Professor W A Landman


Terug na lys van publikasies

LEIDING AAN MAGISTER EN DOKTORALE STUDENTE
(EEN MOONTLIKE MODEL)
DEEL 3

5. DERDE WERKGESPREK MET LEIER/PROMOTOR

Die student se beste poging met sy hoofstuk (literatuuroplossing) (wat vooraf vir spoedige nasien aan die leier/promotor oorhandig is), word in detail bespreek in terme van:

  1. relevansie van die inhoud;

  2. organisasie van die inhoud;

  3. interpretasie van die inhoud; en

  4. eise van die wetenskapsbeskouing.

Doel van die gesprek

5.1  Om die hersiene hoofstuk van die student saam met hom deur te werk; en

5.2  om verder to beplan, met die oog op verdere hoofstukke

Verifikasie:

Aangesien die bepaling van relevansie, organisasie en interpretasie van inhoud vir wetenskaplik verantwoorde navorsing (meesal??) gevolg word deur verifikasie, moet student en dosent saam beplan oor die verifikasieprosedures wat ingeskakel gaan word (metodologiese verantwoording gepaard met prosedurebeskrywing en motivering). 'n Seleksie moet gemaak word uit die beskikbare metodes en prosedures.

Opmerking:

Literatuuroplossings kan oor meer as een hoofstuk versprei word. Dit is veral die geval wanneer die navorsing hoofsaaklik uit literatuurstudie bestaan. Elke hoofstuk is dan probleemoplossing (hipotesetoetsing) vanuit 'n ander perspektief. 'n Werkgesprek sal ten aansien van elke hoofstuk gevoer word.

6.  VIERDE WERKGESPREK MET LEIER/PROMOTOR

Doel van die gesprek

Om eksperimentele ontwerp as vorm van hipotesetoetsing met die student te bespreek. Die volgende stappe soos deur de Wet J.J. en andere aw. Hoofstuk 3 beskryf word, word aanbeveel:

6.1  Hipotesetoetsing

6.1.1  Beplanning van eksperimentele ontwerp.

6.1.2  Beplanning ten opsigte van data-versameling.

6.1.3  Populasie- en steekproefbeslissing.

6.1.4  Organisatoriese beslissing.

6.1.5  Die hipotesetoetsing self.

6.1.5.1  Populasie-steekproefvergelyking.

6.1.5.2  Bepaling van beduidenheidsvlak.

6.1.6  Evaluering

6.1.6.1  Hipotesevergelyking.

6.1.6.2  Bepaling van resultate-waarde.

6.1.7  Toepassingsbeslissings.

(Verskeie gesprekke is nodig).

7.  GESPREK OOR GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

7.1  Gevolgtrekkings

Die student moet gehelp word met die beantwoording van die volgende vrae:

  1. Is die hipotese(s) oortuigend bevestig of nie? Met ander woorde is die gestelde vrae toereikend beantwoord of nie? Gee redes (uit die voorafgaande hoofstukke) vir die antwoord.

  2. Wat is die konsekwensies (implikasies) van die bevestigde (of nie-bevestigde) hipotese? Dit moet duidelik en puntsgewys uitgespel word.

Die volgende tabel kan waardevol wees:

A
B
C
D
Hipotese Praktykbetekenis Gesteldheid van huidige praktyk Beskrywing van verbeterde praktyk
1.

2.

3.

Hoe word die

hipoteses

praktyk?

Ten aansien van

A

 

Uitwerking wat B

op C behoort to hÍ.

 

7.1.1  Bron van aanbevelings

Die student moet helder bewus wees daarvan dat aanbevelings moet voortspruit uit die navorsing en moet in terme van bevindinge (beredeneringe) gemotiveer word. 'n Goeie opskrif sal dan wees: Gemotiveerde aanbevelings.

7.1.2  Soorte aanbevelinge

Daar bestaan hoofsaaklik twee soorte aanbevelings:

  1. vir verdere navorsing wat onderneem behoort to word deur

    1. die vakgebied waarin die onderhawige ondersoek onderneem is; en

    2. ander vakgebiede.

  2. vir praktykverbetering

Kolom D (van voorgaande tabel) word bespreek in terme van:

  1. uitvoerbaarheid (byvoorbeeld in die lig van politieke-, ekonomiese- en onderwysbeleid);

  2. dringendheid (watter skade word daar aan die kind-in-opvoeding gedoen indien die aanbevelings geÔgnoreer word? en

  3. 'n program van implementering (byvoorbeeld is daar 'n prioriteits-volgorde?) ens.

