Professor W A Landman


Terug na lys van publikasies

FENOMENOLOGIESE METODE
DEEL 1

1.  INLEIDEND

Baie misverstand ten aansien van Fenomenologie kan uit die weg geruim word, indien die metodevraag geskei kan word van die orige vrae van fenomenologiese filosofie. Fenomenologie is hedendaags primÍr 'n metodebegrip, 'n behandelingswyse. Dit is veral hedendaags geensins 'n "rigting" nie aangesien die tyd van 'n fenomenologiese filosofie blykbaar verby is. Fenomenologiese filosofie het verbygegaan en hoort tans nog histories tussen ander rigtings in die filosofie. Fenomenologie as metode ondergaan met verloop van tyd wysiginge en daardeur bly dit 'n moontlikheid van die denke.l (Let wel: nie die enigste moontlikheid nie).

Hedendaagse bedenking teen fenomenologie, die verdere ontwikkeling en die aanwending daarvan vloei gedeeltelik daaruit voort dat bogemelde onderskeiding nie gemaak word nie. Daar word byvoorbeeld beswaar gemaak teen die afwesigheid van 'n aanvaarbare religieuse grondmotief.2 Dit is 'n beswaar wat beslis geldig is wanneer fenomenologiese filosofie ter sprake kom, maar is tog nie ter sake wanneer 'n metode beoordeel word nie. Bewys hiervan is dat daar byvoorbeeld geen beswaar gemaak word teen die aanwending van die eksperimentele metode nie3 wat beslis nie aanspraak kan maak op 'n religieuse grondmotief nie. Op grond van die afwesigheid van 'n religieuse grondmotief kan daar egter ten sterkste beswaar gemaak word teen die filosofiese rigting wat as eksperimentalisme bekend staan.

Andersyds word verdere ontwikkeling wat Heidegger as lewensbron van fenomenologie beskou, afgemaak as verkragting van Husserl-Heidegger en beskou as parasitering met die oog op die bevordering van 'n bepaalde ideologie.4 Die kritiese leser van hierdie beswaar sal gou opmerk dat dit hier nie primÍr gaan om wetenskaplike oorwegings nie, maar oorwegings wat hoofsaaklik ideologies (selfs polities) van aard is - daar mag tog nie iets gebeur wat daartoe kan lei dat die Christelik-nasionale idee bevorder word nie.

'n Besonder sinvolle ontwikkeling waarvan aanwenders van die fenomenologiese metode skerp kennis moet neem, is die idee van metateoretiese refleksie waardeur onder andere fenomenologie beoordeel kan word op grond van wetenskaplik verantwoorde kriteria soos kennis, wetenskaplikheid, lewensopvatlikheid, waarheid en sin as sinstrukture.5

Beklemtoning van die betekenis van 'n handelingsgerigte opvoedkunde binne 'n funksionele denkklimaat met die aanwending van die fenomenologiese metode (waar dit ter sake is) en met praktykverbetering as doelstelling,6 moet verwelkom word. Die Fundamentele Pedagogiek wend fenomenologie as metode aan ook ter wille van praktykverbetering7 en hierin vind fenomenologie as metode 'n verdere sinvolle rede vir sy voortbestaan.

In die volgende paragrawe sal daar nou aandag geskenk word aan

  1. Fenomenologie as metode soos dit kan figureer as aspek van navorsingsmetodologie;

  2. Fenomenologie-in-funksie: sinsamehange met lesverloop-essensies en leerwyses.

2.  FENOMENOLOGIE

2.1  Die fenomenologiese doel is 'n ontologiese begryping van opvoeding

d w s aan die lig bring van pedagogiese essensies;
d w s kennis van essensies wat sin gee aan opvoeding;
d w s openbaring van pedagogies betekenisvolle lewenswyses;
d w s ontdekking van wyses van lewe wat betekenisvol is vir behoorlike volwassewording;
d w s onthulling van wyses van lewe wat kenmerkend is van die pedagogiese;
d w s ontsluiting van die ontiese (konkreetbetekenisvolle) kenmerke van opvoeding.

2.2  Die fenomenologiese werkwyse is 'n denkende roep na die opvoedingswerklikheid self

d w s denkende soeke na dit wat die pedagogiese maak dat dit is soos dit is en nie anders nie;
d w s essensie-openbarende denke;
d w s essensie-blindheid vernietigende denke;
d w s refleksie as wesenlike denke.

