Professor W A Landman


Terug na lys van publikasies

'N WETENSKAPLIK-VERANTWOORDE TEKSSTUDIE

A scientifically accountable text study. A scientifically accountable text study includes the following steps which aim at clearly understanding the message of the text:

  1. Analysis of the title (and sub-title) of a text.
  2. Analysis of the table of contents.
  3. A study of the index.
  4. Evaluation of the statement of the problem and the author's hypothesis.
  5. Evaluation of methodology.
  6. Compilation of tables of essentials.
  7. Improving educative practice.
  8. Logical and phenomenological verification of hypotheses.
  9. Synoptic comment on the text.
    S. Afr. J. Educ. 1981, 1:139-144

Dit is veral nagraadse studente in die Opvoedkunde wat behoefte het aan leiding ten aansien van die teksstudie wat hulle moet onderneem. 'n Wetenskaplik-verantwoorde teksstudie verloop op 'n besondere wyse:

  1. Analise van 'n titel en subtitel, indien enige, van 'n teks.
  2. Analise van die inhoudsopgawe.
  3. Indeksstudie.
  4. Analise en evaluering van probleemstelling en hipotesevorming.
  5. Evaluering van metodologie.
  6. Opstel van essensie-tabelle
  7. Betekenis vir praktykverbetering.
  8. Logiese en fenomenologiese verifikasie van stellings
  9. Oorsigtelike kommentaar.
    S-Afr. Tydskr. Opvoedk. 1981, 1:139-144

Teksstudie

  1. Wat is in teks? 'n Teks is 'n besondere wyse waarop verwoorde werklikheid verskyn.

  2. Wat is kritiese teksstudie?
    Kritiese teksstudie is:

    1. om die kwaliteit van die verskyning van die werklikheid aan 'n bepaalde skrywer(s) te beoordeel.
    2. om die boodskap van die skrywer(s) helder te verneem.

  3. Hoe vind seleksie van tekste met die oog op kritiese bestudering daarvan plaas?
  1. Uit die naam (betiteling) van die teks kan meesal afgelei word of dit ter sake is ten aansien van die onderwerp waaroor daar navorsing gedoen gaan word. Wat voorgeskrewe tekste betref, bevat die betiteling reeds die boodskap wat die skrywer(s) wil oordra. Voltooi Tabel 1.

    Tabel 1 Analise van In titel van 'n teks

    A.  Sleutelwoorde in titel B.  Woordeboekbetekenis
    (indien enige)
    C.  Vakwoordeboekbetekenis
    (of erkende publikasie)
    D.  Betekenis wat
    blyk uit teks se inleiding
    (+ voorwoord)
    1.
    2.
    3.
    4.
    ens.
         

    Kommentaar: (bv. sintese en/of vergelyking van C, D)
    [Wat dien as eerste verskyning van die teksboodskap]
    [Sintese in een sin indien moontlik.] ..................

    Let wel: Indien die teks In subtitel bevat, moet dit beskou word as onderstreping van die boodskap wat oorgedra moet word.

  2. Maak vervolgens 'n studie van die inhoudsopgawe en kyk of die sleutelwoorde van die navorsingsonderwerp en uitbreiding daarin voorkom. Op di wyse word die gedeeltes van die teks wat bestudeer moet word, gefdentifiseer. Wat 'n voorgeskrewe teks betref, word daar soos in Tabel 2 aangedui met die inhoudsopgawe gehandel.

    Opmerking: Die betekenis wat die skrywer(s) self aan di sleutelbegrippe heg, kom later ter sprake.

    Kommentaar:
    [Een (of hoogstens twee) samevattende sinne vir elke sleutelbegrip om sodoende die boodskap te laat verskyn. Afgesluit met 'n samevattende opmerkiong indien nodig.]

  3. Indien die teks oor 'n indeks beskik, gaan dan na of die sleutelwoorde van u navorsingsonderwerp daarin te vinde is. Stel so vas of dit die moeite werd sal wees om die betrokke teks te bestudeer.

    Wat 'n voorgeskrewe teks betref wat van 'n indeks voorsien is:

    1. die bladsynommers wat in die indeks verskyn, sal meesal wees van bladsye waar die betrokke sleutelwoord die skerpste verskyn.
    2. Gaan die verskyningsplekke na en voltooi Tabel 3.

