Professor W A Landman


Terug na lys van publikasies

EVALUERING DEUR DIENSDOENDE ONDERWYSERS VAN DIE
OPLEIDING WAT HULLE ONTVANG HET

  1. Die Transvaalse Onderwysersvereniging se omsendbrief aan HoŽrskole in Pretoria

    Geagte Hoof

    Vraelys: Gegradueerde Onderwysers(esse) met vyf jaar of minder diens

    Die Professionele Komitee van die TO wil baie graag die praktiserende onderwysers wat gedurende die afgelope 5 jaar aan universiteite afstudeer het, die geleentheid gee om aan to dui of die kursusse wat hulle met die oog op die onderwys gevolg het, so aangebied was dat dit hulle volledig toegerus het vir die klaskamerpraktyk. Deur hierdie ondersoek beoog die Professionele Komitee om 'n belangrike bydrae in belang van onderwysersopleiding to lewer.

    Om hierdie ondersoek sinvol to doen, is die TO afhanklik van die samewerking en hulp van hoofde en die personeel wat hierdeur geraak word. Ons sal dit daarom baie hoog op prys stel indien u meegaande vraelyste aan personeel wat vyf jaar of minder onderwysdiens het en wat hulle opleiding aan universiteite gehad het, indien moontlik in verskillende vakrigtings, sal gee om to voltooi. Die vraelyste is aan 'n beperkte aantal skole gestuur en daarom sal ons dit ook waardeer indien u sal help dat onderwysers/esse die vraelyste voor of op 7 Mei 1982 aan die TO-kantoor sal terugstuur.

    Omdat die TO bewus is van die druk werksprogram van onderwysers is hierdie vraelyste so kort moontlik gemaak sodat dit nie te veel tyd van onderwysers in beslag sal neem nie.

    Die TO stel a vriendelike hulp en samewerking op prys en sal dit waardeer indien u ook die Vereniging se dank aan u personeel sal oordra vir hulle begrip en samewerking ten opsigte van hierdie saak wat in belang van onderwysersopleiding is.

    Hoogagtend die uwe
    C F Bouwer
    nms. HOOFSEKRETARIS

  2. Die Vraelys

    Die volgende vrae is in die vraelys gevra en by elke vraag oor die opleiding, moes die antwoord gemotiveer word.

    2.1  In watter skoolvak gee a tans onderwys?

    2.2  Ek sal graag wil hÍ dat universiteitsopleiding (graadvakopleiding) geprofessionaliseer moet word, dit wil sÍ meer skoolgerig moet wees. Antwoord Ja of Nee en motiveer u antwoord.
    (Daar sal opgemerk word dat professionaliseer in hierdie vraag as sinoniem van skoolgerigtheid gebruik word. Professionaliseer in die sin van "beter pas by 'n professie" word nie hier bedoel nie.)

    2.3  Die universiteitsopleiding (graadvakopleiding) gee toereikende akademiese agtergrond en skoolgerigtheid kom in die vakdidaktieke (metodiek) tot sy reg.
    Antwoord Ja of Nee en motiveer u antwoord.

    2.4  Die graadvakopleiding het voldoende akademiese agtergrond gegee sodat ek self die mas kon opkom met my vakonderwys.
    (Die antwoorde op hierdie vraag het nie nuwe kennis by diť wat verkry is met vrae 2 en 3 gebring nie en is dus nie nader ontleed nie)

  3. Vakke waarvoor vraelyste terug ontvang is en die aantal

    TABEL 1
    Aardrykskunde
    Afrikaans
    Bedryfsekonomie/Ekonomie/Rekeningkunde
    Biologie
    Bybelkunde/Godsdiensonderrig
    Engels
    Geskiedenis
    Kuns
    Latyn
    Liggaamlike Opvoeding
    Mediasentrum
    Naaldwerk/Kleding/Huisvlyt
    Natuur- en Skeikunde
    Voorligting
    Wiskunde
    5
    21
    4
    7
    3
    14
    6
    1
    2
    5
    1
    2
    8
    2
    19

    Die vraelyste wat terug ontvang is, is redelik verteenwoordigend van die vakke wat aan 'n HoŽrskool aangebied word.