2.3  Die fenomenologiese sintese

Fenomenologie as metode vereis 'n rasionele en affektiewe benadering

d w s dit is 'n verstandelike en gevoelsmatige werkwyse, waar dit gaan om rasionele en betekenende onthulling dus rasionele en bo-rasionele wisselwerking. Dit beteken dat dit gaan om rasioneel-geregverdigde wetenskaplike noodwendigheid en lewensopvatlike betekenis as 'n affektiewe eis.

2.4  Fenomenologiese middele

Dit is vanselfsprekend dat indien die navorser fenomenologie as metode wil beoefen, dit wil sÍ essensie-openbarende en essensie-verifiŽrende indink en inlewe wil aanwend, hy oor middele moet beskik om dit te doen. Die middele wat tot sy beskikking is, is die volgende fenomenologiese handelinge (denkstappe).

FENOMENOLOGIESE HANDELINGE:  ESSENSIETABEL
Fenomenologiese handelinge
Kort beskrywing
1.  Wegdink Indien een of ander saak ten aansien van 'n voorgestelde (gedinkte) situasie weggedink kan word en daardie situasie verander nie, kan so 'n saak maar geÔgnoreer word.
2.  Weghandel Indien een of ander saak ten aansien van 'n werklike situasie weggehandel kan word en daardie situasie verander nie, kan so 'n saak maar geÔgnoreer word.
3.  Skeiding Wanneer daar bepaal word welke sake belangrik is en welke nie en die onbelangrike sake word verwyder (uitgeskakel) sal die belangrike sake helderder skyn (syn).
4.  Kontradiksie Vir elke saak word die teenoorgestelde daarvan as moontlikheid gestel en word die negatiwiteit (of die positiewe) daarvan aangetoon sodat die positiewe (of die negatiwiteit) van die betrokke saak helderder kan skyn.
5.  Hermeneutiese vraag Van elke sinvolle saak wat ter sake is, word die volgende gevra: Waartoe dien die verwerkliking daarvan? Of: Wat is die sin van die verwerkliking daarvan?
6.  Triadiese plektoekenning 'n Saak waarvan aangetoon kan word dat dit werklikheidsgetrou inpas in 'n triadiese struktuur (welke pool ookal) is 'n betekenisvolle saak.
7.  Benoeming-verifikasie Betekenisvolle sake se name (benoeming) moet aan die volgende vereistes voldoen:

  1. moet daardie saak helder laat verskyn
  2. moet pas by menswees
  3. moet taalkundig aanvaarbaar wees.
8.  Wek van lewe 'n Saak wat lewensopvatlik aanvaarbaar is, is 'n lewendige saak (met gewekte lewe).
9.  Praktykwording 'n Saak wat deel kan word van 'n bepaalde praktyk (veral ter verbetering van daardie praktyk) is 'n betekenisvolle saak.
10.  Kategoriale status 'n Saak wat aangewend kan word as beligtende middel, dit wil sÍ in terme waarvan sinvol bedink kan word, is 'n betekenisvolle saak.

Hierdie onthullingsmiddele (denkstappe) word aangewend met die spesifieke doel

  1. om alles wat die navorser se benadering (nader bring) van die opvoedingswerklikheid belemmer of onmoontlik maak, te verwyder;
  2. om 'n moontlike essensie wat hy raakgesien en onthul het, se essensiestatus to verifieer; en
  3. selfbeoordeling te rig.

2.5  Fenomenologiese aanwendingswyses

Hier gaan dit om wyses van aanwending van die fenomenologiese middele. Hierdie middele kan aangewend word as

  • Fenomenologiese reduksie
  • Eidetiese reduksie
  • Fenomenologiese konstruksie.

2.5.1  Fenomenologiese reduksie (verwyderingshandelinge)

Die fenomenologiese reduksie is 'n poging om afstand to doen van elke vorm van essensieblindheid. Die navorser wil deurdring (met die essensies daarvan) van die opvoedingswerklikheid. Om dit te kan doen, moet daar eers ontslae geraak word van alle vorme van essensieblindheid wat die pedagogiese mag begelei of wat daaraan as bedekking toegevoeg is.