Opmerking: Hierdie betekenisse sal op 'n later stadium verfyn word.

Kommentaar:
[Bv: Bestaan daar op hierdie stadium 'n verskerping van die boodskap of nie? Waaruit bestaan die verskerping?]

Tabel 2  Analise van 'n inhoudsopgawe (paragraafopskrifte in 'n artikel)

Sleutelbegrippe
(nie vervat in Tabel 1
Woordeboekbetekekenis
(indien enige)
Vakwoordeboek-betekenis
Hoofstuk een
1.
2.
3.
ens
Hoofstuk twee
1.
2.
3.
ens.
   

Tabel 3  Analise van 'n indeks

Inhoudsopgawe
(Kolom 1) Sleutelwoord
(Tabel 2)
Betekenis deur skrywer toegeken
   

TABEL 4  Probleemstelling

2
3
4
5
6
Probleemkeuse
Probleemformulering
Probleemredusering
Probleemklassifisering
Probleemevaluering
  1. Vraag-seleksie
    Vrae waarvan die antwoorde waardevol sal wees, word uitgekies.
  1. Vraag-stelling Tersaaklike en verstaanbare vrae word neergeskryf.
  1. Vraag-verheldering
    Elke vraag word in verdere korter vrae verdeel.
  1. Vraag-ordening
    Vrae wat verband het met mekaar word saam gegroepeer.
  1. Vraag-beoordeling
    Dat die kwaliteit van die vrae getoets moet word, word aanvaar.
  1. Vraag-belangstelling
    Vrae wat aandag en nuuskierigheid wek, word uitgesoek.
  1. Vraag-betekenis
    Die betekenis van elke woord in die vraag moet duidelik wees.
  1. Vraag-konkretisering
    Elke vraag moet met iets wat werklik is, te make h.
  1. Vraag-sinvolheid
    Bevorder die groepering van vrae radikale (tot by die wortel) vrae?
  1. Vraag-kritiek
    'n Kritiese (skerp beoordelende) ingesteldheid teenoor die kwaliteit van die vrae oorheers.
  1. Vraag-entoesiasme
    Aan vrae wat geesdrif en besieling wakker maak, word voorkeur gegee omdat dit motiveer.
  1. Vraag-eksaktheid
    Die betekenis van elke woord in die vraag moet eenduidig en ondubbelsinnig wees.
  1. Vraag-verbesondering
    Elke vraag moet afgespits (skerp gerig) wees op 'n enkele aspek van die werklikheid.
  1. Vraag-doelgerigtheid
    Help die groepering van die vrae om die navorsingsdoel helder te laat skyn?
  1. Vraag-fenomenologie
    Kan elke vraag beoordeling aan die hand van fenomenologiese denkstappe deur?
  1. Vraag-gevoeligheid
    'n Sensitiwiteit (ontvanklikheid, fyngevoeligheid) vir fyngevoeligheid) vir vrae moet aangeleer word.
  1. Vraag-verantwoordelikheid
    Die verpligting om net die beste moontlike vrae te stel, word blymoedig opgeneem.
  1. Vraag-suiwering
    Alle moontlike tekens van bevooroordeeldheid word uit die vrae verwyder.
 
  1. Vraag-toetsing
    Terwyl die inskakeling van navorsingsprosedures geskied, word die kwaliteit van die gestelde vrae steeds beoordeel.
  1. Vraag-bestudering
    Deeglike agtergrond-studie wat die vraagkeuse dra, word onderneem.
  1. Vraag-uitdaging
    Die belewing van die ontoereikendheid van die eie bestaande kennis, spoor aan tot noukeurige probleemverwoording.
  1. Vraag-operasionalisering
    Vrae word herskryf in terme van waarneembaarhede.
   

Let wel: Daar bestaan 'n indeks vir die meeste publikasies in die Fakulteit Opvoedkunde van die Universiteit van Pretoria wat beskikbaar is in die Fakulteit self, in die Merensky Biblioteek en die Biblioteek van die Pretoriase Onderwyskollege.

