dit wil sę dit is 'n
oop-dek (entbergen) en oopgedek-hou (entborgen halten) van die onverborgene. Die samevoeging van
legein en noein het twee betekenisse:
- Die noein (in-ag-neem) ontvou sig vanuit die legein (versamel-en-laat-verskyn):
die neem is 'n laat aankom van dit wat verskyn.
- Die noein word deur die legein omvat: die ag waarin dit verskyn geneem word,
behoort tot die versameling waarin dit wat verskyn verberg is.15
Die "ag" dui op aandag-hę-vir (indagtig-wees). Die "ag" is verder die waar-neem (in die Wahr
nimmt) van dit wat verskyn en wat in die legein as versameling voltrek word. Die "dit" is
die on. On is die syn van die synde, die aanwesigheid van die aanwesige en die
LOGOS is dit waardeur die aanwesigheid van die aanwesige geskied. Die aanwesigheid van die
aanwesige is die syn van die synde. LOGOS is die uitspraak waarin die syn sig tot spreke
bring as die denkwaardige van die denke. On beteken verder:
- Die syndes syn (Seiendes seiend); en
- syn van die synde (seiend Seiendes).
Sę 'n mens "syn" dan beteken dit: syn van syndes. Sę 'n mens "syndes" dan beteken dit syndes van
die syn. Die on (syn, aanwesigheid van die aanwesige) bewaar die in-ag-neem (noein) by
hom as tot hom behorende en in-ag-neem is denke. Denke en syn hoort dus bymekaar. Dit wil sę die
wesenlike van die LOGOS, is om die syn van syndes te bedink16 en uit te spreek
sodat dit tot verskyning kan kom (tot "gelichteten Sichzeigen") en dan word die wesenlike
(werklik essensiële) aangehoor. Die egte aanhoor hoort tot die LOGOS. Sodanige aanhoor is
self 'n Legein dit wil sę 'n wyse van versamel-en-laat-verskyn. Die uitspraak van die
LOGOS moet aangehoor word en die sin van die uitgesprokene moet be-ag word (vergelyk
noein = in-ag-neem). Die denke moet die hoorbare raaksien en openbaar. Die denke is 'n
aanhoor wat openbaar. Die denke is meer as 'n gewone hoor en sien omdat dit die denker tot
aanhoor en raaksien (openbaring) bring. LOGOS is dan die uitspreek van syn wat deur die
denker aangehoor word. LOGOS is wesenlik 'n beslissing (Entscheidung) vir die syn teen die
niks en is dus 'n uitruk uit die alledaagsheid en die gewone. Met syn word hier bedoel
in-die-onverborgenheid kom. LOGOS as versameling is dan oop-dek, openbaarmaking, die
verneem en uitspreek van die syn van syndes.17 'n Besondere wyse van uitspreek is die
benoeming. Benoeming beteken na-vore-roep. Die in die naam versamelde neergelegde kom deur
sodanige voorlegging (legen) te voorskyn. Die vanuit die legein van die LOGOS gedagte
benoeming is geen uitdruk in 'n blote woordbetekenis nie, maar is 'n voorlegging (voorlę) in die
lig. Dit is die lig waarin iets staan as dit 'n naam het. Die benoeming stel die sig openende
synde in sy syn en bewaar dit in die openheid. Benoeming is opening van syn.18
Aan-die-lig-bring is openbaring en LOGOS is die openbaarmaking van dit waarvan in die rede
(diskoers) die rede is, dit wil sę LOGOS laat dit sien waaroor die diskoers gaan, dit wil
sę die LOGOS as diskoers laat 'n mens iets sien van dit waaroor die diskoers gaan. Die
diskoers (Rede) as dit wat iets laat sien, het "spreek" as kenmerk, dit wil sę verwoording. Omdat
die LOGOS as diskoers iets laat sien deur dit aan te toon, het LOGOS die
struktuurvorm van sintese en wel sintese in die sin van iets laat sien in sy saamwees met iets
anders, dit wil sę iets as iets laat sien, dit in die onverborgenheid laat sien. Die LOGOS
het 'n openbaringsfunksie19 en dit is die eksisterende mens wat die LOGOS as
openbaringsfunksie implementeer.
Daar bestaan geen LOGOS wat nie die LOGOS van 'n eksisterende subjek is nie en daar
bestaan geen eksisterende subjek sonder LOGOS nie. Dit is die oorspronklike ontologiese
sintese as sintese van die syn as idee en die eksistensiale syn. Dit beteken dat dit wat
deurskou is nie meer 'n blote saak is nie, maar eksistensialiteit ('n eksistensiaal) is. Verder
is dit wat oopgedek word nie slegs blote feite nie, maar waarde.20
Menswees beteken verder die versamelende verneem van die syn van syndes, die kennende
in-die-werk-stel van die verskyning, die oorneem daarvan om so die onverborgenheid te beheers en
dit teen die verborgenheid en toedekking te bewaar. Die LOGOS is die plek (Ort) waar daar
oor die onverborgenheid van die synde, dus die syn van die synde beslis word. Aanvanklik is die
LOGOS die geskied van die waarheid as onverborgenheid, is daarin begrond en ook daaraan
diensbaar. As uitspraak (Aussage, oordeel) word die LOGOS die plek van waarheld in die sin
van korrektheid, akkuraatheid (Richtigkeit). Waarheid word dan eienskap van die LOGOS. Die
waarheid word tot korrektheid van die LOGOS. Dit beteken dat deur die LOGOS oor die
waarheid en daarmee oor die syn van die synde beslis word. LOGOS is dan om iets (die
waarheid) oor iets te sę. Die LOGOS word tot uitspraak (Aussage, oordeel) verselfstandig
en toon daardeur die syn as sý voorlegging. Die LOGOS as uitspraak beslis só oorspronklik
oor die syn van die synde dat 'n teenspraak nie kan syn nie. Omgekeerd is dit wat nie weerspreek
kan word nie, ten minste synsmoontlik.21
Heidegger vat die moontlike betekenisse van LOGOS soos volg saam:
- Omdat die funksie van LOGOS is om iets te verneem, kan LOGOS rede beteken.
- Omdat LOGOS gebruik word, nie slegs in die sin van legein nie, maar terselfdertyd in
die sin van dit wat verskyn (das Aufgezeigte als solches) en aangesien laasgenoemde niks anders
is nie as dit wat die grond vorm vir enige diskussie (diskoers), kan LOGOS ook beteken die
grond, die ratio, dit wil sę die rede dat iets verskyn.
- Omdat LOGOS ook kan beteken dit wat as iets aangespreek word en sigbaar word in sy
verhouding tot iets anders, verkry LOGOS ook die betekenis van betrekking (Beziehung,
relation) en van verhouding (Verhältnis, relationship).22
Na Deel 2