  4. Ervaring van die invullers

    TABEL 2

    Ervaring
    Aantal
    Minder as een jaar
    1 jaar
    2 jaar
    3 jaar
    4 jaar
    5 jaar
    17
    32
    26
    13
    9
    3

    Die rede waarom slegs vraelyste gegee is aan onderwysers(esse) met vyf jaar en minder ervaring, is omdat daar van die veronderstelling uitgegaan is dat hulle die beste sal onthou wat tydens die opleidingsjare gebeur het.

  5. Aantal onderwysers wat reken graadvakopleiding hoef nie meer skoolgerig te wees as wat dit tans is nie (nee-kolom) en diť wat dit as 'n vereiste stel (Ja-kolom)

    TABEL 3

    Vak
    Ja
    Nee
    Afrikaans
    Bedryfsekonomie/Ekonomie/Rekeningkunde
    Biologie
    Bybelkunde/Godsdiensonderrig
    Engels
    Geskiedenis
    Kuns
    Latyn
    Liggaamlike Opvoeding
    Mediasentrum
    Naaldwerk/Kleding/Huisvlyt
    Natuur- en Skeikunde
    Voorligting
    Wiskunde
    2
    13
    1
    3
    3
    12
    3
    1
    1
    4
    0
    1
    3
    1
    5
    3
    8
    3
    4
    0
    2
    3
    0
    1
    5
    1
    1
    5
    1
    14
    TOTAAL
    53
    47

    Die invullers is dus min of meer gelykop verdeel ten aansien van hulle sienswyse oor die noodsaaklikheid van skoolgerigtheid al dan nie. Opvallende verskille word aangetref by Engels waar skoolgerigtheid veel te wense laat en Wiskunde waar blykbaar tevredenheid heers met die huidige toedrag van sake.

  6. Ontleding van die antwoord op vraag twee

    Onderwysers wat "ja" geantwoord het (53 uit 100) gee te kenne dat graadvakopleiding nie toereikend skoolgerig is nie. Die onderwysers met "nee" antwoorde (47 uit 100) is van mening dat dit nie nodig is dat graadvak opleiding skoolgerig hoef te wees nie.

    Die volgende antwoorde is betekenisvol.

    6.1

      Vakdidaktieke behoort reeds gedurende die eerste jaar van graadstudie aangebied to word ten einde denke oor en vir die praktyk to bevorder. Opmerking: Teoreties lei so 'n oplossing na 'n ideaal om na te strewe. Dit sal egter daartoe lei dat graadstudie wat reeds deur baie studente as moeilik ervaar word (vgl. die eerstejaar druipsyfer) nog meer verswaar sal word aangesien universiteite nie maklik sal instem dat die akademiese komponent van graadvakstudie verswak sal word nie. Vakdidaktiekstudie reeds op derdejaarsvlak, wanneer daar reeds oor 'n bruikbare infrastruktuur vakkennis beskik word, lyk na 'n moontlikheid wat ondersoek regverdig. Vir studente wat die HOD, nagraadse kursus volg, is so 'n reŽling nie moontlik nie. Vir die Ed-graadstudie sal so 'n rŽeling moontlik wees. Die oplossing le heel moontlik in die daarstelling van 'n onderwysgerigte graad vir daardie onderwysstudente wat graadstudie wil ondemeem.

      Daar kan miskien ook 'n aanvang geneem word met skoolbesoek (desnoods ongekontroleerd) vir kort tydperke voordat derdejaarlesings (indien moontlik, selfs voor die tweede studiejaar se aanvang) begin, wat dan opgevolg kan word deur een lesing per week vakdidaktiek wat as bywoningskursus georganiseer kan word.

      'n Ander oplossing is, dat gedurende die Opvoedkunde-studie hetsy in die geÔntegreerde graadkursusse (Ed-studie) of tydens die studie vir die HoŽr Onderwysdiploma, kursusse so gestruktureer word dat meer kontaktyd toegeken word aan skoolgerigtheid veral in die vorm van vakdidaktiekstudie.

      Verder sal al die opvoedkunde-dissiplines hulle skoolgerigtheid moet opskerp met 'n sterk sinkronisering van teorie en praktyk. Vir 'n onderwysgraad kan dit wat so pas gestel is, makliker georganiseer word. Die professionele komponent van die vierjarige graadvak-opleiding kan dan naas 'n sterk aksent op vakdidaktiekopleiding, temas bevat soos Fundamentele Pedagogiek en lesgee, Didaktiese Pedagogiek en lesgee, Psigopedagogiek en lesgee, ens.

    6.2

      Graadvakopleiding is te akademies gerig en probleme word ondervind met die praktiese toepassing van teorie.