  4. motivering van die prioriteitsvolgorde.

8.  AANSOEK OM 'N NAVORSINGSTOEKENNING EN DIE SKRYWE VAN TUSSENTYDSE VERSLAE

Dit is dikwels nodig (of behoort nodig te wees) dat 'n dosent 'n student moet help om geldelike ondersteuning vir sy navorsing te bekom. Indien daar aan die studente navorsingsfondse beskikbaar gestel word, word daar van hom verwag om (gewoonlik indien die studie langer as een jaar duur) tussentydse verslae te lewer. Leiers en studente moet 'n deeglike studie maak van die R G N se Suid-Afrikaanse Plan vir Geesteswetenskaplike Navorsing.

9.  OPMERKINGS

9.1  Tydaanwending

Die leier/promotor moet die student aanmoedig om die tydsverloop tussen die gesprekke so kort as enigsins moontlik is, te hou. (Tyd is duur en kosbaar). Van sy kant of moet die dosent besef dat dit immoreel is om 'n student se studie te vertraag deur nie beskikbaar en toeganklik te wees wanneer die student gereed is vir 'n gesprek nie.

9.2  Enkele "sosio-andragogiese" opmerkings oor studieleiding
(J.W.M. Pretorius)

Studieleiding aan gevorderde kandidate verg nie slegs akademiese kennis en vaardighede nie, maar ook die vermoŽ om 'n toereikende andragogiese verhouding te verwerklik. Nagraadse studente kla dikwels dat hulle deur dosente "geterroriseer" word.

Studente verwag sekerlik van studieleiers:

  • medemenslikheid;

  • om nie verobjektiveer to word nie;

  • om waardig en gelykwaardig behandel te word;

  • 'n ontmoetingsverhouding;

  • 'n simpatieke benadering;

  • akademiese en affektiewe ondersteuning;

  • wedersydse vertroue;

  • gesag wat alleenlik in saakkennis, ervaring en insig setel;

  • 'n positiewe, persoonswarme kontak; en

  • buigsaamheid.

  • erkenning ten opsigte van werk wat goed gedoen is en versigtige hantering van die student waar hy misluk, teleurstel of onvermoŽ openbaar.

Enkele wesenstrekke van die andragogiese verhouding:

  1. Menswees as persoonswees: Die ander is persoon (subjek) en moet nie as objek benader word nie. Hy is waardig om gelykwaardig.

  2. Dialogiese ontmoeting: gesprek, ontmoeting, vraag en antwoord - wat verandering in die lewe van die mens bring. Die patiese en simpatiese (affektiewe meelewing) moet na vore kom.

  3. Medemenslike betrokkenheid.

  4. Kenverhouding: nouer kontak en kennis.

  5. Vertrouensverhouding: wedersydse vertroue.

  6. Gesagsverhouding: mense is wel gelykwaardig, maar nie gelyk of eenders nie. Gesag setel hier in die saakkennis, in ervaring, insig, begryping, ens.

  7. Waag met mekaar: met vertroue saam waag (deelneem) aan dit wat behoort te wees (doel). Hou rekening met die onbekende. Die moontlikheid van mislukking is nie uitgesluit nie.

  8. Wedersydse kreatiewe deelname: van alle betrokkenes - nie bloot leier en volgeling(e) nie. Dit moet lei tot selfhandeling. Oordra van vaardighede, kennis en norme.

10.  WAARDEVOLLE WENKE DEUR BORG EN GALL

Hooftrekke van 'n tentatiewe navorsingsplan
(Borg, W.R. & Gall, M.D.: Educational Research. An introduction. Third Edition. 1979. Longman. New York. London, 54-)

A.  DOEL VAN DIE NAVORSINGSPLAN

  1. Die projek is aanvanklik tentatief omdat die navorser se literatuurstudie nog nie voltooi is nie en veranderinge dus nog moontlik is.