4.  Eerste kriterium vir evaluering van tekskwaliteit en teksboodskap: Probleemstelling

4.1  Tekskwaliteit

  1. Eie probleemstelling (vir 'n navorsingsprogram). Sorg eers dat u eie probleemstelling aan sekere vereistes voldoen. Dit beteken dat u met u eie probleemstelling die stappe moet volg wat in Tabel 4 aangegee word.
  2. Bestudeer die geselekteerde teks aan die hand van Tabel 4 en let veral op die volgende:
  1. Het die betrokke skrywer(s) die probleem so helder raakgesien dat die bestudering van sy teks moontlik vrugbaar sal wees?
  2. Welke oorvleueling bestaan daar met die eie probleemstelling? (Moenie onnodige werk verrig nie).
  3. Welke nuwe aspekte bevat u probleemstelling? (Hieruit kan afgelei word of u probleemoplossing 'n bydrae gaan wees.)

4.2  Teksboodskap
Wat 'n voorgeskrewe teks betref, kan u die teksboodskap uit die skrywer(s) se probleemstelling aflei indien daar te werk gegaan word soos in Tabel 5 gellustreer word.

Tabel 5  Probleemstelling-analise

Probleem soos gestel deur die skrywer Herformulering in eie woorde Vraag-verheldering Afleidings aangaande die teksboodskap
Opmerking:
Onderstreep die sleutelwoorde
(Tabel 1, Kolom I en/of Tabel 2, Kolom 1) waar dit in die probleemformulering verskyn.
Opmerking:
Hieruit kan af gelei word of u die skrywer(s) se probleemformulering begryp.
Opmerking:
Verdeel die eie probleemformulering in 'n aantal korter vrae. Indien moontlik, groepeer die vrae.
Teksboodskap in vraagvorm.

5.  Tweede kriterium vir die evaluering van tekskwaliteit en teksboodskap: Probleemoplossing

5.1  Hipotesevorming en tekskwaliteit
In sommige tekste word 'n voorlopige probleemoplossing

  1. eksplisiet aangebied in die vorm van hipoteses (voorlopige antwoorde);
  2. implisiet veronderstel bv. in die betiteling van die teks.

Om in die geval van (i) die kwaliteit van die teks te beoordeel, kan daar gebruik gemaak word van Tabel 6. Self moet daar toegesien word dat die eie hipotesevorming aan die vereistes soos gestel in Tabel 6, voldoen. Hipotesevorming in die opvoedkundige navorsing (behalwe waar eksperimentering as navorsingsprosedure toegepas word) word hedendaags meesal verwaarloos.

5.2  Probleemoplossing, tekskwaliteit en begryping van die teksboodskap
Probleemoplossing bestaan uit die 'aan die lig bring van essensies'. Aan die lig bring van essensies vereis:

  1. Metodologiese verantwoording. Tekskwaliteit baat gewoonlik by 'n duidelike stelling van die metode(s) en prosedures wat vir die probleemoplossing aangewend kan word. Duidelikheid in hierdie verband kan dien as kriterium vir die bepaling van tekskwaliteit.

  2. Opstel van essensietabelle1. (Om bloot 'n 'opsomming' te maak, lei selde tot egte begryping.)

Prosedure 1: Essensie-openbaring. Vir elke teks wat bestudeer word, word 'n essensietabel opgestel wat bestaan uit benoemde essensies (dit wil s die essensiebenaminge) en die definisies daarvan soos deur die skrywer(s) gegee (Raadpleeg indeks.) Gaan soos volg te werk:

  1. Neem 'n paragraaf of 'n stelling (gedagte, uitspraak) van 'n skrywer en lees dit aandagtig deur met onderstreping van die sleutelwoorde.

  2. Probeer dan om die paragraaf of stelling in een trefwoord of kombinasie van trefwoorde saam te vat

  3. Bestudeer dan weer die beskrywing wat tot essensie gereduseer is en stel dit so kort moontlik, sonder weglating van sleutelwoorde.

Prosedure 2:  Eerste essensietabel. Groepeer die essensies wat so aan die lig gebring is sodat die wat bymekaar hoort saam sal verskyn. (Op di wyse kan strukture ontwerp word.) Orden in tabelvorm - s ontstaan die eerste essensietabel.