      Opmerking:

      Ten aansien van hierdie stelling, kan die volgende gestel word:

      6.2.1

        Gegradueerde onderwysers moet (ter wille van die effektiefste moontlike professionaliteit) aangemoedig word om nagraadse studie te onderneem. Hiervoor is die hoogste mate van akademiese gerigtheid van die voorgraadstudie onontbeerlik. Die stelling beteken dat dit nie net moontlik moet wees om nagraadse opvoedkunde-studie te onderneem nie, maar ook akademiese vakstudie.

      6.2.2

        Die vakdidaktiekstudie moet daarop toegespits wees om die brug te slaan tussen teorie en praktyk. Dit beteken dat die tyd vir vakddaktiekstudie toereikend sal moet wees en dit sal die beste kan geskied vir onderwysgraadstudie.

      6.2.3

        Dit is juis ook akademiese agtergrond as sodanig wat 'n betekenisvolle bydrae maak tot egte professionaliteit van die praktiserende onderwyser.

      6.2.4

        Graadvakopleiding wat so akademies is, dat dit slegs betekenisvol kan wees vir onderwysstudente wat nagraadse studie gaan onderneem en nie rekening hou met sekere werklikhede (bv. die skoolwerklikheid) nie, het mindere waarde. In diť verband is die opmerking van 'n onderwyser betekenisvol: "Daar is totaal geen verband tussen skoolse Engels en die kursus op universiteit nie." Vergelyk ook die groot aantal onderwysers wat kla oor die nie-skoolgerigtheid van Universiteits-Engels teenoor die groot aantal wat tevrede is met die Wiskunde wat die Universiteit aanbied. (Kyk Tabel 3.)

      6.2.5

        Aan 'n Universiteit is daar nie net onderwysstudente in die klasse nie, maar ook "ander" studente. Die nadeel hiervan is dat skoolgerigtheid noodwendig kan ly, aangesien die ander studente ook die eis sal kan stel vir "gerigtheid" op hulle terreine. In sekere studierigtings maak die Universiteite reeds spesiale voorsiening vir hierdie gerigthede en die vraag ontstaan of dit nie ook gedoen sal kan word vir onderwysstudente nie. Dit sal gedoen kan word waar onderwysstudente se getalle dit regverdig (die Universiteit se subsidieformule is tans nog gebaseer op studentegetalle) en kan die beste georganiseer word in onderwysgraadstudie.

        'n Voordeel van 'n saamwees met "ander" studente, is dat die onderwysstudent kan baat by kommunikasie met studente wat vir ander professies opgelei word (wat ook later deel sal wees van die ouergemeenskap waarin by sal moet funksioneer). Hy kry ook geleentheid om aan daardie studente te toon van welke stoffasie onderwysstudente is. Die aanvaarding van onderwys as professie word hierdeur gedien. Weer eens is dit die vakdidaktiekstudie wat gapings kan vul, indien genoegsaam kontaktyd daarvoor toegestaan word soos dit die geval behoort te wees vir die studie wat onderneem word vir 'n onderwysgraad. Hier word verwys na die gaping tussen teorie (insluitende akademie) en praktyk (as skoolhou).

        Die verwysing na kontaktyd (tussen dosent en student) is belangrik, want indien toereikende tydsbesteding tydens die vakdidaktiekopleiding kan geskied, kan die meeste gapings uitgeskakel word. In die verband is die volgende opmerking van 'n onderwyser betekenisvol: "Om binne die bestek van een jaar didaktiese opleiding dit wil sÍ HOD (nagraads) te beleef, is te kort en nie diepgaande genoeg nie". Met hierdie bewering sal ook die meeste opleiers saamstem. Die volgende vraag kan gevra word: LÍ die oplossing nie in die uiteindelike afskaffing van die HOD (Nagraadse) kursus nie en die instelling van 'n onderwysgraad vir daardie onderwysstudente wat graadstudie wil ondemeem nie? Gepaard hiermee moet al die vakdidaktieke aangebied word deur dosente met die nodige akademiese agtergrond en onderwyservaring in die Fakulteit Opvoedkunde en nie in die akademiese departemente nie. Daar bestaan egter akademiese departemente waarvan die dosente oor sinvolle onderwyservaring en selfs nagraadse opvoedkunde-kwalifikasies beskik. In hierdie Departemente word waardevolle werk verrig. Die jurisdiksie ook hierdie dosente se vakdidaktiese bedrywighede moet (in oorleg met die betrokke departementshoof) by die Fakulteit Opvoedkunde berus.