In terme van die fenomenologiese middele, is die vorme van essensieblindheid wat verwyder moet word,

  • die wegdinkbare
  • weghandelbare
  • dit wat na skeiding weggeneem word
  • die kontrakdiktoriese
  • en dit ten aansien waarvan die hermeneutiese vraag nie positief beantwoord kan word nie
  • dit waaraan nie 'n plek en 'n triadiese struktuur toegeken kan word nie
  • dit wat uit die benaming daarvan die anti-pedagogiese is
  • dit waarin geen verantwoordbare lewe gewek kan word nie
  • dit wat nie praktyk mag word nie omdat dit praktykbelemmerend werk
  • dit wat geen kategoriale status kan besit nie omdat dit wesenlik verdonkerend is en dit is alle vorme van essensieblindheid.

Verskeie vorme van essensieblindheid is reeds beskryf.l0

2.5.2  Eidetiese reduksie (onthullingshandelinge)

Eidetiese reduksie beteken om deur te dring tot die essensiŽle kenmerke of wesenskenmerke wat maak dat die opvoedingsverskynsel se verskyning in sy werklike betekenis moontlik word. EssensiŽle kenmerke is dan daardie fundamentele strukture (met hulle essensies) wat betekenis gee aan die pedagogiese. Die pedagogiese (opvoedingswerklikheid) sal sy egte betekenis verloor indien so 'n wesenskenmerk

  • weggedink word
  • weggehandel word
  • na skeiding weggeneem word
  • as kontradiktories beskou word
  • nie hermeneuties bevra word nie
  • se plek in die triadiese struktuur nie bepaal word nie
  • foutiewelik benoem word
  • nie verlewendig word nie
  • nie kategoriaal aangewend word nie.

Eidetiese reduksie kan as navorsingsdoel beskou word. Verskeie navorsingsmetodes kan daarvoor aangewend word.

2.5.3  Fenomenologiese strukturering (Konstruksie)

Fenomenologiese strukturering dui op struktuurvorming. Struktuurvorming geskied deur ko-eksistensialiteit en ko-essensialiteit te bepaal.11

Ko-eksistensialiteit vereis 'n gemeenskaplike daar-wees

Wanneer twee essensies slegs dŠŠr is indien hulle in verhouding tot mekaar staan, moet hulle ook 'n gemeenskaplike daar-wees met mekaar besit waaraan albei gemeenskaplik deel het, anders het 'n mens to make met geskeide werklikhede wat soos selfstandige dinge los van mekaar staan en dan geen werklike essensies meer is nie. Hierdie gemeenskaplike daar-wees kan 'n struktuur genoem word.

Ko-essensialiteit vereis 'n gemeenskaplike so-wees

Indien essensies hulle eie so-wees slegs in verhouding tot ander essensies besit, dan moet hulle ook 'n gemeenskaplike so-wees besit waaraan hulle deel het. Indien dit nie die geval is nie, het 'n mens nie met werklike essensies van 'n besondere synde (struktuur of situasie) te make nie. Slegs daardie essensies waarvan die verwerkliking lei tot bevordering van die kind-in-opvoeding se opwegwees na behoorlike volwassenheid, kan essensies van die fundamentele pedagogiese strukture wees.

3.  FENOMENOLOGIE-IN-FUNKSIE:  SINSAMEHANGE MET LESVERLOOP-ESSENSIES

Voltrekking van die fenomenologie-reduksies (met die denkstappe daarvan) kan geskied langs die weg van lesverloopessensies, dit wil sÍ middele wat die ontsluiting van werklikheid bevorder. 'n Vraag wat onmiddellik ontstaan, is op grond waarvan kan daar verwag word dat daar 'n samehang (verband) kan wees tussen fenomenologie en lesverloop. Antwoord: albei het primÍr te make met ontsluiting van werklikheid sodat die essensiŽle daarvan kan verskyn.

Lesverloopessensies is gedefinieer12 en 'n moontlike wyse om die waarde daarvan as vorm van fenomenologie-verloop aan te toon, is om die essensies te herdefinieer in terme van fenomenologiereduksies. Dit sal vervolgens in tabelvorm gedoen word.

In die tweede kolom van die tabel verskyn die ontsluitingsessensies en in die derde kolom word die effek daarvan op fenomenologie-aanwending beskryf.

Na Deel 2