Prosedure 3:  Definisie-verfyning. Bestudeer weer die beskrywing wat tot essensie gereduseer is en stel vas of dit aan die volgende vereiste wat aan definisies gestel word, voldoen: 'n Definisie berus op onderskeiding. Dit onderskei iets noukeurig van iets anders. Noukeurigheid dui op helderheid. Om te bepaal of die skrywer se definisie helder is, dit wil s of die saak (essensie) wat gedefinieer word duidelik onderskei is, is herskrywing in eie woorde die skerpste wyse (sien Tabel 7).

Opmerking: Stel vas of die herformulering (herinterpretasie)

  1. positief gestel is; en
  2. net die noodsaaklike bepalinge bevat, dit wil s laat alles wat bykomstig (onnodig) is, weg.

Prosedure 4:  Definisie-uitbreiding. Die navorser/student beskik nou oor 'n bruikbare essensietabel. Die kwantiteit en kwaliteit van essensieverskyning sal vir die navorser die waarde bepaal wat die teks het vir sy navorsinsgsprogram. Vir die student sal dit die boodskap wat die voorgeskrewe teks vir hom het, weerspiel.

By 'n bestudering van addisionele tekste, insluitende resensies en ekserpte, of by verdere bestudering van 'n voorgeskrewe werk, kan die volgende gebeur:

  1. Nuwe essensies kan verskyn, wat dan by die bestaande essensietabel bygevoeg moet word; en

  2. nuwe kennis aangaande reeds ontdekte essensies kan aan die lig kom. Ook hierdie nuwe kennis moet bygevoeg word en uiteindelik ontstaan 'n uitgebreide essensietabel.

Uitbreiding geskied tot die navorser tevrede is dat voldoende literatuurstudie onderneem en totdat die student die voorgeskrewe teks deurgewerk het. Die uiteindelike essensietable is dan vir die navorser die fondament waarop hy sy verdere navorsing bou en vir die student vorm dit die boodskap van die voorgeskrewe teks.

TABEL 6  Hipotese-analise

Hipotese-keuse
Hipotese-formulering
Hipotese-redusering
Hipotese-klassifisering
Hipotese-evaluering
  1.  Antwoord-seleksie
    Antwoorde (oplossings) wat m.b.v. navorsingsprosedures toetsbaar is, word verkies.
  1.  Antwoord-stelling
    'n Werklikheidsgetroue antwoord(e) word in verstaanbare taal neergeskryf.
  1.  Antwoord-verheldering
    Elke hipotese word in sub-hipoteses verdeel.
  1.  Antwoord-ordening
    Hipoteses wat voorlopige antwoord(e) is op geordende vrae, bly bymekaar gegroepeer.
  1.  Antwoord-beoordeling
    Die kwaliteit van die voorgestelde antwoorde word aan die hand van die opvoedingswerklikheid self beoordeel.
  1.  Antwoord-belangstelling
    Navorsingsprosedures wat aandag trek en aanspoor tot die gebruik daarvan, word ingeskakel.
  1.  Antwoord-betekenis
    'n Hipotese is 'n stelling waarvan 'n mens presies weet wat die woorde waarin dit geformuleer is, beteken.
  1.  Antwoord-konkretisering
    Elke antwoord moet slegs te make h met die vraag wat daartoe aanleiding gegee het en alle bykomstighede moet vermy word.
  1.  Antwoord-sinvolheid
    Die betekenis wat die voorgestelde antwoord (oplossing) mag h vir sinvolle praktykverbetering, staan voorop.
  1.  Antwoord-kritiek
    'n Kritiese self en intersubjektiewe bekyking van die toetsbaarheid van die voorgestelde oplossings is 'n moontlikheidsvoorwaarde vir probleemoplossing.
  1.  Antwoord-entoesiasme
    'n Hipotese is 'n weergawe van die navorser se entoesiastiese verwagtinge van sy ondersoek.
  1.  Antwoord-eksaktheid
    Begripsensitiwiteit wat aanspoor tot begripshelderheid, lei tot presiese verwoording van moontlike oplossings.
  1.  Antwoord-verbesondering
    Elke oplossing wat voorgestel word, moet poog om 'n spesifieke aspek van praktykverbetering in aanmerking te neem.
  1.  Antwoord-doelgerigtheid
    Die doel om meer as hipotetiese sekerheid te verkry, moet voortdurend voor o gehou word.
  1.  Antwoord-fenomenologie
    Kan die hipoteseformulering beoordeling aan die hand van fenomenologiese denkstappe deurstaan?
  1.  Antwoord-gevoeligheid
    'n Fyngevoeligheid vir die behoorlikheidseis dat daar nie tou opgegooi mag word nie, wek volharding.
  1.  Antwoord-verantwoordelikheid
    Die verpligting om 'n redelike antwoord op te stel, moet nagekom word.
  1.  Antwoord-suiwering
    'n Hipotese is nie 'n verwoording van die eie vooroordele of 'gevoelens' nie, maar is 'n voorgestelde oplossing vir 'n probleem.
 