    6.3

      Die doel van universiteitstudie is nie om skoolgerig te wees nie, maar om dieper insig in 'n bepaalde vak(ke) self te kry. Skoolgerigtheid moet tot sy reg kom in die vakdidaktieke.

      Opmerking:

      Die algemeen vormende waarde van graadvakstudie kan nie ontken word nie. Dit gee aan die onderwyser 'n bruikbare verwysingsraamwerk wat deur blote skoolgerigtheid verswak kan word. Die eie aard van die vak bepaal in 'n betekenisvolle mate die wyse van onderrig daarvan en kennis hiervan kan net baat by graadvakstudie wat omvangryke (en meer diepgaande) is as blote skoolgerigtheid. Aan die ander kant kan die aangeleentheid tot sy reg kom as met skoolgerigtheid nie bedoel word dat graadvakstudie sal bestaan uit die studie (hoofsaaklik) van skoolhandboeke nie, maar dat die inhoude wat vir skoolhoudoeleindes geselekteer word, intensief as graadvakinhoud bestudeer sal word. In hierdie stelling lÍ ook 'n gevaar opgesluit: dit kan daartoe lei dat noodsaaklike vernuwing wat 'n betekenisvolle komponent van graadvakstudie is aan bande gelÍ kan word. 'n Verdere gevaar is dat die onderwyser sal stagneer om uiteindelik nie veel meer sal "weet" as sy leerlinge nie. Hierdie gevare kan egter grootliks uitgeskakel word deurdat kundige universiteitspersoneel dien op kurrikulumkomitees van die onderwysdepartemente en die instelling van 'n akademies en professioneel aanvaarbare onderwysgraad.

    6.4

      Graadvakstudie voorsien kennis wat nodig is om enige vreemde situasie to hanteer.

      Opmerking:

      Die gevaar van enge skoolgerigtheid is daarin geleŽ dat minder soepelheid daardeur bewerkstellig kan word. Dit is juis kenmerkend van die onderwyser wat oor 'n graadvakstudie-verwysingsraamwerk beskik, dat met groter gemak "vreemde" en selfs krisissituasie hanteer sal kan word. Wat soepelheid betref, kan vakdidaktiekstudie as verskerpte studie van skoolvakinhoude, egter ook 'n betekenisvolle bydrae lewer. Hierdie bydrae kan betekenisvol versterk word tydens die studie vir 'n onderwysgraad.

    6.5

      Baie van die stof (inhoud) wat tydens graadvakstudie gedek word, is wel bruikbaar in die klaskamer.

      Opmerking:

      Die indruk moet nie gewek word dat graadvakstudie grootliks niks met die skool to make bet nie. Onderwerpe (temas) met skoolbetekenis word tydens graadvakstudie indringend behandel en verseker deeglike agtergrondkennis wat kan dien as onontbeerlike verwysingsraamwerk. Hierdie onderwerpe (inhoude) kan dan ook dien as bruikbare eksemplare aan die hand waarvan die intelligente onderwyser die onderrig van ander onderwerpe wat nie tydens die graadvakstudie behandel is nie, kan beplan en uitvoer. Basiese beginsels onderliggend aan 'n vak verskil ook nie op die verskillende vlakke (bv. universiteit en skool) waarop dit behandel word nie. Die vakdidaktiese hantering daarvan verskil egter. Gesinkroniseerde vak- en vakdidaktiese opleiding soos dit moontlik word in die studie vir 'n onderwysgraad, is moontlik die oplossing.

  7. Skoolgerigtheid kom in die vakdidaktieke tot sy reg

    TABEL 4

    Vak
    Ja
    Nee
    Afrikaans
    Bedryfsekonomie/Ekonomie/Rekeningkunde
    Biologie
    Bybelkunde/Godsdiensonderrig
    Engels
    Geskiedenis
    Kuns
    Latyn
    Liggaamlike Opvoeding
    Mediasentrum
    Naaldwerk/Kleding/Huisvlyt
    Natuur- en Skeikunde
    Voorligting
    Wiskunde
    3
    13
    3
    4
    1
    6
    4
    0
    2
    2
    1
    3
    3
    2
    13
    2
    8
    1
    3
    2
    8
    2
    1
    0
    2
    0
    0
    5
    0
    6
    TOTAAL
    60
    40