  2. Tentatiewe beplanning lei tot verheldering van denke en gee rigting aan die verdere literatuurstudie.

  3. Vir aanvanklike beplanning is nodig:

    3.1  Tentatiewe identifisering van 'n probleem;

    3.2  SubstansiŽle leeswerk van navorsings- en teoretiese literatuur relevant tot die probleem.

    3.3  Basiese kennis van opvoedkundige navorsing.

    3.4  Voortgaande verfyning van die navorsingsplan.

  4. Die tentatiewe navorsingsplan behoort die volgende afdelings te bevat:

    4.1  Inleiding en probleembeskrywing.

    4.2  Doelwitstelling en hipotesevorming.

    4.3  Lys van moontlike prosedures, toetse, media ens. wat aangewend gaan word.

    4.4  Beskrywing van die moontlike steekproef wat bestudeer gaan word.

    4.5  Die navorsingsontwerp.

    4.6  'n Kronologiese beskrywing van prosedures wat aangewend gaan word om die projek uit te voer.

    4.7  Planne om analise van ingesamelde data uit te voer.

  5. Bespreking van die navorsingsplan met deskundiges en kollegas kan waardevol wees om foute uit te skakel en om nuwe idees in te voer.

B.  INLEIDING EN PROBLEEMFORMULERING

  1. Die inleiding bevat die volgende:

    1.1  Stel van die navorsingsprobleem.

    1.2  'n Kort oorsig oor die mees relevante navorsings- en teoretiese literatuur.

    1.3  Motivering waarom probleemoplossing as belangrik beskou word en watter bydrae moontlik tot kennisuitbreidings gemaak sal word.

  2. Ontwikkeling van die probleemstelling.

    2.1  Die aanvanklike navorsingsidee moet omskep word in 'n helder, spesifieke en hanteerbare navorsingsprobleem.

    2.2  Probleemstellingsontwikkeling bou op 'n leesprogram:

    2.2.1  Begin met boeke wat baie inligting in enkele bladsye saamtrek.

    2.2.2  Volg op met relevante resente artikels in wetenskaplike tydskrifte.

    2.2.3  Gewoonlik is 'n bespreking van 5-10 sleutelbronne voldoende ter aanvang.

    2.2.4  'n Onsamehangende aanmekaarplak van opnames ensovoorts dui daarop dat die navorser nie die probleem goed begryp nie.

    2.3  Indien daar bewyse bestaan dat die navorsingsprobleem betekenisvol is, moet dit gestel word.

C.  FORMULERING VAN HIPOTESES OF DOELWITTE

  1. Ten einde versameling van inligting te fokus, word 'n poging aangewend om moontlike probleemoplossings en verklarings te identifiseer.

  2. Vervolgens word inligting versamel wat nodig is om te bepaal of 'n bepaalde verklaring korrek is.

  3. Wat moet gebeur is die volgende:

    3.1  Hipotetiseer 'n verband tussen twee of meer veranderlikes of 'n verskil tussen twee wyses van optrede (behandelings, metodes, ensovoorts).

    3.2  Versamel inligting wat verband het met die hipotese.

    3.3  Ondersoek die inligting ten einde te besluit of dit die hipotese verwerp of steun.

D.  BEPALING VAN MOONTLIKE METINGE

(Kyk: Landman, WA.: Inleiding tot die opvoedkundige navorsingspraktyk, Hoofstuk 8 deur dr P.J. Kruger).

E.  NAVORSINGSONTWERP

'n Tentatiewe navorsingsontwerp moet beskryf word. Die navorsingsontwerp moet in staat wees om die gestelde hipotese(s) te toets.

F.  DATA-ANALISE

  1. Die tentatiewe navorsingsplan moet reeds 'n aanduiding gee van:

    1.1  Aantal "proefpersone" wat nodig is.

    1.2  Metinge en nasienprosedures ("Scoring").

    1.3  Metodes vir opteken van gegewens.

  2. Gebrek aan voorafbeplanning van 1.1 - 1.3 kan die navorsingsplan laat misluk.

G.  PROSEDURES

(Kyk: "Inleiding tot die Opvoedkundige Navorsingspraktyk" en "Navorsing in die opvoedkunde").

H.  SAMESTELLING VAN DIE NAVORSINGSPLAN

  1. Indien daar nie noulettend gekyk word na die onderlinge verband tussen die komponente van die navorsingsplan nie, kan foute soos die volgende voorkom:

    1.1  'n Hipotese word gestel wat nie navorsbaar is deur die middele (prosedures, metinge ensovoorts) wat onder D en G aangedui is nie.

    1.2  D en G hou geen verband met die gestelde hipoteses nie.

    1.3  Ongeskikte data-analise prosedures (G) word beplan.