  1.  Antwoord-toetsing
    Die doel is nie om 'n hipotese te bewys nie, maar om dit te toets deur die inskakeling van geskikte navorsingsprosedures.
  1.  Antwoord-bestudering
    'n Hipotese moet ondersteun word deur reeds gedane navorsing wat bestudeer en bedink word.
  1.  Antwoord-uitdaging
    Die voorneme om al die beskikbare gegewens in ag te neem, word as 'n oproep (appl) aanvaar.
  1.  Antwoord-operasionaiisering
    Verwoording in die vorm van operasionele definisies spoor aan tot volgehoue ondersoek.
   

Tabel 7  Herinterpretasie van definisies (met die oog op bepaling van helderheid)
Essensie
Skrywer se definisie
Herformulering
1.
2.
3.
4.
ens.
  Opmerking:
Die sleutelwoorde mag nie weggelaat word nie, maar kan 'vertaal' word.

Prosedure 5:  Praktykverbeteringbetekenis. Baie navorsing word onderneem met die oog daarop om 'n bepaalde praktyk te verbeter. Vir die student is 'n weergawe van die betekenis wat die boodskap (essensies) wat 'n voorgeskrewe teks het vir verfyning van die praktyk waarin hy staan, 'n aanduiding van die kwaliteit van sy begryping van daardie boodskap. Die volgende stappe kan vervolgens uitgevoer word:

  • Stap 1:  Stel 'n praktykbetekenistabel op soos in Tabel 8 aangedui word.
  • Stap 2:  Stellingverifikasie (afkomstig van E).

  1. Fenomeno-logos beteken om logies oor die verskynende werklikheid self te praat. Dit beteken dat stellinge geverifieer moet word in terme van

    1. wette van die logika, dus: is die stellinge logies?

    2. fenomenologiese verifikasiehandelinge, dit wil s is die stellinge werklikheidsgetrou?

    In Tabel 8 is daar in die laaste kolom 'n aantal stellinge gemaak ter will van wetenskaplikheid, maar ook in belang van die praktyk, geverifieer moet word.

  2. Logiese verifikasie3 beteken dat daar vasgestel moet word of stellinge op logies- bevredigende wyse, dit wil s in ooreenstemming met logiese beginsels, gestel is:

    • Die identiteitsbeginsel:  Dit behels die verpligting om aan die begrippe wat gebruik word deurgaans dieselfde betekenis toe te ken sodat daar sprake kan wees van konstantheid van denke. Die begrippe wat aangewend word, het 'n konstante inhoud. Die beginsel vereis dus 'n begripsensitiwiteit. In die navorsing is 'n afdeling oor begripsverheidering essensieel. Vir die student wat 'n teks bestudeer, beteken dit om presies, duidelik en konsekwent begrippe aan te wend en om 'n konsekwente betoog te voer.

    • Die teenspraakbeginsel:  Dit beteken dat daar nie oor dieselfde onderwerp twee teenstrydige uitsprake gemaak mag word nie. Of: wanneer daar twee teenstrydige uitsprake oor dieselfde onderwerp gemaak word, kan net een daarvan waar wees (die beginsel van die uitgeslote derde). Dit beteken dat navorser en student alle uitsprake deeglik met mekaar sal moet vergelyk.

    • Die beginsel van voldoende rede:  Dit beteken dat daar met betrekking tot elke stelling die vraag 'waarom' beantwoord moet kan word. Voldoende rede daarvoor moet aangedui kan word. Vir navorser en student beteken dit dat geen stellinge gemaak mag word (hier: in verband met verbeterde praktyk), wat nie steun op voorafgaande gegewens nie.