    'n Groter aantal onderwysers (60 uit 100) is tevrede met die skoolgerigtheid van die vakdidaktiekopleiding as die wat reken dat die vakdidaktiekopleiding nie ter sake genoeg is nie (40 uit 100). Wanneer daar egter gelet word op die primÍre doel van vakdidaktiekstudie, naamlik om skoolgerig te wees, is die 40% invullers wat leemtes ervaar, hoog genoeg om 'n mens bekommerd te maak. 'n Duidelike tevredenheid word opgemerk by Afrikaans en Wiskunde en 'n opmerkbare ontevredenheid by Engels en moontlik ook Natuur- en Skeikunde.

  8. Ontleding van antwoorde op vraag 3

    Onderwysers wat "ja" geantwoord het (60 uit 100) is tevrede dat die vakdidaktiekstudie toereikende voorbereiding vir die praktiserende onderwyser is. Onderwysers wat "nee" geantwoord het (40 uit 100), reken dat die vakdidaktiekstudie ontoereikende voorbereiding bied om te praktiseer as onderwyser. Die volgende antwoorde is betekenisvol.

    8.1

      Die kursus is puik aangebied: dit is streng skoolgerig en geskoei op die nuutste onderwysmetodes.

      Opmerking:

      Hierdie antwoord is 'n goeie weergawe van die stellings wat gemaak is deur onderwysers wat tevrede is met die vakdidaktiekopleiding wat hulle gehad het. Hulle het waardering vir twee aangeleenthede:

      1. skoolgerigtheid
      2. moderniteit van onderwysmetodes

      Die vraag is of hierdie saak nie verder versterk kan word by die aanbieding van 'n egte onderwysgraad onder jurisdiksie van die Fakulteit Opvoedkunde nie en of 'n proeftydperk nie as sinvolle opleidingsafronding sal kan dien nie.

      Albei hierdie aangeleenthede verg intensiewe navorsing veral ten aansien van die implikasies van die aanvaarding daarvan.

    8.2

      Daar is wel toereikende akademiese agtergrond, maar vakdidaktieke voldoen nie toereikend aan praktykeise nie.

      Hierdie antwoord is kenmerkend van die "ontevredenes". Onderwysers wat hierdie tipe van stelling maak, kwalifiseer dit met die volgende motiverings:

      1. Te min kontaktyd is beskikbaar vir werklike diepgaande studie. Daarom is vakdidaktieke te oppervlakkig en word dit te vinnig afgehandel.

      2. Vakdidaktieke is to min skoolgerig; daar is 'n wanbalans tussen teorie en praktyk en daar word nie daarin geslaag om by die praktyk uit te kom nie. Die uitwerking is dat die studente onder 'n wanindruk verkeer oor wat onderwys werklik is.

      3. Meer klem moet op moderne onderrigmetodes gelÍ word en op die behandeling van skoolsillabusse en werkskemas.

      4. Vakdidaktieke kan meer prakties toegepas word, dit sÍ wil meer werklike lesaanbiedinge sou wenslik wees (d w s langer skoolpraktyk), gepaard met inoefening van lessituasies.

      5. Prakties toepasbare boeke of handleidings moet aan die aspirant onderwyser beskikbaar gestel word.
      6. Meer voorbeelde van hoe probleme gehanteer moet word, moet gedoen word.

      7. Die vakbeleid(e) van die Onderwysdepartement(e) moet deeglik behandel word.

      8. Meer klem moet in die vakdidaktiekstudie gelÍ word die aanbieding van die vak en dit moet minder pedagogies wees.

      9. Sake soos toetse opstel en nasien, klasadministrasie en funksionele onderwysmiddele moet meer aandag kry.

      10. "Soms kry 'n mens dat die persoon wat die vakdidaktieke aanbied, nie baie skoolgerig is nie, of nie kennis dra van die probleme wat 'n mens op skool ondervind in die betrokke vak se aanbieding nie". (Hoe is dit gesteld met vakdidaktiekdosente se praktykervaring en praktykstudie en moet alle vakdidaktieke nie as komponent van 'n onderwysgraad deur 'n Fakulteit Opvoedkunde aangebied word nie?)

      Opmerking:

      Leemtes waaraan vakdidaktiekdosente veral aandag sat moet gee, is:

      1. Meer kontaktyd : vakdidaktiekdosente sat gemotiveerd moet beding vir meer kontaktyk, moontlik oor al (of die meeste) studiejare wat 'n werklikheid kan word indien 'n egte onderwysgraad ingestel word vir daardie onderwysers wat verkies om graadstudie te onderneem.

      2. Minder vakdidaktiese teorieŽ en meer praktyk (eintlik 'n sterker sintese tussen teorie en praktyk is nodig). Moet daar nie opnuut gekyk word na die vakdidaktiese teorie self nie, want 'n "goeie" teorie is immers praktyk.

      3. Meer opleiding in probleemhantering is nodig. 'n Verskerpte skoolgerigte ortodidaktiese opleiding as deel van 'n onderwysgraad is moontlik die oplossing.

      4. Studie van departementele vakbeleide is noodsaaklik. Dit is 'n besondere wyse om 'n brug te slaan tussen teorie en praktyk.

      5. Praktykervare en praktykbestuderende pedagogies-geskoolde dosente word vereis.

      6. Is die vraag na "minder pedagogies" nie 'n verwysing daarna

        1. dat sommige vakdidaktiekdosente die werk wat reeds deur die ander Opvoedkunde-dissiplines gedoen is, weer wil oordoen nie?, en

        2. dat die ander Opvoedkunde-dissiplines self nie toereikend skoolgerig is nie?

    Die vraag is of hierdie leemtes nie doeltreffend uitgeskakel sal kan word deur die instelling van 'n Fakulteit Opvoedkunde beheerde onderwysgraad en 'n afrondende proeftydperk nie?

  9. Gevolgtrekking

    Die huidige graadvakopleiding en vakdidaktiekopleiding van onderwysstudente bevat veel positiewe komponente. Hiervan spreek onder andere die groot aantal onderwysers wat verklaar het dat hulle kans sien om self die mas op te kom met hulle vakonderwys, te wete 70 uit 100 teenoor 30 uit 100 wat nie daarvoor kans sien nie. Die vraag is of hierdie 70% se "mas opkom" nie versterk kan word nie, indien 'n afrondende proeftydperk ingestel word nie, regverdig navorsing. Sal so 'n tydperk daartoe kan bydra dat die 30% ook by magte sal word om met hulle vakonderwys te slaag indien hulle 'n proeftydperk kan deurgemaak het, is 'n vraag wat deur navorsing toereikend beantwoord sal kan word.

    Uit hierdie ondersoek blyk ondubbelsinnig dat dit die moeite sal loon om navorsende ondersoek in te stel na die moontlikheid en sin van 'n proeftydperk as komponent van die onderwysersopleiding.

    'n Verdere vraag is of sinvolle versterking van onderwyserwees nie kan kom deur die instelling van 'n onderwysgraad vir persone wat kans sien om graadstudie met die oog daarop om praktiserende onderwysers te word, nie. Die volgende sake in hierdie verband verg navorsing:

    1. die wenslikheid (al dan nie) van 'n instelling van 'n onderwysgraad vir alle voornemende onderwysers; en

    2. die strukturering van 'n algemeen aanvaarbare onderwysgraad.

    Interessantheidshalwe word in die volgende tabel die getalle gegee van die onderwysers wat geantwoord het of hulle kans sien om "self" die mas op te kom met hulle vakonderwys of nie (Vraag 4).

    TABEL 5

    Vak
    Ja
    Nee
    Afrikaans
    Bedryfsekonomie/Ekonomie/Rekeningkunde
    Biologie
    Bybelkunde/Godsdiensonderrig
    Engels
    Geskiedenis
    Kuns
    Latyn
    Liggaamlike Opvoeding
    Mediasentrum
    Naaldwerk/Kleding/Huisvlyt
    Natuur- en Skeikunde
    Voorligting
    Wiskunde
    3
    13
    4
    6

    9
    4
    1
    2
    4
    1
    2
    5
    1
    15
    2
    8
    0
    1
    3
    5
    2
    0
    0
    1
    0
    0
    3
    1
    4
    TOTAAL
    70
    30

    Uit hierdie tabel blyk onder andere dat die opleiding veral in Afrikaans, Biologie en Wiskunde hoog aangeslaan word.

  10. Aanbeveling

    Dat die Suid-Afrikaanse Onderwysersraad versoek word om intensiewe navorsing te onderneem gemik op die totale problematiek van

    1. 'n Onderwysgraad, en
    2. 'n Proeftydperk as komponent van onderwysersopleiding.