  3. Fenomenologiese verifikasiehandelinge (kriteria)

    • Die wegdinkkriterium.  Sal daar nog sprake kan wees van praktykverbetering indien 'n bepaalde stelling daaroor weggedink word, of sal dit om't ewe wees (soos blyk uit die praktyk wat die navorser of student in die herinnering mag roep)?
    • Die weghandelkriterium.  Kan die navorser en student praktiese voorbeelde gee van wat gebeur het toe daar in besondere praktyke gehandel is asof 'n bepaalde stelling nie bestaan nie? Sal so 'n praktiese situasie nog eg kan voortbestaan?
    • Die kontradiksiekriterium.  Maak die kontradiksie van 'n bepaalde stelling die verbetering van 'n besondere praktyk nog moontlik of lei dit tot verlamming daarvan? Die navorser en student moet weet dat ook in praktiese situasies twee teenstellende handelinge mekaar uitsluit Slegs een van hierdie twee handelinge sal kan lei tot egte praktykverbetering.
    • Die hermeneutiese kriterium.  Dien 'n bepaalde stelling werklik daartoe dat 'n besondere praktyk sal verbeter of sal dit geen betekenisvolle uitwerking h nie? Is so 'n stelling sinvol implementeerbaar?

    In Tabel 9 kan aangedui word dat die verskillende kriteria aangewend is.

    Kommentaar oor Tabel 9:
    (1)  Uitslag van, Tabel 9]............................

    (2)  Betekenis van Tabel 9 vir die verskyning van die teks-boodskap...................

    Skryf 'n kort oorsigtelike kommentaar.

    Tabel 8  Betekenis vir Praktykverbetering

    A.  Essensie B.  Uitgebreide en verfynde definisie C.  Praktykbetekenis D.  Gesteldheid van huidige praktyk E.  Beskrywing van verbeterde praktyk (Uitwerking wat C op D behoort te h)
    1.
    2.
    3.
    4.
    5.
    6.
    7.
    8.
    9.
    10.
    11.
          [Stellinge ontstaan]

    Tabel 9  Aanwending van evalueringskriteria (Maak 'n X in die toepaslike blokkie)

    Logiese kriteria
    Fenomenologiese kriteria
    Identitteits-beginsel Teenspraak-beginsel Voldoende rede Wegdink Weghandel Kontradiksie Hermeneutiese vraag

    Summary
    A scientifically accountable text study includes the following steps, which aim at clearly understanding the message of the text:

    1. Analysis of the title of a text
      This is done by

      1. determining the key concepts in the title;
      2. making notes of the general dictionary meanings and scientific-dictionary meanings of the key concepts;
      3. comparison of these with the meanings that the author explains in his preface and/or introduction.

    2. Analysis of the table of contents
      This is done by

      1. determining key concepts that are relevant to l(a);
      2. making notes of general dictionary meanings and scientific-dictionary meanings.

    3. A study of the index
      Look up the key concepts of 1 and 2 and make notes of the author's meanings of these concepts.

    4. Evaluation of the statement of the problem and the author's hypothesis
      The quality and nature of the statement of the problem and hypothesis determine the clarity of the message of the text. Criteria to determine this quality are indicated in Tables 4 and 6.

    5. Solving of the problem
      5.1  Accounting for methodology
      The clarity of the methods and procedures applied determines text quality.

      5.2  Compilation of tables of essentials
      Because of the current explosion of knowledge, the method of 'summarizing' has become obsolete. In paragraph 5.2 a number of procedures are discussed on how to compile tables of essentials.

    6. Improving educative practice
      For the student an important consideration is whether a certain text has any implications for the improvement of educative practice; if he is able to determine this, it serves as an indication that he really grasps the text. Procedures to determine this, as well as for the logical and phenomenological verification of hypotheses, are discussed at length in the article.

    7. Synoptic comment on the text
      The student comments on the quality of the message of the text in a few sentences.


      Verwysings

      1. Landman, W.A. (Red.) (1980). Inleiding tot die Opvoedkundige Navorsingspraktyk, Butterworths, Durban, Hfst. 2.
      2. Stoker, H.G. (1969). Beginsels en Metodes in die Wetenskap, De Jong, Johannesburg, pp.67-69.
      3. De Vleeschauwer, HJ. (1952). Handleiding by die Studie van die Logika en die Kennisleer, J.J. Moreau, Pretoria, pp.61-65.
      4. Landman, W.A., op. cit., pp.37-38.